Senwes Jaarverslag 2005
Senwes Jaarverslag 2005
Senwes Jaarverslag 2005
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Definisies

1. VERDIENSTE PER AANDEEL

Verdienste toeskryfbaar aan aandeelhouers gedeel deur die geweegde gemiddelde

aantal uitgereikte aandele gedurende die jaar.

2. WESENSVERDIENSTE PER AANDEEL

Verdienste per aandeel toeskryfbaar aan aandeelhouers, met uitsluiting van:

- wins/(verlies) met verkoop van vaste bates,

- wins/(verlies) met verkoop en/of beëindiging van bedrywighede,

- wins/(verlies) met verkoop van beleggings,

- wins/(verlies) met verkoop van filiale,

- voorsiening vir waardedaling van bates,

- amortisasie van klandisiewaarde,

gedeel deur die geweegde gemiddelde aantal uitgereikte aandele gedurende

die jaar.

3. WESENSVERDIENSTE PER AANDEEL VOOR ABNORMALE ITEMS

Dieselfde as vir wesensverdienste per aandeel, behalwe vir die verdere uitsluiting

van abnormale items.

4. KONTANTVLOEI PER AANDEEL

Toeskryfbare kontantvloei uit bedrywighede gedeel deur die geweegde

gemiddelde aantal uitgereikte aandele gedurende die jaar.

5. NETTO BATEWAARDE PER AANDEEL

Kapitaal en reserwes, verminder met ontasbare bates, gedeel deur die aantal

uitgereikte aandele op jaareinde.

6. MARKPRYS PER AANDEEL

Verhandelingsprys van die laaste transaksie in die finansiële jaar.

7. DIVIDEND PER AANDEEL

Totale dividend verklaar gedeel deur die aantal uitgereikte aandele op

jaareinde.

8. SPESIALE DIVIDEND PER AANDEEL

Selfverklarend.

9. DIVIDENDOPBRENGS OP MARKPRYS

Dividend per aandeel, gedeel deur die verhandelingsprys van die laaste

transaksie in die finansiële jaar.

10. DIVIDENDOPBRENGS OP MARKPRYS, INSLUITENDE

SPESIALE DIVIDEND

Dividend per aandeel, insluitende die spesiale dividend, gedeel deur die verhandelingsprys

van die laaste transaksie in die finansiële jaar.

11. DIVIDENDDEKKING

Toeskryfbare wins vir die jaar gedeel deur die totale dividend verklaar.

12. DIVIDENDDEKKING, INSLUITENDE SPESIALE DIVIDEND

Toeskryfbare wins vir die jaar, gedeel deur die totale normale dividend verklaar,

met die insluiting van die spesiale dividend.

13. BEWEGING IN EKWITEIT

Verskil in kapitaal en reserwes in huidige jaar teenoor vorige jaar.

Senwes Jaarverslag 2005

34

14. OPBRENGS OP GEMIDDELDE AANDEELHOUERSBELANG

Verdienste toeskryfbaar aan aandeelhouers uitgedruk as ‘n % van gemiddelde

kapitaal en reserwes.

15. BEDRYFSWINS UIT VOORTGESETTE BEDRYWIGHEDE AS % VAN

INKOMSTE

Selfverklarend.

16. BEDRYFSWINS UIT VOORTGESETTE BEDRYWIGHEDE, MAAR

VOOR ABNORMALE ITEMS, AS % VAN INKOMSTE

Selfverklarend.

17. EFFEKTIEWE BELASTINGKOERS

Werklike inkomstebelasting-uitgawe as % van netto inkomste voor belasting.

18. INKOMSTE/EKWITEIT (AANTAL KEER)

Inkomste gedeel deur ekwiteit.

19. INKOMSTE PER WERKNEMER

Inkomste gedeel deur die aantal permanente werknemers op jaareinde in

diens.

20. EKWITEIT AS % VAN NETTO BATES – GROEP

Kapitaal en reserwes uitgedruk as % van totale bates verminder met

rentevrye finansiering.

21. EKWITEIT AS % VAN NETTO BATES – MAATSKAPPY

Sien definisie 20.

22. EKWITEIT AS % VAN NETTO BATES MET UITSLUITING VAN

AGENTSKAPSGRAANDEBITEURE – GROEP

Kapitaal en reserwes uitgedruk as % van totale bates na uitsluiting van

agentskapsgraandebiteure en rentevrye finansiering.

23. EKWITEIT AS % VAN NETTO BATES MET UITSLUITING VAN

AGENTSKAPSGRAANDEBITEURE – MAATSKAPPY

Sien definisie 22.

24. RENTEDEKKING DEUR KONTANTWINSTE

Kontantwinste voor finansieringskoste gedeel deur finansieringskoste.

25. HEFBOOMFINANSIERINGSVERHOUDING

Rentedraende skuld, verminder met kontant, gedeel deur kapitaal en reserwes.

26. RENTEVRYE LASTE AS % VAN EKWITEIT

Rentevrye laste en voorsienings gedeel deur ekwiteit.

27. BEDRYFSVERHOUDING

Bedryfsbates gedeel deur bedryfslaste.

28. VUURPROEFVERHOUDING

Bedryfsbates verminder met voorraad gedeel deur bedryfslaste.