03.05.2013 Views

Toesprake - Trou Inspirasie

Toesprake - Trou Inspirasie

Toesprake - Trou Inspirasie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Toesprake

Om voor 'n gehoor op te staan en die mikrofoon in die hand te vat bly maar 'n senutergende ervaring.

As dit boonop nog by jou eie troue is waar almal jou ken, verbrokkel mens se senuwees voor jy selfs

die verhoog betree het. Meeste bruide is onder geweldige druk voor die groot dag en verkies dus om

nie 'n toespraak te lewer nie. Tog is daar al deur die eeue oneindig baie troudagseremonies gehou

en, glo dit of nie, almal wat 'n toespraak gelewer het het dit oorleef. Deur net sorgvuldig voor te berei,

kan jy 'n spontane en gemaklike fisade voorhou selfs al lê jou moed in die tone van jou skoene.

Wie lewer tradisioneel die toesprake?

Vader van die bruid

Bruidegom

Hoof strooijonker

Wie lewer deesdae die toesprake?

Vandag se troues is geneig om minder tradisioneel van aard te wees en sluit basies enige toesprake

in wat vir die bruidspaar van belang is – soos die hoof strooimeisie, die bruidegom se ouers en die

bruid self, om maar net 'n paar te noem.

Die volgorde van die toesprake

Toesprake vind genadiglik net voor die hoofmaal plaas:

Die seremoniemeester gee die verloop van die verrigtinge aan en stel elke spreker aan die

gehoor bekend.

Die vader van die bruid is gewoonlik eerste aan die woord. Sy toespraak sluit ook 'n heildronk

op die bruid en bruidegom in.

Die bruidegom se toespraak dien as 'n antwoord op die vader van die bruid se toespraak, en

sluit ook 'n heildronk op die strooimeisies in.

Indien die bruid 'n toespraak wil lewer, sal sy net na die bruidegom aan die woord gestel

word.

Die hoof strooijonker lewer sy toespraak namens al die bruidsmeisies – dit is normaalweg die

lighartigste van al die toesprake.

Enige addisionele toesprake sal na die van die hoof strooijonker volg.

Basiese inhoud van die toesprake

Die Vader van die Bruid

'n Heildronk op die pasgetroude paartjie.

'n Gelukwensing aan sy dogter. Hy sal dan ook iets sê oor hoe trots hy op haar is en hoe

pragtig sy lyk.

'n Woord van verwelkoming aan sy nuwe skoonseun en die se ouers.

'n Paar wyse woorde en brokkies raad vir die paartjie se pad vorentoe.

Aan die einde van die toespraak sal hy nog 'n heildronk op die paartjie instel.

Stel die bruidegom bekend, indien die seremoniemeester dit nie doen nie.

Die bruidegom – dit is die toespraak waarvoor almal eintlik hier is, en omsluit die volgende:

Bedank die gaste dat hulle gekom het, veral die wat van ver gereis het.

Bedank die bruid se ouers.

Komplimenteer die bruid en spreek sy dankbaarheid uit oor die feit dat sy met hom getrou

het.

Bedank sy ouers in diepte vir sy goeie opvoeding en jarelange ondersteuning.

Bedank almal wat gehelp het met die troureëlings – van die gasheer tot die strooimeisies.

Stel 'n heildronk op die strooimeisies in.

Bedank die gaste vir die mooi wense, geskenke en kaartjies.

Stel die hoof strooijonker aan die woord, indien daar wel een is.

Bedank die hoof strooijonker.

Die hoofstrooijonker moet 'n baie fyn balans tussen grappig en ernstig handhaaf. Hy moet ook

probeer om nie dieselfde styl en trant as die haneparty te handhaaf nie , en liefs die volgende in die

toespraak in te sluit:

Wens die bruid en bruidegom voorspoed toe vir die toekoms.

Vermaak die gehoor met staaltjies oor die bruidegom.

Komplimenteer die bruid en sê vir haar hoe beeldskoon sy lyk.

Bedank die bruid namens die strooimeisies.

Bedank die gasheer en gasvrou names al die gaste.

Stel 'n heildronk op die twee ouerpare in.

Lees kaartjies en eposse van gaste wat nie die geleentheid kom bywoon nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!