Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn

Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

Die 4-ledige proses vind ons bv reeds in Hand 2:37 tot 39. Kom ek skets dit kortliks vir jou: 1. ‘n Bybelse sondebesef was aanwesig Dit lê opgesluit in die begrip “bekeer julle” wat ons in hierdie verse vind. Volgens die Bybel is elke mens (ook verbondsmense – soos Petrus se hoorders hier in Hand 2) totaal verlore en geestelik dood voordat hulle Jesus Christus as Verlosser en Here leer ken en in geloof aanvaar het. Deur die bediening van die Evangelie en in die lig van die waarheid van God se Woord, bewerk God se Gees ‘n ware Bybelse sondebesef in mense wat weer op sy beurt ‘n behoefte aan ‘n Verlosser in hulle bewerk. 2. Hulle bely dan met hulle mond, omdat hulle dit glo in hulle hart, dat Jesus Christus werklik die gekruisigde en opgestane Verlosser en Here van hulle lewe is Hulle aanvaar dus die kernboodskap van die Evangelie oor Jesus Christus deur die werking van God se Gees in hulle. Dit is dus die tweede deel van ‘n Bybelse “bekering”. In die woorde van Eseg 36:24-27: God gee vir hulle ‘n nuwe (lewendige) gees en ‘n nuwe hart deur die werking van Sy Gees. In Joh 3 noem Jesus dit “wedergeboorte”. God se Gees woon self in elkeen van hulle om hulle voortaan self te lei en te leer. 3. Hulle word daardie selfde dag, of so gou moontlik daarna, gedoop in water Ons lees in ‘n hele aantal Skrifgedeeltes (bv Hand 2; Hand 8; Hand 10; Hand 19) dat die gelowiges rondom sulke nuwe bekeerlinge, by die aanhoor van die mondelinge geloofsgetuienis dat hierdie nuwe bekeerlinge Jesus Christus aanvaar het as Verlosser en Here, hulle geneem het en gedoop het deur onderdompeling in water. 4. Doop met die Heilige Gees deur handoplegging Net na die doop met water, het die gelowiges die nuwe dopelinge daar langs die water hande opgelê en het hulle Jesus Christus, die Doper met die Gees, in gebed gevra om hierdie nuwe bekeerlinge toe te rus met die krag en gawes van Sy Gees sodat hulle effektiewe getuies kan wees. Vgl Hand 8:4-25 en Hand 19:1-7 As ons dit moet opsom, sien ons ‘n prentjie van ‘n Christen in die vroeg-Christelike gemeentes wat eers dood was, maar nou lewe in Christus. Omdat God hulle ‘n nuwe hart gegee het en in hulle kom woon het deur Sy Gees. Om so altyd by hulle te wees. Om hulle te lei in hierdie nuwe, opstandingslewe wat hulle deel geword het in geloof. Hierdie Gees wil nou ook hulle lewe beheer in hulle stryd teen die ou natuur wat nog in elkeen woon (Gal 5:16 ev). Die aspek wat hier van belang is, is dat ‘n Christen iemand is wat deur God in Christus nuut gemaak is IN wie die Heilige Gees nou self kom woon het. Maar die tweede aspek van belang is dat Jesus, as die Doper met die Gees, nou ook elkeen van hierdie nuwe bekeerlinge wil salf met Sy Gees sodat hulle toegerus kan wees met die bonatuurlike 20

krag en gawes van die Gees om Sy getuies te wees. Nou is die Heilige Gees dus ook OP hulle. Hulle is, daarom, nou ook geestelik “empower” en deel van God se bonatuurlik toegeruste weermag in hierdie wêreld. Hier bonatuurlike, geestelike “empowerment” vind op een van twee wyses plaas: Normaalweg deur handoplegging deur ander gelowiges vir wie God êrens in die verlede reeds bonatuurlik toegerus het met Sy Gees. Of, by uitsondering, waar God self gelowiges bonatuurlik salf of toerus met die gawes van Sy Gees – soos met die dissipels in Hand 2:1-4 gebeur het, asook met Kornelius en sy mense daar in Hand 10. Waar gelowiges agtergekom het dat hierdie geestelike “empowerment” nie in jong bekeerlinge se lewens daar in die begin plaasgevind het nie, het hulle dit sommer gou-gou herstel – soos ons sien gebeur in Hand 8 en Hand 19. 21

krag en gawes van die Gees om Sy getuies te wees. Nou is die Heilige Gees dus ook OP hulle.

Hulle is, daarom, nou ook geestelik “empower” en deel van God se bonatuurlik toegeruste weermag

in hierdie wêreld.

Hier bonatuurlike, geestelike “empowerment” vind op een van twee wyses plaas:

Normaalweg deur handoplegging deur ander gelowiges vir wie God êrens in die verlede

reeds bonatuurlik toegerus het met Sy Gees.

Of, by uitsondering, waar God self gelowiges bonatuurlik salf of toerus met die gawes van

Sy Gees – soos met die dissipels in Hand 2:1-4 gebeur het, asook met Kornelius en sy

mense daar in Hand 10.

Waar gelowiges agtergekom het dat hierdie geestelike “empowerment” nie in jong bekeerlinge se

lewens daar in die begin plaasgevind het nie, het hulle dit sommer gou-gou herstel – soos ons sien

gebeur in Hand 8 en Hand 19.

21

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!