Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn

Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET - Nuwe Wyn

nuwewyn.co.za
from nuwewyn.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

Inleiding Dit is vir my ‘n voorreg om hierdie gids aan te bied as ‘n hulpmiddel wat geestelike leiers in die Liggaam van Jesus in staat kan stel om die mense van God toe te rus om die materiaal in hierdie boek hulle eie te maak. By verskeie geleenthede het ek self hierdie materiaal vir gelowiges uit die N G Kerk, V G K, Pinkster- en vernuwingsgemeentes, en in huisgroep-verband aangebied. Die wyse wat ek gevind het die mees effektiewe manier was om die materiaal aan te bied, was om dit eenmaal per week aan te bied vir ‘n uur of wat, oor ‘n tydperk van agt weke. In so ‘n kursus van agt sessies fokus ek in die eerste vyf sessies net daarop om ‘n goeie Bybelse fondasie te lê. En dan van sessie ses af, behalwe vir die kennis-inset elke week, bied ek ook geleentheid vir praktiese inoefening en bediening van mekaar soos en hoe die Heilige Gees ons lei. My gebed is dat die agt weke-toerustingsprogram en die meegaande pamflet (wat maklik omskep kan word in Microsoft Publisher in ‘n hanteerbare 4 bladsy-pamflet - wat ek gewoonlik uitgee tydens die toerustingsprogram) werklik nuttige instrumente sal wees om God se mense beter toe te rus vir bediening van mekaar en die ongelowige gemeenskap om hulle. Epos gerus vir my na my eposadres hieronder en dan stuur ek vir jou die betrokke dokument aan wat jy dan net kan dupliseer. Waar ek ookal verwys na bepaalde Bybeltekste oor die Heilige Gees en Sy werk, verwys ek na hierdie tekste sonder om die volledige verduideliking hier te herhaal. Gebruik dus self HOOFSTUK 11 van die boek saam met hierdie handleiding om die betrokke verse aan gelowiges te verduidelik. Dit waaroor ek hierdie volgende paar weke met jou gaan gesels, het my eie lewe, bediening en teologie dramaties verander. Ek het dit aan my eie lyf en lewe gevoel en ervaar. Ek het beleef hoe God Sy Woord waar maak in my eie lewe en hoe Hy my by verskeie geleenthede vervul het met Sy Gees om my so toe te rus met bonatuurlike gawes en vemoëns sodat ek weer ander daarmee kon bedien. Sy dit profesie, genesing, lering, ‘n woord van detail-kennis, bonatuurlike wysheid, ‘n hemelse taal, visionêre leierskap of bonatuurlike bediening was. Ek het ook beleef hoe Hy ander daarmee deur my bedien het. Om hulle weer te vervul met Sy Gees, toe te rus en te leer om ander daarmee te bedien. Ek het God sien wonders doen: bonatuurlike wondergenesings en radikale emosionele heelword van mense. Ek het gesien hoe die waarheid mense vry maak. Maar ook ervaar hoe God bonatuurlik voorsien het sodat ek daar kon wees waar Hy my wou gebruik as Sy tuinslang waardeur Sy strome lewende water ander kon bedien. 12

Sedert die 10de Oktober 1969 ken ek die God van die Bybel as my Hemelse Vader en Jesus Christus as my persoonlike Here en Verlosser. Maar dit was eers in 1993, na ‘n studie van drie maande van die 319 tekste in die Bybel waar daar direk verwys word na die Heilige Gees en Sy werk in ons lewens, wat ek Jesus Christus ook leer ken het as die Doper of Salwer met die Heilige Gees (Mrk 1:8; Hand 2:33). Ek het in die proses God, die Heilige Gees, as ‘n lewende Persoon binne-in my van nuuts af ontdek. ‘n Persoon wat met my praat, my leer en deur my ander bedien. Daarom vra ek vir jou die geleentheid om in die volgende paar weke vir jou te wys wat ek hieroor ontdek het in Sy Woord. Die materiaal wat ek hier met jou gaan deel, is lewensnoodsaaklik vir elke gelowige kind van God om te ontdek. Ons kan immers nie getuie wees van en oor ‘n lewende God sonder die krag en toerusting, sonder die leiding en lering van God, die Heilige Gees, as ‘n lewende werklikheid in ons lewe nie. Hy is die Een wat nuwe wyn aan ons bedien. Maar ook die Een wat ons wil leer hoe lyk die nuwe wynsakke wat die dinamiek en lewe van hierdie nuwe wyn kan akkommodeer. 13

Sedert die 10de Oktober 1969 ken ek die God van die Bybel as my Hemelse Vader en Jesus Christus

as my persoonlike Here en Verlosser. Maar dit was eers in 1993, na ‘n studie van drie maande van

die 319 tekste in die Bybel waar daar direk verwys word na die Heilige Gees en Sy werk in ons

lewens, wat ek Jesus Christus ook leer ken het as die Doper of Salwer met die Heilige Gees (Mrk 1:8;

Hand 2:33).

Ek het in die proses God, die Heilige Gees, as ‘n lewende Persoon binne-in my van nuuts af ontdek.

‘n Persoon wat met my praat, my leer en deur my ander bedien.

Daarom vra ek vir jou die geleentheid om in die volgende paar weke vir jou te wys wat ek hieroor

ontdek het in Sy Woord.

Die materiaal wat ek hier met jou gaan deel, is lewensnoodsaaklik vir elke gelowige kind van God om

te ontdek. Ons kan immers nie getuie wees van en oor ‘n lewende God sonder die krag en

toerusting, sonder die leiding en lering van God, die Heilige Gees, as ‘n lewende werklikheid in ons

lewe nie.

Hy is die Een wat nuwe wyn aan ons bedien. Maar ook die Een wat ons wil leer hoe lyk die nuwe

wynsakke wat die dinamiek en lewe van hierdie nuwe wyn kan akkommodeer.

13

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!