Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn

Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

Deur gedissiplineer die essensiële dinge te doen wat deel vorm van bediening van mekaar soos die Bybel ons leer, word geestelike groei gestimuleer tussen gewone gelowiges sonder die nodigheid van spesiale opleiding of die gedurige teenwoordigheid van opgeleide leiers tussen hulle. So ʼn groep bestaan meestal uit twee of drie gelowiges, almal van dieselfde geslag, wat weekliks byeenkom om in alle areas van hulle geestelike lewe en groei oop te wees vir die inspraak van Jesus in hulle lewens deur mede-gelowiges in daardie groep. In hierdie groep ondersteun en motiveer hulle mekaar om steeds verder te groei in hulle verhouding met Jesus. En in die proses leer hulle hoe om dissipels van Jesus te wees daar waar God hulle ʼn verhoog gegee het. In die meeste dele van die wêreld is gevind dat sulke groepe nie toegelaat moet word om onbeheers groter te word as drie persone nie, maar eerder te verdeel in twee groepe van twee sodra daar ʼn ekstra lid permanent bygekom het. As ʼn vierde persoon dus bykom, moet die groep hulleself as “swanger” beskou, wat gereed is om geboorte te gee aan ʼn potensiële nuwe groep. Nadat die vierde persoon gedemonstreer het dat hy/sy getrou die groep bywoon, kan die groep verdeel in twee groepe van twee elk. Daar is geen leerplan of opleiding nodig vir so ʼn LTG nie. Al wat nodig is, is ʼn boekmerk in elkeen se Bybel by die spesifieke gedeelte waar hulle besig is om die Bybel saam te lees en te bestudeer. Die eenvoudige metode wat in so ʼn LTG gevolg word, is die basiese ABC-dinge wat ons reeds in die vroeg-Christelike gemeentes gekry het waar gelowiges byeengekom het, naamlik om gedissiplineerd saam die Skrif te “eet”, hulle sondes teenoor mekaar te bely en saam te bid vir ander mense wat Christus Jesus nodig het. Kom ons kyk kortliks na hierdie drie dinge wat tussen hulle moet plaasvind as hulle byeen is: 1. Getuig teenoor mekaar en bely julle sondes teenoor mekaar Dit is belangrik dat gelowiges geleentheid kry daar waar hulle saam is om teenoor mekaar te getuig oor wat Jesus doen en sê in hulle lewens. ʼn Belangrike deel van hierdie proses is om ook te bely en te getuig oor die dinge en tye gedurende die afgelope week waar hHy jou bewus gemaak het van sondes en skadelike dinge in jou lewe. Jak. 5:16 sê: “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.” Daarom begin elke byeenkoms met ʼn geleentheid waar gelowiges in die groep geleentheid kry om die volgende vrae vir mekaar te lees en dan vir elkeen geleentheid te gee om so eerlik moontlik daarop te antwoord: Het jy iets om ons te vertel oor wat jy hierdie week beleef het oor God se grootheid of Jesus as ʼn wonderlike realiteit in jou lewe? Het jy hierdie week die gedeeltes in die Bybel gelees wat ons laas afgespreek het, en wat het die Here vir jou gesê daardeur? Het die Woord daad geword in jou lewe die week? 82

Was jy hierdie week liefdevol en geduldig in jou huwelik, en teenoor die res van jou gesin en geliefdes? Het jy deur jou woorde die week iemand seergemaak of agteraf kwaad gepraat oor iemand? Was daar iemand in jou lewe die week vir wie jy nogsteeds kwaad is, of wil terugkry? Het jy hierdie week eerlik en met integriteit besigheid gedoen en geld en goed as ʼn goeie rentmeester van God gehanteer? Het jy die week toegegee aan ʼn gewoonte of gewoontes wat jy weet skadelik vir jou is? Het jy jou dalk die week aan pornografiese materiaal of ʼn gevaarlike situasie blootgestel wat die vyand geleentheid gegee het om jou seksueel uit te lok om te sondig in gedagtes, woorde en selfs dade? Was jy werklik heeltemal eerlik en openlik in alles wat jy in die verband vir ons gesê het? 2. Blootstel aan die krag van God se Woord Heb. 4:12 sê in die verband: “Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart.” 2 Tim. 3:15 tot 17 sê: “... jy ken van kleins af die heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” Die veranderende krag in die LTG is waar ons mekaar blootstel aan die krag van God se Woord. Prakties gebeur dit waar die groep besluit watter boek in die Bybel, of gedeelte van ʼn boek in die Bybel, hulle wil lees en bestudeer in die groep, totdat hulle voel hulle kan aangaan na die volgende boek of gedeelte. Deur die week, voor die volgende byeenkoms, moet elkeen 21 hoofstukke uit die Bybel (ten minste 3 hoofstukke per dag) lees. Daardie 21 hoofstukke is dan die Bybelboek of gedeelte van ʼn Bybelboek wat hulle deur die week moet lees en selfs oor en oor moet lees tot die volgende week se byeenkoms. Daar is natuurlik baie maniere om die Bybel so te lees, en om te besluit oor watter boeke gelees kan word. Die metode wat ek wil voorstel is om my boek, DIE STORIE AGTER DIE STORIE te neem as “leesgids” vir watter gedeeltes of Bybelboek uit die Nuwe Testament ons volgende gaan lees en bestudeer. Die groep lees dus stelselmatig die Nuwe Testament deur, boek vir boek, soos wat die Nuwe Testamentiese boeke kronologies oorspronklik verskyn het. Die materiaal in my boek kan dan as agtergrond, saam mte die betrokke gedeeltes uit die boek, Handelinge, saam met daardie betrokke Bybelboek gelees word. 83

Deur gedissiplineer die essensiële dinge te doen wat deel vorm van bediening van mekaar soos die

Bybel ons leer, word geestelike groei gestimuleer tussen gewone gelowiges sonder die nodigheid

van spesiale opleiding of die gedurige teenwoordigheid van opgeleide leiers tussen hulle.

So ʼn groep bestaan meestal uit twee of drie gelowiges, almal van dieselfde geslag, wat weekliks

byeenkom om in alle areas van hulle geestelike lewe en groei oop te wees vir die inspraak van Jesus

in hulle lewens deur mede-gelowiges in daardie groep.

In hierdie groep ondersteun en motiveer hulle mekaar om steeds verder te groei in hulle verhouding

met Jesus. En in die proses leer hulle hoe om dissipels van Jesus te wees daar waar God hulle ʼn

verhoog gegee het.

In die meeste dele van die wêreld is gevind dat sulke groepe nie toegelaat moet word om onbeheers

groter te word as drie persone nie, maar eerder te verdeel in twee groepe van twee sodra daar ʼn

ekstra lid permanent bygekom het.

As ʼn vierde persoon dus bykom, moet die groep hulleself as “swanger” beskou, wat gereed is om

geboorte te gee aan ʼn potensiële nuwe groep. Nadat die vierde persoon gedemonstreer het dat

hy/sy getrou die groep bywoon, kan die groep verdeel in twee groepe van twee elk.

Daar is geen leerplan of opleiding nodig vir so ʼn LTG nie. Al wat nodig is, is ʼn boekmerk in elkeen se

Bybel by die spesifieke gedeelte waar hulle besig is om die Bybel saam te lees en te bestudeer.

Die eenvoudige metode wat in so ʼn LTG gevolg word, is die basiese ABC-dinge wat ons reeds in die

vroeg-Christelike gemeentes gekry het waar gelowiges byeengekom het, naamlik om gedissiplineerd

saam die Skrif te “eet”, hulle sondes teenoor mekaar te bely en saam te bid vir ander mense wat

Christus Jesus nodig het.

Kom ons kyk kortliks na hierdie drie dinge wat tussen hulle moet plaasvind as hulle byeen is:

1. Getuig teenoor mekaar en bely julle sondes teenoor mekaar

Dit is belangrik dat gelowiges geleentheid kry daar waar hulle saam is om teenoor mekaar te getuig

oor wat Jesus doen en sê in hulle lewens.

ʼn Belangrike deel van hierdie proses is om ook te bely en te getuig oor die dinge en tye gedurende

die afgelope week waar hHy jou bewus gemaak het van sondes en skadelike dinge in jou lewe.

Jak. 5:16 sê: “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.

Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.”

Daarom begin elke byeenkoms met ʼn geleentheid waar gelowiges in die groep geleentheid kry om

die volgende vrae vir mekaar te lees en dan vir elkeen geleentheid te gee om so eerlik moontlik

daarop te antwoord:

Het jy iets om ons te vertel oor wat jy hierdie week beleef het oor God se grootheid of Jesus

as ʼn wonderlike realiteit in jou lewe?

Het jy hierdie week die gedeeltes in die Bybel gelees wat ons laas afgespreek het, en wat het

die Here vir jou gesê daardeur? Het die Woord daad geword in jou lewe die week?

82

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!