Senwes Jaarverslag 2005

Senwes Jaarverslag 2005 Senwes Jaarverslag 2005

03.05.2013 Views

Bedryfsoorsig vervolg… ARBEID EN ARBEIDSBETREKKINGE Sowat 35% van werknemers is lede van vakunies, naamlik FAWU, NUFBSWAW en Solidariteit. Onderhandelinge en konsultasies met relevante belangegroepe en vakbonde word gevoer met betrekking tot vergoedingsaanpassings, werksvoorwaardes asook in herstrukturering en rasionalisasie oefeninge. SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING AGTERGROND Senwes beskou swart ekonomiese bemagtiging (SEB) as ‘n ekonomiese en sosiale noodsaaklikheid vir volhoubare groei en verhoogde aandeelhouerswaarde. Daarom het Senwes ‘n proaktiewe benadering gevolg tot SEB, waardeur ons besigheidsagenda in die werkplek en gemeenskap in pas is met die land se nasionale transformasie agenda. SENWES SEB TRANSFORMASIE HANDVES Hoewel die landbousektorale SEB handves, algemeen bekend as die Agri-SEB handves, nog nie gefinaliseer is nie, het Senwes in die oorsigtydperk uit vrye wil ‘n SEB transformasie handves vir die Groep opgestel en aanvaar. Die handves Senwes SEB-telkaart ondervang die Groep se tranformasie mikpunte, beginsels, doelwitte en teikendatums tot en met die jaar 2010. Die transformasie handves is geformuleer deur ‘n proses van wye konsultasie en geniet die ondersteuning van personeel, Bestuur en die Direksie. Dit is ‘n breëbasis transformasie handves en ‘n telkaart wat ondersteun word deur ‘n kritieke selfmetingsproses. Die SEB transformasie handves is geformuleer en gebaseer op die raamwerk, telkaart en gewigte van die Departement van Handel en Nywerheid se SEB teikens. AGRI-SEB Verder het Senwes ook ‘n wesenlike rol gespeel in die bevordering van SEB in die landbousektor, deur middel van werkswinkels en konferensies met produsente om die rol van kommersiële produsente in die ekonomiese transformasie van ons land te bespreek. Senwes het ook ‘n baie belangrike rol gespeel in die Agri-SEB Stuurkomitee, waarop ons verteenwoordig word. Die rol van die Stuurkomitee was om die konsultasieproses in die formulering van die landbousektorale handves te lei. Teen die tyd van hierdie verslagdoenig was die handves gereed om deur die proses van konsultasie te gaan. Ons het ook opkomende swart produsente ondersteun deur vir hulle tegniese en adviesdienste te Senwes Jaarverslag 2005 20 lewer, asook om kontakte en mentor-vennootskappe tussen gevestigde kommersiële boere en opkomende boere te vind. Senwes het verder ook advies, modelle en raamwerke verskaf aan gevestigde kommersiële produsente wat belangstelling getoon het om SEB in hul landbouondernemings te implementeer. Ondersteuning met die implementering daarvan word ook gebied. TOEKOMSTIGE STRATEGIE Senwes sien daarna uit om, gegewe die suksesse wat gedurende die jaar onder oorsig behaal is, met entoesiasme voort te gaan om die swart ekonomiese bemagtigingstrategie verder te ontplooi. Fokus sal in die komende jaar geplaas word op die finalisering van die SEB ekwiteitstransaksie, die aggressiewe implementering van planne ten opsigte van menslike hulpbronne en ekonomiese ontwikkeling. Die proses rakende die doeltreffende implementering van hoë-impak en innoverende sosiale verantwoordelikheidsprogramme sal ook afgehandel word. GEMEENSKAP Kategorie Prestasies behaal Toekomstige strategie • Ekwiteit eienaarskap en bestuursbeheer • Gelyke indiensneming Senwes funksioneer nie geïsoleerd van die gemeenskap waarbinne hy sake doen nie. As ‘n wyd gerespekteerde, landbougerigte sake-onderneming is Senwes op ‘n • 8% van direksielede is swart • Die onderhandelingsproses en ooreenkoms met ‘n swart ekonomiese vennoot toon vordering • 10% van top en senior bestuur bestaan uit swart mense • 2% van middelbestuur bestaan uit swart mense • 9% van junior bestuur en gespesialiseerde werknemers is swart mense • In totaal is 51% werknemers swart • Mikpunte is gestel en strategieë word geïmplementeer om die getal swart werknemers in alle vlakke van bestuur te verhoog

Bedryfsoorsig

vervolg…

ARBEID EN ARBEIDSBETREKKINGE

Sowat 35% van werknemers is lede van

vakunies, naamlik FAWU, NUFBSWAW en

Solidariteit.

Onderhandelinge en konsultasies met

relevante belangegroepe en vakbonde

word gevoer met betrekking tot vergoedingsaanpassings,

werksvoorwaardes

asook in herstrukturering en rasionalisasie

oefeninge.

SWART EKONOMIESE

BEMAGTIGING

AGTERGROND

Senwes beskou swart ekonomiese

bemagtiging (SEB) as ‘n ekonomiese en

sosiale noodsaaklikheid vir volhoubare

groei en verhoogde aandeelhouerswaarde.

Daarom het Senwes ‘n proaktiewe

benadering gevolg tot SEB, waardeur

ons besigheidsagenda in die werkplek en

gemeenskap in pas is met die land se

nasionale transformasie agenda.

SENWES SEB TRANSFORMASIE

HANDVES

Hoewel die landbousektorale SEB handves,

algemeen bekend as die Agri-SEB

handves, nog nie gefinaliseer is nie, het

Senwes in die oorsigtydperk uit vrye wil ‘n

SEB transformasie handves vir die Groep

opgestel en aanvaar. Die handves

Senwes SEB-telkaart

ondervang die Groep se tranformasie

mikpunte, beginsels, doelwitte en teikendatums

tot en met die jaar 2010. Die transformasie

handves is geformuleer deur ‘n

proses van wye konsultasie en geniet die

ondersteuning van personeel, Bestuur en

die Direksie. Dit is ‘n breëbasis transformasie

handves en ‘n telkaart wat

ondersteun word deur ‘n kritieke selfmetingsproses.

Die SEB transformasie

handves is geformuleer en gebaseer op

die raamwerk, telkaart en gewigte van die

Departement van Handel en Nywerheid

se SEB teikens.

AGRI-SEB

Verder het Senwes ook ‘n wesenlike rol

gespeel in die bevordering van SEB in die

landbousektor, deur middel van werkswinkels

en konferensies met produsente om

die rol van kommersiële produsente in die

ekonomiese transformasie van ons land te

bespreek. Senwes het ook ‘n baie belangrike

rol gespeel in die Agri-SEB Stuurkomitee,

waarop ons verteenwoordig word.

Die rol van die Stuurkomitee was om die

konsultasieproses in die formulering van

die landbousektorale handves te lei. Teen

die tyd van hierdie verslagdoenig was die

handves gereed om deur die proses van

konsultasie te gaan. Ons het ook

opkomende swart produsente ondersteun

deur vir hulle tegniese en adviesdienste te

Senwes Jaarverslag 2005

20

lewer, asook om kontakte en mentor-vennootskappe

tussen gevestigde kommersiële

boere en opkomende boere te vind.

Senwes het verder ook advies, modelle en

raamwerke verskaf aan gevestigde kommersiële

produsente wat belangstelling

getoon het om SEB in hul landbouondernemings

te implementeer. Ondersteuning

met die implementering daarvan

word ook gebied.

TOEKOMSTIGE STRATEGIE

Senwes sien daarna uit om, gegewe die

suksesse wat gedurende die jaar onder

oorsig behaal is, met entoesiasme voort te

gaan om die swart ekonomiese bemagtigingstrategie

verder te ontplooi. Fokus

sal in die komende jaar geplaas word op

die finalisering van die SEB ekwiteitstransaksie,

die aggressiewe implementering

van planne ten opsigte van menslike

hulpbronne en ekonomiese ontwikkeling.

Die proses rakende die doeltreffende

implementering van hoë-impak en innoverende

sosiale verantwoordelikheidsprogramme

sal ook afgehandel word.

GEMEENSKAP

Kategorie Prestasies behaal Toekomstige strategie

• Ekwiteit

eienaarskap en

bestuursbeheer

• Gelyke

indiensneming

Senwes funksioneer nie geïsoleerd van

die gemeenskap waarbinne hy sake doen

nie. As ‘n wyd gerespekteerde, landbougerigte

sake-onderneming is Senwes op ‘n

• 8% van direksielede is swart • Die onderhandelingsproses en ooreenkoms

met ‘n swart ekonomiese vennoot toon

vordering

• 10% van top en senior bestuur bestaan uit swart

mense

• 2% van middelbestuur bestaan uit swart mense

• 9% van junior bestuur en gespesialiseerde werknemers

is swart mense

• In totaal is 51% werknemers swart

• Mikpunte is gestel en strategieë word geïmplementeer

om die getal swart werknemers in

alle vlakke van bestuur te verhoog

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!