03.05.2013 Views

Senwes Jaarverslag 2005

Senwes Jaarverslag 2005

Senwes Jaarverslag 2005

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Verklaring van verantwoordelikheid

deur die Direksie

Die direkteure is verantwoordelik vir die voorbereiding, integriteit en redelike weergawe van die finansiële state van Senwes Bpk en

sy filiale. Die finansiële state uiteengesit op bladsy 38 tot 81 is opgestel in ooreenstemming met Suid-Afrikaanse Standpunte van

Algemeen Aanvaarde Rekeningkundige Praktyk. Die direkteure het ook alle ander inligting wat ingesluit is in hierdie jaarverslag voorberei

en is verantwoordelik vir beide die akkuraatheid en konsekwentheid van die finansiële state.

Die direkteure is ook verantwoordelik vir die Maatskappy se stelsel van interne finansiële beheer en risikobestuur en beide word op

gereelde basis nagegaan. Hierdie kontroles is ontwerp om redelike, maar nie absolute gerusstelling te bied oor die betroubaarheid

van die finansiële state, toereikende beveiliging en instandhouding van die bates te bied en om wanvoorstelling en verliese te

voorkom en op te spoor. Geen aangeleenthede het onder die aandag van die Direksie gekom wat 'n wesenlike tekortkoming in die

funksionering van hierdie kontroles, prosedures en stelsels gedurende die jaar onder oorsig, mag aandui nie.

Die lopende saak grondslag is gebruik by die opstel van die finansiële state. Die direkteure het geen rede om te glo dat die Groep of

enige maatskappy in die Groep nie 'n lopende saak in die nabye toekoms sal wees nie, gebaseer op resultate, bedryfstendense,

markomgewing, vooruitskattings, risiko’s, kapitaalstruktuur en beskikbare kontant- en finansieringsbronne.

Die finansiële state is geouditeer deur die onafhanklike ouditeure, Ernst & Young. Die onafhanklike ouditeure is onbeperkte toegang

verleen tot alle finansiële rekords, ingesluit alle notules van direksie-, direksiekomitee-, bestuurs- en aandeelhouervergaderings. Die

direkteure glo dat alle voorstellings aan die onafhanklike ouditeure tydens die oudit, geldig en behoorlik was.

Die Maatskappy finansiële jaarstate en die Groep finansiële jaarstate vir die jaar geëindig 30 April 2005, soos uiteengesit op bladsy

38 tot 81, is deur die Direksie goedgekeur.

JE Grobler JJ Dique SH Alberts

Voorsitter Besturende Direkteur Direkteur Finansies

23 Junie 2005

Verklaring van die Sekretaris

Die Sekretaris sertifiseer in terme van artikel 268G(d) van die Maatskappywet, soos gewysig, dat alle opgawes soos vereis deur

genoemde Wet, ingedien is by die Registrateur van Maatskappye en dat genoemde opgawes waar, korrek en op datum is.

EM Joynt

Sekretaris

23 Junie 2005

Senwes Jaarverslag 2005

36

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!