03.05.2013 Views

Senwes Jaarverslag 2005

Senwes Jaarverslag 2005

Senwes Jaarverslag 2005

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Verslag van die onafhanklike ouditeure

Aan die lede van

SENWESBEL BPK

Ons het die finansiële jaarstate van Senwesbel Bpk, soos uiteengesit op bladsy 2 tot 6, vir die jaar geëindig 30 April 2005 geouditeer.

Hierdie finansiële state is die verantwoordelikheid van die Maatskappy se direkteure. Ons verantwoordelikheid is om oor hierdie finansiële

state, gegrond op ons oudit, verslag te doen.

Omvang

Ons het ons oudit ooreenkomstig standpunte van Suid-Afrikaanse Ouditstandaarde uitgevoer. Hierdie standaarde vereis dat ons die

oudit beplan en onderneem ten einde redelike gerusstelling te verkry dat die finansiële state vry is van wesenlike wanvoorstellings.

‘n Oudit sluit in:

• ‘n ondersoek, op ‘n toetsgrondslag, van bewyse wat bedrae en openbaarmakings in die finansiële state steun;

• ‘n beoordeling van die rekeningkundige beginsels wat gebruik is en beduidende ramings deur Bestuur gemaak; en

• ‘n evaluering van die algehele aanbieding van die finansiële state.

Ons is van mening dat ons oudit ‘n redelike grondslag vir ons mening verskaf.

Ouditmening

Na ons mening verstrek hierdie finansiële state, in alle wesenlike opsigte, ‘n redelike weergawe van die finansiële toestand van die

Maatskappy op 30 April 2005 en van die resultate van sy bedrywighede en kontantvloei-inligting vir die periode geëindig op daardie

datum, in ooreenstemming met Suid-Afrikaanse standpunte van algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk en op die wyse deur

die Maatskappywet in Suid-Afrika vereis.

Gekonsolideerde finansiële jaarstate

Sonder om ons mening hierbo te kwalifiseer vestig ons die aandag op die feit dat gekonsolideerde finansiële state soos vereis deur

RE 132 nie opgestel is nie. Ons stem saam met die direkteure se besluit om nie gekonsolideerde finansiële jaarstate op te stel nie vir

die redes verstrek in aantekening 1.2.

Ernst & Young

Geoktrooieerde Rekenmeesters (SA)

Geregistreerde Rekenmeesters en Ouditeure

23 Junie 2005

Johannesburg

Verslag van die Sekretaris

Die Sekretaris sertifiseer in terme van artikel 268G(d) van die Maatskappywet, soos gewysig, dat alle opgawes soos vereis deur bogenoemde

Wet, ingedien is by die Registrateur van Maatskappye en dat genoemde opgawes waar, korrek en op datum is.

EM Joynt

Sekretaris

23 Junie 2005

Senwesbel Jaarverslag 2005

1

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!