Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn

Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

WEEK 9 ʼn Doelbewuste “inbeweeg” in die Here se teenwoordigheid Natuurlik is God oral teenwoordig. Maar ons beleef Hom nie altyd as by ons teenwoordig nie. Ek wil nie nou op die redes daarvoor ingaan nie. Wat ek wel in hierdie gedeelte wil doen is om, as deel van ons doelbewuste stil-genoeg-raak-voor-God, vir jou een van die instrumente te wys wat my help om God as by-my-teenwoordig te beleef. Ons wil immers Sy stem hoor, maar ook ʼn ontmoeting met Hom hê as ʼn lewende God. Hierdie instrument is die tabernakel van God, waarvan ons in detail oor lees in gedeeltes soos Eksodus 25, 26, 27, en 30 en dan ook in Heb. 9. Dit is baie belangrik dat jy ʼn betroubare voorstelling in die hande moet kry van die tabernakel van Moses as jy wil hê die volgende gedeelte moet vir jou enige sin maak. (In die Spirit Filled Life Bible is daar op bl. 120 en 137 goeie sketse hiervan). As jy dit in die hande kan kry, sal jy daarin ʼn goeie voorstelling vind oor hoe die tabernakel en die voorwerpe in die tabernakel oorspronklik gelyk het. ʼn Belangrike teks oor die betekenis van die tabernakel vir ons as Christene vind ons daar in Heb. 8:5. Heb. 8:5 noem dit ʼn afbeelding en ʼn skadubeeld van die hemelse heiligdom. Behalwe vir al die heerlike waarhede wat dit inhou, beteken dit vir my ook dat ons in hierdie tabernakel ʼn konkrete prentjie het van hoe om in te beweeg in die hemelse heiligdom, met ander woorde in die direkte teenwoordigheid van God. Wat ek doen om myself te help om iets te beleef van ʼn “inbeweeg” in die direkte teenwoordigheid van God, is om daar waar ek stil word in God se teenwoordigheid, die tabernakel vir myself voor te stel en letterlik, soos die Jode van ouds, met die kennis van die Nuwe Testament en geloof in Jesus Christus in my hart, om die tabernakel te loop, dit binne te gaan, van een na die ander voorwerp daarin te stap, die Heilige in te beweeg, en daarna die Allerheiligste. En die wonderlike hiervan is dat ek werklik beleef het dat die Here dit gebruik om met my te praat en dat dit my gehelp het om iets van God se teenwoordigheid te ervaar deur die werking van Sy Gees. Kom ek verduidelik net wat ek bedoel met die begrip “direkte teenwoordigheid van God”, of soms net bloot “teenwoordigheid van God”, wat ek gebruik: Omdat God oral op aarde teenwoordig is, is die teenwoordigheid van God waarvan ek hier praat eerder dit wat ek as kind van God beleef daar waar ek doelbewus stil word om te hoor wat die Here wil sê. Daar beleef ek immers God as Vader, op wie se “skoot” ek kan gaan sit om met Hom te gesels. Daar is soveel wonderlike waarhede wat opgesluit lê in hierdie tabernakel dat ek nie eers gaan poog om volledig te wees in my behandeling daarvan nie. Wat hier volg is eerder net ʼn kort opsomming wat jy kan gebruik om van die waarhede raak te vat: BUITEKANT DIE TABERNAKEL Stap in jou voorstelling al langs die sesvoet-hoë, spierwit mure van die tabernakel af. Dit is net hoog genoeg sodat die meeste van ons nie kan sien wat binne is nie. En dan is dit boonop wit ook. Wat ons help om na te dink oor God se heiligheid en dat nie sommer enigeen net kan instap by Hom nie. 64

DIE INGANG Daar is net een ingang na die tabernakel toe, en dit is aan die oostekant, daar waar die son opkom. Dit help ons om te verstaan wat Jesus bedoel het toe Hy gesê het Hy is die “Deur”, of die “Enigste Weg na die Vader” (Joh. 10:9; 14:6). In Ps. 84:12 word God ons Son genoem; in Mal. 4:2 word daar gepraat van “die son van geregtigheid” wat verwys na Jesus; en in Joh. 1 word Jesus as die Lig van die wêreld beskryf. ʼn Mens kan sê Hy is die “Son” wat opgekom het in ʼn donker wêreld. Die materiaal-deur van blou, rooi en pers laat ons aan die volgende waarhede dink: dat God deur Jesus uit die hemel Sy hand na ons uitgesteek het die bloed van Jesus moes vloei sodat ons met vrymoedigheid kan ingaan in die Heilige God se teenwoordigheid Hy wat die Koning is van alle konings. ALTAAR As jy in die voorhof van die tabernakel staan, is die altaar die eerste voorwerp wat jy sien. Op hierdie altaar is al die offers geslag en verbrand. Dit herinner ons aan die kruis waaraan die Lam vir ons sondes moes Versoening doen. Al ons ongeregtigheid het op Hom neergekom, die Een sonder gebrek. Sodat God ons 100% kan vergewe en daar nou geen veroordeling meer teen ons is nie. Soos niemand in die Ou Testamentiese tyd kon inkom in die tabernakel sonder ʼn offerdier nie, kan ons ook nie in God se direkte teenwoordigheid ingaan sonder ʼn geloofsverhouding met die Lam nie. En daarvoor was die kruis nodig. Maar wat verder belangrik is om te onthou is dat daardie kruis twee kante het: Aan sy voorkant het Jesus vir ons gehang, maar aan sy agterkant hang elkeen van ons nou. Christen-wees beteken inderwaarheid om so onder die beheer en in diens van Christus te wees met jou lewe, dat jy met vrymoedigheid kan sê dat jyself eintlik nie meer lewe nie, omdat jou eie-ek dood is, gekruisig is (Gal. 2:20), sodat Christus in jou deur Sy Gees kan lewe. Kan ek jou vra: Hoe dood is jy? As jy nog lewe en hieronder die kruis rondstaan, is jy in God se pad. En verder veroorsaak dit boonop dat ons sukkel om God se stem in ons lewe te hoor. DIE KOPER WASKOM 65

WEEK 9 ʼn Doelbewuste “inbeweeg” in die Here se teenwoordigheid

Natuurlik is God oral teenwoordig. Maar ons beleef Hom nie altyd as by ons teenwoordig nie. Ek wil

nie nou op die redes daarvoor ingaan nie. Wat ek wel in hierdie gedeelte wil doen is om, as deel van

ons doelbewuste stil-genoeg-raak-voor-God, vir jou een van die instrumente te wys wat my help om

God as by-my-teenwoordig te beleef. Ons wil immers Sy stem hoor, maar ook ʼn ontmoeting met

Hom hê as ʼn lewende God.

Hierdie instrument is die tabernakel van God, waarvan ons in detail oor lees in gedeeltes soos

Eksodus 25, 26, 27, en 30 en dan ook in Heb. 9.

Dit is baie belangrik dat jy ʼn betroubare voorstelling in die hande moet kry van die tabernakel van

Moses as jy wil hê die volgende gedeelte moet vir jou enige sin maak. (In die Spirit Filled Life Bible is

daar op bl. 120 en 137 goeie sketse hiervan). As jy dit in die hande kan kry, sal jy daarin ʼn goeie

voorstelling vind oor hoe die tabernakel en die voorwerpe in die tabernakel oorspronklik gelyk het.

ʼn Belangrike teks oor die betekenis van die tabernakel vir ons as Christene vind ons daar in Heb. 8:5.

Heb. 8:5 noem dit ʼn afbeelding en ʼn skadubeeld van die hemelse heiligdom. Behalwe vir al die

heerlike waarhede wat dit inhou, beteken dit vir my ook dat ons in hierdie tabernakel ʼn konkrete

prentjie het van hoe om in te beweeg in die hemelse heiligdom, met ander woorde in die direkte

teenwoordigheid van God.

Wat ek doen om myself te help om iets te beleef van ʼn “inbeweeg” in die direkte teenwoordigheid

van God, is om daar waar ek stil word in God se teenwoordigheid, die tabernakel vir myself voor te

stel en letterlik, soos die Jode van ouds, met die kennis van die Nuwe Testament en geloof in Jesus

Christus in my hart, om die tabernakel te loop, dit binne te gaan, van een na die ander voorwerp

daarin te stap, die Heilige in te beweeg, en daarna die Allerheiligste. En die wonderlike hiervan is dat

ek werklik beleef het dat die Here dit gebruik om met my te praat en dat dit my gehelp het om iets

van God se teenwoordigheid te ervaar deur die werking van Sy Gees.

Kom ek verduidelik net wat ek bedoel met die begrip “direkte teenwoordigheid van God”, of soms

net bloot “teenwoordigheid van God”, wat ek gebruik: Omdat God oral op aarde teenwoordig is, is

die teenwoordigheid van God waarvan ek hier praat eerder dit wat ek as kind van God beleef daar

waar ek doelbewus stil word om te hoor wat die Here wil sê. Daar beleef ek immers God as Vader,

op wie se “skoot” ek kan gaan sit om met Hom te gesels.

Daar is soveel wonderlike waarhede wat opgesluit lê in hierdie tabernakel dat ek nie eers gaan poog

om volledig te wees in my behandeling daarvan nie. Wat hier volg is eerder net ʼn kort opsomming

wat jy kan gebruik om van die waarhede raak te vat:

BUITEKANT DIE TABERNAKEL

Stap in jou voorstelling al langs die sesvoet-hoë, spierwit mure van die tabernakel af. Dit is net hoog

genoeg sodat die meeste van ons nie kan sien wat binne is nie. En dan is dit boonop wit ook. Wat

ons help om na te dink oor God se heiligheid en dat nie sommer enigeen net kan instap by Hom nie.

64

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!