Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn
Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn
In die ark lê ook die staf van Aäron wat begin bloeisels dra het (Num. 17), as ʼn aanduiding wie die mense is wat God uitgekies en gesalf met Sy Goddelike salwing. En almal wat hulle destyds nie aanvaar het as God se gesagdraers nie, moes weet hulle is in opstand teen die lewende God self. Hier lê ook ʼn pot met manna, wat getuig van God se bonatuurlike versorging. En dit herinner ons dat elkeen van ons daar in die direkte teenwoordigheid van God deur Hom gevoed word met bonatuurlike voedsel. Omdat Hy ons voed met Sy Woord, Sy krag en genade, kan ons die beproewing en woestyntye in hierdie wêreld met vertroue hanteer, en kan lewende water uit ons na ʼn wêreld vol honger en seer daar buite vloei (Joh. 7:37-39). Die deksel van hierdie ark word die genadetroon van God genoem. Maar ook die versoendeksel waar God self tussen die twee goue gerubs sit - wat bo-op met hulle gesigte na mekaar en met hulle vlerke uitgesprei sit. Daar ontmoet ons die lewende God self, van aangesig tot aangesig. Daar kan ons soos vriende gesels. Soos ʼn Vader met sy kind, want God self het mens en God weer met mekaar versoen. Dit het die lewe van God se eie Seun gekos, sodat daar weer ʼn intieme, liefdesverhouding tussen die Verbondsgod en ons as Sy verbondsmense in Jesus kan wees. Mag hierdie omstap, instap en deurstap van die tabernakel ʼn instrument wees om jou te help inbeweeg in die direkte teenwoordigheid van die lewende God. Mag dit jou help om stil te raak, sodat jy Sy stem met jou kan hoor praat en jy met Hom kan praat. 68
‘N HANDLEIDING VIR DIE EET VAN DIE WOORD ʼn Handleiding vir groepe gelowige volgelinge van Jesus om saam ʼn pad deur die Nuwe Testament te stap. Inleiding My boek, DIE STORIE AGTER DIE STORIE, is oorspronklik geskrywe om volgelinge van Jesus stelselmagtig te lei deur die verhaal oor en die gebeure in die vroeg-Christelike gemeentes soos wat die boeke van die Nuwe Testament kronologies geskryf is onder die inspirasie van die Heilige Gees. Ek het weer so bewus geword van God se hart vir elkeen van ons. Dat Hy ons Sy oorvloedige seën wil laat ervaar vir ons totale lewe, in elke duimbreedte van ons lewe. Daarom is hierdie jaar die jaar om alleen of saam met ander volgelinge van Jesus 'n gedissiplineerde pad te stap van stilword aan die voete van Jesus, terwyl ons Sy Woord stukkie vir stukkie begin eet en herkou om elke kriesel lewe daarin toe te laat om ons te verander. Daar wat ek God met my persoonlik hoor praat, ek erns met daardie Woord begin maak en gehoorsaam reageer op daardie Woord verander my lewe stelselmatig. Daarom vind ons in die Woord dat van die begin van in die vroeg-Christelike gemeentes af, was ʼn stilword saam met ander gelowiges rondom die Skrifte deel van kerk-wees, of ekklesia-wees soos ek eerder wil sê. In my en jou lewe kan hierdie stilword saam met ander gelowiges rondom die Skrif op baie maniere gebeur. Dit kan daar in die huisgroep of selgroep gebeur, of in ʼn Bybelstudiegroep of klein groepie gelowiges wat vir baie spesifieke redes gereeld saamkom. In hierdie handleiding wil ek daarop fokus hoe my boek, DIE STORIE AGTER DIE STORIE, sulke groepe kan help om die stilword rondom die Nuwe Testament ʼn verrykende ervaring in hulle lewens te maak, waarin God hulle lewens kan verander. Ek wil spesifiek aandag gee aan hoe dit daar in ʼn huisgroep/selgroep kan gebeur, maar ook in Bybelstudiegroepe, of in klein groepies van 2 tot maksimum 3 manne, of vroue, of tieners van ʼn spesifieke geslag. (Hierdie klein groepies van 2 tot maksimum 3 word Lewenstransformasie-groepe (of afgekort: LTG) genoem). 69
- Page 17 and 18: SESSIE 4 ‘n Waar-word van die pro
- Page 19 and 20: SESSIE 5 Die vervulling en salwing
- Page 21 and 22: krag en gawes van die Gees om Sy ge
- Page 23 and 24: met die oog op hulle nuwe taak. Ha
- Page 25 and 26: SESSIE 7 Oor die gawes van die Gees
- Page 27 and 28: van ons as gelowiges gevra word nie
- Page 29 and 30: SESSIE 8 Samevattend oor die Gees e
- Page 31 and 32: ‘N PAMFLET JESUS, DIE SALWER MET
- Page 33 and 34: Neh 9:20,30 Uit die poëtiese gedee
- Page 35 and 36: Geskryf deur ds Christo Nel Nuwe Wy
- Page 37 and 38: INLEIDEND Die afgelope 12 jaar reed
- Page 39 and 40: In 2 Sam. 6:14 en 15 sien ons iets
- Page 41 and 42: WEEK 2 My skape hoor My stem Joh. 1
- Page 43 and 44: Neem 1 Kor. 1:18 tot 2:16 en gaan m
- Page 45 and 46: Hoeveel keer lees ons nie in die Ou
- Page 47 and 48: As jy iets hoor, neem die vrymoedig
- Page 49 and 50: Dit is soos ʼn reuse skerm waarop o
- Page 51 and 52: WEEK 5 God praat deur die Bybel met
- Page 53 and 54: Maar eers hier in Mat. 27:50,51 se
- Page 55 and 56: Daarom sê Paulus daar in 2 Kor. 10
- Page 57 and 58: WEEK 7 God praat deur die gawes met
- Page 59 and 60: wat daardie persoon dan presies so
- Page 61 and 62: WEEK 8 Raak stil in God se teenwoor
- Page 63 and 64: Die maniere hoe ek hierdie tyd vul
- Page 65 and 66: DIE INGANG Daar is net een ingang n
- Page 67: om gemeng te word met die water van
- Page 71 and 72: Geskryf deur Paulus Romeine Geskryf
- Page 73 and 74: Lewe van Jesus Christus in Sy Ligga
- Page 75 and 76: Word Sesarea toe gestuur waar meer
- Page 77 and 78: Daar waar mense die teenwoordigheid
- Page 79 and 80: Vra: Wat het jou gespanne gemaak hi
- Page 81 and 82: ʼn Goeie metode, na my oordeel, sou
- Page 83 and 84: Was jy hierdie week liefdevol en ge
- Page 85 and 86: Geskryf deur Paulus 2 Petrus Geskry
- Page 87 and 88: Tel: 021 851 0003 www.nuwewyn.co.za
- Page 89 and 90: 22 43-44 22 2 14 53 17 3-4 81 2 23
- Page 91 and 92: Dag Jul Aug Sept 1 1 Kron 14-15 Spr
- Page 93 and 94: 10 61-62 101 24-25 4-5 130 12 11-12
In die ark lê ook die staf van Aäron wat begin bloeisels dra het (Num. 17), as ʼn aanduiding wie die

mense is wat God uitgekies en gesalf met Sy Goddelike salwing. En almal wat hulle destyds nie

aanvaar het as God se gesagdraers nie, moes weet hulle is in opstand teen die lewende God self.

Hier lê ook ʼn pot met manna, wat getuig van God se bonatuurlike versorging. En dit herinner ons

dat elkeen van ons daar in die direkte teenwoordigheid van God deur Hom gevoed word met

bonatuurlike voedsel. Omdat Hy ons voed met Sy Woord, Sy krag en genade, kan ons die

beproewing en woestyntye in hierdie wêreld met vertroue hanteer, en kan lewende water uit ons na

ʼn wêreld vol honger en seer daar buite vloei (Joh. 7:37-39).

Die deksel van hierdie ark word die genadetroon van God genoem. Maar ook die versoendeksel

waar God self tussen die twee goue gerubs sit - wat bo-op met hulle gesigte na mekaar en met hulle

vlerke uitgesprei sit. Daar ontmoet ons die lewende God self, van aangesig tot aangesig. Daar kan

ons soos vriende gesels. Soos ʼn Vader met sy kind, want God self het mens en God weer met

mekaar versoen. Dit het die lewe van God se eie Seun gekos, sodat daar weer ʼn intieme,

liefdesverhouding tussen die Verbondsgod en ons as Sy verbondsmense in Jesus kan wees.

Mag hierdie omstap, instap en deurstap van die tabernakel ʼn instrument wees om jou te help

inbeweeg in die direkte teenwoordigheid van die lewende God. Mag dit jou help om stil te raak,

sodat jy Sy stem met jou kan hoor praat en jy met Hom kan praat.

68