03.05.2013 Views

Senwes Jaarverslag 2005

Senwes Jaarverslag 2005

Senwes Jaarverslag 2005

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bedryfsoorsig

vervolg…

Dit skep goeie korporatiewe beheer en

ondersteun die kernbedrywighede van die

Groep. Hierdie afdelings behels Direksiekoste,

Strategiese Ontwikkeling, Menslike

Hulpbronne, Landboudienste, Tesourie,

Korporatiewe Finansies, Sekretariaat,

Interne Oudit en Korporatiewe Bemarking.

Senwes het ook minderheidsbelange

in sekere ondernemings waarvan die

belangrikste ‘n 38%-belang in die

kalkvervaardiger Grasland Ondernemings

(Edms) Beperk is. Die 6,6% belang in

Pioneer Voedsel Beperk is gedurende die

finansiële jaar vervreem en die 27%belang

in Sentra Beleggings Beperk

(voorheen Sentraoes Beperk) is steeds in

die proses om uitbestuur te word.

RESULTATE EN STRATEGIE

Die afgelope jaar se resultate

Vergeleke met die vorige jaar het korporatiewe

koste gedaal, weens koste-besparingsaksies

– veral ten opsigte van ITkoste

– asook streng beheer. Vooruitsigte

vir verdere herstrukturering wat verlede

jaar gestel is rondom die na-aftrede

mediese voordele, kon nie gerealiseer

word nie weens ‘n interdik gebring om dit

te verhoed. Dit het meegebring dat

beduidende addisionele voorsienings ten

opsigte van hierdie potensiële verpligtinge

geskep moes word.

Die belang in Pioneer Voedsel Beperk

is vervreem en ‘n na-belaste wins van

R100 miljoen is gerealiseer. Dividende

van R5,4 miljoen is die afgelope jaar vanaf

Sentra Beleggings Beperk ontvang, as

gevolg van die realisering van sekere

bates van die maatskappy. ‘n Dividend van

R2 miljoen is ook vanaf Pioneer Voedsel

Beperk ontvang voordat die belang daarin

vervreem is.

Toekomstige strategie

Korporatiewe dienste sal steeds sterk

fokus op spesialisasie, dienslewering en

effektiwiteit. Intensiewe kostebesparingsprogramme

wat veral fokus op inligtingstegnologie

en bemarking word van stapel

gestuur. Daar kan egter verwag word dat

regskoste ‘n beduidende uitgawe kan

beloop as gevolg van die onafgehandelde

hofsake ten opsigte van die na-aftrede

mediese voordele asook weens regsaksies

geloods deur Senwes teen PricewaterhouseCoopers

(vorige ouditeure) en

vorige Bestuurslede.

KORPORATIEWE BURGERSKAP

Klante

Klante van Landboudienste is produsente

wat met Senwes sake doen ten opsigte

van kernaktiwiteite naamlik Insetverskaffing

en Marktoegang. ‘n Beduidende

gedeelte van bronne word spandeer om

Senwes se strategie met swart ekonomiese

bemagtiging te ondersteun.

Produkte en dienste

Landboudienste bied gespesialiseerde

landboukundige advies aan kommersiële

produsente en opkomende boere ten

einde hul besigheidsrisiko’s te beperk en

uitsette te optimaliseer. Die administratiewe

korporatiewe dienste verskaf die

nodige administratiewe, beheer- en finansieringsondersteuning

aan die kernbedrywighede.

Verskaffers

Die Land Bank, Absa en Rand Aksepbank

is die belangrikste verskaffers aan die

Groep se Tesourie-afdeling terwyl ‘n wye

verskeidenheid ander dienste deur

ondernemings met toepaslike kundigheid

gelewer word waarvan T-Systems en SAP

die belangrikste diensverskaffers van

inligtingstegnologie is.

Risiko’s en bestuurs- en

beheerstrukture

Senwes se finansiële toestand en

Senwes Jaarverslag 2005

18

besigheidsverhouding met finansiers

en verskaffers het weens finansiële

prestasie en die suksesvolle omdraaiaksies

sodanig verbeter dat verhoudings

genormaliseer is.

Veranderde wetgewing en tendense

vereis aanpassing in terme van swart

ekonomiese bemagtiging (SEB).

Alhoewel Senwes verbind is tot die implementering

van SEB, bly bereiking van

gestelde doelwitte ‘n uitdaging en die

potensiële impak van nie-voldoening

daaraan, kan ‘n risiko inhou.

WERKVERSKAFFING

EN ARBEIDSPRAKTYKE

WERKNEMER PROFIEL

Die Groep se totale hoeveelheid permanente

en tydelike werknemers het netto op

bykans dieselfde vlakke gebly en beloop

2 548 op jaareinde. Die werknemers is

geografies soos volg versprei: 49% is in die

Vrystaat, 34% in die Noordwes Provinsie,

14% in die Noord-Kaap en 3% in Gauteng.

Sowat 390 bedankings en uitdiensstellings

het in die afgelope jaar voorgekom,

met 209 aanstellings – waarvan 120 uit

die aangewese groepe gedoen is. Interne

bevorderings het op 221 te staan gekom,

waarvan 143 uit die aangewese groepe

was. ‘n Personeelomset van 13% (permanente

personeel) het voorgekom.

Doelmatige aanstellings word bewerkstellig

deur ‘n proses van werwing en keuring.

Poste word intern en/of ekstern op ‘n deursigtige

wyse geadverteer ten einde

geskikte kandidate te bekom. Die nodige

onderhoudvoering, navolging van verwysings

en inligting verskaf deur aansoekers,

psigometriese evaluering en soortgelyke

relevante metodes word aangewend

om toe te sien dat die regte aanstellings

gemaak word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!