03.05.2013 Views

Aktiwiteite Aansoekvorm 2013.pdf

Aktiwiteite Aansoekvorm 2013.pdf

Aktiwiteite Aansoekvorm 2013.pdf

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Posadres

A K T I W I T E I T E A A N S O E K V O R M

2 9 M A A R T – 6 A P R I L 2 0 1 3

S L U I T I N G S D A T U M : 1 8 J A N U A R I E 2 0 1 3

Posbus 1341

Oudtshoorn

6620

Fisiese adres

Seppie Greeff Gebou

Voortrekkerweg

Oudtshoorn

Tel: 044 203 8600

Faks: 044 272 7773

E-pos: info@kknk.co.za

www.absakknk.co.za

Let wel: Hierdie aansoekvorm moet gebruik word indien jy enige aktiwiteit by die fees wil aanbied. (Soos byvoorbeeld bull ride, mallemeule,

waterballe, paintball, ens.)

AANSOEKE

Lees alle inligting sorgvuldig deur en onderteken die aansoekvorm

op elke bladsy. Sonder ʼn handtekening op elke bladsy,

sal jou aansoek as onvolledig beskou word.

Maak ʼn afskrif van jou voltooide vorm vir eie gebruik.

Dien jou aansoek betyds in voor of op die sluitingsdatum op 18

Januarie 2013.

ʼn Nie-terugbetaalbare adminfooi van R220.00 (BTW ingesluit)

is per aansoek betaalbaar. Geen aansoek sal verwerk word indien

die adminfooi nie betaal is nie of die bewys van betaling

nie aangeheg is nie.

Aansoekvorms moet gepos of afgelewer word. Geen aansoeke

per faks of e-pos sal verwerk word nie.

Heg aan by jou aansoek:

Afskrif van jou identiteitsdokument of geldige verblyfpermit

(indien nie ʼn SA burger nie) tesame met werkspermit indien

van toepassing.

Bewys van adres, bv. Munisipale rekening.

Voldoende visuele materiaal, vir keuringsdoeleindes.

Bewys van adminfooi (R220) betaal. Jammer, geen tjeks word

aanvaar nie.

Geldige Veiligheidsertifikaat

Geldige bewys van toepaslike assosiasie akkreditasie (waar

van toepassing)

Geldige elektrisiteitsertifikaat

ʼn Volledige skets waarop die plasing en grootte van jou aktiwiteite,

kaartjiekantoor, ens. aangedui word.

TERREINE

Die Absa KKNK bied ʼn keuse van ruimtes aan:

In die Rivierbuurt (ʼn geslote terrein met musiekverhoë, kroeë,

sitplek en speelgeriewe). Feesgangers betaal ʼn toegangsfooi

tot hierdie terrein in die vorm ʼn dagkaartjie of ʼn feeskaartjie.

buite die geslote terrein in oop ruimtes

AKTIWITEITE/AANBIEDING

Dui vir ons aan watter aktiwiteit/e jy fees toe wil bring. Jou aktiwiteit

mag onder geen omstandighede verander word nie en jy mag ook

nie addisionele aktiwiteite (wat nie op jou aansoekvorm aangedui

is nie) aanbied nie. Om aktiwiteite by te voeg, moet jy skriftelik by

die Absa KKNK aansoek doen om goedkeuring.

KEURING

Hierdie aansoek is onderhewig aan goedkeuring. Keuring is nodig

omdat meer aansoeke ontvang word as wat geakkommodeer kan

word. ʼn Onafhanklike keurraad oorweeg alle aansoeke aan die

hand van vooraf-neergelegde norme. Die Keurkomitee se besluite

kan verskil met dié in vorige jare. Die Keurkomitee se beslissing is

finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Norme vir keuring van aansoeke:

Adminfooi betaal en aansoek volledig?

Is aktiwiteite uniek en hoeveel oorvleueling is daar met ander

aansoeke?

Is die aktiwiteite en infrastruktuur van goeie gehalte?

Is daar ʼn aanvraag na die aktiwiteite?

Grootte van spasie benodig?

Het die aansoeker ʼn goeie betaal rekord by die Absa KKNK en

ander feeste?

Is die aansoeker ʼn nuwe entrepreneur?

Doen die aansoeker net met die Absa KKNK besigheid vir die

duur van die fees?

Toon die aansoeker, indien hy in vorige jare by die Absa KKNK

was, respek vir die algemene reëls, gedragskode en

verantwoordelikhede?

Is alle nodige dokumentasie aangeheg? (indien nie sal

aansoek afgekeur word)

Kom die aansoeker van Groter Oudtshoorn?

Verwittiging

Die uitslag van keuring word vanaf 25 Jan. 2013 bekendgemaak

met elektroniese kommunikasie (e-pos, faks of SMS). Indien jy

teen 31 Jan. 2013 nog nie van die Absa KKNK gehoor het nie,

moet jy asb. die Koördineerder: Markte skakel.

Terreinkaarte en Plasing

Terreinkaarte is beskikbaar op www.absakknk.co.za. Die Absa

KKNK sal poog om aan voorkeur plasing te voldoen, maar kan dit

nie waarborg nie. Plasing is in die diskresie van die Absa KKNK.

Verskuiwing

Geen verskuiwing van aktiwiteite word toegelaat nie. Aktiwiteite

mag ook nie die hoek waarteen hulle geplaas word verander van

dit wat op die terreinkaart aangedui word nie.

Ruimte benut

Ruimte benut sal bepaal word volgens jou behoefte.

KOSTE

Kostes vir ruimte benut sal per m² bereken en ʼn kwotasie sal

daarvoor gelewer word. Koste word vir die duur van die fees

vasgestel en pryse sluit BTW in. Hier onder word aangedui of

beskikbare ruimte binne of buite die geslote terrein (Rivierbuurt)

geleë is. ʼn Elektrisiteitspunt en een parkeerplek (ongereserveer)

word ingesluit by die koste, soos aangedui hier onder.

Aktiwiteite aansoekvorm Absa KKNK 2013 Bladsy 1 van 7 ....................................................................

Handtekening van aansoeker

Tipe Ruimte Terrein

Binne Rivierbuurt?

HANDELSURE

Aktiwiteite moet vir die volle feestydperk (29 Mrt. – 6 Apr.) bedryf

word. Handelsure in die Rivierbuurt is van 10:00 tot 22:00, behalwe

op die laaste dag van die fees is dit tot 18:00. Geen voertuie word

binne die geslote area toegelaat tussen 10:00 en 21:30 nie. Die

terrein word tussen 21:30 en 22:00 opgepak waarna dit sluit en ʼn

ontoeganklike sekuriteitsarea word. By alle ander areas word

daagliks van 09:00 tot laat handel gedryf.

ALGEMENE REËLS, GEDRAGSKODE EN VERANTWOOR-

DELIKHEDE

Die Absa KKNK behou die reg voor om ʼn aanbieder van ’n aktiwiteit

te weerhou om ʼn ruimte te beset, of om hom te verwyder of te laat

verwyder, indien hy in stryd is of nie voldoen aan die regulasies,

insluitend, waar ʼn aanbieder:

Hom skuldig maak aan wangedrag.

Se gedrag steurend vir ander deelnemers of die publiek is.

Steurende gedrag sluit die luide verbale advertering van

produkte of die speel van harde musiek in. Aktiwiteite word

meestal in klank sensitiewe areas geplaas en voorgeskrewe

klankvlakke moet streng gehandhaaf word.

Diere of troeteldiere in sy ruimte aanhou.

Drank in sy ruimte het.

Se eie infrastruktuur nie voldoen aan die standaarde gestel deur

die Absa KKNK nie.

Versuim om ʼn brandblusser (waar van toepassing) in ʼn

diensbare toestand te verskaf.

In sy ruimte of op die feesterrein oornag.

Se ruimte vuil en/of onnet is. Deelnemers moet hul afval in swart

sakke plaas en na die tip bakke neem. Jou samewerking

hiermee sal die druk op vullisverwydering verlig. Vullisdromme is

vir die gebruik van die feesgangers.

Sonder toestemming met produkte rondswerf (roam).

Sy ruimte onderverhuur. Ruimtes mag nie gedeel word tussen 2

of meer deelnemers, indien dit nie deur die Absa KKNK goedgekeur

is nie.

Nog gelde verskuldig is aan die Absa KKNK.

Nie by die reëls van die opslaan van aktiwiteite hou nie.

Nie by die handelsure hou nie.

Enige kriminele oortreding begaan.

Die Absa KKNK bring die volgende regulasies onder deelnemers se

aandag. Deelnemers wat dit oortree, kan in die toekoms in keuring

gepenaliseer word:

Die Absa KKNK aanvaar geen verantwoordelikheid vir aktiwiteite

wat nie bygewoon word nie en gee geen waarborg daarvoor nie.

Die Absa KKNK waarborg nie die eksklusiwiteit van aktiwiteite

nie.

Die Absa KKNK aanvaar geen verantwoordelikheid vir die

handhawing van konsessieregte tussen deelnemers nie.

Die Absa KKNK gee geen waarborg dat die aansoeker indien

suksesvol, weer op dieselfde plek as vorige jare geplaas sal

Elektriese kragpunt

ingesluit?

Grootte Prys

Buite Prima (O1) Oosoewer Nee Nee 4x5 R 8 500.00

Buite Aktiwiteite De Jager Pretpark Ja Ja

Buite Aktiwiteite

Na gelang van behoefte kan

spasie beskikbaar gestel word

Minimum van 500m² tot maksimum

beskikbare grootte

R 52 000.00

Ja Ja Volgens behoefte P.O.A.

word nie. Suksesvolle aansoekers onderneem en bevestig

verder dat hulle tevrede sal wees met die ligging soos van tyd tot

tyd deur die Absa KKNK aan suksesvolle aansoekers

toegestaan word.

Deelnemers wat voortydig oppak is nie geregtig op enige

terugbetaling nie en sal ook nie weer vir deelname gekeur word

nie.

Rook word slegs toegelaat, waar aangedui.

Vereistes waaraan pretparke moet voldoen:

Die operateur moet die volgende aan die Absa KKNK voorlê:

Advies oor enige moontlike gevare wat enige van die aktiwiteite

kan inhou.

Afskrifte van die operateur se eie risiko analise en veiligheid

prosedures.

Afskrifte van nood prosedure tydens ʼn noodsituasie.

Bewyse van nakoming van die Beroepsgesondheid en Veiligheid

wetgewing.

Indien die operateur lid is van ʼn professionele organisasie, moet

hy bewyse daarvan voorlê.

Inspeksie sertifikate van pas afgelope veiligheid inspeksies deur

ʼn geakkrediteerde liggaam.

Enige elektriese installasies wat gedoen word moet gepaard

gaan met ʼn sertifikaat van aanname.

Bewyse van die aard en tipe versekering waaroor die operateur

beskik.

Enige brandstof wat gestoor word moet volgens SANS 10131

gedoen word en mag nie die volgende hoeveelhede oorskry nie.

o Petrol – maksimum 100 liter

o Diesel – maksimum 1,100 liter

Aanmeld van probleme

Meld enige probleme by die Absa Kunsmark by die Markte kantoor

aan. Die kantoor is in direkte radioverbinding met alle ondersteuningsdienste

en kan al jou probleme aanspreek. Op alle ander

terreine moet jy probleme aanmeld by die toepaslike Terreinbestuurder,

wat deurentyd op jou terrein beskikbaar sal wees. Indien

jou probleem nie bevredigend hanteer word nie, kan jy die

Koördineerder: Markte kontak.

Komplimente en klagtes

Die Absa KKNK waardeer terugvoer en jy is welkom om enige komplimente

of klagtes deur te gee aan die Koördineerder: Markte Alle

terugvoer word vertroulik hanteer.

Borgskappe

Navrae oor meer omvangryke pakkette bemarkingsregte kan gerig

word aan die Absa KKNK se Bedryfshoof by: rsnyman@kknk.co.za

Aktiwiteite aansoekvorm Absa KKNK 2013 Bladsy 2 van 7 ....................................................................

Handtekening van aansoeker

ELEKTRISITEIT

ʼn Kragpunt word voorsien waar aangedui. Die koste om ʼn

addisionele of elektriese punt te installeer, op terreine waar dit

beskikbaar is, is:

15 Amp: R475; 20 Amp: R600; 3-fase: R3,000;

3-fase deposito vir verbruik: R1,000.

By alle 3-fase kragpunte sal ’n addisionele R1000 deposito gevoeg

word. Kragverbruik sal gemeet word teen die huidige munisipale

tarief en sal verhaal word van die deposito wat jy vir verbruik betaal.

Indien daar ʼn balans oor is, sal dit aan jou terug betaal word na

afloop van die fees. Indien daar ’n tekort is, sal jy ʼn bykomende

rekening ontvang. Op ander terreine is jy welkom om ʼn privaat

kontrakteur opdrag te gee om ʼn plan te maak om elektrisiteit aan jou

te voorsien. Die gebruik van kragopwekkers sal slegs oorweeg word

in areas waar geen kragvoorsiening is nie en indien die versoek

skriftelik met die Absa KKNK uitgeklaar is. Jy moet jou eie

verlengingskoorde en elektriese bybehore, wat in goeie werkende

toestand moet wees, voorsien. Dit is jou verantwoordelikheid om

akkuraat aan te dui hoeveel kragpunte jy benodig. Jy moet verder

verseker en stiptelik let op die kragbehoeftes van die toerusting wat

jy gaan gebruik. Die Absa KKNK sal streng optree teen diegene wat

met 15 Amp werk i.p.v. 3-fase. In so ʼn geval sal jy self met ʼn

elektrisiën moet reël om op eie koste die nodige opgradering te

doen. Die pryse in hierdie aansoekvorm genoem sal dan nie meer

van toepassing wees nie. Indien jy sou voortgaan om die voorwaardes

te verbreek/oortree behou die Absa KKNK die reg voor om

jou aktiwiteit sonder versuim te sluit.

LET WEL: Indien jy die oorsaak is dat ʼn elektriese kontrakteur uitgeroep

moet word, sal jy vir die koste van R250 per uitroep verantwoordelik

wees.

Parkering

Ingesluit by jou koste is die gebruik van ʼn onbespreekte parkeerplek.

Geen parkering word binne die geslote terreine toegelaat nie.

RIVIERBUURT TOEGANG VIR DEELNEMERS

Aanbieders van aktiwiteite binne die Rivierbuurt sal 2

toegangsbandjies ontvang met registrasie. Alle ekstra bandjies wat

benodig word sal teen die normale prys aangekoop moet word.

REGISTRASIE

Registrasie proses

Alle deelnemers moet op 27 Mrt. of 28 Mrt.2013 tussen 08:00 en

17:00 registreer by die Vredestraat Sportterrein. Na registrasie mag

jy opslaan tot 28 Mrt. om 21:00. Indien jy vroeër sou wou intrek en

opslaan as bogenoemde datums moet jy skriftelik daarvoor aansoek

doen by Rudi du Toit, Logistieke Bestuurder rdutoit@kknk.co.za, tel.

044 203 8610. Absa KKNK sekuriteit word op 27 Mrt. 2013

geaktiveer. Neem asb. kennis dat geen persoon toegelaat sal word

om op enige terrein te oornag nie. Sou jy vroeër intrek sal jy moet

gebruik maak van die fees se amptelike sekuriteit. Hierdie kostes sal

vir jou eie rekening wees.

By registrasie word 2 Rivierbuurt toegangskaartjies (indien jou ruimte

binne die Rivierbuurt is), afleweringsplakker vir 1 voertuig,

parkeerpermit vir 1 voertuig en jou amptelike permit uitgereik. Die

permit bevat jou staanpleknommer en ʼn lys van die ekstra items jy

bestel het en dit moet te alle tye sigbaar in jou ruimte vertoon word.

Indien jy nie registreer in die tydperk soos aangedui nie, verbeur jy

jou gelde en ruimte(s), wat weer deur die Absa KKNK verhuur sal

word.

Terme en ondernemings

Alle deelnemers moet ʼn regsdokument met die terme en ondernemings

tydens registrasie onderteken en inhandig.

BETALINGS

Slegs betalings per direkte bankdeposito word aanvaar. Moet dus

nie enige tjeks of kontant by jou aansoek insluit nie. Sluit wel ʼn kopie

van jou betaalbewys vir jou administrasiefooi in

Bankbesonderhede

Alle verskuldigde gelde moet direk in die volgende bankrekening

gedeponeer word:

Bank: Absa; Rekeningnaam: KKNK Markte;

Rekening #: 406-333-5414; Takkode: 632-005;

Verwysing: Naam van aktiwiteit

Adminfooi

ʼn Nie-terugbetaalbare adminfooi van R 220.00 (BTW ingesluit) word

per aansoek gehef om die administratiewe koste verbonde aan die

verwerking en keuring van aansoeke te dek. LET WEL: Geen

aansoek sal verwerk word indien die adminfooi nie betaal is voor of

op 18 Jan. 2013 nie.

Betaling van koste en ekstra items

Suksesvolle aansoekers moet die verskuldigde bedrag voor of op die

sperdatum op 9 Feb. 2013 betaal. Jy sal betyds ʼn betalingsadvies

van die Absa KKNK ontvang en die verwysingsnommer wat daarop

verskyn, moet op die depositostrokie aangebring word. Betaalbewyse

moet gefaks word na: 044 272 7773, vir die aandag van die

Koördineerder: Markte.

Laat betalings

Alle ruimtes wat nie voor of op die sperdatum van 9 Feb. 2013

betaal is nie, word verbeur. Betalings wat na die sperdatum ontvang

word, sal slegs op skriftelike versoek terugbetaal word en eers 30

dae nadat die versoek ontvang is en na verhaling van ʼn adminfooi

van 10%, plus BTW.

Kansellasiefooi

Indien jy jou huur en ekstra items betaal het en binne 30 dae voor

die aanvang van die fees (28 Feb. 2013) kanselleer, word ʼn

kansellasiefooi van 10% van die totale bedrag plus BTW teruggehou.

Indien jy binne 21 dae voor die aanvang van die fees (8 Mrt.

2013) kanselleer, word alle gelde verbeur. Versoeke om kansellasie

moet skriftelik aan die Koördineerder: Markte voorgelê word, vir ʼn

beslissing deur Absa KKNK Bestuur.

Inbetalings deur onsuksesvolle aansoekers

Indien jou aansoek afgekeur word, moet jy onder geen omstandighede

huurgeld inbetaal nie – so ʼn inbetaling verhoog nie jou

kanse op deelname nie. Terugbetaling sal slegs op skriftelike

versoek gedoen word, 30 dae nadat die skriftelike versoek ontvang

is en nadat ʼn adminfooi van 10% plus BTW van die bedrag verhaal

is.

Personeel

Die Absa KKNK het ʼn personeel databasis wat tot jou beskikking

gestel kan word. Hierdie databasis is opgestel uit aansoeke ontvang

in die aanloop tot die 2013-fees. LET WEL: die Absa KKNK kan jou

net help met name en kontakbesonderhede van moontlike

personeel. Jy bly self verantwoordelik vir hul aanstelling en betaling,

sowel as die nakoming van die Arbeidswet. Die Absa KKNK aanvaar

geen verantwoordelikheid en/of eise wat hieruit mag voortspruit nie.

Rig navrae aan Absa KKNK kantore by tel: 044 203 8600 of

info@kknk.co.za

Aktiwiteite aansoekvorm Absa KKNK 2013 Bladsy 3 van 7 ....................................................................

Handtekening van aansoeker

REIS EN VERBLYF

Neem asb. kennis dat geen deelnemer toegelaat sal word om in

enige feesruimte op enige feesterrein te oornag nie. Die Rivierbuurt

en Queenslaan sal ʼn sekuriteitsarea word sodra dit ontruim is.

Deelnemers buite die Rivierbuurt en Queenslaan sal hul ruimtes

moet oppak en ontruim. Indien jy nie wil oppak nie, moet jy van die

fees se amptelike sekuriteit gebruik maak. Vir ʼn kwotasie en verdere

navrae, kontak Rudi du Toit by 044 203 8600 of rdutoit@kknk.co.za

LET WEL: Hierdie reël sal streng toegepas word. Oortreders sal van

die perseel verwyder word.

Deelnemers is vir hul eie reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.

Rig navrae aan: verblyf@kknk.co.za of tel 044 203 8600. Vir jou

gerief sluit ons ʼn verblyfbesprekingsvorm hierby in. Voltooi en faks

dit aan 044 272 7773. Verblyf is 5 dae na bespreking ten volle

betaalbaar, maar sal volledig terugbetaal word indien jou aansoek

onsuksesvol is.

7.25% afslag op verblyfbesprekings

Kry 7.25% afslag op jou verblyf indien jy dit deur die Absa KKNK se

Verblyfkantoor bespreek. Gebruik jou ID. nr. om hiervoor te

kwalifiseer. Afslag kan slegs op een bespreking verdien word, vir ʼn

groep wat nie groter is as 6 persone nie. Groepe mag nie wissel

gedurende die bespreking nie.

Domicilium citandi

Jy, as aansoeker, kies hiermee as jou domicilium adres die fisiese

adres soos aangedui by Vraag 3 op die aansoekvorm. Hierdie adres

kan gebruik word vir die betekening van alle prosesstukke en kennisgewings.

Ma Di Wo Do

Maart

Vr Sa So

4 5 6 7 8

9 10

11 12 13 14 15 16 17

18 19 20

25 26 27

1

Paas Maandag

8

Skole open

2

9

Markte registrasie

08:00 – 17:00

3

21

Menseregtedag

28

Skole sluit

Markte registrasie

08:00 – 17:00

April

4

Aktiwiteite aansoekvorm Absa KKNK 2013 Bladsy 4 van 7 ....................................................................

Handtekening van aansoeker

22

29

Goeie Vrydag

5

23 24

10 11 12 13 14

30

6

31

7

1. Naam van aktiwiteit:

2. Posadres:

3. Fisiese adres:

Posadres

Posbus 1341

Oudtshoorn

6620

4. Aan watter feeste (Absa KKNK) het jy al deelgeneem?

A K T I W I T E I T A A N S O E K V O RM

29 M A A R T – 6 A P R I L 2 0 1 3

S L U I T I N G S D A T U M : 1 8 J A N U A R I E 2013

Fisiese adres

Seppie Greeff Gebou

Voortrekkerweg

Oudtshoorn

KONTAKBESONDERHEDE VAN EIENAAR

Tel: 044 203 8600

Faks: 044 272 7773

E-pos: info@kknk.co.za

www.absakknk.co.za

1995 1996 1997 1998 1999 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012

5. Besonderhede van Kontakpersoon:

(Die kontakpersoon dien as skakel tussen jou en die Absa KKNK en moet maklik bereikbaar en in staat wees om besluite te neem. Die Absa

KKNK kommunikeer elektronies en daarom sal dit sake bespoedig as die kontakpersoon oor ʼn e-posadres of faksnommer beskik.)

Voornaam: Tel (bedags):

Van: Tel (saans):

ID-nommer: Selfoon:

Faks: E-pos:

6. Watter aktiwiteit gaan jy aanbied:

AKTIWITEIT BESONDERHEDE

Verskaf ʼn volledige lys van alle aktiwiteite wat jy gaan aanbied: (bv. Octopus, swaaie, stampkarre, inflatables, paintball ens)

7. Watter visuele materiaal het jy by jou aansoek aangeheg: CD Kleurfoto’s Kleurafdrukke

Die visuele materiaal help ons om ʼn beter idee van jou aktiwiteite te kry. Jy kan jou visuele materiaal gedurende die fees by die Markte-kantoor

afhaal of stuur ʼn gefrankeerde koevert saam sodat ons dit aan jou kan terug pos.

8. Aan watter ander feeste/markte neem jy ook deel?

Aktiwiteite aansoekvorm Absa KKNK 2013 Bladsy 5 van 7 ....................................................................

Handtekening van aansoeker

KLASSIFIKASIE VAN AKTIWITEIT

9. Watter tipe terrein verkies jy? Merk jou keuse in voorkeur volgorde.

Tipe ruimte Terrein

Binne

Rivierbuurt?

Parkering

ingesluit?

Elektriese

kragpunt

ingesluit?

Buite Prima (O1) Oosoewer Nee Ja Nee 4x5

Buite Aktiwiteite De Jager Pretpark Ja Ja Ja

Buite Aktiwiteite

Na gelang van behoefte kan

spasie beskikbaar gestel word

Grootte Jou Keuse

Minimum van 500vkm tot

maksimum beskikbare grootte

Ja Ja Ja Na gelang van behoefte

10. Gaan jy persoonlik tydens die Absa KKNK 2013 teenwoordig wees? Ja Nee

Indien Nee, verskaf asb. die volgende besonderhede van die persoon wat teenwoordig sal wees.

Naam

Van:

Selfoon nommer:

ADDISIONELE DIENSTE BENODIG

11. Onthou terreine waar aangedui het alreeds ʼn kragpunt. Hierdie kragpunt is slegs vir die gebruik van ʼn lig, waaier en kaartmasjien.

Indien jy enige addisionele elektriese apparate gaan gebruik, sal jy addisionele elektrisiteit benodig, wat vir jou rekening

geïnstalleer sal word. Dui asb. hier aan watter addisionele apparate jy gaan gebruik, bv. ketel.

HANDELSRUIMTES BUITE ABSA KKNK GESAG

12. Benut jy enige handelsruimte wat jy van ʼn ander party as die Absa KKNK bekom het?

Indien Ja, verskaf asb. besonderhede oor aantal en ligging:

ABSA KKNK WEBBLAD

13. Moet ons jou aktiwiteit op ons webblad (www.absakknk.co.za) lys teen geen ekstra koste? Ja Nee

Naam van aktiwiteit soos dit moet verskyn op webblad:

Jou web adres: (Skryf asb. duidelik leesbaar)

Indien jy nie ʼn webblad het nie, kontaknommer:

ONDERNEMING

Alle aansoekers moet die aansoekvorm onderteken. Vorms wat nie onderteken is nie, kan nie vir keuring oorweeg word nie. Ek verklaar

dat alle inligting soos hierbo verstrek, juis en korrek is. Ek onderneem om alle vereiste sertifikate, betalingsbewyse vir die adminfooi,

afdruk van my ID, bewys van adres en foto’s/kleurafdrukke/CD saam met my ondertekende aansoek in te dien. Indien my aansoek

suksesvol is, onderneem ek ook om my huur en die koste van addisionele dienste teen 9 Feb. 2013 te betaal en die bewys daarvan aan

die Koördineerder: Markte by 044 272 7773 te faks. Deur die ondertekening hiervan bevestig ek dat ek behoorlik gemagtig en gevolmag

is om die aansoekvorm te teken. Ek, die ondergetekende, verbind myself as borg en medehoofskuldenaar ten opsigte van die

nakoming van die verpligtinge hierin. Ek stem toe tot die jurisdiksie van die Landdroshof Oudtshoorn vir enige regsgeding wat hieruit

mag voortspruit.

HANDTEKENING NAAM EN VAN IN DRUKSKRIF DATUM

Aktiwiteite aansoekvorm Absa KKNK 2013 Bladsy 6 van 7 ....................................................................

Handtekening van aansoeker

Naam en Van:

Naam van aktiwiteit:

Posadres:

Tel: Bedags

Tel: Saans

Selfoon nr:

Faks nr:

E-pos:

Id nr:

Datum van aankoms:

Datum van vertrek:

Aantal nagte:

Aantal persone:

VERBLYFBESPREKINGSVORM

VERBLYFBESPREKINGSVORM

Pare: Enkel: Totaal:

Tipe Verblyf verlang: Koshuis Kampeer Gastehuis Privaat huis Kamer in huis

Keuse 1

Keuse 2

Faks aan: Madelein Lombard

Faks nr: 044 272 7773

Navrae: Madelein Lombard

Verblyf Koördineerder

Tel nr: 044 203 8625

E-pos: mlombard@kknk.co.za

Aktiwiteite aansoekvorm Absa KKNK 2013 Bladsy 7 van 7 ....................................................................

Handtekening van aansoeker

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!