Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn

Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

Dit is natuurlik ook die oogmerk wanneer ʼn groep gelowiges stil word rondom Sy Woord. Een van die wonderlike stukkies gereedskap wat die Liggaam van Jesus oor die wêreld ontdek het, is die ou-ou-Bybelse model van “waar twee of drie saam is in die Naam van Jesus”. Neil Cole praat van “Life Transformation Groups”. Wat niks anders is as twee of drie volgelinge van Jesus wat gedissiplineerd week na week by mekaar kom in die teenwoordigheid van Jesus, met die Woord van God in hulle hande, en waar hulle dan saam Jesus vertrou om hulle hele lewe stelsmatig te verander. Rom. 12:2 vertel vir ons hoe God ons lewe verander. “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.” God verander ons lewe daar waar ons Hom toelaat om deur Sy Woord en Gees ons manier van dink oor dinge te verander. Lyk vir my dit gebeur waar ons God toelaat om met ons te praat. God praat op baie maniere met ons, maar van die belangrikste maniere hoe Hy met ons praat, wat hier relevant is, is ... Deur Sy Woord, die Bybel Deur die gawes van die Gees, soos profesie, ʼn woord van lering, ʼn woord van wysheid, ʼn woord van kennis, onderskeiding van gees, en die gawes van genesing wat werk daar waar ek oop is vir die bediening van die Gees deur ander gelowiges rondom my Deur Sy Gees wat hier binne-in my liggaam woon en werk, deur wie Jesus ook met my praat, sy dit deur Sy eie stem of selfs deur gevoelens en sekere ervaringe sou wees. In my besigwees met die toerusting van God se mense met die oog op hulle bediening van elke dag daar waar God vir elkeen van hulle ʼn verhoog en ʼn plek van outoriteit gegee het, waar hulle vertrou word deur mense, het ek agtergekom hoe baie gelowiges nie altyd weet hoe om die Bybel sinvol en gedissiplineerd te lees en te bestudeer nie. Dit was dan ook een van die redes waarom ek die boek, DIE STORIE AGTER DIE STORIE, geskryf het oor die verhaal van die vroeg-Christelike gemeentes soos wat dit verweef is in die storie van die res van die Nuwe Testament. Dan wou ek ook in hierdie boek ʼn soort Bybelhandboek skep wat gelowiges help om die hele Nuwe Testament met al sy boeke en briewe sinvol deur te lees, terwyl hulle heeltyd bewus is van waar presies dit inpas in die groter verhaal van die Nuwe Testament, en spesifiek die verhaal volgens die boek, Handelinge. Wat ek dan gewoonlik vir groepe gelowiges aanbeveel wat die Nuwe Testament sistematies wil deurwerk, is om dit te doen aan die hand van hierdie boek van my, DIE STORIE AGTER DIE STORIE. Hulle kan self bepaal hoe vinnig of of hoe stadig hulle die boek wil deurwerk. 80

ʼn Goeie metode, na my oordeel, sou wees om te besluit om die verskillende boeke en briewe van die Nuwe Testament, een na die ander, deur te lees en te bespreek, soos wat die boeke en briewe van die Nuwe Testament kronologies histories geskryf is. Ek gee in die boek self, en ook ʼn entjie verder in hierdie skrywe van my, net weer ʼn lys van hoe die verskillende boeke en briewe van die Nuwe Testament verskyn het. Wat ek meen baie belangrik is wanneer groepe gelowiges die Bybel, en spesifiek die Nuwe Testament, deurwerk, is om elke week vooraf, voor die groepbespreking van die materiaal, elkeen persoonlik daardie boek of brief in die Nuwe Testament behoorlik en herhaaldelik deur te lees by die huis gedurende jou persoonlike stil-word-tyd met die Here. Ons moet leer om die Woord te eet. Na baie jare van ervaring in my eie lewe, en luister na ander gelowiges oor die wêreld se ervaringe in die verband, lyk dit vir my ʼn uitstekende metode om te probeer om ten minste elke dag 3 hoofstukke van die Bybel te lees. Let op: te lees en nie te bestudeer nie. Dit gaan in hierdie metode nie daaroor dat jy hierdie 3 hoofstukke wat jy gelees het, na die lees daarvan of selfs tydens die lees daarvan, deeglik, woord-virwoord moet probeer verklaar en bestudeer nie. Nee, die oogmerk van hierdie metode is net om jouself te help om betrokke gedeeltes van die Bybel, en hier spesifiek die Nuwe Testament, in sy konteks deur te lees en te leer ken. Baie gelowiges skrik groot as hulle hoor jy stel voor dat hulle 3 hoofstukke van die Bybel elke dag van hulle lewe moet lees, want hulle is gewoond daaraan om net so 5 tot 10 verse per dag te lees, en dit dan stukkie vir stukkie te bestudeer en te probeer interpreteer. Daar is natuurlik niks fout met hierdie metode nie, en dit is ʼn baie legitieme manier van die Bybel bestudeer. Ek persoonlik meen egter dat dit baie keer van groot waarde vir die meeste gelowiges kan wees om ʼn slag groter gedeeltes van die Bybel te lees en spesifiek in die oorspronklike konteks waarin God dit deur Sy Gees geïnspireerd laat neerskryf het. Kan jy dink wat kan gebeur as jy bv. die brief van Paulus aan die Galasiërs, wat 6 hoofstukke lank is, in 2 dae se tyd deurlees, en in ʼn week se tyd, ten minste 3 keer as geheel deurlees, voordat julle dit in die volgende week as gelowiges saam bespreek en bebid aan die voete van Jesus! Jy gaan heelwaarskynlik beleef wat die meeste van ons beleef as ons dit doen, naamlik dat ons vir die eerste keer werklik die boek, Galasiërs werklik verstaan! Lewenstransformasie-groepe (afgekort: LTG) In dele van die Liggaam van Jesus oor die wêreld is LTG ʼn stuk gereedskap wat op grondvlak, tussen gewone gelowige volgelinge van Jesus, derduisende mense se lewens stelselmagtig deur God se genade verander. 81

Dit is natuurlik ook die oogmerk wanneer ʼn groep gelowiges stil word rondom Sy Woord.

Een van die wonderlike stukkies gereedskap wat die Liggaam van Jesus oor die wêreld ontdek het, is

die ou-ou-Bybelse model van “waar twee of drie saam is in die Naam van Jesus”.

Neil Cole praat van “Life Transformation Groups”.

Wat niks anders is as twee of drie volgelinge van Jesus wat gedissiplineerd week na week by mekaar

kom in die teenwoordigheid van Jesus, met die Woord van God in hulle hande, en waar hulle dan

saam Jesus vertrou om hulle hele lewe stelsmatig te verander.

Rom. 12:2 vertel vir ons hoe God ons lewe verander.

“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle

denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en

aanneemlik en volmaak is.”

God verander ons lewe daar waar ons Hom toelaat om deur Sy Woord en Gees ons manier van dink

oor dinge te verander. Lyk vir my dit gebeur waar ons God toelaat om met ons te praat.

God praat op baie maniere met ons, maar van die belangrikste maniere hoe Hy met ons praat, wat

hier relevant is, is ...

Deur Sy Woord, die Bybel

Deur die gawes van die Gees, soos profesie, ʼn woord van lering, ʼn woord van wysheid, ʼn

woord van kennis, onderskeiding van gees, en die gawes van genesing wat werk daar waar

ek oop is vir die bediening van die Gees deur ander gelowiges rondom my

Deur Sy Gees wat hier binne-in my liggaam woon en werk, deur wie Jesus ook met my praat,

sy dit deur Sy eie stem of selfs deur gevoelens en sekere ervaringe sou wees.

In my besigwees met die toerusting van God se mense met die oog op hulle bediening van elke dag

daar waar God vir elkeen van hulle ʼn verhoog en ʼn plek van outoriteit gegee het, waar hulle vertrou

word deur mense, het ek agtergekom hoe baie gelowiges nie altyd weet hoe om die Bybel sinvol en

gedissiplineerd te lees en te bestudeer nie.

Dit was dan ook een van die redes waarom ek die boek, DIE STORIE AGTER DIE STORIE, geskryf het

oor die verhaal van die vroeg-Christelike gemeentes soos wat dit verweef is in die storie van die res

van die Nuwe Testament.

Dan wou ek ook in hierdie boek ʼn soort Bybelhandboek skep wat gelowiges help om die hele Nuwe

Testament met al sy boeke en briewe sinvol deur te lees, terwyl hulle heeltyd bewus is van waar

presies dit inpas in die groter verhaal van die Nuwe Testament, en spesifiek die verhaal volgens die

boek, Handelinge.

Wat ek dan gewoonlik vir groepe gelowiges aanbeveel wat die Nuwe Testament sistematies wil

deurwerk, is om dit te doen aan die hand van hierdie boek van my, DIE STORIE AGTER DIE STORIE.

Hulle kan self bepaal hoe vinnig of of hoe stadig hulle die boek wil deurwerk.

80

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!