Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn

Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

Ek leer hulle ook om dit, wat by hulle op kom in hulle gedagtes, neer te skryf, sodat as hulle dit netnou vir iemand gee, hulle dit ook in geskrewe vorm vir daardie persoon kan gee. Die rede hiervoor is, sodat daardie persone, wat dit dan ontvang, die profesie in ‘n geskrewe vorm het om dit self agterna te kan toets voor God. (Kyk vir verdere praktiese riglyne oor hoe om ander gelowiges te leer om mekaar te bedien in my boek WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, hoofstuk 7). 60

WEEK 8 Raak stil in God se teenwoordigheid Ek glo dit is deel van die restourasiewerk van die Heilige Gees binne die Liggaam van Jesus Christus dat Christene wêreldwyd die stem van God ontdek wat op baie meer maniere met hulle praat as wat hulle voorheen geleer en self beleef het. Soos ʼn Samuel vanouds, daar in 1 Sam. 3, moet ons leer om God se stem te herken en te gehoorsaam. Een van die gedeeltes wat God gebruik het om my te help om prakties te leer om God se verskillende maniere van praat te herken en te onderskei, was Hab. 2:1 en 2. Kom ons kyk wat staan hier. Mark en Patti Virkler, in hulle boek, COMMUNION WITH GOD, onderskei 4 dinge wat in hierdie verse staan, wat ons kan help om meer effektief te “hoor” wat God sê: 1. Gaan na ʼn stil plek en word stil genoeg om God se stem te hoor 2. Leer om God se stem te onderskei 3. Leer om te onderskei as God deur prentjies praat in drome en visioene 4. Skryf neer wat jy hoor en sien In Rom. 12:1 en 2 staan daar dat God ons verander deur ons by ons gedagtes te begin met die veranderingsproses. Die manier hoe ek dit verstaan is dat toe God ons deur Sy Gees wederbaar het, het Hy ons gees lewend en nuutgemaak. Maar nou moet ons sielsarea en liggaam ook nog verander word, en dit is ʼn lewenslange proses (wat ons gewoonlik “heiligmaking” noem). Ek dink altyd hieraan as ʼn soort biblioteek wat hier binne-in elkeen van ons is. Waarin ons vir baie jare, voor ons bekering, duisende stukkies inligting in allerlei lêers gaan stoor het. Tot en met ons bekering, was dit ons enigste naslaanbron van hoe ons moet optree. Fil. 3:7 e.v. beskryf groot dele daarvan as absolute drek in God se oë! Maar met ons wedergeboorte en bekering het die Heilige Gees ons nuutgemaak en self in ons kom woon. Om ons voortaan te kom leer hoe om anders te dink, te voel, keuses te maak en ʼn nuwe Jesus-lewe te lewe. Ek sien dit in ʼn prentjie, naamlik hoe God gekom het en so ʼn nuwe biblioteek langs die oue kom bou het in elkeen van ons se lewens. En in hierdie nuwe biblioteek is daar net een boek, die Bybel, en ʼn nuwe Bibliotekaris, naamlik die Heilige Gees. Wat nou moet gebeur in ons lewens, is dat ons moet leer om elke keer as ons raad soek, na die nuwe biblioteek te hardloop, in plaas van, soos oudergewoonte, na die ou biblioteek. En dit beleef ons as hierdie innerlike stryd wat daar in ons elkeen is. Dit is werklik asof daar ʼn “battle of wits” in ons aan die gang is, Gal. 5:16 tot 25 beskryf dit treffend. 61

WEEK 8 Raak stil in God se teenwoordigheid

Ek glo dit is deel van die restourasiewerk van die Heilige Gees binne die Liggaam van Jesus Christus

dat Christene wêreldwyd die stem van God ontdek wat op baie meer maniere met hulle praat as wat

hulle voorheen geleer en self beleef het.

Soos ʼn Samuel vanouds, daar in 1 Sam. 3, moet ons leer om God se stem te herken en te

gehoorsaam.

Een van die gedeeltes wat God gebruik het om my te help om prakties te leer om God se

verskillende maniere van praat te herken en te onderskei, was Hab. 2:1 en 2.

Kom ons kyk wat staan hier. Mark en Patti Virkler, in hulle boek, COMMUNION WITH GOD,

onderskei 4 dinge wat in hierdie verse staan, wat ons kan help om meer effektief te “hoor” wat God

sê:

1. Gaan na ʼn stil plek en word stil genoeg om God se stem te hoor

2. Leer om God se stem te onderskei

3. Leer om te onderskei as God deur prentjies praat in drome en visioene

4. Skryf neer wat jy hoor en sien

In Rom. 12:1 en 2 staan daar dat God ons verander deur ons by ons gedagtes te begin met die

veranderingsproses. Die manier hoe ek dit verstaan is dat toe God ons deur Sy Gees wederbaar het,

het Hy ons gees lewend en nuutgemaak. Maar nou moet ons sielsarea en liggaam ook nog verander

word, en dit is ʼn lewenslange proses (wat ons gewoonlik “heiligmaking” noem).

Ek dink altyd hieraan as ʼn soort biblioteek wat hier binne-in elkeen van ons is. Waarin ons vir baie

jare, voor ons bekering, duisende stukkies inligting in allerlei lêers gaan stoor het. Tot en met ons

bekering, was dit ons enigste naslaanbron van hoe ons moet optree.

Fil. 3:7 e.v. beskryf groot dele daarvan as absolute drek in God se oë!

Maar met ons wedergeboorte en bekering het die Heilige Gees ons nuutgemaak en self in ons kom

woon. Om ons voortaan te kom leer hoe om anders te dink, te voel, keuses te maak en ʼn nuwe

Jesus-lewe te lewe.

Ek sien dit in ʼn prentjie, naamlik hoe God gekom het en so ʼn nuwe biblioteek langs die oue kom bou

het in elkeen van ons se lewens. En in hierdie nuwe biblioteek is daar net een boek, die Bybel, en ʼn

nuwe Bibliotekaris, naamlik die Heilige Gees.

Wat nou moet gebeur in ons lewens, is dat ons moet leer om elke keer as ons raad soek, na die

nuwe biblioteek te hardloop, in plaas van, soos oudergewoonte, na die ou biblioteek.

En dit beleef ons as hierdie innerlike stryd wat daar in ons elkeen is. Dit is werklik asof daar ʼn “battle

of wits” in ons aan die gang is, Gal. 5:16 tot 25 beskryf dit treffend.

61

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!