Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn

Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

In die ark lê ook die staf van Aäron wat begin bloeisels dra het (Num. 17), as ʼn aanduiding wie die mense is wat God uitgekies en gesalf met Sy Goddelike salwing. En almal wat hulle destyds nie aanvaar het as God se gesagdraers nie, moes weet hulle is in opstand teen die lewende God self. Hier lê ook ʼn pot met manna, wat getuig van God se bonatuurlike versorging. En dit herinner ons dat elkeen van ons daar in die direkte teenwoordigheid van God deur Hom gevoed word met bonatuurlike voedsel. Omdat Hy ons voed met Sy Woord, Sy krag en genade, kan ons die beproewing en woestyntye in hierdie wêreld met vertroue hanteer, en kan lewende water uit ons na ʼn wêreld vol honger en seer daar buite vloei (Joh. 7:37-39). Die deksel van hierdie ark word die genadetroon van God genoem. Maar ook die versoendeksel waar God self tussen die twee goue gerubs sit - wat bo-op met hulle gesigte na mekaar en met hulle vlerke uitgesprei sit. Daar ontmoet ons die lewende God self, van aangesig tot aangesig. Daar kan ons soos vriende gesels. Soos ʼn Vader met sy kind, want God self het mens en God weer met mekaar versoen. Dit het die lewe van God se eie Seun gekos, sodat daar weer ʼn intieme, liefdesverhouding tussen die Verbondsgod en ons as Sy verbondsmense in Jesus kan wees. Mag hierdie omstap, instap en deurstap van die tabernakel ʼn instrument wees om jou te help inbeweeg in die direkte teenwoordigheid van die lewende God. Mag dit jou help om stil te raak, sodat jy Sy stem met jou kan hoor praat en jy met Hom kan praat. 68

‘N HANDLEIDING VIR DIE EET VAN DIE WOORD ʼn Handleiding vir groepe gelowige volgelinge van Jesus om saam ʼn pad deur die Nuwe Testament te stap. Inleiding My boek, DIE STORIE AGTER DIE STORIE, is oorspronklik geskrywe om volgelinge van Jesus stelselmagtig te lei deur die verhaal oor en die gebeure in die vroeg-Christelike gemeentes soos wat die boeke van die Nuwe Testament kronologies geskryf is onder die inspirasie van die Heilige Gees. Ek het weer so bewus geword van God se hart vir elkeen van ons. Dat Hy ons Sy oorvloedige seën wil laat ervaar vir ons totale lewe, in elke duimbreedte van ons lewe. Daarom is hierdie jaar die jaar om alleen of saam met ander volgelinge van Jesus 'n gedissiplineerde pad te stap van stilword aan die voete van Jesus, terwyl ons Sy Woord stukkie vir stukkie begin eet en herkou om elke kriesel lewe daarin toe te laat om ons te verander. Daar wat ek God met my persoonlik hoor praat, ek erns met daardie Woord begin maak en gehoorsaam reageer op daardie Woord verander my lewe stelselmatig. Daarom vind ons in die Woord dat van die begin van in die vroeg-Christelike gemeentes af, was ʼn stilword saam met ander gelowiges rondom die Skrifte deel van kerk-wees, of ekklesia-wees soos ek eerder wil sê. In my en jou lewe kan hierdie stilword saam met ander gelowiges rondom die Skrif op baie maniere gebeur. Dit kan daar in die huisgroep of selgroep gebeur, of in ʼn Bybelstudiegroep of klein groepie gelowiges wat vir baie spesifieke redes gereeld saamkom. In hierdie handleiding wil ek daarop fokus hoe my boek, DIE STORIE AGTER DIE STORIE, sulke groepe kan help om die stilword rondom die Nuwe Testament ʼn verrykende ervaring in hulle lewens te maak, waarin God hulle lewens kan verander. Ek wil spesifiek aandag gee aan hoe dit daar in ʼn huisgroep/selgroep kan gebeur, maar ook in Bybelstudiegroepe, of in klein groepies van 2 tot maksimum 3 manne, of vroue, of tieners van ʼn spesifieke geslag. (Hierdie klein groepies van 2 tot maksimum 3 word Lewenstransformasie-groepe (of afgekort: LTG) genoem). 69

‘N HANDLEIDING VIR DIE EET VAN DIE WOORD

ʼn Handleiding vir groepe gelowige volgelinge van Jesus om saam ʼn pad deur die Nuwe

Testament te stap.

Inleiding

My boek, DIE STORIE AGTER DIE STORIE, is oorspronklik geskrywe om volgelinge van Jesus

stelselmagtig te lei deur die verhaal oor en die gebeure in die vroeg-Christelike gemeentes soos wat

die boeke van die Nuwe Testament kronologies geskryf is onder die inspirasie van die Heilige Gees.

Ek het weer so bewus geword van God se hart vir elkeen van ons. Dat Hy ons Sy oorvloedige seën wil

laat ervaar vir ons totale lewe, in elke duimbreedte van ons lewe.

Daarom is hierdie jaar die jaar om alleen of saam met ander volgelinge van Jesus 'n gedissiplineerde

pad te stap van stilword aan die voete van Jesus, terwyl ons Sy Woord stukkie vir stukkie begin eet

en herkou om elke kriesel lewe daarin toe te laat om ons te verander.

Daar wat ek God met my persoonlik hoor praat, ek erns met daardie Woord begin maak en

gehoorsaam reageer op daardie Woord verander my lewe stelselmatig.

Daarom vind ons in die Woord dat van die begin van in die vroeg-Christelike gemeentes af, was ʼn

stilword saam met ander gelowiges rondom die Skrifte deel van kerk-wees, of ekklesia-wees soos ek

eerder wil sê.

In my en jou lewe kan hierdie stilword saam met ander gelowiges rondom die Skrif op baie maniere

gebeur.

Dit kan daar in die huisgroep of selgroep gebeur, of in ʼn Bybelstudiegroep of klein groepie gelowiges

wat vir baie spesifieke redes gereeld saamkom.

In hierdie handleiding wil ek daarop fokus hoe my boek, DIE STORIE AGTER DIE STORIE, sulke groepe

kan help om die stilword rondom die Nuwe Testament ʼn verrykende ervaring in hulle lewens te

maak, waarin God hulle lewens kan verander.

Ek wil spesifiek aandag gee aan hoe dit daar in ʼn huisgroep/selgroep kan gebeur, maar ook in

Bybelstudiegroepe, of in klein groepies van 2 tot maksimum 3 manne, of vroue, of tieners van ʼn

spesifieke geslag. (Hierdie klein groepies van 2 tot maksimum 3 word Lewenstransformasie-groepe

(of afgekort: LTG) genoem).

69

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!