03.05.2013 Views

Senwes Jaarverslag 2005

Senwes Jaarverslag 2005

Senwes Jaarverslag 2005

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Rekeningkundige beleid

1. REKENINGKUNDIGE BELEID

Die rekeningkundige beleid wat deur die Groep toegepas word,

is in ooreenstemming met dié van die vorige finansiële jaar.

1.1 BASIS VAN AANBIEDING

Die finansiële state is opgestel in ooreenstemming met en voldoen

aan die Suid-Afrikaanse Standpunte van Algemeen

Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk. Die finansiële state word

opgestel volgens die historiesekoste-grondslag, behalwe vir

afgeleide finansiële instrumente en beskikbaar-vir-verkoop finansiële

bates. Die drawaardes van bates en laste wat verskans is,

word aangepas om veranderinge in die billike waardes weens

die risiko's wat verskans word, te weerspieël.

1.2 KONSOLIDASIEBELEID EN FILIALE

Filiale is entiteite waar beheer oor die entiteite se bedryfs- en

finansiële beleid uitgeoefen kan word ten einde voordeel uit sy

aktiwiteite te trek of waar die Groep die meerderheid van die

stemreg besit.

Die gekonsolideerde finansiële jaarstate sluit die bates en laste

van al die filiale en hul resultate vir die periode in. In geval van

verkryging of belangverandering gedurende die jaar, is die resultate

van die betrokke filiale ingesluit vanaf die datum van effektiewe

beheer, of tot die datum van afstanddoening van effektiewe

beheer. Intergroeptransaksies, -balanse en ongerealiseerde winste

en verliese tussen maatskappye in die Groep word geëlimineer.

Enige voorsienings vir afskrywings van die beleggings soos

veroorsaak deur die ontstaan van opgehoopte verliese in die

entiteit word teruggeskryf by konsolidasie. Waar waardedalings

voorkom word dit teen die betrokke bateklas verantwoord.

Beleggings in filiale op maatskappyvlak word getoon teen

kosprys min enige voorsienings vir waardedalings.

1.3 GESAMENTLIKE ONDERNEMINGS

Gesamentlike ondernemings is ondernemings ingevolge waarvan

die Groep, saam met een of meer ander ondernemers 'n

ekonomiese aktiwiteit uitvoer wat aan gesamentlike beheer

onderworpe is.

Die Groep se belang in gesamentlike ondernemings is deur die

proporsionele konsolidasiemetode in berekening gebring. Die

inkomstestaat, balansstaat, kontantvloeistaat en staat van veranderinge

in ekwiteit sluit die Groep se gedeelte van inkomste,

Senwes Jaarverslag 2005

40

uitgawes, bates, laste en kontantvloei van hierdie gesamentlike

ondernemings op 'n lyn-vir-lyn grondslag in.

1.4 ANDER BELEGGINGS

Alle beleggings word aanvanklik erken teen kosprys, dit is die

bedrag betaal ingesluit enige verkrygingskoste wat met die

belegging geassosieer word.

Na aanvanklike erkenning word beleggings wat geklassifiseer

word as beskikbaar-vir-verkoop, aangepas na billike waarde.

Wins of verliese wat ontstaan met die billike waarde aanpassings

op hierdie beleggings word direk teen ekwiteit erken. Sodra die

belegging verkoop of vervreem word, of indien enige waardedalings

erken word, word die opgelope wins of verlies voorheen as

ekwiteit getoon, ingeneem as deel van die netto wins of verlies in

die inkomstestaat.

1.5 EIENDOM, AANLEG EN TOERUSTING

Eiendom, aanleg en toerusting word gehou met die doel om

ekonomiese voordeel daaruit te trek oor meer as een periode en

is nie aangekoop vir doeleindes van herverkoop nie.

Alle eiendom, aanleg en toerusting word erken teen kosprys.

Latere meting word bepaal teen die bate se kosprys min opgelope

depresiasie en waardedalings.

Winste en verliese met verkoop van eiendom, aanleg en toerusting

word bereken op grond van hulle drawaardes en word in

berekening gebring by bedryfswins. Met verkope van herwaardeerde

bates, word bedrae in die nie-verdeelbare reserwes

ten opsigte van die herwaardeerde bates oorgeplaas na

onaangewende inkomste.

Depresiasie word oor die verwagte nuttige lewensduur teen 'n

vaste paaiementsgrondslag bereken teen die volgende

toepaslike koerse:

• Grond -

• Geboue en verbeterings 2,5 - 2,85

• Masjinerie en toerusting 7,5 - 33,3

• Voertuie 20

Grond word nie gedepresieer nie aangesien dit geag word 'n

onbeperkte lewensduur te hê.

1.6 VOORRAAD

Voorraad verteenwoordig bates wat gehou word vir verkoop in

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!