Senwes Jaarverslag 2005

Senwes Jaarverslag 2005 Senwes Jaarverslag 2005

03.05.2013 Views

Bedryfsoorsig vervolg… uitbreidingsaksies teleurstellend presteer en sal in die toekoms verskerpte aandag geniet. ‘n Nuwe bestuur in dié afdeling, sal na verwagting ook ‘n positiewe uitwerking hê. Toekomstige strategie Die huidige landbou-omstandighede sal ‘n wesenlike impak hê op die resultaat van al die betrokke afdelings wat op insetverskaffing fokus. Die behaling van die nuwe jaar se begroting is ‘n groot uitdaging vir Handel ten spyte van die implementering van ‘n nuwe besigheidsmodel, bedryfsoptimalisasie en groeigeleenthede wat benut gaan word. Lae graanpryse en die verwagte vermindering in aanplantings, beteken dat dié divisie se besigheidsmodel hersien word om winsgewendheid oor die lang termyn op aanvaarbare vlakke te bring. Die optimalisering van bedryfstelsels en -prosesse sowel as verdere opleidingsprogramme vir personeel behoort bedryfseffektiwiteit te verbeter. Die groeistrategie van Handel sal ook in die komende jaar gestalte kry deur die verdere uitbreiding van die John Deere agentskap na die ander nie-tradisionele gebiede. Verskeie ander groeigeleenthede word ondersoek wat diversifikasie sal meebring en die besigheid minder landbou-afhanklik maak. Wat die Finansiering-afdeling betref, is die verwagting dat finansiering verleen nie naastenby op dieselfde vlakke as vorige jare sal verkeer nie. Produkte en dienste is verfyn om hoogs mededingend met banke en ander finansierders te wees. Die Versekeringsafdeling se strategie is om die besigheidseenheid te posisioneer as die eerste omvattende finansiële diensteverskaffer in die landbou. Die nodige strategie en besigheidsmodel is in plek om in die volgende twaalf maande struktuur daaraan te gee. KORPORATIEWE BURGERSKAP Klante Die grootste gedeelte van die klantebasis bestaan uit produsente in die graanproduksiegebiede van Noordwes, Vrystaat, Gauteng en die Noord-Kaap provinsies. Nie-landbou klante word egter ook bedien en maak al ‘n beduidende gedeelte van die besigheid uit. Die markaandeel verskil van produk tot produk en gebied tot gebied. Op gemiddelde basis beloop dit 55% en daar is gevolglik heelwat ruimte vir verbetering. Die wye verskeidenheid van produkte en dienste saam met vriendelike, kundige advies verbreed egter deurlopend die klantebasis. Produkte en dienste Produksie-insetmiddele soos saad, kunsmis, brandstof, landbouchemikalieë, meganisasie heelgoedere en -onderdele, werkswinkels, presisieboerdery, besproeiingstoerusting en -onderdele, algemene boerderybenodigdhede, huishoudelike verbruikersitems en versekering word aangebied. ‘n Wye verskeidenheid van produkte en handelsmerke word bemark. Dié produkreeks word ondersteun deur landboukundige waardetoevoegende en markverwante finansieringsprodukte. Produksierekenings en kontrakgroeipakkette vir somer- en winteraanplantings, huurkoopooreenkomste, maandrekenings en verskeie ander opsies met aantreklike voorwaardes, is tot beskikking van klante wat insetmiddele deur Senwes aanskaf. Verskaffers Die voorkeurverskaffers van goedere en dienste is ondernemings met goeie aansien wat aan bepaalde vereistes en norme voldoen. Verskaffers met die bekendste handelsmerke in landbou maak die Senwes Jaarverslag 2005 14 grootste deel hiervan uit. Daar bestaan ‘n goeie besigheidsverhouding met verskaffers en kontraktuele voorwaardes is billik teenoor die onderskeie partye. Betaalvoorwaardes verskil, maar die meeste verskaffers word 30 dae na staat betaal. Onderhandelinge vind deurlopend plaas en verskaffers gee die nodige ondersteuning deur middel van waarborge en produkaanspreeklikheid. Risiko’s en bestuurs- en beheerstrukture Die grootste makro-ekonomiese risiko wat bestaan is die effek van ongunstige landbou-omstandighede wat ‘n direkte impak op verkope het. Dit sluit onder meer in ‘n sterk rand en deflasionêre omstandighede, lae graanpryse, vermindering in aanplantings en ongunstige klimaatsomstandighede. Bedryfsrisiko’s in terme van verhoogde mededinging en te hoë vaste kostestrukture bestaan, terwyl bestuursrisiko’s soos marge- en voorraadbestuur soortgelyk aan ‘n kleinhandelsomgewing ook voorkom. Die bestuursrisiko’s word ondervang deur ‘n stelsel met voldoende bestuurs- en beheermaatreëls sowel as ‘n effektiewe verkrygingsbeleid. Die nuwe besigheidsmodel, beter klantediens en groeigeleenthede word ook daargestel om die bedryfsrisiko’s aan te spreek. Na raming sal daar in die nuwe seisoen beduidend minder as die langtermyn gemiddelde hektare geplant word. Klante se kontantvloei is onder druk en dit sal ’n negatiewe impak op kredietverlening hê. Die lae graanpryse kan ook ’n daling in sekuriteitswaardes van landbougrond veroorsaak. Krediet word egter slegs toegestaan aan klante wat ingevolge hul

finansiële posisie oor die nodige terugbetalingsvermoë beskik en terselfdertyd die nodige sekuriteit verskaf ter verskansing van die risiko. Gedifferensieerde rentekoerse is van toepassing, afhangende van die omvang van die risiko. MARKTOEGANG VIR PRIMÊRE LANDBOUGEWASSE Die Senwes Marktoegang divisie fokus op die hantering en opberging van graan asook die bemarking van hierdie landbouprodukte aan die grootste opnemers daarvan in Suider-Afrika. RESULTATE EN STRATEGIE Die afgelope jaar se resultate Die volume graan wat in die bedieningsgebied geproduseer is, was laer as die vorige jaar. Nogtans is bevredigende resultate vir die tydperk onder oorsig behaal. Dit is te danke aan omvattende prosesse om doeltreffendheid te verbeter; ‘n uitgebreide dienste-pakket en die implementering van ‘n struktuur om waardetoevoeging van graan te optimaliseer. Die kapitaalspandering van R26 miljoen van die divisie stel hom in staat om bedryfsgereedheidsvlakke op ‘n hoë peil te hou en aan die verwagtinge van graanmarkrolspelers in terme van tegnologiese ontwikkeling te voldoen. Toekomstige strategie Na verwagting sal die volgende finansiële jaar beter resultate as die afgelope jaar oplewer. Die beter opbrengste wat produsente as gevolg van die gunstige landboutoestande realiseer, veroorsaak ‘n hoër deurset en gevolglike hoër inkomste. Die Graanbemarking-afdeling se aksies is steeds daarop gerig om ‘n mededingende eenstopdiens aan ons klantebasis te bied. Skerp prysdalings sedert Januarie 2005 en die lae vlakke waarop graan tans verhandel, gaan die volgende jaar of twee omvangryke finansiële eise aan ons produsenteklante stel. Graanbemarking is reeds sodanig geposisioneer dat produsente wat nie nou hulle graan teen die huidige prysvlakke wil verkoop nie, hul prysbesluit kan uitstel. Graanbemarking het ook innoverende bemarkingstransaksies om produsente te ondersteun om kontantvloei te bewerkstellig, drakoste te minimaliseer asook om graanaankope te doen eerder as om graan te produseer. In die geval van die afnemers van graan, word ‘n pasgemaakte diens aan individuele klante gebied. Dit sluit onder andere in meuldeur-transaksies, basis-transaksies, ruil-transaksies en kontrakproduksie. Ten einde aan ons klante se behoeftes te voorsien, het die Graanbemarking-afdeling die afgelope jaar sy aktiwiteite ook na Mpumalanga en die Wes-Kaap uitgebrei. Deurlopende navorsing en investering in ons stelsels, markinligtingsprosesse, logistieke vermoë en finansieringsbasis word onderneem, ten einde te verseker dat ons klante optimaal bedien word. KORPORATIEWE BURGERSKAP Klante Kommersiële produsente wat deur dié divisie bedien word, produseer ‘n geraamde 32% van Suid-Afrika se totale somergraanoes, waarvan die grootste gedeelte ook deur Senwes se netwerk van silokomplekse hanteer en opgeberg word. In aansluiting hierby, word ‘n gespesialiseerde graanbemarkingsdiens gelewer. Dié waardepakket word gelewer aan klante in die tradisionele bedieningsgebied, maar ook toenemend aan klante in ander produksiestreke van Suid-Afrika. Senwes Jaarverslag 2005 15 Handelaars in mielie-, koring- en ander graanprodukte maak ook deel uit van die divisie se klantebasis. Produkte en dienste Die divisie beskik oor ‘n uitgebreide en goed verspreide graanhanterings-, opbergings- en diverse graandienste infrastruktuur waarvan die instandhouding, innoverende aanpassings met nuwe tegnologie, bedryfsgereedheid en effektiewe aanwending ‘n belangrike fokusarea is. Hierdie infrastruktuur word wyd deur produsente, graanhandelaars en eindverbruikers van graan aangewend in die normale gang van die graanmark. Die bemarkingsafdeling voltooi vir Senwes die graanmarktoegangskanaal deur die beskikbaarstelling van ‘n omvattende graaninligtingsproses, verkrygingsdienste, bemarkingskanaal, ‘n verskansingsdiens, graanfinansiering en ‘n logistieke diens. Die divisie se betrokkenheid by grondboneverwerking behels die plaaslike bemarking van die produk en die beskikbaarstelling van plantsaad. Verskaffers Graanprodusentklante is die belangrikste verskaffers van kommoditeite aan hierdie divisie. Ander belangrike verskaffers is plaaslike owerhede, graantransporteurs, finansiële instellings en Safex. Risiko’s en bestuurs- en beheerstrukture Die belangrikste risiko’s waarop die divisie se fokus, kontroles en algemene bestuur afgestem is, is operasionele-, mark-, krediet- en kontrolerisiko. Senwes het die nodige beleid en risikobestuursprosesse in plek om die risiko-areas te bestuur. ‘n Risikokomitee evalueer tweemaandeliks die resultate van hierdie prosesse en doen die nodige stappe om dit te verbeter.

finansiële posisie oor die nodige terugbetalingsvermoë

beskik en terselfdertyd die

nodige sekuriteit verskaf ter verskansing

van die risiko. Gedifferensieerde rentekoerse

is van toepassing, afhangende

van die omvang van die risiko.

MARKTOEGANG VIR PRIMÊRE

LANDBOUGEWASSE

Die Senwes Marktoegang divisie fokus op

die hantering en opberging van graan

asook die bemarking van hierdie landbouprodukte

aan die grootste opnemers

daarvan in Suider-Afrika.

RESULTATE EN STRATEGIE

Die afgelope jaar se resultate

Die volume graan wat in die bedieningsgebied

geproduseer is, was laer as die

vorige jaar. Nogtans is bevredigende resultate

vir die tydperk onder oorsig behaal. Dit

is te danke aan omvattende prosesse om

doeltreffendheid te verbeter; ‘n uitgebreide

dienste-pakket en die implementering van

‘n struktuur om waardetoevoeging van

graan te optimaliseer.

Die kapitaalspandering van R26 miljoen

van die divisie stel hom in staat om

bedryfsgereedheidsvlakke op ‘n hoë peil

te hou en aan die verwagtinge van graanmarkrolspelers

in terme van tegnologiese

ontwikkeling te voldoen.

Toekomstige strategie

Na verwagting sal die volgende finansiële

jaar beter resultate as die afgelope jaar

oplewer. Die beter opbrengste wat produsente

as gevolg van die gunstige

landboutoestande realiseer, veroorsaak ‘n

hoër deurset en gevolglike hoër inkomste.

Die Graanbemarking-afdeling se aksies is

steeds daarop gerig om ‘n mededingende

eenstopdiens aan ons klantebasis te bied.

Skerp prysdalings sedert Januarie 2005

en die lae vlakke waarop graan tans verhandel,

gaan die volgende jaar of twee

omvangryke finansiële eise aan ons produsenteklante

stel.

Graanbemarking is reeds sodanig geposisioneer

dat produsente wat nie nou hulle

graan teen die huidige prysvlakke wil

verkoop nie, hul prysbesluit kan uitstel.

Graanbemarking het ook innoverende

bemarkingstransaksies om produsente te

ondersteun om kontantvloei te bewerkstellig,

drakoste te minimaliseer asook om

graanaankope te doen eerder as om

graan te produseer.

In die geval van die afnemers van graan,

word ‘n pasgemaakte diens aan individuele

klante gebied. Dit sluit onder andere

in meuldeur-transaksies, basis-transaksies,

ruil-transaksies en kontrakproduksie.

Ten einde aan ons klante se behoeftes te

voorsien, het die Graanbemarking-afdeling

die afgelope jaar sy aktiwiteite ook na

Mpumalanga en die Wes-Kaap uitgebrei.

Deurlopende navorsing en investering in

ons stelsels, markinligtingsprosesse,

logistieke vermoë en finansieringsbasis

word onderneem, ten einde te verseker

dat ons klante optimaal bedien word.

KORPORATIEWE BURGERSKAP

Klante

Kommersiële produsente wat deur dié

divisie bedien word, produseer ‘n geraamde

32% van Suid-Afrika se totale somergraanoes,

waarvan die grootste gedeelte

ook deur Senwes se netwerk van silokomplekse

hanteer en opgeberg word. In

aansluiting hierby, word ‘n gespesialiseerde

graanbemarkingsdiens gelewer.

Dié waardepakket word gelewer aan

klante in die tradisionele bedieningsgebied,

maar ook toenemend aan klante in

ander produksiestreke van Suid-Afrika.

Senwes Jaarverslag 2005

15

Handelaars in mielie-, koring- en ander

graanprodukte maak ook deel uit van die

divisie se klantebasis.

Produkte en dienste

Die divisie beskik oor ‘n uitgebreide

en goed verspreide graanhanterings-,

opbergings- en diverse graandienste infrastruktuur

waarvan die instandhouding,

innoverende aanpassings met nuwe tegnologie,

bedryfsgereedheid en effektiewe

aanwending ‘n belangrike fokusarea is.

Hierdie infrastruktuur word wyd deur

produsente, graanhandelaars en eindverbruikers

van graan aangewend in die

normale gang van die graanmark. Die

bemarkingsafdeling voltooi vir Senwes

die graanmarktoegangskanaal deur die

beskikbaarstelling van ‘n omvattende

graaninligtingsproses, verkrygingsdienste,

bemarkingskanaal, ‘n verskansingsdiens,

graanfinansiering en ‘n logistieke diens.

Die divisie se betrokkenheid by grondboneverwerking

behels die plaaslike

bemarking van die produk en die beskikbaarstelling

van plantsaad.

Verskaffers

Graanprodusentklante is die belangrikste

verskaffers van kommoditeite aan hierdie

divisie. Ander belangrike verskaffers is

plaaslike owerhede, graantransporteurs,

finansiële instellings en Safex.

Risiko’s en bestuurs- en

beheerstrukture

Die belangrikste risiko’s waarop die divisie

se fokus, kontroles en algemene bestuur

afgestem is, is operasionele-, mark-, krediet-

en kontrolerisiko. Senwes het die

nodige beleid en risikobestuursprosesse

in plek om die risiko-areas te bestuur. ‘n

Risikokomitee evalueer tweemaandeliks

die resultate van hierdie prosesse en doen

die nodige stappe om dit te verbeter.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!