Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn

Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

Natuurlik moet daar eers ʼn hartsverandering in die mens plaasvind om dit te laat gebeur (dit waarvan Eseg. 36:24 e.v. praat; en waarvan Jesus daar in Joh. 3 praat). Sodat ons ʼn nuwe hart kan hê. Een met nuwe sintuie wat sensitief is vir die werking en spreke van God se Gees: met ore wat God se stem kan hoor; oë wat God se prentjies kan sien; ʼn hart wat iets van God se hartklop kan aanvoel en self kan ervaar. Sonder hierdie sensitiwiteit vir God se Gees se stem kan ons nie werklik vloei in die gawes wanneer God ons wil gebruik nie. Ons moet immers hoor wat Hy wil en wanneer Hy wat wil; wanneer Hy deur ons wat wil bedien aan ander mense. Maar sonder hierdie sensitiwiteit vir God se Gees se stem in ons, kan ons ook nie werklik hoor as Hy met ons praat as ons bid nie. En kan ons ook nie iets ervaar van Sy by-ons-wees, Sy liefdesgemeenskap en liefdeskommunikasie tydens lofprysing en aanbidding nie. God wil met ons praat deur Sy Gees in ons, sodat die ervaring van ʼn van-aangesig-tot-aangesigontmoeting met ʼn lewende God vir ons werklik ʼn daaglikse ervaring kan wees. Verwag dat dit ook al hoe meer met jou sal gebeur as jy Sy kind is (Rom. 8:9-16). 56

WEEK 7 God praat deur die gawes met ons Die mense van God, Sy Ekklesia, word nie verniet die Liggaam van Jesus genoem nie. Kyk ʼn mens na gedeeltes soos Rom. 12 en 1 Kor. 12 tot 14, is dit duidelik dat die Here, deur Sy Gees wat binne-in en op Sy mense is, deur die buitengewone gawes van die Gees, self met Sy mense wil praat. Ef. 4:11 tot 16 teken vir ons God se plan binne die Liggaam: hoe Hy self sekere van Sy mense roep en toerus om as ʼn netwerk van spesiaal toegeruste mense, wat ons die vyfvoudige bedieninge kan noem, Sy mense wil toerus om hulle dit gebruik in mekaar en ander se lewens. Hy wil hulle elkeen bonatuurlik toerus deur die gawes van Sy Gees (die Gees op hulle, in Handelinge se taal) om dan deur hulle te praat. Kom ons kyk ʼn bietjie na hierdie relevante gedeeltes in die Skrif waar ons dan sien hoe God deur die gawes met mense wil praat. Rom. 12:6-8 – Hanteer kortliks die verskillende bonatuurlike gawes van die Gees wat Paulus hier noem. Die gawes is : Profesie – in ooreenstemming met die geloof wat jy het. Soos wat jy leer om God te vertrou en te gehoorsaam, as God jou wil gebruik, gaan jy leer om God te vertrou om nie net vir jou vir een persoon ʼn woord van profesie te gee nie, maar vir baie meer mense (ons gaan verder hierna verwys as ons oor 1 Kor. 14 spesifiek gesels). Diens – ʼn Bonatuurlike begeerte en vermoë om mense tot diens te wees, voete te was of agter die skerms ʼn verskil te maak. Lering – Die bonatuurlike vermoë om aan mense die waarheid in die Skrif te leer en te verduidelik dat dit vir hulle sin begin maak. Bemoediging – ʼn Bonatuurlike vermoë om ander te “encourage”. Gee – ʼn Bonatuurlike vermoë wat God aan sekere individue gee om werklik “Kingdom stewards” - God se bank- en batebestuurders - in hierdie wêreld te wees. Dit gaan hier oor mense wat op ʼn buitengewone wyse gee en nuwe kanale kan skep sodat die Koninkryk van God vinniger en meer effektief kan kom. Leiding gee – Hier gaan dit oor bonatuurlike leierskap, met die gepaardgaande toewyding en ywer, wat God aan mense gee in sekere situasies. Help – ʼn Bonatuurlike gawe om ander te kan help waar dit werklik ʼn bonatuurlike verskil kan maak. Dit gaan hier oor ʼn bonatuurlike vermoë om ander barmhartig by te staan. Wat die heeltyd hier belangrik is om te onthou, is dat dit hier gaan oor bonatuurlike gawes wat God se Gees aan gelowiges gee wanneer en waar Hy wil. As Paulus hier praat van “dien”, “lering”, “bemoediging”, “leiding gee”, en “gee”, gaan dit nie oor natuurlike aanleg nie. Dit gaan ook nie oor 57

Natuurlik moet daar eers ʼn hartsverandering in die mens plaasvind om dit te laat gebeur (dit

waarvan Eseg. 36:24 e.v. praat; en waarvan Jesus daar in Joh. 3 praat). Sodat ons ʼn nuwe hart kan

hê. Een met nuwe sintuie wat sensitief is vir die werking en spreke van God se Gees: met ore wat

God se stem kan hoor; oë wat God se prentjies kan sien; ʼn hart wat iets van God se hartklop kan

aanvoel en self kan ervaar.

Sonder hierdie sensitiwiteit vir God se Gees se stem kan ons nie werklik vloei in die gawes wanneer

God ons wil gebruik nie. Ons moet immers hoor wat Hy wil en wanneer Hy wat wil; wanneer Hy

deur ons wat wil bedien aan ander mense.

Maar sonder hierdie sensitiwiteit vir God se Gees se stem in ons, kan ons ook nie werklik hoor as Hy

met ons praat as ons bid nie.

En kan ons ook nie iets ervaar van Sy by-ons-wees, Sy liefdesgemeenskap en liefdeskommunikasie

tydens lofprysing en aanbidding nie.

God wil met ons praat deur Sy Gees in ons, sodat die ervaring van ʼn van-aangesig-tot-aangesigontmoeting

met ʼn lewende God vir ons werklik ʼn daaglikse ervaring kan wees.

Verwag dat dit ook al hoe meer met jou sal gebeur as jy Sy kind is (Rom. 8:9-16).

56

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!