03.05.2013 Views

Senwes Jaarverslag 2005

Senwes Jaarverslag 2005

Senwes Jaarverslag 2005

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Aantekeninge tot die finansiële state

vervolg...

23. FINANSIËLE INSTRUMENTE EN RISIKOBESTUUR (vervolg)

Rentekoersruiltransaksies word hoofsaaklik aangewend om die fluktuerende koerse oor die langer termyn om te

skakel na 'n vaste koers. Vooruitkoersooreenkomste word gebruik om die fluktuerende rentekoers op toekomstige

korttermynlenings in volatiele omstandighede om te skakel na 'n voorafbepaalde koers. Plafonkoersooreenkomste

word gebruik om toekomstige leenkoerse om te skakel na 'n voorafbepaalde plafon koers maar ook die

voordeel te benut van die fluktuerende koers in dalende omstandighede.

Op balansstaatdatum het die Groep 'n 1 jaar rentekoersruiltransaksie gehad met 'n nominale waarde van

R150 miljoen. Senwes betaal 'n vaste koers van 7,13% en ontvang 'n veranderlike koers gelykstaande aan

3 maande JIBOK op die nominale bedrag.

Die doel van hierdie kontantvloei verskansingsinstrument is om die gemiddelde bedrag van die Groep se

netto bates wat nie aan rentekoersskommelinge gekoppel is nie, te verskans.

Hierdie finansiële instrument voldoen nie aan RE 133 se vereistes vir 'n effektiewe skans nie en die netto resultaat

hiervan word teen wins en verlies verantwoord.

23.4 KREDIETRISIKO

Die potensiële konsentrasie van kredietrisiko bestaan hoofsaaklik uit handelsdebiteure. Handelsdebiteure

bestaan uit 'n groot aantal klante wat versprei is oor verskillende geografiese gebiede en krediet word toegestaan

ingevolge die Groep se kredietbeleide. Die finansiële posisie van debiteure word gereeld ontleed.

Die Direksie is van mening dat daar op jaareinde geen beduidende konsentrasie van risiko bestaan waarvoor

daar nie voldoende voorsiening gemaak is nie.

23.5 LIKIDITEITSRISIKO

Die Groep beskik oor genoegsame likiede bates en word, soos in die verlede, ondersteun deur korttermyn leenfasiliteite

vanaf finansiële instellings wat met behulp van kontantvloeibestuur voldoen aan operasionele

behoeftes.

23.6 NIE-NAKOMING VAN KONTRAKTE

Die Groep bestuur die risiko van nie-nakoming deur slegs met goedgekeurde verskaffers en produsente te kontrakteer.

Vooruitkontrakte vir graanlewering is met produsente gesluit. Die billike waarde hiervan het R0,5 miljoen

(2004 – R29,6 miljoen) bedra. Hierdie instrumente is ingesluit by waardes getoon onder punt 23.2. Indien die

risiko wesenlik is, word dit bestuur deur opsiekontrakte op Safex uit te neem.

23.7 BILLIKE WAARDE

Finansiële instrumente word getoon teen die billike drawaardes daarvan.

Die drawaardes van beleggings beskikbaar-vir-verkoop het R1 miljoen (2004 – R69 miljoen) bedra. Die vergelykende

syfer bevat ‘n openingsbalans aansuiwering ten bedrae van R27 miljoen. Die aanpassing na billike waarde

is direk teen ekwiteit verreken. Sien aantekening 4.

Senwes Jaarverslag 2005

74

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!