03.05.2013 Views

Kindertuin_Les 10_LOG_Jaar A_Kwartaal 4

Kindertuin_Les 10_LOG_Jaar A_Kwartaal 4

Kindertuin_Les 10_LOG_Jaar A_Kwartaal 4

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

AANBIDDING

Kindertuin - Jaar A - Kwartaal 4 - Les 10

Bybelverhaal: Die Eerste Kersfees

Tema vir die Maand: Ons is dankbaar vir die geboorte van Jesus.

Verwysings: Lukas 2:1-7; Die Koning van die Eeue, bl. 29, 30

Geheueteks: "Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe." (2 Korinthiërs 9:15)

Doelstellings

Die kinders sal:

Weet dat Jesus van die hemel gekom het en in 'n stal gebore is.

Verwonderd voel dat Jesus gewillig was om die hemel te verlaat en op die aarde gebore te

word.

Reageer om iemand van Baba Jesus te vertel.

Die Boodskap: Ons aanbid God wanneer ons Hom dank omdat Hy Jesus na die

aarde gestuur het.

Maak Gereed om die Les aan te bied

Die Bybelles in ‘n Oogopslag

Josef en Maria reis van hulle huis na Betlehem. Maria se baba moet enige dag gebore word. Toe

hulle probeer om 'n kamer vir die nag te huur, word daar vir hulle gesê dat daar nie plek in die

herberg is nie, maar dat hulle in die stal kan bly. Baba Jesus word dus in 'n stal gebore, 'n plek waar

diere gehou word. Sy moeder draai Hom in doeke toe en sit Hom in ‘n krip omdat dit die enigste bed

is wat beskikbaar is. Maria en Josef is bly dat Baba Jesus gebore is. En ons is ook.

Hierdie is 'n les oor aanbidding.

Ons word met verwondering vervul wanneer ons die wonderlike gawe wat God aan ons gegee het,

oordink toe Hy Sy enigste Seun gestuur het om vir ons te leef en te sterf. Ons aanbid dus die Vader

en die Seun wanneer ons vir hulle dankie se vir die opoffering wat albei van hulle gemaak het.

Wanneer ons waarlik dankbaar is, sal ons hulle weer aanbid terwyl ons vir andere vertel van daardie

wonderlike gawe.

Verryking vir Onderwyser

"Die verhaal van Betlehem is 'n onuitputlike tema. Daarin Iê die "diepte van die rykdom en wysheid

en kennis van God" opgesluit. Rom. 11 :33. Ons staan verbaas oor die Heiland se opoffering om die

hemelse troon vir die krip te verruil en die geselskap van aanbiddende engele vir die diere van die

stal. Menslike hoogmoed en selfgenoegsaamheid staan bestraf in Sy teenwoordigheid. Tog was dit

maar die begin van Sy wonderbare toegeeflikheid. ...

"God het Sy eniggebore Seun gegee sodat die lewenspad vir ons kindertjies veilig gemaak kon word.

"Hier is liefde.'" (Die Koning van die Eeue, bl. 32, 33).

Klaskamerversierings

Begin om vir die Kersseisoen te versier. Voeg meer herders en skape by die bulletinborde en toneel

by. Verander die "huis" in 'n stal deur plaasdiere, soos koeie, donkies, perde, ens. by te voeg.

Gebruik opgestopte speelgoeddiere of groot uitgesnyde karton van die geboortetoneel. Voorsien

ook, indien moontlik, 'n tafel met onbreekbare figure van die geboortetoneel vir die kinders om mee

te speel soos wat hulle in die klas inkom. Sluit ook "n krip met "hooi" en ‘n babapop in.

Programoorsig

Les Afdeling Minute Aktiwiteite Materiaal Benodig

Verwelkoming Deurlopend Groet student by deur; luister na

bly/bekommerd

Gereedheidsopsies Tot 10 A. Babasentrum

Gebed en Lof* Tot 10 Samesyn

Sangboeke

Sending

Offergawe

B. Wat kan babas doen?

C. Sing oor Baba Jesus

Gebed

2. Bybelles Tot 20 Ervaar die Verhaal

Bybelstudie

Geheueteks

3. Toepassing vd Les Tot 15 Geskenke gee

Geen

Babaklere,bottel,doeke,

babakos,susmiddels,

ratels,babapoppe,

babastoeltjie,babadrasak,stootwaentjie,

komberse, prente van

babas en babagoed wat

op kaarte geplak is.

Babapop vir elke kind

(opsioneel)

Geen

Little Voices Praise Him

Kindersending

Bybeltydse kostuums

Bybels

Bybels

4. Deel die les Tot 15 ‘n Geskenk vir jou Afskrifte van

geskenkkaart wat

uitgesny is,

kunsbenodigdhede,

skêre

*Gebed en Lof kan enige tyd gedurende die program gebruik word.

Verwelkoming

Verwelkom die studente by die deur. Vra hoe hulle week was - waaroor is hulle bly/bekommerd.

Laat hulle met die gereedheidsaktiwiteit van u keuse begin.

1.GEREEDHEIDSAKTIWITEITE

Kies die aktiwiteit of aktiwiteite wat die beste by u situasie pas

A. Babasentrum

U Benodig:

babaklerke

bottels

doeke

babakos

susmiddels

ratels

babapoppe

babastoeltjie

babadrasak (soos 'n rugsak)

stootwaentjie

babakomberse, ens.

prente van babas en babagoed wat op kaarte geplak is (opsioneel)

Voorsien hierdie items vir kinders om mee te speel en vir interaksie. U kan ook prente van babas en

babagoed gebruik wat op kaarte geplak is vir die kinders om te hanteer en oor te praat. Vra: Wie kan

vir my iets van babas vertel? Trek inligting uit die kinders oor nuutgebore babas. (Hulle huil, hulle

kan nie praat, loop of speel nie, ens Hulle slaap baie. Hulle moet versigtig hanteer word, ens.)

Opsomming

Laat tyd toe vir reaksie terwyl u sê: Julle weet baie van babas. Wie het 'n baba by julle huis? Sal

julle daarvan hou om ‘n baba by julle huis te hê? Hoe is dit om vir 'n baba te wag? (Dit is moeilik

om te wag, jy moet reg maak, ens.) Wys vir my goed wat ons vir ‘n nuwe baba nodig het. (Kinders

praat oor items wat uitgestal is.) Vandag gaan ons leer van 'n baba wat baie lank gelede gebore is.

Wie dink julle was dit? Vertel my iets wat julle van Baba Jesus weet. (Kinders mag weet dat Hy in 'n

stal gebore is, en dat Sy bed 'n krip was.) Dinge was toe baie anders. Is julle bly dat Jesus gekom

het? Ek is. En dit bring ons by ons boodskap vir vandag:

ONS AANBID GOD WANNEER ONS HOM DANK OMDAT HY JESUS NA DIE AARDE GESTUUR HET.

Sê dit saam met my.

B. Wat Kan Babas Doen?

Sê: Babas kan dinge doen en ouer kinders kan meer dinge doen. Kom ons praat oor wat babas kan

en nie kan doen nie. Kom ons maak beurte om te wys wat babas kan doen. (Babas kan huil, slaap,

eet, omdraai, ens. Kinders maak asof hulle babas is.) Sê: Wys nou vir my sommige dinge wat julle

kan doen, maar wat babas nie kan doen nie. (Babas kan nie praat, loop, hardloop, self eet, skool toe

gaan, lees, skryf, teken, ens. nie. Kinders maak sommige van hierdie aktiwiteite na.) Sê: Wat dink

julle kon Baba Jesus doen nadat Hy in die stal gebore was? (Huil, slaap, eet, ens.)

Opsomming

Sê: Selfs al is babas wonderlike geskenke, maak hulle baie staat op andere om vir hulle te sorg. En

selfs al is julle ouer, het julle nog steeds iemand nodig om vir julle te sorg. Wie sorg by die huis vir

julle? Ja, hulle sorg op baie maniere vir julle. Ons kan vir hulle dankie sê dat hulle vir ons sorg. Wie

dink julle het vir Baba Jesus gesorg? Wie het uit die hemel oor Hom die wag gehou? Wie het vir

Jesus na ons gestuur? Laat ons onthou,

ONS AANBID GOD WANNEER ONS HOM DANK OMDA THY JESUS NA DIE AARDE GESTUUR HET.

C. Sing van Baba Jesus

U Benodig:

babapop vir elke kind (opsioneel)

Indien moontlik, voorsien 'n babapop vir elke kind om vas te hou. Of laat kinders beurte maak om 'n

babapop vas te hou en te sus.

Sê: Toe Jesus 'n baba was, is ek seker dat Maria en Josef vir Hom gesing het, net soos wat julle

mammas en pappas vir julle gesing het toe julle babas was, en nog steeds vir julle sing al is julle

nou groter. Ons hou almal daarvan om te sing, dit maak nie saak hoe groot ons word nie. Wat is

sommige van die liedjies oor Jesus waarvan julle hou om te sing? (Kinders vertel van hulle

geliefkoosde liedjies.) Sê: Daardie is almal mooi liedjies, ek hou ook van hulle. (As 'n kind 'n Kerslied

oor Baba Jesus noem, kan julle dit dalk sing.)

Sê: Hierdie is so 'n spesiale tyd van die jaar, en daar is baie liedjies wat ons kan sing om die

geboorte van Jesus te vier. Kom ons sing "Daar Ver In 'n Koeistal" (Kindertuinliedjies No 125 of

Little Voices Praise Him, No. 141) (of enige ander liedjie oar Saba Jesus wat die kinders beter ken).

Opsomming

Sê: Dit was pragtig. Wanneer ons liedjies oor Jesus sing, aanbid ons Hom. Hou julle daarvan om

liedjies oor Jesus te sing? Is julle bly dat Jesus na die aarde gekom het? Kom ons onthou om God te

dank dat Hy Baba Jesus gestuur het. Onthou,

ONS AANBID GOD WANNEER ONS HOM DANK OMDAT HY JESUS NA DIE AARDE GESTUUR HET.

Sê dit saam met my.

Gebed en Lof*

Samesyn

Vertel van die studente se vreugdes en hartseer (bly en bekommerd) soos wat hulle by die deur aan

u vertel het (soos vanpas). Laat tyd toe om ondervindings uit verlede week se lesstudie te deel en

hersien verlede week se geheueteks. Meld enige verjaarsdae, spesiale gebeure, of prestasies. Groet

alle besoekers hartlik.

Voorgestelde Liedjies

"Loof Hom, Loof Hom" (Little Voices Praise Him, No. 221)

Verander die woorde na:

Dank Hom, Dank Hom,

Julle gelukkige kinders,

Jesus het gekom, Jesus het gekom,

Dank Hom, Dank Hom,

Julle gelukkige kinders,

Jesus het gekom, na die aarde

"Things Jesus liked when He was a Child" (Little Voices Praise Him, No. 139)

“Angels Sing” (Little Voices Praise Him, No.140)

“Daar ver in ‘n koeistal” (Little Voices Praise Him, No.141)

“Baby Jesus” (Little Voices Praise Him, No. 142)

“Mary’s Little Baby”(Little Voices Praise Him, No. 151)

Ander liedjies in (Little Voices Praise Him, Nos. 140- 153)

Sending

Sê: ONS AANBID GOD WANNEER ONS HOM DANK OMDAT HY JESUS NA DIE AARDE GESTUUR HET.

Ons weet dat sendelinge in ander lande dankbaar teenoor God is. Lees of vertel ‘n verhaal uit

Kindersending. Ons sendingverhaal vandag is van…………………………….

Offergawe:

ONS AANBID GOD WANNEER ONS HOM DANK OMDAT HY JESUS NA DIE AARDE GESTUUR HET.

Omdat Hy ons liefhet, en ons Hom liefhet, gee ons vir Hom offergawes. Ons offergawes vandag is vir

……………………………. Kom ons sing ons lied “Here is my money” (Little Voices Praise Him, No.32)

Sê: (en laat die kinders ager u aan herhaal): Dankie, Jesus, dat ons offergawes kan gee om mense

rondom die wêreld te help. Amen

Gebed

(Indien u wil voortgaan om die Gebedsversoekdoos van verlede maand te gebruik, volg hierdie

aktiwiteit. Indien nie, gaan na die gebedsaksie hieronder.)

Sê: (Kind se naam), gaan asseblief na die Gebedsversoekdoos en trek een van die sirkels uit. (Die

onderwyser lees die gebedsversoek en praat met die kinders daaroor om vir daardie persoon/ding te

bid.)

Gebedseksie:

Sê: Nooi die kinders vandag en vir die res van die kwartaal, om hulle dank uit te spreek vir Jesus

terwyl julle saam bid. Nadat een of twee vrywilligers gebid het, sluit af met ‘n eenvoudige gebed

waarin u God dank vir die gawe.

*Gebed en Lof kan enige tyd gedurende die program gebruik word.

Ervaar die Verhaal

U Benodig:

Bybeltydse kostuum vir elke kind

2.BYBELLES

Toneel

Die kamerversierings sal die toneel vir hierdie geboortetoneel voorsien. Wys 'n plek in die kamer aan

as die "hotel" en 'n ander een daar naby as die stal.

Karakters in volgorde soos wat hulle verskyn:

Besoekers aan Betlehem (stap moeg aan na Betlehem, gaan na die hotel vir 'n kamer)

Hoteleienaar (herbergier) (verwelkom die besoekers. Later sal hy sy kop skud vir Maria en Josef,

wanneer hy sê dat daar nie vir hulle plek is nie en na die stal wys.)

Maria en Josef

Trek al die kinders in Bybeltydse kostuums aan. Kies twee seuns en 'n dogter om die herbergier,

Josef en Maria te speel. Ander kinders kan besoekers aan Betlehem wees. Terwyl die verhaal gelees

of vertel word, laat 'n volwassene die kinders help om hulle dele te speel.

Betlehem was 'n raserige, besige plek. Mense het in die nou strate saamgedrom en almal van hulle

was moeg.

Koning Herodus het beveel dat daar 'n telling moes wees, 'n sensus, van elkeen wat in die land gebly

het. Elke man moes na die plek gaan waar hy gebore was en sy familie saam met hom neem om

getel te word. Josef se familiehuis was in Betlehem en daarom moes hy en Maria daarheen gaan.

Maria en Josef het baie lank gereis om by Betlehem te kom. Hulle het in Nasaret gebly, maar net

soos baie ander besoekers aan hierdie besige klein stad, het hulle na Betlehem gekom om getel te

word. Betlehem was oorvol met mense wat gekom het om getel te word. Dit was 'n lang reis en

Maria en Josef was moeg. En Maria was op die punt om 'n baba te hê.

Maria en Josef het na die hotel gegaan om 'n kamer vir die nag te kry, maar die eienaar het sy kop

geskud.

Hulle was te laat. Ander besoekers aan Betlehem was voor hulle daar. Daar was nie meer kamers

oop in die klein hotel in Betlehem nie.

Die eienaar het jammer gevoel vir Maria en Josef. Hy kon sien hoe moeg Maria was. Hy wou hulle

regtig graag help, selfs al was sy hotel vol. Hy het hulle toe in sy stal laat bly, 'n plek waar hy sy diere

gehou het.

Josef en Maria het beddens op die hooi gemaak. En dit is waar Maria se baba gebore is. Sy het haar

pasgebore baba in warm doeke toegedraai en hom styf vasgehou. Toe het sy hom in 'n krip neergelê

wat vol hooi was vir die diere om te eet. Dit was die enigste bed wat sy vir hom gehad het. En die

klein babatjie het geslaap terwyl Sy mamma gerus het. Maria en Josef was regtig baie lief vir hulle

nuwe baba.

Maar Maria se seun was nie 'n gewone baba nie. Hy was Jesus, die Prins van die hemel! Hy het na

die aarde gekom om as 'n baba gebore te word sodat Hy vir ons kon wys hoe God regtig is. Hy het

die prag en heerlikheid van die hemel verlaat om in 'n stal gebore te word en op 'n bed van hooi te

slaap.

Opsomming

Laat tyd toe vir reaksie terwyl u vra: Hoe sou julle gevoel het as julle van julle huis moes weggaan

om op ‘n nuwe plek te gaan bly sonder julle familie? En sê nou julle nuwe plek was nie naasteby so

lekker soos die huis wat julle verlaat het nie? Sou julle sommer dadelik weer wou huis toe gaan?

Jesus kon so gevoel het, maar Hy het nie. Hy het na die aarde gekom omdat Hy ons liefhet. Sy

geboorte is die rede waarom ons Kersfees vier. Kersfees is oor Christus, wat ‘n ander naam vir

Jesus is. Elke Kersfees onthou ons dat Hy gekies het om in 'n stal gebore te word sodat Hy ons kon

wys hoe God regtig is, en ons dank Hom daarvoor. Onthou,

ONS AANBID GOD WANNEER ONS HOM DANK OMDAT HY JESUS NA DIE AARDE GESTUUR HET.

Sê dit saam met my.

U Benodig:

Bybel

BYBELSTUDIE

Miskien wil u die eerste versie sing van "The Bible" (Little Voices Praise Him, no. 53) om hierdie

aktiwiteit te begin.

Vra: Waar kan ons die verhaal lees van Jesus wat in Betlehem gebore is? (In die Bybel) Maak u

Bybel by Lukas 2:1-20 oop. Wys na die versies en sê: Dit is waar ons die verhaal van Jesus se

geboorte in God se Woord, die Bybel, vind. Wys na elke versie terwyl u versies 4-7 lees, parafraseer

indien nodig.

Laat tyd toe vir reaksie terwyl u vra: Wie was Baba Jesus se moeder? Wie was Sy vader? Toe Baba

Jesus gebore is, hoe het Sy mamma Hom warm gehou? Waar het sy Baba Jesus neergelê? Was

Baba Jesus'n spesiale baba? Wie het vir Baba Jesus gestuur om by Maria en Josef te bly? Waarom?

Onthou,

ONS AANBID GOD WANNEER ONS HOM DANK OMDAT HY JESUS NA DIE AARDE GESTUUR HET.

Sê dit saam met my.

Geheueteks

U Benodig:

Bybel

Maak u Bybel by 2 Korinthiërs 9:15 oop en sê: Hier is waar ons vandag se geheueteks in God se

Woord, die Bybel, vind. Lees die versie hardop, en gebruik dan die bewegings soos hieronder

beskryf om dit te leer.

Ons dank (Klap julle hande vyf keer)

God (Wys na bo)

vir sy onuitspreeklike gawe (maak asof hulle Baba Jesus in hulle arms wieg)

2 Korinthiërs 9:15 (Palms saam, dan oop asof boek oopmaak)

Herhaal 'n paar keer op 'n ritmiese manier met die aksies totdat die kinders die versie ken.

3.TOEPASSING VAN DIE LES

Sê: Jesus het vir ons van die hemel na die aarde gekom. Dit was 'n geskenk van God aan ons. Ons

kan ook vir iemand 'n geskenk gee deur vir hulle iets te doen. Wat kan julle hierdie week vir julle

gesin doen om vir hulle 'n geskenk te gee? Laat tyd toe vir reaksie. (Help om speelgoed op te tel,

help die tafel dek, speel met baba sussie of boetie terwyl mamma iets doen, ens.) Wanneer julle aan

iets dink wat julle kan doen, doen dit vir ons, en ons sal kyk of ons kan raai wat dit is. (Kinders tied

aan om mimiek te doen en te sien of andere kan raai.) .

Opsomming

Sê: God het vir ons Jesus gegee, Sy beste geskenk. Waarom dink julle het God dit gedoen? Wat sal

julle beste geskenk vir julle gesin wees van "iets te doen"? Wanneer sal julle dit doen? Sal julle

hulp nodig hê? Hoe sal julle daaroor voel om 'n spesiale geskenk vir iemand in julle gesin te gee?

Wil julle dit regtig doen? Waarom? (Aanvaar voorstelle van die kinders. Probeer om by hulle die

idee te kry dat hulle geskenke vir andere wil gee omdat hulle hulle liefhet.)

Kom ons onthou om God te dank omdat Hy Jesus vir ons gegee het. Onthou,

ONS AANBID GOD WANNEER ONS HOM DANK OMDAT HY JESUS NA DIE AARDE GESTUUR HET.

Sê dit saam met my.

A. Geskenk vir Jou

4.DEEL DIE LES

U Benodig:

afskrif van geskenkkaart wat vir elke kind uitgesny is (vergelyk hieronder)

kunsbenodigdhede

skêre

Deel die afskrifte van die geskenkkaart wat uitgesny is uit asook die kunsbenodigdhede.

Herinner die kinders dat God se beste geskenk aan ons Jesus is. Sê: Vandag gaan ons 'n kaart maak

om vir iemand te gee. Miskien wil julle dit vir iemand in julle gesin gee, of vir 'n vriend of een van

die bure,of iemand wat siek is. Dink daaroor terwyl julle werk en wees gereed om vir ons te sê wie

julle gekies het wanneer julle klaar is met julle kaart.

Laat die kinders die geskenkkaarte versier en die woorde God se beste geskenk is Jesus inkleur.

Opsomming

Laat tyd toe vir reaksie terwyl u sê: Julle het sulke pragtige kaarte gemaakl Vir wie gaan julle julle

kaarte gee? Waarom wil julle dit vir daardie persoon gee? Wat sal julle sê wanneer julle dit vir

hulle gee? Dink julle regtig dat God se beste geskenk aan ons Jesus is? Waarom? Wat het Jesus vir

julle gedoen? Wat het Jesus vir die persoon vir wie julle gekies het om die kaart te gee, gedoen?

Onthou,

ONS AANBID GOD WANNEER ONS HOM DANK DAT HY JESUS NA DIE AARDE GESTUUR HET.

Sê dit saam met my.

Afsluiting

Sing "God's Best Gift" (Little Voices Praise Him, No. 145) of "Good-bye to You" (Little Voices Praise

Him, No. 45).

Bid en laat die kinders elke gedeelte agter u aan herhaal: Dankie, God, dat u Jesus na die aarde

gestuur het.

Ons het Hom lief, en ons het U ook lief. Amen.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!