Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn

Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

SESSIE 1 ‘n Kennismaking met Jesus as die Salwer met die Gees 1. Inleidend Joh 14:12 ev, verse 18, 23 en 26 – Watter aangrypende belofte is dit nie hierdie nie! Kan dit waar wees! En die sleutel is die Heilige Gees wat kom! Kom ons gaan kyk hoe die salwing met die Heilige Gees in Jesus se eie lewe en bediening hier op aarde ‘n nuwe krag-dimensie gebring het: Mat 3:11 – Jesus gaan ook bekend staan as die Doper met die Heilige Gees. Luk 3:21-23 – Hier het ons ‘n beskrywing van die salwing met die Heilige Gees in Jesus se lewe. Luk 4:1 – Let op die uitdrukking “vol van die Heilige Gees”. Luk 4:14 – ‘n Verwysing na die krag-dimensie in Jesus se lewe en bediening. Luk 4:18-19 – Jesus gebruik Jes 61:1-3 om te verduidelik presies wat en waarom Hy gesalf is. Luk 5:17 – Hierdie krag-dimensie was oral aanwesig waar Jesus beweeg en bedien het. Hand 1:8 – Sonder hierdie krag-dimensie in ons eie lewe kan ons nie effektiewe getuies van ‘n lewende God en Sy werk wees nie. 1 Tess 1:5 – Paulus se persoonlike getuienis oor hierdie krag-dimensie in sy eie lewe en bediening. 2. Ruimte vir ‘n persoonlike getuinis Gebruik die geleentheid om te getuig hoe dit in jou eie lewe ‘n werklikheid geword het. Maar vertel ook van die ervaringe van baie ander bekende Christenleiers wat soortgelyke “ontdekkings” êrens in hulle eie lewe gehad het: bv Andrew Murray, Jack Deere, Martin Loyd Jones, ens. Jesus sê: Dit is ook daar vir jou (Hand 2:38 en 39). Soek en dors hierna. 14

SESSIE 2 Die Heilige Gees in die Ou Testament Gen 1:2 – Die eerste vers in die Bybel waar daar verwys word na God, die Heilige Gees (en die verduideliking hiervan in Ps 104:30). Gen 2:7 – Hier het ons ‘n indirekte verwysing na God wat van Sy Gees (of “asem”) inblaas in die nuwe mens wat Hy gemaak het. Sodat die eerste mens gees kan wees (wat lewe omdat God se Gees in hom is), met ‘n siel (die fisies-chemiese gedeelte van die mens: emosies, verstand en wil), wat woon in ‘n fisiese liggaam. Hierdie gees “sterf” dan met die sondeval, wat maak dat die mens in sy verlore toestand, gees is wat “dood” is, totdat God dit deur die werking van Sy Gees met die wedergeboorte nuut en lewend maak. Eks 35:31 – In die Ou Testament lees ons hoe die Heilige Gees net hier en daar “op” sekere individue gekom het wat God spesifiek vir sekere take wou gebruik. Num 11:16,17, 25,29 – Wat ‘n merkwaardige gedeelte is dit nie hierdie nie! Moses profeteer hier vir die eerste keer van die nuwe seisoen wat op pad is (waarvan ons ook later in Joël 2:28-32 sal lees) en wat na Pinksterdag in vervulling gaan. In hierdie nuwe seisoen is dit God se hart om elkeen van Sy mense bonatuurlik toe te rus met Sy Gees “op” hulle, sodat Hy hulle bonatuurlik kan gebruik om ander te bedien (1 Pet 2:9,10). En dan as ‘n nuwe geslag mense wat God se Gees kan gebruik om veral teenoor mekaar en ander “te profeteer” (vgl 1 Kor 14). Num 14:24. Rigt 6:34 – Daar staan letterlik in die Hebreeus dat hy “aangetrek is” met bonatuurlike krag. Rigt 14:6. Rigt 15:14. 1 Sam 10:6,9,10.11 - Let op na die konteks van vers 1 af waar ons ‘n wonderlike prentjie kry van “salwing” as ‘n fisiese gebeure, maar ook ‘n onsigbare gebeure wat ‘n mens ‘n “ander mens” gemaak het, met bonatuurlike gawes wat hy nie voorheen gehad het nie. Let ook daarop dat die teken van hierdie bonatuurlike salwing juis was dat hy deur die Gees van God gebruik kon word “om te profeteer”. 2 Kon 2:9-15 – In hierdie gedeelte word Elisa bonatuurlik gesalf om Elia se skoene as profeet van God vol te kan staan. Dit is aangrypend om te ontdek dat waar God Elia in die verlede 12 keer gebruik het om bonatuurlike wonderwerke te doen, God Elisa 24 keer sou gebruik (‘n “dubbele porsie” van die Gees wat op Elia was, het dus letterlik in Elisa se lewe tot vervulling gekom!). Volgende keer wys ek julle die gedeeltes in die Ou Testament waar die profete geprofeteer het oor die nuwe era wat op pad was. 15

SESSIE 2 Die Heilige Gees in die Ou Testament

Gen 1:2 – Die eerste vers in die Bybel waar daar verwys word na God, die Heilige Gees (en

die verduideliking hiervan in Ps 104:30).

Gen 2:7 – Hier het ons ‘n indirekte verwysing na God wat van Sy Gees (of “asem”) inblaas in

die nuwe mens wat Hy gemaak het. Sodat die eerste mens gees kan wees (wat lewe omdat

God se Gees in hom is), met ‘n siel (die fisies-chemiese gedeelte van die mens: emosies,

verstand en wil), wat woon in ‘n fisiese liggaam. Hierdie gees “sterf” dan met die sondeval,

wat maak dat die mens in sy verlore toestand, gees is wat “dood” is, totdat God dit deur die

werking van Sy Gees met die wedergeboorte nuut en lewend maak.

Eks 35:31 – In die Ou Testament lees ons hoe die Heilige Gees net hier en daar “op” sekere

individue gekom het wat God spesifiek vir sekere take wou gebruik.

Num 11:16,17, 25,29 – Wat ‘n merkwaardige gedeelte is dit nie hierdie nie! Moses

profeteer hier vir die eerste keer van die nuwe seisoen wat op pad is (waarvan ons ook later

in Joël 2:28-32 sal lees) en wat na Pinksterdag in vervulling gaan. In hierdie nuwe seisoen is

dit God se hart om elkeen van Sy mense bonatuurlik toe te rus met Sy Gees “op” hulle, sodat

Hy hulle bonatuurlik kan gebruik om ander te bedien (1 Pet 2:9,10). En dan as ‘n nuwe

geslag mense wat God se Gees kan gebruik om veral teenoor mekaar en ander “te

profeteer” (vgl 1 Kor 14).

Num 14:24.

Rigt 6:34 – Daar staan letterlik in die Hebreeus dat hy “aangetrek is” met bonatuurlike krag.

Rigt 14:6.

Rigt 15:14.

1 Sam 10:6,9,10.11 - Let op na die konteks van vers 1 af waar ons ‘n wonderlike prentjie kry

van “salwing” as ‘n fisiese gebeure, maar ook ‘n onsigbare gebeure wat ‘n mens ‘n “ander

mens” gemaak het, met bonatuurlike gawes wat hy nie voorheen gehad het nie. Let ook

daarop dat die teken van hierdie bonatuurlike salwing juis was dat hy deur die Gees van God

gebruik kon word “om te profeteer”.

2 Kon 2:9-15 – In hierdie gedeelte word Elisa bonatuurlik gesalf om Elia se skoene as profeet

van God vol te kan staan. Dit is aangrypend om te ontdek dat waar God Elia in die verlede

12 keer gebruik het om bonatuurlike wonderwerke te doen, God Elisa 24 keer sou gebruik

(‘n “dubbele porsie” van die Gees wat op Elia was, het dus letterlik in Elisa se lewe tot

vervulling gekom!).

Volgende keer wys ek julle die gedeeltes in die Ou Testament waar die profete geprofeteer het oor

die nuwe era wat op pad was.

15

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!