03.05.2013 Views

Senwes Jaarverslag 2005

Senwes Jaarverslag 2005

Senwes Jaarverslag 2005

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Rekeningkundige beleid

vervolg...

aansporingsbonusse wanneer daar 'n konstruktiewe verpligting

bestaan en 'n akkurate beraming van die verpligting gemaak

kan word.

'n Voorsiening word geskep ten opsigte van die verwagte koste

van die verpligting ten opsigte van beide normale en langdiensverlofdae

opgehoop, omgeskakel na 'n randwaarde op

jaareinde gegrond op die kontantekwivalent daarvan. Die nodige

aanpassing word verreken teen inkomste in die inkomstestaat.

'n Voorsiening word geskep ten opsigte van normale dertiende

tjek bonusse opgeloop aangesien prorata uitbetaling geskied

indien bedanking plaasvind voor die personeellid se normale

verkose uitbetalingsdatum.

Uitdienstredingsvoordele by diensbeëindiging word as 'n

verpligting en uitgawe erken wanneer die onderneming verbind

is tot die beëindiging van die pos voor normale werknemeraftrede

of wanneer voordele aangebied word om vrywillige oortollige

diensbeëindiging aan te moedig. Indien dit egter onseker

is wie die aanbod sal aanneem, word slegs 'n voorwaardelike

aanspreeklikheid openbaar.

1.11 INKOMSTE ERKENNING

Inkomste verteenwoordig die netto gefaktureerde waarde van

goedere en dienste sowel as enige kommissie ontvang voortspruitend

uit die aktiwiteite as graanhanteerder en verskaffer van

versekering en finansiële dienste. Rente ontvang wat voortspruit

uit kredietverskaffing word ook as inkomste getoon, slegs tot die

mate waartoe invordering redelik seker is. Inkomste word getoon

met die uitsluiting van belasting op toegevoegde waarde.

Intergroepverkope word geëlimineer.

Inkomste uit verkope van goedere word erken wanneer wesenlike

risiko's en vergoeding vir eienaarskap van die goedere

oorgedra word aan die koper en dit redelik seker is dat die

ekonomiese voordele betrokke by die transaksie na die onderneming

sal vloei.

Inkomste op agentskapsgraandebiteure word op 'n tydsverhoudingsgrondslag

erken soos dienste gelewer word.

Inkomste uit dienste gelewer word erken deur inagneming van

die stadium van voltooiing op balansstaatdatum en/of die resultaat

daarvan redelik akkuraat bepaal kan word. Indien die

inkomste nie redelik akkuraat bepaal kan word nie, word

Senwes Jaarverslag 2005

42

inkomste slegs erken tot die omvang van verhaalbare uitgawes

aangegaan.

Wat betref graanverkoopstransaksies word prysrisikoblootstelling

met betrekking tot aankope verskans deur verkope aan

die termynbeurs Safex. Waar die doelwit dus verskansing is

eerder as lewering aan Safex word hierdie transaksies geëlimineer

uit verkope en apart openbaar, as waarde van sake gedoen.

Direkte leweringstransaksies met betrekking tot brandstof, kunsmis,

saad en ander boerderyinsette word apart openbaar onder

waarde van sake gedoen, aangesien die aard daarvan voldoen

aan agentskapsbeginsels eerder as optrede as prinsipaal. Die

onderliggende rede vir die transaksies is finansiering. Die kommissie

verdien op die transaskies word steeds verantwoord

as inkomste.

Dividende ontvang uit beleggings word erken wanneer die laaste

datum vir registrasie verstryk het.

1.12 FINANSIËLE INSTRUMENTE EN BILLIKE WAARDE

Finansiële bates word erken wanneer die Groep die reg of toegang

tot ontvangs van ekonomiese voordele het. Sodanige

bates bestaan uit kontant, ‘n kontraktuele reg om kontant te ontvang

of ‘n ander finansiële bate. Finansiële verpligtinge word

erken waar daar ‘n verpligting is om ekonomiese voordele oor te

dra en daardie verpligting ‘n kontraktuele verpligting is om kontant

of ‘n ander finansiële bate of om ‘n finansiële instrument oor

te dra aan ‘n ander entiteit.

Afgeleide finansiële instrumente

Afgeleide instrumente word deur die Groep gebruik in die bestuur

van besigheidsrisiko’s. Dit word aanvanklik in die

balansstaat teen die kosprys erken en daarna teen die billike

waarde herwaardeer. Die metode om die gevolglike wins of verlies

te erken, is afhanklik van die aard van die item wat verskans

word. Die Groep ken sekere finansiële instrumente toe as:

• ‘n verskansing van die billike waarde van ‘n erkende bate of

verpligting (billike waarde verskansing); óf

• ‘n verskansing van ‘n vooruit transaksie of van ‘n vaste verbintenis

(kontantvloei verkansing).

Verandering in die billike waarde van afgeleide instrumente wat

toegeken is en kwalifiseer as ‘n billike waarde verskansing, en

ook hoogs effektief is, word in die inkomstestaat verantwoord

tesame met enige veranderinge in die billike waarde van die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!