Graad 12 Afrikaans Eerste Additionele Taal 2013 ... - ACE Ministries
Graad 12 Afrikaans Eerste Additionele Taal 2013 ... - ACE Ministries
Graad 12 Afrikaans Eerste Additionele Taal 2013 ... - ACE Ministries
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Graad 12 Afrikaans Eerste Additionele Taal 2013 SGA Taak

TAAK 1: KREATIEWE SKRYWE

Taak Tipe:

Skryf ‘n verhalende / beredenerende / beskrywende / bespiegelende / argumenteerende

opstel van 250 – 300 woorde.

Punt uit 50.

Doel:

Hierdie taak evalueer die leerder se vermoë om ‘n opstel te skryf deur die toepaslike

formaat en gebruike toe te pas vir die tipe opstel.

Al word die skryf van ‘n opstel tydens die eksamen getoets moet die leerder leer om vir al sy

of haar vakke verskillende tipes opstelle te skryf. Alle kennis en vaardighede wat geleer is

deur die PACEs moet toegepas word. Dit sluit toepaslike taalgebruik, leestekens,

beplanning, ens. in. Die leerder sal ook daarby baat om die verduidelikings in die Literature

en English Poetry PACEs te leer om te sien watter metodes toepaslik is vir formele

skryfwerk.

Die taak moet op ‘n toepaslike moelikheidsgraad en standaard wees vir Graad 12 vlak.

Leerders moet onder geen omstandighede toegelaat word om die opstel af te jaag sonder

om die skryf vaardighede wat geleer is toe te pas nie.

Die taak fokus op LU 2 – AS 1,2,3,4; LU 3 – AS 1,2,3. Die onderwyser moet seker maak dat

hy/sy bekend is met die inhoud van hierdie uitkomstes, aangesien die evaluering op die

uitkomste standaarde gebaseer word.

Onderwerpe:

Leerders kan ‘n opstel oor ‘n onderwerp van hul eie keuse skryf. Gee aandag aan die

volgende wanneer die onderwerp gekies word:

Verhalende Opstel

‘n Verhalende opstel vertel ‘n storie of gebeurtenis wat in die verlede gebeur het, daarom

word dit in verlede tyd geskryf. Die gebruik van verlede tyd moet deurgaans gebruik word.

Dit kan uit enige perspektief geskryf word, maar moet ‘n sterk en oortuigende storielyn hê.

Kies dus ‘n toepaslike tema. Ontwikkel ‘n interessante inleiding wat die leser se aandag sal

trek en behou die leser se belangstelling deur gebruik te maak van ‘n toepaslike styl,

1
eeldspraak en aksie. Maak gebruik van sintuiglik waarneembare inligting en werk na ‘n

interessante en onverwagte slot.

Voorbeeld: Die dag toe ons bootjie in die rivier vol krokodille omgeslaan het

Beskrywende Opstel

Die doel is om die onderwerp duidelik te beskryf deur woorde en uitdrukkings versigtig te

kies om ‘n beeld te vorm. Maak gebruik van beeldspraak (beskryf wat sintuiglik waargeneem

kan word) en oorspronklike figuurlike uitdrukkings. Skryf oor iets wat bekend is.

Voorbeeld: Die skoonheid van die woestyn

Beredeneerde Opstel

Die beredeneerde opstel draai om die skrywer se emosies, idees, begeertes en drome. Dit is

subjektief en mag groot dele beskrywende werk bevat. Alles in die opstel moet bydrae om

die skrywer se gevoelens en herinneringe te weerspieël. Opregtheid en persoonlike

betrokkenheid is noodsaaklik.

Voorbeeld: My droom: Om ‘n weeshuis in Sudan op te rig

Argumenteerende Opstel

In hierdie soort opstel stel die skrywer ‘n spesifieke opinie tydens die inleiding en gaan dan

verder deur die opinie te verdedig en te verduidelik. Alle argumente moet duidelik oorkom

en goed gemotiveer word om die leser te oortuig. A sterk slot, wat belangrike punte opsom,

is noodsaaklik. Probeer oorspronklik wees en maak gebruik van retoriek en oortuigende

tegnieke. Emosionele taal mag gebruik word, maar dit mag nie onbeskof wees nie.

Voorbeeld: Pasop! Daardie musiek sal jou laat struikel

Bespiegelende Opstel

In ‘n bespiegelende opstel word die onderwerp objektief van verskillende perspekiewe

bespreek. Verskeie aspekte van die onderwerp word oorweeg en teenstrydige standpunte

word onpartydig gemeld. Alle argumente vir en teen die onderwerp moet op ‘n

gebalanseerde wyse duidelik in die opstel ontleed word. Die skrywer moet goed ingelig

wees en die argumente onpartydig en sonder gevoel oordra, sonder om neerhalend te

wees. Alle standpunte moet goed deurdenk en gemotiveer word uit alle perspektiewe. Die

skrywer mag, maar hoef nie, sy persoonlike voorkeur in die slot aandui.

Voorbeeld: Oorwegings om in ag te neem voor u u kind koshuis toe stuur

2
Instruksies:

Bestudeer die dokument Self-Studiegids vir Taalonderwysers: Skryf van Tekste Julie 2010.

Dit verskaf noodsaaklike inligting.

1. Die leerder moet in staat wees om tussen die verskilende soorte opstelle te kan

onderskei. Die onderwerp sal gewoonlik ‘n aanduiding gee van watter tipe opstel

gepas sal wees. Bestudeer ook ou eksamenvraestelle om ‘n beter begrip te kry van

wat verwag word.

2. Kies ‘n onderwerp. Maak seker dat die onderwerp genoeg ruimte bied om ‘n goeie

opstel wat geskik is vir Graad 12 te skryf.

3. Die leerder moet behoorlik beplan en self navorsing doen soos nodig.

4. Dit is noodsaaklik dat ‘n raamwerk opgestel word. Die raamwerk moet saam met die

opstel ingehandig word.

5. Die leerder moet die opstel proeflees en verbeteringe aanbring soos nodig.

6. Die onderwyser evalueer die finale kopie deur gebruik te maak van

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL SKRYFWERK,

AFDELING A (OPSTEL). Gee ‘n totale punt uit 50.

7. Heg ‘n kopie van die rubriek aan die finale skryfstuk.

8. Indien verwysings gebruik word, moet dit behoorlik aangedui word volgens die

riglyne.

3
PUNTESTAAT: TAAK 1: KREATIEWE SKRYWE

Naam van leerder: _________________________________ Punt: __________

Titel van Opstel: _________________________________ Datum: _________

Taal

Inhoud

Assessering Kode

Totale Punt uit 50:

4
GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2013 SGA

TAAK 4: BEANTWOORD KONTEKSTUELE VRAE OOR ‘N GESIENE GEDIG

Punt uit 35.

Doel:

Die leerder moet kontekstuele vrae oor ‘n gesiene gedig beantwoord.

Al die kennis en vaardighede wat in die Afrikaanse PACEs sowel as die Literatuur Studiegids

geleer is, moet toegepas word. Dit sluit die gebruik van korrekte taalstrukture, die regte tyd,

leestekens, beplanning, ens. in.

Hierdie taak fokus op LU 2 – AS 2,3; LU 3 – AS 1,3

Gee aandag aan al hierdie uitkomstes. Dit gee ‘n aanduiding van wat bereik moet word. Die

eksamen vreastelle sal beslis ook daaraan verwant wees.

‘n Memorandum word gebruik om die taak te evalueer.

Instruksies:

1. Lees en bestudeer die gedig Die Hanswors deur S.J. Pretorius. Maak seker dat jy

vertroud is met die inhoud en die betekenis van die gedig voordat jy die vrae

probeer antwoord.

2. Antwoord al die vrae rondom die gedig.

3. Die onderwyser merk die antwoorde volgens die memorandum.

4. Die punte word opgetel om ‘n punt uit 35 te verkry.

5. Dui punte aan op die PUNTESTAAT: TAAK 2: GESIENE GEDIG.

1
Die hanswors - S.J. Pretorius

1. Oor sy afsigtelike boggel

2. en kromheid, het hul hom gekoggel,

3. en bitterder was hul venyn

4. as sy vergroeide ruggraat pyn.

5. Tussen die diere in ‘n hoek

6. het hy die eensaamheid gesoek:

7. “Met klere wat gedurig gaar is,

8. Wat doen die vent met sy salaris?”

9. Hy’t maandeliks by die poskantoor

10. ‘n brief gepos of een gelees

11. by die dier kratte, oor en oor:

12. “Sou daar tog êrens iemand wees?”

13. En daardie ewige reuk en drank:

14. Nie een sou huil as hy bedank,

15. maar waar hy in die sirkus tent

16. aapagtig teen die firmament,

17. hoog teen die takel werk, kon klouter,

18. die dood uittart, en, klein kabouter,

19. sy duiwelstreke uithaal onder

20. dat almal skater vir die wonder,

21. is hy, hoe seer verag, verlate,

22. nog deur die baas beskou as bate.

23. Toe het ‘n brief gekom eendag ...

24. Hy’t oor die bed gebuk, verblind,

25. terwyl ‘n boggel vroutjie, sag,

26. sterwend fluister: “Dankie my kind ...”

2
DIE HANSWORS – VRAE

1. Gee ‘n kort beskrywing van hoe die hanswors gelyk het. (2)

2. Noem twee soorte pyn wat die hanswors ervaar het en verduidelik ook wat die

oorsaak van die pyn was. (4)

3. Bewys deur na twee voorbeelde uit die gedigte verwys dat die hanswors getrou was

aan ten minste twee mense. (2)

4. Lewer kommentaar oor die volgende stelling: Die hanswors het troos by die diere

gevind. (3)

5. Maak afleidings oor wat die hanswors met sy salaris gedoen het. Verduidelik ook

hoekom jy tot die gevolgtrekkings gekom het. (4)

6. Bewys uit die gedig dat die hanswors se kollegas bewus was van sy doen en late. (3)

7. Was die hanswors werklik besig met “duiwelstreke”? Verduidelik. (2)

8. Analiseer die effektiwiteit van die gebruik van die word “firmament” (reël 16). (5)

9. Wat dink jy sal gebeur as die hanswors nie langer sy toertjies kan doen nie? Motiveer

jou antwoord. (3)

10. Sou dit korrek wees om aan te neem dat die hanswors waarskynlik ‘n dwergie was?

Gee twee redes vir jou antwoord. (2)

11. Waarom, dink jy, sou die hanswors “die dood uit tart”? Was dit om die skare te

beïndruk? Dink jy hy sou daarmee voortgaan na sy ma se dood? (3)

12. Watter mediese verklaring sou jy aanbied vir die hanswors se kromheid? (2)

TOTAAL [35]

3
DIE HANSWORS – MEMORANDUM

1. Die hanswors was krom, met ‘n boggel. Sy klere was verslete. (2)

2. Fisiese pyn: sy ruggraat was verkrom en dit was pynlik.

Emosionele pyn: sy kollegas was venynig teenoor hom. (4)

3. Hy was getrou in sy werk sodat sy baas hom as ‘n bate beskou het.

Hy was getrou aan sy ma en het elke maand ‘n brief vir haar gepos. (2)

4. Dit is waar. Wanneer hy eensaam was, het hy die diere opgesoek. Hy het ook sy

briewe wat vir hom spesiaal was, by die dierkratte gelees. Dit dui daarop dat hy

aanvaarding en troos by die diere gevind het. (3)

5. Hy het geld vir sy ma gestuur – sy was dankbaar teenoor hom. Hy het drank gekoop

– hy het na drank geruik. (4)

6. Hulle het opgelet dat sy klere gaar is, dat hy maandeliks briewe pos en ontvang, dat

sy vertonings wel goed was. (3)

7. Nee. Die skare was verwonderd oor sy toertjies wat waarskynlik so goed was dat

ander mense dit nie kon naboots of verstaan nie, dus het hulle daarna verwys as

“duiwelstreke”. (2)

8. Die digter gebruik die woord eerstens om te rym met “tent”, maar die effektiwiteit

van die woord keuse lê in die betekenis daarvan: Firmament verwys na die

hemelkoepel, of die blou lug. Die tent is soos die hemelkoepel gespan. Die

simboliese waarde lê daarin dat die veragte hanswors tog iets hemels bereik

wanneer hy daar rond klouter. Dit beklemtoon ook sy isolasie: hy is ververwyderd

van die (sirkus-) mense op aarde, maar klouter in eensaamheid teen die tentkoepel.

(5)

9. Indien hy dit nie meer sou kon doen nie, sou hy waarskynlik afgedank word. Die

hanswors was total ongeliefd. Sy baas het hom slegs aangehou om dat hy nog ‘n

“bate” was, m.a.w. geld kon in bring. Hy was ‘n ongewenste person en niemand sou

oor hom huil nie. (3)

10. Ja. Tradisioneel is die meeste sirkus hansworse dwergies. Daar word ook na die

hanswors verwys as ‘n “klein kabouter” wat impliseer dat hy klein (dus ‘n dwergie)

was. (2)

11. Hy het eintlik bitter min gehad om voor te lewe, dus was die dood nie vir hom ‘n

verskrikking nie – die lewe was eerder ‘n verskrikking. Vir hom was dit nie belangrik

om die skare te beïndruk nie – hy het maar bloot sy werk gedoen sonder om vir

homself om te gee. Hy sou waarskynlik roekeloser raak na sy ma se dood, want

daarna sou hy nog minder motivering hê om te lewe. (3)

4
PUNTESTAAT: TAAK 2: GESIENE GEDIG

Naam van leerder: _________________________________ Punt: __________

Titel van Gedig: Die Hanswors Datum: _________

Die Hanswors – S. J. Pretorius

Assesseringstaak Moontlike Punt Leerder Punt

Vraag 1 2

Vraag 2 3

Vraag 3 2

Vraag 4 3

Vraag 5 4

Vraag 6 3

Vraag 7 2

Vraag 8 5

Vraag 9 3

Vraag 10 2

Vraag 11 3

Vraag 12 2

TOTAL 35

6
GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2013 SGA

TAAK 3: MONDELING – VOORBEREIDE HARDOPLEES

Tipe Taak : Voorbereide Hardoplees

Kies ‘n uitreksel uit ‘n kortverhaal vir die Voorbereide Hardoplees.

Punt uit 10.

Doel:

Hierdie taak toets die leerder se voorbereide leesvaardighede. Die taak fokus op LU 1 – AS

1,2,3,4; LU 3 – AS 1,2,3; LU 4 – AS 2.

‘n Kortverhaal wat bestudeer is word vir die hardoplees gebruik. Die doel hiermee is om

leerders te help om die kortverhale wat hul bestudeer selfs beter te verstaan deur hul meer

daaraan bloot te stel.

Die punte vir hierdie hardoplees maak deel uit van beide die jaarpunt sowel as van die finale

mondeling punt (Vraestel 4) Leerders moet ‘n afskrif van die leesstuk sowel as die

PUNTESTAAT VIR VOORBEREIDE HARDOPLEES in hul portefeuljes bêre, aangesien dit

moontlik vir Vraestel 4 gemodereer mag word.

Let asseblief op na die Assesseringstandaarde waaraan daar voldoen moet word aangesien

alle evaluerings daarop gebaseer word.

Instruksies:

Die leerder moet ‘n uittreksel van omtrent een en ‘n half A4 bladsye kies om te lees. Die

stuk moet omtrent drie minute lank wees. Kies die uittreksel uit enige van die kortverhale

wat bestudeer is.

Gee aandag aan die volgende voordat ‘n uittreksel gekies word:

1. Die leerder word ook ge-evalueer op die geskiktheid van die uittreksel. Die meeste

kortverhale leen hul daartoe, maar die leerder moet besluit watter gedeelte die

sterkste impak op die gehoor sal hê.

2. Dit is wys om ‘n gedeelte te kies wat beide dialoog en vertelling bevat, aangesien so

‘n gedeelte die leerder die beste kans sal gee om sy vaardighede te wys. Wanneer

1
dialoog gelees word, moet die verskillende karakters uitgebeeld word en tydens

vertelling kan die leerder storie vertel tegnieke gebruik.

3. Bespreek die ASSESERINGSRUBRIEK VIR LEES eers met die leerder voordat die keuse

gemaak word, sodat die leerder weet wat van hom/haar verwag word.

4. Oogkontak met die gehoor is belangrik tydens voorbereide lees. Leer die leerder om

sy/haar duim by die reël te hou waar hy/sy huidiglik lees en dit aan te beweeg sover

soos hy/sy lees. Dit sal die leerder help om oogkontak te maak sonder om sy/haar

plek te verloor en dus self-vertroue aanmoedig.

5. Gebruik die ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LEES om die leerder se hardoplees te

evalueer.

6. Teken die punt aan op die PUNTESTAAT VIR VOORBEREIDE HARDOPLEES.

2
PUNTESTAAT: TAAK 3: VOORBEREIDE HARDOPLEES

Naam van leerder: _________________________________ Punt: __________

Titel van Leesstuk: _________________________________ Datum: _________

Voorbereide

Hardoplees

Taak Punt

Assesseringsrubriek vir Hardoplees 10

3

Leerder

Punt
GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2013 SBA

TAAK 4: VOORBEREIDE TOESPRAAK

Tipe Taak: Voorbereide Toespraak

Die toespraak is gebaseer op een van die kortverhale wat die leerders bestudeer het. Die

doel is om leerders te help om die kortverhale wat hul bestudeer beter te verstaan deur hul

meer daaraan bloot te stel. Verder help die gebruik van kortverhale ook om die leerder se

woordeskat uit te brei.

Berei in toespraak voor en lewer dit op grond van een van die kortverhale wat bestudeer is.

Die toespraak moet tussen 2 en 3 minute lank wees. Dieselfde kortverhaal wat in Taak 3

gebruik is, mag nie weer gebruik word nie.

Punt uit 10.

Doel:

Hierdie taak toets die leerder se vermoë om ‘n toespraak voor te berei en te lewer terwyl

daar van die toepaslike metodes, beplaningsvaardighede en voordragvaardighede gebruik

gemaak word.

Die taak fokus op LU 1 – AS 1,2,3,4; LU 3 – AS 1,2,3; LU 4 – AS 2.

Let asseblief op na die Assesseringstandaarde waaraan daar voldoen moet word aangesien

alle evaluerings daarop gebaseer word.

Die toespraak moet op die toepaslike moeilikheidsgraad vir Graad 12 aangebied word.

Die punte vir hierdie toespraak maak deel uit van beide die jaarpunt sowel as van die finale

mondeling punt (Vraestel 4) Leerders moet hul toesprake in hul portefeuljes bêre, aangesien

dit moontlik vir Vraestel 4 gemodereer mag word.

Instruksies:

1. Die leerder moet ‘n toespraak van 2 tot 3 minute voorberei oor een van die

kortverhale wat hy/sy behandel het.

2. Die leerder kan nie bloot die storie oorvertel nie, dit sal lei tot baie lae punte. Die

leerder moet die verhaal bestudeer, analiseer en dan daarop kommentaar lewer

tydens sy/haar toespraak. Konsentreer op van die volgende punte:

1
• Die tema

• Karakter analise

• Die milieu

• Die ontwikkeling van die verloop van die kortverhaal en hoe dit die tema

ondersteun

• Hoe afwagting geskep en behou word

• Die aanknoping, klimaks en ontknoping

3. Behoorlike voorbereiding is noodsaaklik. Die leerder moet ‘n goed uitgewerkte

raamwerk vir die toespraak inhandig voordat die toespraak ge-evalueer word, Die

leerder mag van notas gebruik maak tydens die toespraak. ‘n Leerder kan ook goeie

oudio-visuele hulpmiddels gebruik om dit interessant te maak.

4. Die onderwyser gebruik die ASSESSERINGSRUBRIEK VIR MONDELING om die leerder

se toespraak te evalueer. Die onderwyser moet ‘n afskrif van die rubriek byderhand

hou en invul terwyl die leerder die toespraak lewer.

5. Dui die punt aan op die PUNTESTAAT: TAAK 4: VOORBEREIDE TOESPRAAK.

2
PUNTESTAAT: TAAK 4: VOORBEREIDE TOESPRAAK

Naam van leerder: _________________________________ Punt: __________

Titel van Leesstuk: _________________________________ Datum: _________

Voorbereide

Toespraak

Taak Punt

Assesseringsrubriek vir Mondeling 10

3

Leerder

Punt
Graad 12 Afrikaans Eerste Additionele Taal 2013 SGA

TAAK 6: SKRYF ‘N LANG EN ‘N KORT TRANSAKSIONELE TEKS

Tipe Taak: Transaksionele Skryfwerk

Skryf ‘n lang asook ‘n kort transaksionele teks.

Die leerder moet die toepsalike tekste skryf en dit baseer op al die kennis en vaardighede

wat in die PACEs geleer is.

Punt uit 50.

Doel:

Die taak toets die leerder se vermoë om transaksionele tekste te skryf en van die toepaslike

konvensies en formate vir die tipe teks gebruik te maak.

Al die kennis en vaardighede wat in die PACEs geleer is moet toegepas word. Dit sluit die

gebruik van korrekte taal strukture, die regte tyd, leestekens, beplanning, ens. in.

Die taak moet op ‘n toepaslike moelikheidsgraad en standard wees vir Graad 12 vlak.

Hierdie taak fokus op LU 2 – AS 1,2,3,4; LU 3 – AS 1,2,3.

Onderwerpe:

Leerders moet een langer en een korter teks skryf. Die leerder moet uit onderwerpe wat

deur die onderwyser verskaf word kies. Onderwysers kan onderwerpe uit vorige vraestelle

gebruik of hul eie onderwerpe verskaf, solank dit aan die vereistes vir die spesifieke teks

voldoen.

Leerders moet ingelig word rondom die eienskappe en die verwagting van die verskillende

soorte transaksionele tekste.

Langer Transaksionele Tekste:

Die lengte van die teks (slegs die inhoud) moet tussen 120 en 150 woorde wees. Kies enige

van die volgende:

• Agenda & Notule

• Vriendskaplike Brief

1
• Brief van simpatie

• Aansoek om ‘n betrekking

• Brief met ‘n versoek

• Brief waarin gekla word

• Uitnodigings brief

• Bedankings brief

• Brief van gelukwensing

• Sakebrief

• Formele brief aan die pers

• Informele brief aan die pers

• Curriculum Vitae

• Dialoog

• Geskrewe onderhoud

• Geskrewe formele toespraak

• Geskrewe informele toespraak

• Koerant- en tydskrif artikels

• Resensie

• Verslae: formele en informele

Korter Transaksionele Teks:

Die lengte van die teks (slegs die inhoud) moet tussen 80 tot 100 woorde wees. Kies enige

van die volgende:

• Aanwysings en instruksies

• Advertensie

• Dagboek inskrywing

• Plakkaat

• Poskaart

• Strooibiljet

• Uitnodiging

• Vorms invul

Instruksies:

1. Die leerder moet reeds bekend wees met die verskillende soorte transaksionele

tekste voordat ‘n onderwerp gekies word. Bestudeer die dokument Self-Studiegids

Vir Taal onderwysers: Afrikaans Skryf Van Kreatiewe Tekste, Langer

Transaksionele Tekste En Korter Transaksionele Tekste.

2. Bespreek die ASSESSERINGSRUBRIEK VIR AFRIKAANS EERSTE ADDITIONELE TAAL

SKRYFWERK, AFDELINGS B en C met die leerder voordat die taak aangepak word.

2
3. Kies ‘n onderwerp. Die onderwerp moet genoeg geleentheid aan die leerder bied om

sy/haar vaardighede te ontgun. Dit moet op ‘n toepaslike standaard vir Graad 12

aangebied word. Maak gebruik van toepaslike formaat en styl vir die gekose teks.

4. Evalueer die leerder se werk deur gebruik te maak van die ASSESSERINGSRUBRIEK

VIR AFRIKAANS EERSTE ADDITIONELE TAAL SKRYFWERK, AFDELINGS B en C (en sluit

die rubriek by die portefeulje in). Dit is belangrik dat die leerder by die onderwerp

bly en in die regte register en styl skryf, aangesien die leerder die totale punt kan

verloor indien hy/sy nie die voorgeskrewe onderwerp aanspreek nie.

5. Dui die punt op die PUNTESTAAT: TAAK 6: TRANSAKSIONELE TEKS aan.

3
PUNTESTAAT: TAAK 6: TRANSAKSIONELE TEKS

Naam van leerder: ____________________________________ Punt: __________

Letterkundige Teks: ______________________________ Datum: _________

Langer

Transaksionele Teks

Korter

Transaksionele Teks

Totale Punt:

Taak Punt

Assesseringsrubriek

EAT Skryfwerk,

Afdeling B

Assesseringsrubriek

EAT Skryfwerk,

Afdeling C

4

Taal:

Inhoud:

Taal:

Inhoud:

Kode

Kode

Kode

Kode

30

20

50

Leerder

Punt
Graad 12 Afrikaans Eerste Additionele Taal 2013 SGA

TAAK 7: SKRYF ‘N LANG EN ‘N KORT TRANSAKSIONELE TEKS

Tipe Taak: Transaksionele Skryfwerk

Skryf ‘n lang asook ‘n kort transaksionele teks.

Die leerder moet die toepsalike tekste skryf en dit baseer op al die kennis en vaardighede

wat in die PACEs geleer is. Die leerder mag nie weer dieselfde soort tekste gebruik as wat in

Taak 6 aangebied is nie.

Punt uit 50.

Doel:

Die taak toets die leerder se vermoë om transaksionele tekste te skryf en van die toepaslike

konvensies en formate vir die tipe teks gebruik te maak.

Al die kennis en vaardighede wat in die PACEs geleer is moet toegepas word. Dit sluit die

gebruik van korrekte taal strukture, die regte tyd, leestekens, beplanning, ens. in.

Die taak moet op ‘n toepaslike moelikheidsgraad en standard wees vir Graad 12 vlak.

Hierdie taak fokus op LU 2 – AS 1,2,3,4; LU 3 – AS 1,2,3.

Onderwerpe:

Leerders moet een langer en een korter teks skryf. Die leerder moet uit onderwerpe wat

deur die onderwyser verskaf word kies. Onderwysers kan onderwerpe uit vorige vraestelle

gebruik of hul eie onderwerpe verskaf, solank dit aan die vereistes vir die spesifieke teks

voldoen.

Leerders moet ingelig word rondom die eienskappe en die verwagting van die verskillende

soorte transaksionele tekste.

Langer Transaksionele Tekste:

Die lengte van die teks (slegs die inhoud) moet tussen 120 en 150 woorde wees. Kies enige

van die volgende:

• Agenda & Notule

1
• Vriendskaplike Brief

• Brief van simpatie

• Aansoek om ‘n betrekking

• Brief met ‘n versoek

• Brief waarin gekla word

• Uitnodigings brief

• Bedankings brief

• Brief van gelukwensing

• Sakebrief

• Formele brief aan die pers

• Informele brief aan die pers

• Curriculum Vitae

• Dialoog

• Geskrewe onderhoud

• Geskrewe formele toespraak

• Geskrewe informele toespraak

• Koerant- en tydskrif artikels

• Resensie

• Verslae: formele en informele

Korter Transaksionele Teks:

Die lengte van die teks (slegs die inhoud) moet tussen 80 tot 100 woorde wees. Kies enige

van die volgende:

• Aanwysings en instruksies

• Advertensie

• Dagboek inskrywing

• Plakkaat

• Poskaart

• Strooibiljet

• Uitnodiging

• Vorms invul

Instruksies:

1. Die leerder moet reeds bekend wees met die verskillende soorte transaksionele

tekste voordat ‘n onderwerp gekies word. Bestudeer die dokument Self-Studiegids

Vir Taal onderwysers: Afrikaans Skryf Van Kreatiewe Tekste, Langer

Transaksionele Tekste En Korter Transaksionele Tekste.

2
2. Bespreek die ASSESSERINGSRUBRIEK VIR AFRIKAANS EERSTE ADDITIONELE TAAL

SKRYFWERK, AFDELINGS B en C met die leerder voordat die taak aangepak word.

3. Kies ‘n onderwerp. Die onderwerp moet genoeg geleentheid aan die leerder bied om

sy/haar vaardighede te ontgun. Dit moet op ‘n toepaslike standaard vir Graad 12

aangebied word. Maak gebruik van toepaslike formaat en styl vir die gekose teks.

4. Evalueer die leerder se werk deur gebruik te maak van die ASSESSERINGSRUBRIEK

VIR AFRIKAANS EERSTE ADDITIONELE TAAL SKRYFWERK, AFDELINGS B en C (en sluit

die rubriek by die portefeulje in). Dit is belangrik dat die leerder by die onderwerp

bly en in die regte register en styl skryf, aangesien die leerder die totale punt kan

verloor indien hy/sy nie die voorgeskrewe onderwerp aanspreek nie.

5. Dui die punt op die PUNTESTAAT: TAAK 7: TRANSAKSIONELE TEKS aan.

3
PUNTESTAAT: TAAK 7: TRANSAKSIONELE TEKS

Naam van leerder: ____________________________________ Punt: __________

Letterkundige Teks: ______________________________ Datum: _________

Langer

Transaksionele Teks

Korter

Transaksionele Teks

Totale Punt:

Taak Punt

Assesseringsrubriek

EAT Skryfwerk,

Afdeling B

Assesseringsrubriek

EAT Skryfwerk,

Afdeling C

4

Taal:

Inhoud:

Taal:

Inhoud:

Kode

Kode

Kode

Kode

30

20

50

Leerder

Punt
GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2013 SBA

TAAK 8: ONVOORBEREIDE TOESPRAAK

Tipe Taak: Onvoorbereide Toespraak

Die toespraak is gebaseer op enige onderwerp waarvan die leerder kennis dra.

Die toespraak moet tussen 2 en 3 minute lank wees.

Punt uit 10.

Doel:

Hierdie taak toets die leerder se vermoë om ‘n onvoorbereide toespraak te lewer terwyl

daar van die toepaslike metodes en voordragvaardighede gebruik gemaak word.

Die taak fokus op LU 1 – AS 1,2,3,4; LU 3 – AS 1,2,3; LU 4 – AS 2.

Let asseblief op na die Assesseringstandaarde waaraan daar voldoen moet word aangesien

alle evaluerings daarop gebaseer word.

Die toespraak moet op die toepaslike moeilikheidsgraad vir Graad 12 aangebied word.

Die punte vir hierdie toespraak maak deel uit van beide die jaarpunt sowel as van die finale

mondeling punt (Vraestel 4) Leerders moet die rubriek en puntestaat in hul portefeuljes bêre,

aangesien dit moontlik vir Vraestel 4 gemodereer mag word.

Instruksies:

1. Die leerder moet ‘n toespraak van 2 tot 3 lewer oor ‘n onderwerp wat aan hom/haar

voorgestel word.

2. Die onderwyser moet omsigtig te werk gaan met die keuse van ‘n onderwerp. Kies ‘n

onderwerp waaroor die leerder vanuit sy/haar verwysingsraamwerk en agtergrond

kan praat,

3. Die leerder kan ‘n paar minute gegun word om notas te maak.

4. Dit word van die leerder verwag om insiggewend oor die onderwerp te praat. Dit is

nie ‘n vraag-antwoord dialoog tussen die onderwyser en die leerder nie, maar ‘n

formele toespraak.

1
5. Die onderwyser gebruik die ASSESSERINGSRUBRIEK VIR MONDELING om die leerder

se toespraak te evalueer. Die onderwyser moet ‘n afskrif van die rubriek byderhand

hou en invul terwyl die leerder die toespraak lewer.

6. Dui die punt aan op die PUNTESTAAT: TAAK 8: ONVOORBEREIDE TOESPRAAK.

2
PUNTESTAAT: TAAK 8: ONVOORBEREIDE TOESPRAAK

Naam van leerder: _________________________________ Punt: __________

Titel van Toespraak: _________________________________ Datum: _________

Onvoorbereide

Toespraak

Taak Punt

Assesseringsrubriek vir Mondeling 10

3

Leerder

Punt
Graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal 2013 SGA Taak

TAAK 9: MONDELING GEBASEER OP LETTERKUNDE

Taak Tipe: Luisterbegrip en Voorbereide Toespraak na aanluiding van Letterkunde

Luister na ‘n oudio of oudiovisuele teks soos ‘n filmstudie, TV drama, radio-drama, ‘n

voorlesing van ‘n kortverhaal, volksvertelling, opstel of biografie.

Punt uit 10.

Berei ‘n toespraak voor en lewer dit gebaseer op die teks wat gebruik is om luisterbegrip

vermoë te evalueer. Die toespraak moet 2 na 3 minute lank wees.

Punt uit 10.

Totale Punt: 20

Let Wel:

Die punte vir hierdie mondeling maak deel uit van beide die jaarpunt sowel as van die

uiteindelike mondelinge punt (Vraestel 4). Leerders moet die toespraak in hul Portefeuljes

hou, aangesien hierdie toespraak vir Vraestel 4 gemodereer mag word.

Doel:

Hierdie taak toets die leerder se vermoë om te luister na ‘n oudio teks, asook om ‘n

toespraak te lewer en gebruik te maak van die toepaslike metodes, beplannings- en

voordrag-vaardighede. Die taak fokus op LU 1 - AS 1,2,3,4; LU 3 – AS 1,2,3 en LU 4 – AS 2.

Gee noukeurige aandag aan die Assesseringsriglyne waaraan voldoen moet word

aangesien alle evalueerings daarop gebaseer is.

Hierdie evalueering word op die leerder se vermoë om te luister en ‘n toespraak te lewer

gebaseer. Die taak moet van ‘n toepaslike moeilikheidsgraad vir Graad 12 vlak wees.

1
LUISTERBEGRIP OEFENING:

Die onderwyser moet die leerder se luister vermoë evalueer deur van oudio, of multimedia

tekste (soos die radio, TV en dvds) gebruik te maak. Die onderwyser moet ‘n toepaslike

mondelinge teks kies en beskikbaar stel waarna die leerder moet luister. Onderwysers kan

hul deur omstandighede laat lei om ‘n geskikte en beskikbare teks te kies.

Byvoorbeeld, as ‘n Afrikaanse nuus uitsending gebruik word, aangesien dit nie te lank of te

ingewikkeld is nie, kan die onderwyser dit opneem en leerders daarna laat kyk by die skool

vir die luister oefening.

Die onderwyser kan enige toepaslike oudio teks gebruik. DVD en rolprente mag ook gebruik

word. Die onderwyser kan ook ‘n program wat oor die TV uitgesaai word opneem, bv.

Pasella of die Afrikaanse Nuus, en dit gebruik. Korter tekste mag meer toepaslik wees as ‘n

vollengte drama. Die oefening kan ook op ‘n dokumentêre program of radio drama

gebaseer word.

As die skool nie toegang het tot die bo-genoemde toerusting nie, kan die onderwyser ‘n

kortverhaal of volksvertelling aan die leerders voorlees.

Daarna moet die leerders vrae rondom die teks beantwoord om hul luistervermoë te

bepaal.

Instruksies:

1. Die onderwyser moet die teks wat gebruik word ken om vrae rondom die teks op te

stel. ‘n Voorbeeld van ‘n werkstaat gebaseer op ‘n weerberig is aangeheg om die

onderwyser te help. Die onderwyser mag ook sy of haar eie vrae opstel wat

ooreenstem met die teks wat gebruik word en met die vereistes.

2. Die Evalueringstabel vir Luistervaardighede moet voltooi word terwyl die leerder die

vrae antwoord (10 punte).

3. Die leerder moet geskrewe bewys lewer dat die taak voltooi is, dus moet sy of haar

antwoorde, ‘n afskrif van die onderwyser se vraelys en die Evalueringstabel vir

Luistervaardighede ingevul word vir moderering.

4. Die leerder moet aangemoedig word om notas te neem tydens die aanbieding.

5. As deel van die Luister Oefening word die leerder se kommunikasie vermoë in ‘n

groep ge-evalueer. Verduidelik aan die leerder dat dit belangrik is dat hy of sy moet

deelneem aan die gesprek, menings lig, en vrae antwoord aangesien punte toegeken

word vit sy of haar interaksie in ‘n groep. Betrek ten minste een ander leerder in die

aktiwiteit, selfs al is die leerder in ‘n ander graad.

2
Voorbeeld van luisterbegrip oefening:

Luister vir inligting:

1. Wat is die doel van die weerberig?

2. Handel die weerberig oor feite, of gee die aanbieders eie opinies? Verduidelik.

3. Gee ‘n kort verduideliking van die weersomstandighede wat vir die streek waar jy

woon, voorspel word.

Luister om te evalueer

4. Watter sort taal, styl en register gebruik die aanbieder (bv. emosioneel, feitelik,

manipulerend, ens.) Verduidelik hoekom jy so sê.

5. Dink jy die aanbieder se styl, taalgebruik en tempo pas by die inhoud? Verduidelik.

Kritiese Luister Vaardighede

6. Bespreek kortliks die weers toestande wat vir die verskillende streke aangedui word.

7. Bespreek ondermekaar: wat dink julle sal die mense wat in ‘n spesifieke streek

woon, doen om aan te pas by die weer? Stem julle saam? Vra vrae en gee julle eie

opinies.

8. Bespreek die effektiwiteit van die aanbieding. Julle kan praat oor die kamera werk,

die aanbieder self, die manier waarop die inligting orgedra is, ens.

Vraag 1 tot 5 word na aanleiding van ‘n memorandum (deur die onderwyser opgestel)

gemerk. Vrae 6 tot 8 word in groepsverband ge-evalueer volgens die riglyne:

Evalueringstabel vir Luistervaardighede

Vraag 1 1

Vraag 2 1

Vraag 3 1

Vraag 4 1

Vraag 5 1

Vraag 6 – 8:

Meelewing en Deelname 2

Inhoud en Begrip 2

Taalgebruik 1

TOTAAL: 10

3
VOORBEREIDE TOESPRAAK:

Die leerder moet ‘n toespraak lewer gebaseer op die Luisterbegrip Oefening.

Instruksies:

1. Nadat die leerder die vrae vir die Luister Oefening beantwoord het, moet hy of sy ‘n

kort voorbereide toespraak lewer wat gebaseer is op die teks. Let wel dat twee

versillende vaardighede ge-evalueer word: eerstens luistervermoë en tweedens

mondelinge voordrag vaardighede. Aangesien die teks reeds geanaliseer is, word

daar nou van die leerder verwag om kommentaar te lewer op die tegnieke wat

gebruik is om die teks te vervaardig. Die onderwyser moet een of meer onderwerpe

aan die leerder verskaf.

2. Die onderwyser gebruik die Asseseringsrubriek vir Mondeling om die leerder se

vaardighede te evalueer. Dit help om ‘n afskrif van die rubriek te hê en dit in te vul

terwyl die leerder die mondeling doen.

3. Daarna moet die punte op die PUNTESTAAT: TAAK 9: MONDELING GEBASEER OP

LETTERKUNDE aangedui word.

Voorbeeld om Mondelinge Vermoë te Evalueer

Berei ‘n mondelingse praatjie van 2 tot 3 minute voor oor enige van die volgende

onderwerpe. Gebruik ook hulpmiddels om jou praatjie interessant te maak.

Moontlike Onderwerpe

• Bespreek sommige van die kamera tegnieke wat gebruik word om die weerberig

interessant te maak. Hoe help hierdie tegnieke die kyker om die weer beter te

verstaan?

• Na aanleiding van die weerberig, watter raad sal jy aan die inwoners van die

volgende plekke gee: Durban, Kaapstad, die Mpumalanga Laeveld? Verduidelik

hoekom jy die aanbevelings vir elke streek sal maak.

• Die weer is vir verskillende mense wat in verskillende streke woon, bedoel. Kies twee

verskillende groepe en verduidelik hoe die weer die twee groepe verskillend sal

beïnvloed. Bv. ‘n sakeman op reis, ‘n eienaar van ‘n kwekery, ‘n visser wat met ‘n

klein bootjie visvang, ‘n toeris wat kamp in die wildtuin, ‘n berg klimmer in die

Drakensberge, ‘n vrou wat in die platteland van Kwazulu-Natal woon.

4
PUNTESTAAT: TAAK 9: MONDELING GEBASEER OP LETTERKUNDE

Naam van leerder: ____________________________________ Punt: __________

Letterkundige Teks: ______________________________ Datum: _________

Luisterbegrip

Oefening

Voorbereide

Toespraak

Totale Punt:

Taak Punt

Evalueeringstabel vir Luistervaardighede 10

Assesseringsrubriek vir Mondeling 10

5

20

Leerder

Punt
AFRIKAANS EERSTE ADDITIONELE TAAL GRAAD 12 2013 SGA

TAAK 10: KONTEKSTUELE VRAAG: KORTVERHAAL

Tipe Taak: Beantwoord ‘n kontekstuele vraag oor ‘n kortverhaal.

Punt uit 35.

Doel:

The leerder moet ‘n kontekstuele vraag oor ‘n kortverhaal beantwoord.

Hierdie taak fokus op LU 2 – AS 2,3; LU 3 – AS 1,2.

Gee noukeurige aandag aan die Leer Uitkomstes. Dit gee die leerder ‘n idee van wat hy/sy

moet bemeester en eksamenvrae sal ook daaraan verwant wees.

Instruksies:

1. Lees en bestudeer die kortverhaal “Die Pakkie” deur Leonard Koza. Maak seker jy

ken die inhoud en die betekenis van die verhaal voordat jy die vrae probeer

beantwoord.

2. Beantwoord all die vrae oor die kortverhaal.

3. Gebruik die memorandum om die leerder se taak te evalueer.

4. Dui die punt op die PUNTESTAAT: TAAK 10: KORTVERHAAL aan.

1
KONTEKSTUELE VRAAG: DIE PAKKIE

LEES DIE ONDERSTAANDE UITTREKSEL AANDAGTIG DEUR EN BEANTWOORD DAN DIE VRAE

WAT DAAROP VOLG:

Almal weet dat mevrou Filander nie 'n man of 'n groot seun het nie. Sy is 'n Rooms-Katoliek

en maak vinnig die teken van die kruis en ruk dan die deur oop, enkele sekondes na die klop.

“Dja Grootmeneer, wat is djou ding?” vra sy.

Pang Doodmaak voel baie ongemaklik, aangesien hy verwag het dat die deur beantwoord

sou word deur 'n bang en bewerige persoon. Hy stel net belang om die pakkie terug te kry

en hier loop hy hom nou vas in 'n vrou wat nie een bang haar op haar kop het nie, of so dink

hy.

In die tussentyd gebruik Esther die geleentheid om die pakkie deur haar kamervenster te

slinger.

Mevrou Filander kyk Pang Doodmaak stip in die oë en vra: “Djy Iyk baie bekend, is djy nie

Moena se klong nie?”

Verbaas vra Pang Doodmaak: “Hoe ken Mêrem my ou-girl?”

Mevrou Filander kyk hom op en af. “Djou ma het net soe 'n light complexion en blou oë soes

djy, maa' sy is 'n baie goeie mens. Sy sal skrik as sy hoo' djy's soe forceful by my huis.” Ewe

skaam vra Pang Doodmaak weer: “Hoe ken Mêrem my ou-girl?”

“Ek het djou opgepas toe Moena blomme by die Grand Parade ve'koep het. Djou pa se

naam was Boeta Allie vannie Constitutionstraat. Djy kyk ve'niet vi' my soe skief aan, o's kô

a'mal uit die Ses uit. Djy was somme' nog baie klein toe djou pa afstewe.”

Pang Doodmaak se aandag word getrek deur die oorverdowende geblaas van 'n toeter.

“Hey! Djou ma se!” skree hy van skrik.

'n Tweede motor hou voor die deur stil. 'n Jong man stap vinnig nader. “Aau Pang! Wat

staan djy hie' soes Pietie die Toet? Waa' issie pakkie? Is daa' ienage problems?” vra hy.

“Aau Slang! My bla, issit djy wat my soe my gat laat afskrik?” Slang herhaal sy vraag: "Is daa'

ienage problems?"

Pang Doodmaak antwoord: “Nie eintlik nie. Djy sien, die ou-girl ken oek my ou-girl en nou

raak dit 'n sentimental case.”

Slang is nie tevrede met die antwoord nie en sê: "To hell met die sentiment. O's is

biesagheidsmense. Djy gie die ou-girl te veel draad. Wiet djy dannie wat om te maak as

iemand hom slim hou nie? Djy wiet mos al die djare my twiede naam is 'Bang vir niks'. Djy

ken mos vi' Slang. Ek spot die ma met 'n .22 of gryp die dogter.”

Pang Doodmaak vererg hom: “Kyk hie' Slang, dis nie djou biesagheid nie en oek nie 'n

gangfight nie. Die auntie ken my ou-girl vetterag en daarom wil ek trouble avoid. My pa het

altyd gesê ‘live and let live’.” Slang lag en sê: “Maar djou naam is Pang Doodmaak.”

2
Pang word onmiddellik kwaad, maar mevrou Filander gewaar dit betyds en sê: “Boeta, kô in,

la't o's gesels.”

Pang gaan sit op 'n stoel met Slang langs hom. “Die kinnes is va'dag baie stout en vang

allerhande dinge aan,” sê mevrou Filander terwyl die trane oor haar wange rol.

“Cowboys don't cry,” sê Slang terwyl hy 'n sigaret opsteek.

Pang kyk hom boos aan: “Kan djy nie lies nie? Daa' staan oppie muur ‘Thanks for not

smoking!’ Watte' soort man is djy?”

Slang maak die sigaret dood en se ewe nederig: “Sorry Mêrem, ek het mos in standerd een

uittie venster gespring, daarom kan ek nie bid nie.”

Pang draai vinnig om en kyk vies na Slang: “Hey! Hou djou bek! Is dit wat djy galeer

het innie Sondagskool? Wil djy sien, ek maak djou somme' net hie' sat. Djy sê mos self ek is

Pang Doodmaak.” Mevrou Filander kalmeer hom: “Foeitog, los hom, hy't miskien nie so

bedoel nie.”

Pang draai terug na haar: “Nei Mams, hy moet sy bek hou, want hy is die cause vannie

trouble deu' biesagheid te maak met skoollaaities. Hy wiet baie goed dat dit 'n baie

dangerous biesagheid is.”

3
VRAE:

1. Verduidelik hoekom Mev. Filander as Rooms Katoliek die teken van die kruis maak.

(2)

2. Aan watter kultuurgroep behoort die karakters in die kortverhaal? Staaf jou

antwoord deur na die teksgedeelte te verwys. (3)

3. Hoekom dink Pang dat Mev. Filander nie bang is nie? (3)

4. Verduidelik hoe Pang en Slang se optrede teenoor Mev. Filander verskil. (2)

5. Herskryf die volgende gedeelte in jou eie woorde in korrekte Afrikaans: (Moenie

direk aanhaal nie.)

Kyk hie' Slang, dis nie djou biesagheid nie en oek nie 'n gangfight nie. Die auntie ken

my ou-girl vetterag en daarom wil ek trouble avoid. My pa het altyd gesê ‘live and let

live’. (4)

6. Hoe het Mev. Filander daarin geslaag om Pang se hart aan te raak? (4)

7. Is die volgende stelling waar of vals? Verduidelik jou antwoord met motivering uit die

teks. Pang was waarskynlik goed grootgemaak. (4)

8. Hoekom is dit ironies dat Slang sy sigaret doodmaak? (3)

9. Noem twee insidente wat wys dat Mev. Filander verstandig opgetree het teenoor

Slang en verduidelik hoe elke insident bygedra het tot die gesin se veiligheid. (4)

10. Dink jy dat Mev. Filander deurgaans konsekwent volgens haar natuurlike

karakter optree? Verduidelik. (4)

11. Is die dialoog en al die humor wat daarin vervat is realisties? Verduidelik jou

antwoord. (2)

TOTAAL: [35]

4
MEMORANDUM: KONTEKSTUELE VRAAG - KORTVERHAAL

1. Sy is bang vir die man wat aan die voordeur klop en glo dat sy beskerm sal word as sy

die teken te maak. (2)

2. Hulle is kleurlinge. Dit blyk duidelik uit hulle taalgebruik en Mev. Filander noem ook

dat hulle almal uit Distrik Ses kom. (3)

3. Hy is gewoond om mense te intimideer wat dan tot gevolg het dat mense vir hom

bang is. Mev. Filander het egter die deur met soveel bravado oopgeruk en hom ook

redelik kwaai aangespreek, / dus neem hy aan dat sy nie bang is nie. (3)

4. Pang respekteer Mev. Filander en wil haar beskerm. Slang is hard van hart en sal

maklik vir Mev. Filander doodmaak as sy sy planne dwarsboom. (2)

5. Kyk hier, Slang, dit het niks met jou te doen nie. Ons is nie in ‘n bendegeveg gewikkel

nie. Die tannie ken my ma goed en daarom wil ek nie moeilikheid maak nie. My pa

het altyd gesê dat ‘n mens moet leef en ander ook laat leef. (4)

6. Sy het hom herken as mens en nie net as ‘n gevaarlike bendeleier gesien nie. Sy het

hom aan sy ouers herhinner, asook aan die feit dat sy hom opgepas het. Sy het haar

ook nie bo hom aangestel nie, maar hom daaraan herhinner dat hulle almal uit

dieselfde omstandighede kom. Die feit dat sy met hom kon identifiseer het sy hart

aangeraak. (Enige vier.) (4)

7. Waar. Sy ma was ‘n goeie mens wat sou skrik as sy sien dat haar seun hom swak

gedra. Sy pa het hom geleer om ander mense te laat lewe, dus te respekteer. Hy

noem ook dat hy in die Sondagskool was, dus wou sy ouers hom waarskynlik goed

opvoed. (4)

8. Slang is ‘n bendelid wat nie skroom om mense dood te maak nie, soos duidelik blyk

uit sy dreigement om Mev. Filander dood te maak. ‘n Mens verwag nie dat hy sal

luister as Pang hom aanspreek oor die sigaret nie, want iemand wat nie bang is om

dood te maak nie, sal hom waarskynlik nie daaraan steur as iemand aanstoot neem

aan sy rokery nie. Die feit dat hy wel die sigaret doodmaak is ironies omdat dit buite

sy gewone optrede val – in plaas van die woeste bendelid is hy nou mak en gedweë.

(3)

9. Toe Mev. Filander besef dat Pang en Slang aan die stry raak, het sy vir Slang

ingenooi. Deur vriendelikheid en voordat hy voor die omstandigers sy

onverskrokkenheid kan wys, het sy die potensieel gevaarlike situasie ontlont. / Later,

toe Pang dreig om vir Slang dood te maak, het sy vir Slang opgekom. / Sy het besef

dat Pang haar waarskynlik nie leed sou aandoen nie, maar dat sy vir Slang moes paai.

/ So hou sy hulle rustig en beskerm haarself en haar dogter. (4)

10. Ja. Ons leer haar van die begin af ken as iemand wat nie skroom om te praat nie en

en wat ook gou ‘n situasie kan opsom. Sy besef dadelik dat die seun voor die hek nie

net ‘n gewone skoolseun is nie en dat daar iets geheimsinnig aan die pakkie is. Sy

dring dus by Ester aan om te sê wat in die pakkie is en weier dat sy uitgaan daarmee.

5
Sy openbaar dieselfde moed en vinnige begrip wanneer sy met die twee bendelede

te doen het. (4)

11 Ja. Die dialoog is tipies hoe die kleurlinge praat. Hulle is ook baie bekend vir hul

gevatte humor, selfs te midde van ernstige omstandigehede, soos wat in die

gedeelte voorkom. (2)

TOTAAL: [35]

6
PUNTESTAAT: TAAK 10: KORTVERHAAL

Naam van leerder: _________________________________ Punt: __________

Titel van Kortverhaal: Die Pakkie Datum: _________

Die Pakkie – Leonard Koza

Assesseringstaak Moontlike Punt Leerder Punt

Vraag 1 2

Vraag 2 3

Vraag 3 3

Vraag 4 2

Vraag 5 4

Vraag 6 4

Vraag 7 4

Vraag 8 3

Vraag 9 4

Vraag 10 4

Vraag 11 2

TOTAL 35

7
Graad 12 Afrikaans Eerste Additionele Taal 2013 SGA Taak

TAAK 12: KREATIEWE SKRYWE

Taak Tipe:

Skryf ‘n verhalende / beredenerende / beskrywende / bespiegelende / argumenteerende

opstel van 250 – 300 woorde. Let asseblief daarop dat die leerder nie dieselfde tipe opstel

as in Taak 1 mag skryf nie.

Punt uit 50.

Doel:

Hierdie taak evalueer die leerder se vermoë om ‘n opstel te skryf deur die toepaslike

formaat en gebruike toe te pas vir die tipe opstel.

Al word die skryf van ‘n opstel tydens die eksamen getoets moet die leerder leer om vir al sy

of haar vakke verskillende tipes opstelle te skryf. Alle kennis en vaardighede wat geleer is

deur die PACEs moet toegepas word. Dit sluit toepaslike taalgebruik, leestekens,

beplanning, ens. in. Die leerder sal ook daarby baat om die verduidelikings in die Literature

en English Poetry PACEs te leer om te sien watter metodes toepaslik is vir formele

skryfwerk.

Die taak moet op ‘n toepaslike moelikheidsgraad en standaard wees vir Graad 12 vlak.

Leerders moet onder geen omstandighede toegelaat word om die opstel af te jaag sonder

om die skryf vaardighede wat geleer is toe te pas nie.

Die taak fokus op LU 2 – AS 1,2,3,4; LU 3 – AS 1,2,3. Die onderwyser moet seker maak dat

hy/sy bekend is met die inhoud van hierdie uitkomstes, aangesien die evaluering op die

uitkomste standaarde gebaseer word.

Onderwerpe:

Leerders kan ‘n opstel oor ‘n onderwerp van hul eie keuse skryf. Gee aandag aan die

volgende wanneer die onderwerp gekies word:

Verhalende Opstel

‘n Verhalende opstel vertel ‘n storie of gebeurtenis wat in die verlede gebeur het, daarom

word dit in verlede tyd geskryf. Die gebruik van verlede tyd moet deurgaans gebruik word.

Dit kan uit enige perspektief geskryf word, maar moet ‘n sterk en oortuigende storielyn hê.

Kies dus ‘n toepaslike tema. Ontwikkel ‘n interessante inleiding wat die leser se aandag sal

trek en behou die leser se belangstelling deur gebruik te maak van ‘n toepaslike styl,

1
eeldspraak en aksie. Maak gebruik van sintuiglik waarneembare inligting en werk na ‘n

interessante en onverwagte slot.

Voorbeeld: Die dag toe ons bootjie in die rivier vol krokodille omgeslaan het

Beskrywende Opstel

Die doel is om die onderwerp duidelik te beskryf deur woorde en uitdrukkings versigtig te

kies om ‘n beeld te vorm. Maak gebruik van beeldspraak (beskryf wat sintuiglik waargeneem

kan word) en oorspronklike figuurlike uitdrukkings. Skryf oor iets wat bekend is.

Voorbeeld: Die skoonheid van die woestyn

Beredeneerde Opstel

Die beredeneerde opstel draai om die skrywer se emosies, idees, begeertes en drome. Dit is

subjektief en mag groot dele beskrywende werk bevat. Alles in die opstel moet bydrae om

die skrywer se gevoelens en herinneringe te weerspieël. Opregtheid en persoonlike

betrokkenheid is noodsaaklik.

Voorbeeld: My droom: Om ‘n weeshuis in Sudan op te rig

Argumenteerende Opstel

In hierdie soort opstel stel die skrywer ‘n spesifieke opinie tydens die inleiding en gaan dan

verder deur die opinie te verdedig en te verduidelik. Alle argumente moet duidelik oorkom

en goed gemotiveer word om die leser te oortuig. A sterk slot, wat belangrike punte opsom,

is noodsaaklik. Probeer oorspronklik wees en maak gebruik van retoriek en oortuigende

tegnieke. Emosionele taal mag gebruik word, maar dit mag nie onbeskof wees nie.

Voorbeeld: Pasop! Daardie musiek sal jou laat struikel

Bespiegelende Opstel

In ‘n bespiegelende opstel word die onderwerp objektief van verskillende perspekiewe

bespreek. Verskeie aspekte van die onderwerp word oorweeg en teenstrydige standpunte

word onpartydig gemeld. Alle argumente vir en teen die onderwerp moet op ‘n

gebalanseerde wyse duidelik in die opstel ontleed word. Die skrywer moet goed ingelig

wees en die argumente onpartydig en sonder gevoel oordra, sonder om neerhalend te

wees. Alle standpunte moet goed deurdenk en gemotiveer word uit alle perspektiewe. Die

skrywer mag, maar hoef nie, sy persoonlike voorkeur in die slot aandui.

Voorbeeld: Oorwegings om in ag te neem voor u u kind koshuis toe stuur

2
Instruksies:

Bestudeer die dokument Self-Studiegids vir Taalonderwysers: Skryf van Tekste Julie 2010.

Dit verskaf noodsaaklike inligting.

1. Die leerder moet in staat wees om tussen die verskilende soorte opstelle te kan

onderskei. Die onderwerp sal gewoonlik ‘n aanduiding gee van watter tipe opstel

gepas sal wees. Bestudeer ook ou eksamenvraestelle om ‘n beter begrip te kry van

wat verwag word.

2. Kies ‘n onderwerp. Maak seker dat die onderwerp genoeg ruimte bied om ‘n goeie

opstel wat geskik is vir Graad 12 te skryf.

3. Die leerder moet behoorlik beplan en self navorsing doen soos nodig.

4. Dit is noodsaaklik dat ‘n raamwerk opgestel word. Die raamwerk moet saam met die

opstel ingehandig word.

5. Die leerder moet die opstel proeflees en verbeteringe aanbring soos nodig.

6. Die onderwyser evalueer die finale kopie deur gebruik te maak van

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL SKRYFWERK,

AFDELING A (OPSTEL). Gee ‘n totale punt uit 50.

7. Heg ‘n kopie van die rubriek aan die finale skryfstuk.

8. Indien verwysings gebruik word, moet dit behoorlik aangedui word volgens die

riglyne.

3
PUNTESTAAT: TAAK 12: KREATIEWE SKRYWE

Naam van leerder: _________________________________ Punt: __________

Titel van Opstel: _________________________________ Datum: _________

Taal

Inhoud

Assessering Kode

Totale Punt uit 50:

4