03.05.2013 Views

Senwes Jaarverslag 2005

Senwes Jaarverslag 2005

Senwes Jaarverslag 2005

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

23.1 BUITELANDSE VALUTA RISIKO

Die Groep het minimale blootstelling aan fluktuasies in hoofsaaklik die rand/VSA-dollar wisselkoers ten opsigte

van invoere en uitvoere. Transaksies in buitelandse geldeenhede word hoofsaaklik aangegaan vir aankoop en

verkoop van voorraaditems.

Valutatermynkontrakte word uitgeneem vir spesifieke transaksies om die fluktuasies in wisselkoerse te verskans.

Op jaareinde het die buitelandse valutawaarde van kontrakte wat uitgeneem was om verwagte uitbetalings te verskans

USD1,6 miljoen bedra. Die randwaarde teen kontrakkoerse het R9,9 miljoen bedra. Die billike waarde hiervan

was R9,9 miljoen (2004 – R10,5 miljoen).

Kontrakte wat uitgeneem was om verwagte kontantinvloeie ten bedrae van USD 0,5 mijoen te verskans, het ‘n

kontrakwaarde van R2,8 miljoen gehad en ‘n billike waarde van R2,9 miljoen (2004 – R2,8 miljoen).

Beide tipes kontrakte verval binne twaalf maande en die herwaarderingsverskil is direk in die inkomstestaat

erken. Die voorbelaste ongerealiseerde verlies wat met herwaardering ontstaan het, het R7 210 (2004 –

R141 000) bedra. Die wins word in die inkomstestaat verreken teen die herwaarderingsverskil van die

onderliggende bate of las wat teen billike waarde in die balansstaat gedra word.

Geen gedeeltes van die verwagte kontantinvloeie was op jaareinde onverskans nie (2004 – R380 000). Geen

gedeelte van verwagte betalings was onverskans op jaareinde nie (2004 – Geen).

23.2 KOMMODITEITSPRYSRISIKO

Die Groep gebruik afgeleide instrumente om blootstelling aan kommoditeitsprysrisiko te bestuur en te verskans.

In ooreenstemming met die Groep se risikobestuursbeleid kan slegs minimale onverskanste markposisies te

enige tyd bestaan. Die waarde van beskikbare kommoditeite, die netto waarde van termynkontrakte en opsiekontrakte

en die waarde van voorseisoenkontrakte se netto posisie dui op effektiewe verskansing soos omskryf in

RE 133. Die totale waarde van die termynkontrakte word beskou as sensitiewe inligting en word nie openbaar nie.

Die verskansingsinstrumente wat gebruik word, bestaan uit termynkontrakte en opsiekontrakte. Die netto billike

waarde ten opsigte van termynkontrakte vir verskansing op jaareinde was ‘n verpligting en het R18 miljoen

bedra. Die netto billike waarde ten opsigte van opsiekontrakte vir verskansing op jaareinde was ‘n verpligting ten

bedrae van R6 miljoen. Die netto billike waarde ten opsigte van voorseisoenkontrakte op jaareinde was ‘n

verpligting van R0,5 miljoen. Soos verduidelik in die vorige paragraaf is die netto herwaarderingsverskil van die

instrumente wat vir verskansing gebruik is in ag geneem teenoor die waarde van kommoditeite en billike waarde

van voorseisoenkontrakte. Die waarde van kommoditeite op die balansstaat toon dus die markwaarde daarvan

op jaareinde en die billike waarde van die termynkontrakte, opsiekontrakte en voorseisoenkontrakte word ook in

die balanstaat ingesluit.

Alle kontrakte verval binne elf maande. Op jaareinde het onverskanste voorraad, teen die sluitingspryse

gewaardeer, R9,9 miljoen (2004 – R3,6 miljoen) bedra. Die onverskanste verpligting om voorraad aan te koop,

ook teen jaareinde sluitingspryse gewaardeer, het R0,5 miljoen (2004 – R1 miljoen) bedra.

23.3 RENTEKOERSRISIKO

Die Groep verseker oor die algemeen dat teen fluktuerende rentekoerse geleen word aangesien die meeste

fondse aangewend word in kredietverskaffing waarvan die koerse ook fluktuerend is. Ten tye van volatiliteit word

rentekoersblootstelling oor die algemeen bekamp by wyse van die gebruik van finansiële instrumente om fluktuerende

koerse om te skakel na vaste koerse.

Senwes Jaarverslag 2005

73

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!