03.05.2013 Views

Dagstukkies - Reon Du Plooy

Dagstukkies - Reon Du Plooy

Dagstukkies - Reon Du Plooy

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Liezel Lüneburg

2012

Outeur: Liezel Lüneburg

Ontwerp en uitleg: Liezel Lüneburg

Aanhalings van teksgedeeltes uit Die Bybel: Nuwe Vertaling (1983, met

herformulerings) Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Hierdie dagstukkies word goedgunstiglik deur die outeur beskikbaar

gestel vir gebruik saam met die reeks “Roete 12: Reis na Vernuwing”.

Alle regte word deur die skrywer hiervan voorbehou.

Die outeur kan gekontak word by liezel.luneburg@gmail.com of by die

NG Gemeente, Witrivier.

Die reeks, “Roete 12: Reis na Vernuwing”, is beskikbaar by die NG

Gemeente, Witrivier (www.ngwitrivier.co.za).

’n Woord vooraf

Hierdie DAGSTUKKIES is geskryf om die reeks Roete 12: Reis na

Vernuwing aan te vul. Die reeks is deur ’n aantal Laeveldse

gemeentes van verskillende denominasies ontwerp en gaan vanaf

Augustus tot September 2012 deur ongeveer 50 gemeentes

landwyd en tot sover as Botswana aangepak word. Talle

gemeentes gaan ook die reeks later, op hul eie tyd, behandel.

Die reeks handel oor riglyne vir die Christelike lewe en is

geïnspireer deur die boek Living on the Edge van Chip Ingram.

Jy sal opmerk dat elke week se dagstukkies op ’n Sondag begin.

Daarna volg nog vyf gedeeltes tot en met die Vrydag. Saterdag

moet gebruik word om bietjie dieper te gaan dink oor die tema

van die week wat verby is en om voor te berei vir die volgende

week.

Na elke dagstukkie volg ’n kort riglyn vir HUISGODSDIENS. Almal

van ons is deel van die huisgesin van God, maar woon nie

noodwendig saam met ’n aardse gesin nie. Dus, as jy as enkeling ’n

behoefte het om dieper te dink oor die dinge wat ek in die

dagstukkie aangeroer het, kan jy gerus die huisgodsdiens gebruik

om jou verstand bietjie aan die gang te sit.

Nou vir iets UIT MY HART.

Sommige mense voel naby aan God as hulle Hom prys deur sang

en musiek of deur sy skepping te bewonder. Ander deur gebed of

dalk tradisie. Sommiges hoor Hom in die storm en nog ander in die

stilte wat volg. Dalk in ’n aardbewing of ’n voëltjie wat sing. ’n

Kind se rustige asemhaling of die aanraking van ’n geliefde.

Maar woorde bring my naby aan my Here. Nie enige woorde nie.

Woorde oor en van en deur Hom. Nie klank nie, maar ink. Ek skryf

myself tot teenaan my God. Woorde bring my by sy voete. En na ’n

paar bladsye voel ek die kurwe van sy skoot. In die woorde wat

volg voel ek sy sagte aanraking. Selfs somtyds teregwysing.

Die skrif kelk vir my oop as ek daaroor skryf. Bloeisels wat jare lank

geduldig gewag het vir woorde en dan oopvou om die wonderlike

geur en skoonheid bloot te lê.

Die woorde in hierdie boek is my offer aan my Here.

Ek hoop dat dit dalk vir jou ook iets sal beteken.

Liezel Lüneburg

WEEK 1 Ken jy die GROOT ontferming van God?

Sondag

3 Februarie

OORGEGEE AAN DIE DRANGE VAN MY HART

Die drange van my hart. Mensehart. ’n Donker plek.

Drang. So ’n lelike woord. Dierlik. Dit vertel van iets

wat ek nie kan keer nie. Iets onweerstaanbaars en

dalk selfs barbaars. Lus, begeerte, hunkering,

verlange. Die drange waarvan Paulus in Romeine 1

praat. Iets ongeoorloof en blatant. Satan in lewende

lywe. Die menslike natuur.

Sit my so af. Daardie deel van my wat ek nie kan

beheer nie. Ek – die beheervraat. Hou daarvan om te

sorteer, te kategoriseer en te liasseer. Alle aspekte

van my lewe. My doenlysies, my rekenaarlêers, die

kinders en hul aktiwiteite, my dagboek en BlackBerry.

My dag word in seksies verdeel. Na elke gebeur word

dit sorgvuldig afgetiek en beweeg ek na die volgende

aktiwiteit. Dit is hoe ek van my lewe hou. Geboks en

geblik. Maar die sonde-mens-monster wat kort-kort

wil uitklim laat hom nie in ’n boksie prop nie.

Die mens in my staan my nie aan nie. En tog is dit so

onlosmaaklik deel van wie ek hier op aarde is. As

gevolg van [my] optrede word die Naam van God deur

die heidennasies belaster. Harde woorde in Romeine

2:24. “O God, kan dit waar wees?” Rooi van skaamte.

En die besef dat dit ook op my van toepassing is.

Romeine 3:10-18. Lees ek met aandag en later met

afsku.

Daar is nie een wat regverdig is nie. Selfs nie een nie.

Daar is nie een wat verstandig is nie; daar is nie een wat

na die wil van God vra nie. Almal het afgedwaal, almal

het ontaard. Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie

een nie.

Kan dit wees? Die lot van die mens hier op aarde? Kan

Godgegewe vrye wil dan so ’n straf wees? Die

geskenk om oor my eie lewe en aksies te besluit so ’n

bittere las? Kan daardie eerste happie van die verbode

vrug so ver strek? Tot hier in die jaar van onse Heer

2012? ’n Fyne Evashand wat die begerige lekkerte

voor haar wederhelf se manlike neus rondswaai. Die

slang wat die gedoente listig uit die agtergrond

dophou. Die soet wat later galbitter raak. En vandag

kou ons steeds aan die tragiese gevolge van daardie

happie.

En waar staan ék vandag? Naak en skuldig voor my

Here. Hier in my binnekamer waar daar geen

wegkruipplek is nie. Die maskers afgestroop. ’n Mens.

Vlees en bloed en die siel wat effe verward

rondfladder. En net voordat ek knak van smart en

radeloosheid, fluister my Vader geluidlose woorde:

14 Aangesien hierdie kinders mense van vlees en bloed is,

het Hy ook net soos hulle mens geword. Dit het Hy

gedoen om deur sy dood dié een wat mag het oor die

dood, dit is die duiwel, te vernietig 15 en om hulle wat uit

vrees vir die dood hulle hele lewe lank in slawerny was,

te bevry. 16 Dit is duidelik dat dit vir Hom nie om die

engele gaan nie, maar om die nageslag van Abraham.

17 Daarom moes Hy in elke opsig aan sy broers gelyk

word, sodat Hy ’n barmhartige en getroue Hoëpriester

voor God kon wees om die sondes van die volk te

versoen. 18 Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy

dié help wat versoek word. (Hebreërs 2)

Gesels saam as ’n gesin oor daardie deel in elkeen van ons wat ons nie kan beheer nie. Dink aan woede, vrees en

angs, depressiewe gedagtes, ensovoorts.

Gesels oor hoe ons moontlik kan leer om dit te beheer. Dink aan gebed, onderlinge ondersteuning tussen

gesinslede, Bybellees en sensitiwiteit vir die stem van die Heilige Gees as moontlike hulpmiddels.

Lees Hebreërs 2:14 tot 18 stadig en met aandag deur.

Die gebed van gelowiges het wonderlike krag. Soveel meer as ’n gesin saam vir mekaar en vir ander bid!

MAAR OM DIE NAGESLAG VAN ABRAHAM

Mené mené tekél… Getel, getel, geweeg… en te lig

bevind. Koning Belsasar. Daardie nag is hy vermoor.

Die jare van sy koningskap getel en beëindig. Geweeg

en te lig bevind. Skrik ek mos nou! Wat as God my

opraap, op die skaal sit? Wat as die ding nie wil

balanseer nie? Wat as ek te lig is? Wat as…? Kom daar

skielik ’n “wat as?” van ’n ander aard by my op…

Wat as die stomme skrynwerker, Josef,

ongehoorsaam was, toegegee het aan ortodokse

druk en die eerste veragtende klip teen Maria se lyf

gesmyt het? En wat as sterrekykers gehoor gegee het

aan Herodes se eintlik eenvoudige versoek? Of as

Simeon nie die Messias in sy arms geneem en in lof

losgebars het nie… omdat my oë U verlossing gesien

het wat U gereed gemaak het…?

Wat as die eerste dissipels Hom aangekyk het asof Hy

mal is, hul tonge geklik het en die nette verder

uitgespoel het? Hierdie kontroversiële skrynwerker

van Nasaret. Násaret, nogal…

Of as die woedende Nasareense skare Hom van die

kranse afgesmyt het, soos die plan was? Die Vader

reeds by daardie eerste oomblikke van vernedering ’n

hemelse leërmag gestuur het om sy geliefde Seun uit

die ondankbare, woedende wêreld te ruk? En Hy sý

hande van óns gewas het?

Wat as ek nooit die sagte leer van ’n Bybel in my

hande kon voel nie? Die Wonder oopslaan en die hoop

en waarhede geniet nie? As dit eerder oor die engele

gegaan het as die ellendige nageslag van Abraham?

En wat as Judas Hom nie vir silwer uitgekoop het nie?

Of die Vader wel die bitter beker van pyn, lyding en

vernedering by Hom laat verbygaan het? Petrus nie

Maandag

4 Februarie

aan vrees toegegee het nie? Die Joodse Raad

uiteindelik sy glorie gesien het? Kajafas voor sy heilige

voete neergeval het? Pilatus sy hande van die vólk

gewas het? Die verhoor gesien het vir die klug wat dit

was? Wat as die Romeinse soldate geweier het om die

spykers in te kap? Die gelowiges ’n opstand begin het

om Hom van die kruisdood te red? Wat as hulle daarin

geslaag het?

Dan… dink jou dit vir ’n oomblik in…

’n Lewe sonder oorwinning. Sonder verlossing.

Sonder hoop. Niks om in te glo nie. Niks om voor te

lewe nie. ’n Lewende dood.

Dan… kyk ek met nuwe oë en groot dankbaarheid na

sy vernedering. Sy pyn. Sy lyding. Selfs na die hande

wat die spykers ingebeur het.

Dan… kan ek nie anders as om op my gesig te val en

sy Naam groot te maak nie!

Dan skreeu ek uit volle bors en met groot

dankbaarheid: “Halleluja!!”

23 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid

van God nie, 24 maar hulle word, sonder dat hulle dit

verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë

die verlossing deur Jesus Christus. 25–26 Hom het God

gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het

vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy

vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in

sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het,

vergewe. Maar Hy het ook getoon wat sy vryspraak in

die teenswoordige tyd behels: Hy oordeel regverdig

deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo.

(Romeine 3)

Gesels saam oor die skaal waarop ons mekaar en ander soms weeg. Ons vind onsself en ander so maklik te lig. En

dit terwyl Jesus Christus die skaal vir elke gelowige kom balanseer het.

Lees saam die gedeelte hierbo en gesels oor hoe erg dit sou wees as Jesus nie aarde toe gekom het om vir ons te

kom sterf nie.

Bid saam en fokus op dankbaarheid.

Dinsdag

5 Februarie

Vryspraak. ’n Maklike woord om kwistig te gebruik.

Gooi dit rond soos confetti. Deel van Christen-

terminologie. En met regsagtergrond behoort ek die

presiese omvang van die betekenis te verstaan.

Verklaring van onskuld. Vonnis van onskuldig-

verklaring. Die kliënt is tevrede en ek kan die rekening

uitskryf. Betaal met ’n glimlag op die (on)skuldige

bakkies… Was dit maar so eenvoudig in my eie lewe.

Die lewe is ’n hof. God die magtige regter. Die hamer

van geregtigheid in die een hand en die strafstaf in die

ander. Net soos die prentjie van Zeus uit my

kindertyd. En ek? In die beskuldigdebank, natuurlik.

Regop en bitter bang. Moet ek my onskuld bewys.

Geen advokaat om namens my te praat nie. Die

bewyslas rus op mý. Dit klink tog logies. Wys vir die

hof ek is onskuldig en word vry verklaar. Definitief

géén kans vir vryheid. Voëlvry dalk wel!

Ek kyk in skaamte af en sien ’n Bybel langs my op die

harde skuldbank. Oopgeslaan. En die woorde in

Romeine met helderblou lig beklemtoon. Ai, vir

Romeine verstaan ek nie altyd so mooi nie. Na net ’n

paar verse draai my kop. Soveel inligting. Soveel

beloftes. Soveel teregwysing. Soveel verduideliking.

’n Juweel wat ek stadig moet bekyk, bevoel, verstaan

en dan slyp tot iets betekenisvol. Iets wat ek kán

verstaan. Dit verg geduld en studie. Maar Romeine

verduidelik die vryspraak so mooi.

Elke mens sondig. Ons kom teen God in opstand of

vee ons doodeenvoudig aan sy wil af. Ongehoorsame

boggers! Ek staan geen kans in ’n geregshof nie!

Aangekla. Skuldig bevind. Straf. Ek kan myself

doodeenvoudig nie van sondigheid verlos nie. Van die

ingebore mensheid.

LEWE NA DIE VONNIS

Maar daar is twee paaie na moontlike redding. Op

papier, in elk geval. Ek moet self sondeloos word (ye

right!). Net die moedelose gedagte laat my al klaar

weer sondig… Of iemand wat sondeloos is, moet my

skuld betaal. Hierdie kant toe, daardie kant toe. Maar

opsie nommer 2 bly die enigste!

En dankie tog dat dit wél ’n opsie is! Vryspraak in die

Jesus-konteks is een met genade. Uit genade gered.

Uit genade vrygespreek. Uit genade verlos.

Ek lees Romeine 3:23-26 oor en oor tot ek dit

verstaan. Met my oë. Met my hart. Met my verstand.

Maak dit my eie en bêre dit diep. Daardie wonderlike

woordjie “maar”.

23

Almal het gesondig, en het nie deel aan die

24

heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat

hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek

vanweë die verlossing deur Jesus Christus. 25 Hom het

God gegee as offer wat deur sy bloed versoening

bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon

wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy

voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat

bly het, vergewe. Maar Hy het ook getoon wat sy

vryspraak in die teenswoordige tyd behels: Hy oordeel

regverdig deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo.

Weg met die onheilige Zeus-beeld! Die koue hof en

die skuldbank. Die regter met die harde oë en mond.

Nou kan ek uit ’n ander hoek na my Skepper kyk. My

Vader en my Here. Vanwaar ek hier by sy voete sit, lyk

Hy meer soos ’n leermeester as ’n regter. Meer soos

’n pa as ’n tugmeester. Hier waar ek by die wonderlike

soom van sy kleed lê, voel ek veilig en geliefd.

Vrygespreek. Dit is hoe dit is met ’n Vaar en sy kind.

Watter prentjie van God het elke gesinslid in sy of haar kop? Gesels saam oor hoe die prentjie van God in my kop

móét lyk. Gesels ook oor die prentjie van die hofsaak hierbo en hoe elkeen van ons sou vaar as God ons aangekla

en gestraf het. Sit as ’n gesin saam by Jesus se voete en gesels met Hom soos kinders met ’n pa.

VREDE BO MY VERSTAND

Vrede.

Ek sien ’n Amerikaanse “beauty pageant”. Of, in

Afrikaans vertaal, skoonheids-praalvertoon. Wow,

wat ’n woord! Dis net pink en bling waar jy kyk. Tande

en lywe in uitlokkend aantreklike tabberds en

gewade. Lang, golwende hare en perfekte wangbene.

Mooi was nog nooit lelik nie. Hierdie geleenthede het

aan wêreldvrede ’n heel ander betekenis gee… Die

bekende vrae-afdeling om, eintlik, te toets of die

kandidate darem iets tussen die ore het. En die

voortreflike skoonhede wat een na die ander

antwoord: “world peace.” Die vraag irrelevant.

Vrede en wêreld in een sin het ’n heel ander inhoud as

die twee woorde “vrede” en “Jesus” langs mekaar.

Wêreldvrede. “Make love, not war.” Die wys- en

middelvinger wat langs mekaar regop skiet. John

Lennon met sy ronderaam brilletjie. Dagga en liefde.

En salige tevredenheid met my omstandighede en

posisie. Net lekker en net reg. Nie te warm en nie te

koud. Knus en gesellig. Soos ’n teepot onder sy

mussie.

En Godsvrede. Aan die ander kant. Wat eintlik nie veel

met oorlog tussen mense uit te waai het nie. Vrede

wat veel dieper strek as wat ek ooit kan droom. En die

vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor

julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus

(Filippense 4:7). Vrede wat alle verstand te bowe

gaan. Jesus self praat in Johannes 14 van hierdie

Godsvrede. 27 “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee

Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort

Woensdag

6 Februarie

wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees

nie, en julle moet nie bang wees nie. Die vrede en

rustigheid wat ek voel hier diep binne waar ék nie

eens kan bykom nie. Daar waar die Gees inwoon. Die

Asem van God. Waar die kern van my gemeenskap

met God lêplek vind.

Gesels saam oor die verskil in die betekenis van wêreldse vrede en God se vrede.

Wêreldse vrede kriewel op die oppervlak rond. Soos

tevrede maaiers. “Skin deep.” Godsvrede strek selfs

dieper as die murg in my pype. En dit is lewendig. Dit

teer nie op iets wat dood is nie. Paulus het hierdie

vrede maar te goed verstaan. In Handelinge 17 sê hy

aan die Ateners: 27 God het hulle gemaak om Hom te

soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy

28

is nie ver van enigeen van ons af nie, want deur Hom

lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. Of soos party

van julle digters ook gesê het: ‘Ons stam ook van Hom

af.’ Ons is geskep met ’n drang na ons Skepper. Om

Hom te ken en te verstaan. ’n Bittere begeerte. En

6

hoe word hierdie begeerte gestil? Moet oor niks

besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes

deur gebed en smeking en met danksegging aan God

bekend. 7 En die vrede van God wat alle verstand te

bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou

in Christus Jesus. (Filippense 4)

Godsvrede beteken om ’n brandende begeerte na jou

Skepper te vervul. Om die groot dors te les. Om die

honger te stil. Dít is die vrede wat alle verstand te

bowe gaan. Innerlike vrede.

’n Lewendige verhouding met die Lewende God.

Hoe kan ’n kind van God hierdie vrede bekom? Sien die laaste paragraaf in die boonste gedeelte.

Lees Filippense 4:6 & 7 rustig deur. Wat beteken dit om ’n verhouding met God te hê?

Wat beteken die woord in vers 7: En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan ...

Bid saam en vra dat God in elke gesinslid se hart vrede sal bring. Vrede wat alle verstand te bowe gaan.

Donderdag

7 Februarie

19 As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus

vestig, is ons die bejammerenswaardigste van alle

mense. 20 Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as

eersteling uit dié wat gesterf het. 21 Aangesien die dood

deur ’n mens gekom het, het die opstanding van die

dooies ook deur ’n mens gekom. 22 Net soos almal deur

hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in

Christus lewend gemaak word. (1 Korintiërs 15)

Verlossing. ’n Lekker woord. Gaan lê gemaklik op my

tong. Gered. Vrygemaak. Losgekoop. Bevry van

sonde, dood, ’n sinlose lewe. Losgemaak van

hopeloosheid.

Die woorde in Psalm 49: 8 Een mens kan tog nie ’n

ander loskoop van die dood en aan God ’n losprys vir

hom betaal nie? 9 Die prys vir ’n mens se lewe is te hoog.

Wat hy kan betaal, sal nooit genoeg wees 10 dat hy vir

altyd sal lewe en die dood nooit sal smaak nie… 15 Soos

skape is hulle bestem om te sterwe; die dood is hulle

wagter. Sonder meer daal hulle in die graf in; in die

doderyk verdwyn alles waarop hulle vertrou het; vir

hulle bestaan dit nie meer nie.

En dan lees ek weer Paulus se woorde in 1 Korintiërs

15. Paulus se Godgegewe wysheid is nie beperk tot

Romeine nie. 19 As ons net vir hierdie lewe ons hoop op

Christus vestig, is ons die bejammerenswaardigste van

alle mense.

Spring terug na Psalm 49: 16 Maar vir my sal God

loskoop uit die mag van die dood; ek sal aan Hom

behoort.

Die verlossing strek verder as wat ek ooit kan hoop.

VERLOSSING BRING HOOP

Die hoop wat dit bring is groter as wat ek ooit kan

droom. En die droom lewe. Ek gaan nie later wakker

word en met ’n gevoel van moedeloosheid besef dat

dit maar net ’n droom was nie! Hoop. Die vingers

daarvan reik tot in die donker hoeke van die doderyk

om my uit te hark.

In hierdie lewe kry ons swaar. Net soos Jesus Christus

as mens swaar gekry het. Maar ons verheug ons ook

in die swaarkry, want ons ken die woorde in Romeine

5:3. Ons weet dat swaarkry volharding kweek, en

volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van

geloof kweek hoop, en dié hoop beskaam mos nie.

Nou is ons nie meer bejammerenswaardig nie, want

ons plaas ons hoopoog op die ware oorwinning.

18

Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan

weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom

daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges

bestem het, 19 en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy

uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige

werking van sy mag 20 wat Hy uitgeoefen het toe Hy

Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan

sy regterhand laat sit het: 21 hoog bo elke mag en gesag,

elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van

mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in

die bedeling wat kom. 22 Ja, aan Hom het God alles

onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as

23

hoof van die kerk. Die kerk is sy liggaam, die volheid

van Hom wat alles in almal vervul. (Efesiërs 1)

Amen.

Gesels oor wat die verlossing van Christus waarlik vir gelowiges beteken. Bespreek die woorde in Romeine 5: 3

Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, 4 en

volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5 en dié hoop beskaam nie, want God het

sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

Bid vir mekaar en spesifiek vir volharding, egtheid van geloof en hoop.

ROETE 12

’n Onseker tyd in Jerusalem. So net na Jesus se dood.

Dink jou die 11-tal se vrese in. Onseker. Moedeloos.

Waar het die hoop heen verdwyn? Die Meester is

weg. Wat gaan van ons word? Wat hou die toekoms

in? Met hierdie vrae vertrek hulle na Galilea om die

laaste strooihalm te gryp. En daar wag Hy hulle in. Die

vreugde om lewe in die Heilige Liggaam te sien. Ons

Here het opgestaan! 17 Toe hulle Hom sien, het hulle

Hom aanbid, hoewel party getwyfel het. Hy lewe nie

net nie, Hy praat ook. O, om die Meester se stem ’n

laaste keer te hoor… Heilige woorde: “Aan My is alle

mag gegee in die hemel en op die aarde. 19 Gaan dan na

al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop

hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die

Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek

julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot

die voleinding van die wêreld.” (Matteus 28) ’n

Bevestiging van sy mag. ’n Massiewe opdrag. ’n Soet

belofte. Los Hy hulle so met meer vrae as

antwoorde… Die res is geskiedenis!

Dissipel. Gaan sit voor jou rekenaar. Skakel die

internet aan. Sleutel die webadres in:

www.hemel.com/dissipel. Wat sal op die skerm

verskyn? [Skooheidsprodukte]

Romeine 12. In meer as 2 000 tale, maar met een

universele boodskap: Christenskap in Praktyk. Hoe

om ’n kind te wees wat die Vader laat glimlag. ’n

Verdienstelike broer of suster van Jesus. ’n Dissipel. ’n

Navolger van Christus. ’n Jesus-“groupie”. ’n Jesus-

bewonderaar.

Romeine 12 beantwoord die fundamentele vrae wat

Christene vra: Wat beteken volle oorgawe? Nie van

hierdie wêreld nie… waarvandaan dan? Daaglikse

sobere en nederige selfondersoek is moeilik! Is dit

dan nou regtig nodig? Hoe lyk liefdevolle

Vrydag

8 Februarie

te kan onderskei tussen reg en verkeerd? Romeine 12

is Paulus se opsomming van Jesus se leringe. Van

presies hóé ’n volwasse gelowige volgens Jesus

Christus lyk. Dit gaan oor verhoudings, oor genade. En

dit is praktiese en meetbaar.

Chip Ingram skryf in LIVING on the EDGE: Life was

about me. Life was about my goals, my dreams, and my

success that someday would make me fulfilled and

happy. That was the mantra I believed and pursued...

But what I didn’t expect was how empty success would

be... My success only led me to a dead end. My

paradigm was shattered. Being successful and

achieving goals (though exhilarating in the process) did

not have the power to bring peace and purpose to my

life... I had been asking the question: “If God exists,

what does He really want from me?”... And He

answered, “All I want is you!”

Later skryf Ingram dat God nie op die uitkyk is vir

godsdienstige aktiwiteite nie. Hy wil nie hê dat ek ’n

klomp reëls gehoorsaam nie. Dit gaan nie daaroor om

’n gehoorsame, onderdanige soldaat te wees wat

opdragte uitvoer en ’n doel vervul nie. God verlang

net een ding. Hy verlang my hart en my lewe in ’n

intieme, vreugdevolle verhouding met Hom. God’s

dream and plan for each of His children is not about

rules or religious activity but about relationship. God’s

desire is not for our performance, but for us to learn to

live out of the grace and favor we already possess.

God’s primary agenda is to make us more and more like

His Son so that we enjoy and love Him and others the

way He loves them.

’n Geestelik volwasse verhouding met ons Here is ’n

lewenswyse. ’n Verlange wat elke dag vervul word. ’n

Dors wat daagliks geles word. ’n Geestelik volwasse

verhouding met jou Here, is binne jou bereik!

diensbaarheid? Is dit moontlik vir ’n mens om boaards

Duisende gelowiges gaan in die volgende weke saam oor Romeine 12 praat. Besluit of julle gesin ook kans sien vir

hierdie reeks. Bid dat die Here julle sal krag gee om dit aan te pak. Bid ook vir beskerming teen Satan wat alles sal

doen om die projek in die wiele te ry.

WEEK 2 Hoe om vir God te gee wat Hy soek

PAULUS: CURRICULUM VITAE

’n Ou doen aansoek vir werk. Genaamd Paulus (vroeër

Saulus). Dadelik wonder ek waarom hy nie ’n van het

nie en hoekom hy sy naam laat verander het. Dit klink

verdag. Maar die CV is op interessante papier en die

inligting fassineer my. Dit lees soos ’n goeie boek. ’n

Spanningsverhaal. Hy is nou wel van Midde-Oosterse

aUoms. Is hulle nie almal terroriste nie?…

Dan vang die geboortedatum my oog. 2 n.C. in Tarsus

uit ’n welaf familie. Die storie raak al ingewikkelder. ’n

Man uit die stam van Benjamin. Vernoem na sy

voorsaat, koning Saul. Onderrig deur Gamaliël – ’n

konserwatiewe rabbi van daardie tyd (alias Google).

Die tweede bladsy van die CV is verstommend. Die

man het ’n kriminele rekord! En die res van sy lewe

lees soos ’n nagmerrie. ’n Ywerige Fariseër en

vervolger van Christene. Dít sal die dag wees! Maar

dan die kort vertelling wat volg. Getuig van ’n

wonderwerk. Daar op die pad na Damaskus toe hy die

verheerlikte Here Jesus self ontmoet het. Kan dit

waar wees? Die verheerlikte Christus Homself? En dan

die gruverhaal van ontbering. Ek het harder gewerk,

ek was meer in die tronk, ek is meer dikwels geslaan, ek

was dikwels in doodsgevaar. 24 Vyf maal het ek van die

Jode die gebruiklike straf van nege en dertig houe

gekry, 25 drie maal het ek lyfstraf gekry, en een maal is

ek met klippe gegooi. Drie maal het ek skipbreuk gely

en een maal het ek ’n dag en ’n nag in die oop see

deurgebring. 26 Ek was dikwels op reis en in gevaar: daar

was gevare van riviere, gevare van rowers, gevare van

my volksgenote en gevare van heidene; gevare in die

stad en gevare in die veld; gevare op see en gevare

onder vals broers. 27 Daar was vir my harde werk en

swaarkry, dikwels nagte sonder slaap, dikwels honger

en dors; en dikwels was ek sonder kos, sonder skuiling

of bedekking teen die koue. Wat kan ek sê? En dan die

geringe woorde wat volg: 28 Behalwe dit alles was daar

Sondag

10 Februarie

nog die daaglikse bekommernisse, die besorgdheid oor

al die gemeentes. 29 As iemand swak is, voel ek asof ek

self ook swak is; as iemand in sonde val, voel ek asof ek

ook deur vuur gaan. 30 As daar dan geroem moet word,

sal ek roem, maar dan oor my swakhede. 31 Die God en

Vader van die Here Jesus weet dat ek nie lieg nie. Aan

Hom kom die lof toe tot in ewigheid! (2 Korintiërs 11:23-

31)

Stefanus. Se bloed lê rooi op die pad wat die

Evangelie moes stap om vandag by ons te wees. En

Saulus se naam lê soos ’n groot struikelblok oor

dieselfde pad uitgekerf. Saulus het die kerk probeer

uitroei. Hy het van huis tot huis gegaan, mans en

vrouens laat uitsleep en hulle in die tronk laat sit.

(Handelinge 8:3) Saulus. Die Fariseër wat soos ’n

besetene deur die land gestu en die volgelinge van

die Here met die dood gedreig het. En nou in Ro-

meine 12:1 ’n beroep doen op Christene om hul lewens

vir dieselfde Jesus af te lê wat hy so versmaai het.

’n Wonderwerk het daardie dag op die Damaskuspad

gebeur. Die skrywers van die Evangelies het die

wonderlike nuus van die lewe van Jesus Christus tot

in ons huise en binnekamers gebring. Maar Paulus het

in die 13 Bybelboeke wat hy geskryf het, ’n praktiese

sy aan Christenskap gegee.

Paulus het na sy ontmoeting met Jesus, kragdadig en

met elke druppel lewe in hom geveg om die Evangelie

na die grense van die aarde te dryf. Vanaf Jerusalem

deur Klein-Asië en Griekeland tot in Italië. Hy het baie

van die vroeë gemeentes gestig en ondersteun.

Dit is met hierdie geskiedenis en gesag agter hom wat

Paulus die gemeente van Rome in Romeine 12

aanspreek. Ek kan maar notisie neem van die wenke

en versoeke in Romeine 12! Saulus het gesterf en

Paulus is gebore.

Gesels as gesin saam oor al die moeilike dinge wat Paulus deurgemaak het om die Evangelie te verkondig. Hy het

nie moedeloos geraak of sy geloof verloor nie. Gesels oor die tyd waarin ons woon en godsdiensvryheid. Is ons

bereid om soos Paulus te ly vir ons geliefde Here?

Maandag

11 Februarie

Hoe kan ek die genade van God verduidelik? Hoe kan

ek dit definieer? Die GROOT ontferming. Hoe kan ek in

die spieël kyk? En verstaan dat God’s genadevingers

selfs aan mý kan vat? Hier aan die anderkant van die

kontinuum. Om my vas te druk teen sy groot

genadebors. En my skoon te was met genadebloed.

Sagwit soos ’n pasgebore lam. En die fluistering in 2

Korintiërs 12:9: “My genade is vir jou genoeg. My krag

kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.”

Paulus het die genade van sy Here goed verstaan. God

het die enorme kennis daar op die pad na Damaskus

aan hom openbaar. 9 Ek is immers die geringste van die

apostels en is nie werd om ’n apostel genoem te word

nie, omdat ek die kerk van God vervolg het. 10 Maar deur

die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my

was nie tevergeefs nie; inteendeel, ek

het harder gewerk as hulle almal; eintlik was dit nie ek

nie, maar die genade van God wat by my is. (1 Korintiërs

15:9-10)

Genade, onbeskryflik groot. Paulus is deeglik bewus

van die strekking van sy woorde in Romeine 12:1: “En

nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van

die groot ontferming van God…” Hy doen ’n beroep

op gelowiges. Teen die agtergrond van die GROOT

ontferming. Die GROOT genade. Die GROOT grasie.

Van ons Here wat so gemaklik daar op sy genadestoel

sit en links en regs vergifnis uitdeel. Die tipe vergifnis

wat tog so teen my menslike grein indryf. Menslike

genade is soveel enger as die genade van God. Die

idee om te vergewe maar nie noodwendig te vergeef

nie, byvoorbeeld. Ek is sonder ’n genade-bril gebore.

En dit vat baie moed om die bril op te sit en met ander

oë na veral die ménse om my te kyk. Nie net na

geliefdes nie, maar ook na ander.

Die GROOT ontferming

Hoe verstaan ek dit?

Dit is juis hierdie ongenadige menslike natuur wat my

grootste hulp is om die strekking van my Here se

genade beter te begryp. God se genade is alles wat

wêreldse genade nié is nie. Henry Newton het dit

mooi verstaan. ’n Slawesmous. ’n Wreedaard wat min

genade betoon het teenoor die mense wat hy so

sonder grasie gevange geneem, per skip vervoer en

verkoop het. Hy laat my baie aan Saulus dink. Tog het

die nuwe Henry, gebore uit die oue, iets van Jesus

Christus gesien. Amazing grace! How sweet the sound /

That saved a wretch like me! / I once was lost, but now

am found; / Was blind, but now I see… How precious

did that grace appear / The hour I first believed! Bykans

300 jaar gelede.

Ek staan steeds voor die spieël. En sê eers sagter en

dan al harder vir Paulus na: “Deur die genade van God

is ek wat ek is!” Die verwronge, onbevredigende

beeld van ’n mens verander. En uit die waas verskyn

’n helder beeld. Van ’n Here aan ’n kruis. Kompleet

met spykers deur ledemate en ’n doringkroon op die

kop gepers. Die spies wat skuins uit die sy hang en die

water wat drup. En dan die wonderlike lig as Hy die

doodskleed afgooi en die graf in oorwinning verlaat.

God se genade strek sover as Jesus Christus. Die

GROOT verbondsgenade. Dei Gracia. Deur die guns

van God. The fountain of grace.

And grace means there is nothing I can do to make God

love me more, and nothing I can do to make God love

me less. It means that I, even I who deserve the

opposite, am invited to take my place at the table in

God’s family. (Philip Yancey in What’s so Amazing

about Grace?)

Gesels as gesin saam oor die genade van God. Noem dinge in jul lewens op waar God se genade sigbaar is.

Gesels ook oor die feit dat ons ook teenoor ander mense genade moet betoon. Wat beteken dit? Lees saam die

gelykenis van die ongenaakbare skuldeiser in Matteus 18:21-35. Sê wat dit vir julle beteken.

Bid saam en vra dat die Heilige Gees ons sal help om genade teenoor alle ander mense te betoon.

LEWENDE OFFER

1255 v.C. Offer. Die arme sondebok moet sterf vir mý

skuld. Posisioneer die mes. Knyp my oë toe en sny.

Warm lewe vloei uit die bok. Sy word slap onder my

hand. Die bek wawyd oop in ’n laaste smeek om

genade. Die Priester staan nader en doop sy hande in

die bloed. Smeer dit aan die horings van die

brandofferaltaar. Die res giet hy teen die fondamente

uit. Die liters en liters bloed ruik al in die woestynhitte.

Verwyder al die vet en brand dit op die altaar. Die

reuk van brandende vet… Nou vir die twee duiwe.

Staal myself. Die Priester knyp met een geoefende

beweging die nek teen die kop af. Die fladder van die

vlerke raak stil. En ek hou op kyk.

Maar nou speel my oë met my. Dalk die woestynson

wat so ongenaakbaar brand. Die duif op die altaar…

Lyk dan nou kompleet nes ’n mens. Die bene en arms

hang weerskante af. En die bloed drup oral uit.

Hande. Voete. Kop en rug. En die wond in die sy.

Verslae uitroepe bevestig die werklikheid van die

drogbeeld. Van agter druk die mense om in te kom en

van naby te kyk. Ek beur saam met die massa tot

voor. Dit ís ’n mens! En Hy lewe nog. Maar skaars.

Rooi bebloede sweepslae oor sy hele lyf. Spykers

deur sy hande en voete. ’n Doringkroon op sy kop. En

die lippe wat skaars hoorbaar die laaste asem

uitblaas: “Dit is volbring.” Dan, later, die oop graf.

Die prentjie van Abraham wat vir Isak op die altaar

vasmaak. Met trane in sy oë die houtjies pak. Die mes

blink in die middagson. Isak se bekommerde gille. En

dan die stem uit die hemel: “Abraham, Abraham! Los

jou seun!” Die geblêr van die skaapram wat aan sy

Dinsdag

12 Februarie

horings in ’n bos vassit. En die offer van die ram in

Isak se plek. Eintlik ’n mooi beeld van wat ’n lewende

offer is. Abraham se bereidheid om sy geliefde seun

vir sy Here dood te maak. Liefde. Isak wat in

gehoorsaamheid aan sy vader op die altaar gaan lê.

Die stem van God wat genadig uit die hemel roep. En

dan voorsien Hyself die ram. Net soos Hy millennia

later ook ’n Sondebok na die kruis stuur. Sý geliefde

Seun. Die laaste offer.

Maar soos ek hier in my binnekamer staan, is ek niks

beter as die Fariseër wat net die buitekant van die

beker en die bord skoonmaak nie. Daar wag ook vir

my ellende. Here, hoe kry ek dan die binnekant

skoon? Help! Ek is ’n witgeverfde graf. So mooi met

die marmer steen. Maar binne ’n hoop dooie bene en

wurms.

9 Maar as ons ons sondes bely—Hy is getrou en

regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van

alle ongeregtigheid. (1 Johannes 1:9) Ek val op my

knieë. In my angstige soeke na uitkoms, het ek net die

swart gesien. Maar nou sien ek uiteindelik ’n reiner

wit. En daarmee saam die Lig. Die wonder van Jesus

se offer aan die kruis. Die laaste lewende Offer. Die

Lam van God. Die GROOT Regverdig. Die GROOT

Getrou. ’n Vars wit traan rol oor my wang.

Lewende en heilige offer. Dít is al wat my Here vra.

Van my in 2012. Ek moet in liefde voor Hom buig en

vergifnis vra. En vir die heiligheid sal Hý sorg. Skoon

gewas met die wonderlike bloed van Jesus Christus.

Heilig. Rein.

Lees die gedeelte hierbo. Gesels saam oor offers in die ou testament. Dit sal help om in Levitikus 4:1-12 van die

sondeoffer en in Levitikus 5 oor die skuldoffer te lees. Sê nou ons moes vandag nog diere geoffer het?...

Wie was die laaste lewende offer? Gesels oor Jesus se offer aan die kruis.

Wat beteken dit vir ons in 2012 om ’n lewende en heilige offer te wees? Laat elke gesinslid sê wat hy of sy

verstaan. Die laaste paragraaf in die boonste gedeelte is ’n opsomming van wat God van ons verwag.

Woensdag

13 Februarie

Parfuum. Wat ’n wonderlike geur. Gemaak van

essens. Die wesenlike van iets besonders. ’n Blom.

Houtsoort of krui. Dink maar aan sandelhout en

tiemie. Roosmaryn en suurlemoen. Die lekker geur

van katjiepiering en lemoenbloeisel. Kaneel en vanilla.

Essens.

God werk net met die beste van ’n liggaam. Laag op

laag beïndruk Hom min. Die wesenlike. Die essens. ’n

Woord wat net lekker en goeie dinge beloof. Die

beste. Dít is vir Hom aanneemlik.

Om by die wesenlike, sinvolle essens binne my uit te

kom, moet ek die kern blootlê…

Daar in my binnekamer. Waar niks geheime skuil nie.

Eers moet die grimering af. Stroop myself van klere.

Hiér beteken ontwerpersname niks nie. Al die lae van

my aardse lyf moet weg. Na die klere kom die vel en

dan die spiere en vet. Die organe wat lewe in stand

hou. Pynlik. Ek hou mos van vermomming. In my

afgesonderheid word ek kaal. Blootgestel. Net ek en

my Skepper. Nou kyk ek vanuit ’n ander hoek. Het

mos gedag ek is kompleks. So met al die lae. Maar net

die siel is oor. Eintlik maar eenvoudig. En dit lyk al te

veel na ’n spons. Inmekaar getrek van dors. Die kern is

ontbloot.

Die oue is weg. Nou kan die vernuwing begin. Die

Maker spoel met ’n glimlag nader. ’n Fontein wat uit

die vloer van my binnekamer syfer. Eers stadig en dan

met ’n vloed. Die water lewe. Dit borrel en bruis.

Beweeg. Dit skaterlag en verlekker. Want my spons

suig op. Met ywer en genot. My siel groei en groei. En

’n lushof skiet wortel. Op die kaal oppervlakte

ESSENS

ontspring riviere en in die laagtes borrel fonteine uit.

Die woestyngebied verander in rietvlei, die dor spons

word fonteinwêreld. Uit die eens dooie spons skiet

bosreuse op. Hardekool en wildevy. Tambotie,

raasblaar, kremetart. In die barre wêreld groei nou

waterbessies saam met koorsbome en

vaderlandswilgers.

En ek sien. Ek sien. Ek erken en begryp en sien in dat U

dit gedoen het. Die kern blootgelê. U het my herskep.

Met ’n nuwe baadjie behang. Nou kan ek op die grond

neerval. Met my hande na bo gestrek en my gesig na

onder. En U aanbid soos dit hoort. As ek

weer uit my binnekamer gaan, kyk ek om, blaas ’n

soen na my Here en sê: “Sien U môreoggend.”

Die stroping speel gereeld af. Die proses herhaal

daagliks. Weer en weer weergebore.

17Die hulpeloses en die armes soek water, maar daar is

nie; hulle versmag van dors. Maar Ek, die Here, sal hulle

gebede verhoor, Ek, die God van Israel, sal hulle nie

verlaat nie. 18 Ek sal op die kaal bergtoppe riviere laat

ontspring, en in die laagtes fonteine laat uitborrel. Ek

sal woestyngebied in rietvlei verander, dor land in

fonteinwêreld. 19 Ek sal in die woestyn seders laat groei,

doringbome, mirte en olyPome. Ek sal in die barre

wêreld sipresse laat groei saam met platane en denne.

20 Dan sal die mense sien en erken, almal sal begryp en

insien dat die Here dit gedoen het, dat die Heilige van

Israel dit geskep het. (Jesaja 41:17-20)

Ons moet ’n offer wees wat vir God aanneemlik is. Dit beteken dat God net die beste van ons elkeen wil hê. Die

essens. Laat elkeen in die gesin vir die ander vertel wat is die beste in hom of haar wat die Here graag sal wil hê.

Wat beteken dit as ons sê dat God elkeen nuut maak?

Bid saam dat God elkeen in die gesin en ook die gesin as ’n eenheid sal nuut maak.

WAT VIR HOM AANNEEMLIK IS

... gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat

vir Hom aanneemlik is. My keel trek toe. Hier waar ek

by my Here se voete sit. Alles om my so skoon en wit.

Lig en heilig. Geen foute in die woonplek van God nie.

Sal ek ooit vir Hom aanneemlik wees?

Dit hang van die betekenis van “aanneemlik” af. Alles

is mos maar relatief. En God is nie blind vir mense se

foute nie. Net soos ons, worstel Hý ook met óns

swakhede. Ons is die kroon van die skepping, maar

sonde het gemaak dat ons Hom oor en oor teleurstel.

Gelukkig weet Hy om te werk met wat Hy het. Die

geskiedenis getuig daarvan. Selfs uit slegte dinge kan

die goeie te voorskyn kom. Hy gebruik selfs foute om

sy koninkryk te laat groei. Waarom sal die Almagtige

Hom nou deur mense laat onderkry?

Om vir Hom aanneemlik te wees, beteken om myself

as lewende offer aan te bied. Elke dag weer. Oor en

oor. Om die mensejas af te gooi en die Jesus-jas om

die skouers te hang. And day after day, I think each of

us discovered that to which Jesus Christ beckons us. It’s

to be born. Our identities as men go from one birth to

another. And from birth to birth we’ll each end up

bringing to the world the child of God that we are. The

Incarnation, for us, is to allow the filial reality of Jesus

to embody itself in our humanity. The mystery of

Incarnation remains what we are going to live. In this

way what we’ve already lived here takes root as well as

what we’re going to live in the future. Die

aangrypende woorde van Vader Christian se woorde

in die fliek Of Gods and Men. Dit spreek van volledige

toewyding aan Christus Jesus.

Dit beteken om ’n klip te wees wat deur die Bouer

aanvaar is. 4 Kom na Hom toe, die lewende steen, wat

deur die mense afgekeur is, maar deur God vir die

Donderdag

14 Februarie

ereplek uitverkies is. 5 Laat julle as lewende stene opbou

tot ’n geestelike huis, om ’n heilige priesterdom te wees

en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir

God welgevallig is. 6 Daarom staan daar in die Skrif:

“Kyk, Ek lê in Sion ’n hoekklip, uitverkies vir die ereplek.

Wie in Hom glo, word nooit teleurgestel nie.” (1 Petrus

2) Hoe wonderlik om deel te kan wees van die God’s

geestelike huis. ’n Lewe van diens.

God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook

moes rondtas om Hom te vind. (Handelinge 17:27) Om

vir Hom aanneemlik te wees, beteken om nooit op te

hou om Hom te soek nie. Dag vir dag… want deur

Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan ons. (vers 28)

Soms stap ek in die lig agter Hom aan – kort op sy

hakke. Ander kere tas ek soekend en benoud in die

donker. En partymaal haal ek vir ’n oomblik my oë van

die pad af en neem ’n verkeerde draai. Ek bly soek,

soek, soek. Ek tas rond om Hom te vind. En dan die

hoop: Hy is nie ver van enigeen van ons af nie,… (vers

27) Altyd iewers in die agtergrond. Digby. Naby.

Gereed om gevind te word. En as ek op my lewe

terugkyk sien ek sy nabyheid en invloed: ’n goue

draad deur my dae geweef. ’n Aanneemlike offer.

’n Offer wat vir Hom aanneemlik is, is ’n offer wat op

die knieë gebring word. Biddend en naby. Laat ons

dan onophoudelik deur Jesus aan God ’n offer van lof

bring, dié lof wat aan Hom gebring word deur die lippe

wat sy Naam bely. (Hebreërs 13:15) ’n Lewende

verhouding met die lewende God.

Soms soek. Maar altyd vind. Soms moedeloos. Maar

altyd hoop. Hy is die groot Naby. Die groot Lig. Hy is

die Dors en Hy is die Les. Die Soek en die Vind. Die

groot Aannemer.

Lees saam 1 Petrus 2:4-6 hierbo oor die hoeksteen en God se gebou. Wie is die hoekklip van wie daar in vers 6

gepraat word?

Ons elkeen moet ook ’n steen in die gebou wees. Gesels oor die feit dat al die gelowiges saam ’n huis vir die Here

bou waarvan elkeen ’n steen is. Hoe wil ons graag hê moet die gebou by die wederkoms lyk?

Vrydag

15 Februarie BEOEFEN

En nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van

die groot ontferming van God: gee julleself aan God as

lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit

is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet

beoefen. (Romeine 12:1)

Die koringkorrel val in die grond. Lê gemaklik ’n paar

sentimeter onder die oppervlak. En sterf. Om te kan

lewe en ’n groot oes in te bring. Alias Jesus in

Johannes 12:24. En dan verduidelik Hy die vergelyking

in vers 25: 25 Wie sy lewe bo My lieRet, verloor dit; en

wie sy lewe in hierdie wêreld nie bo My lieRet nie, sal

dit vir die ewige lewe behou. 26 As iemand My wil dien,

moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook

wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer.

Daar is baie paaie na die ewigheid. En elke mens is op

een van hierdie paaie op pad. Ek kan nie kies of ek wil

stap of nie. Ek stáp! Maar ek kan wel kies watter roete

ek wil volg. Die voetspore van ’n Christen wat

dissipelskap beoefen volg in dié van Jesus Christus. En

as ek opkyk, kan ek aan sy kleed raak so naby is Hy.

Maar dissipelskap kan nie by lippetaal bly nie! Dit is ’n

werkwoord. Dit beteken om tot aksie oor te gaan. My

en die Messias se bewegings en aksies moet een

word. Ek moet Jesus Christus wees hier op aarde. En

Hom lieXê bo my eie lewe en besittings. Ek moet

Lees die gedeelte hierbo en gesels oor die volgende:

Hom volg. En daar waar Hy is, moet ek ook wees. My

hande en voete verleng om ook Syne te wees.

Beoefen. Toewyding. Bestudering. ’n Werkwoord. Ek

beoefen sport. Geduld. ’n Ambag of beroep.

Selfdissipline. Selfverloëning. Soberheid. Sorg. Ek

beoefen vryval uit ’n vliegtuig. Dalk gimnastiek of

glasblaas. ’n Kunsvorm. Versigtigheid. Toewyding.

“Beoefen” is ’n werkwoord. Dit spreek van

determinasie en wilsbesluit. Van dissipline en passie.

Ek kan nie gedwing word om iets te beoefen nie. En

as ek besluit het om iets te beoefen, doen ek dit met

oorgawe.

Die beoefening van godsdiens is ’n werkwoord wat

met passie, determinasie, dissipline en toewyding

gepaard gaan. Dit is ’n missie.

God wants a relationship with you. He wants your

heart. He wants to love you and be loved by you. He’s

not looking for little religious soldiers that will fulfill a

cause for Him. He’s looking for sons and daughters who

so trust in His goodness and His love that they would

with reckless abandon say: “All that I am and all that I

have belongs to You. I love You, Lord!” (Chip Ingram in

Living on the Edge)

Elkeen van ons stap die lewenspad. Daar is verskillende roetes om te volg. Gesels oor die verskillende

roetes.

Gesels oor die roete wat ’n Christen volg wat in Jesus se voetspore stap.

Gesels oor “beoefen” as ’n werkwoord.

Wat beteken dit om godsdiens te beoefen?

Bid, gesin, bid! Gesinne se gebede dra spesiale krag by ons Here. Gesonde gesinne is een van die pilare waarop sy

koninkryk gebou word.

WEEK 3 Laat God jou verander

Sondag

17 Februarie

Pilatus word een oggend wakker. Daar is

tienduisende in die strate van Jerusalem. Die Jode vier

Paasfees. En nou hamer ’n skare aan sy deur. Oproerig

en woedend. Douvoordag reeds aan die woel en swel.

Daar is moeilikheid in die lug. Hulle hou mos van

rebellie. Hy wil weet wat aangaan en iemand vertel:

“Daar is ’n man genaamd Jesus. Van Nasaret, nogal.

Hy noem Homself die Christus, en die Jode is

woedend. Hy was heen en weer van Annas na Kajafas

en terug voor die Joodse Raad. Douvoordag het hulle

Hom reeds die skuld gegee. En nou eis hulle die

dood.” Pilatus skrik, maar stuur hom eers na Herodes.

Hy kan nou wel nie die man verdra nie, maar dalk

versterk dit bande… Herodes en sy soldate behandel

Jesus met die grootste veragting denkbaar. Terug na

Pilatus. En daar vra Pilatus die VRAAG: “Is jý die koning

van die Jode?” En die ANTWOORD: “My koninkryk is

nie van hierdie wêreld nie. As my koninkryk van hierdie

wêreld was, sou my onderdane geveg het sodat Ek nie

aan die Jode uitgelewer sou word nie. Maar nou is my

koninkryk nie van hier nie.” (Johannes 18:36)

Nie van hierdie wêreld nie. Die Bybel tref ’n

definitiewe onderskeid tussen die dinge van die

wêreld en die dinge van God. Weet julle nie, julle

ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap

teen God is nie? Wie ’n vriend van die wêreld wil wees,

wys daarmee dat hy ’n vyand van God is. (Jakobus 4:4)

En Jesus se gebed in Johannes 17:16: “Hulle behoort

nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die

wêreld behoort nie.” Paulus skryf in 2 Korintiërs 10:3:

Natuurlik leef ons in ’n menslike liggaam, maar ons voer

nie die stryd met menslike wapens nie. In die wêreld

maar nie van die wêreld nie.

Die Griekse woord vir wêreld is cosmos. Dit is nie die

IN, MAAR NIE VAN

fisieke wêreld waarin ons woon nie, maar die

geestelike wêreld waarvan ons deel vorm. 1 Johannes

2:15-17 en Galasiërs 5:13-26 beskryf die verskil tussen

God se wêreld en dié van die Bose. Dit is belangrik om

die vyand te ken!

Die wêreld kom in opstand teen Jesus en sy

navolgers. Hulle praat met smaad en walging van

Hom en kyk neer op sy volgers. Dis is nie lekker om dit

te lees en te hoor nie, maar dit is net hoe dit is. Jesus

het dit self aan sy lyf gevoel en geweet wat vir sy

dissipels voorlê. 18 “As die wêreld julle haat, onthou: Hy

het my voor julle gehaat. 19 As julle aan die wêreld

behoort het, sou die wêreld julle as sy eiendom

liefgehad het. Omdat julle egter nie aan die wêreld

behoort nie, maar Ek julle uit die wêreld uitgekies het,

daarom haat die wêreld julle. (Johannes 15) Wie het

gesê dit is eenvoudig om Jesus te volg? Maar dan

blaai ek weer na Johannes 17 en lees die gebed wat

Jesus vir sy dissipels gebid het. En dít maak alles

makliker!

11 … “Heilige Vader, bewaar hulle in u Naam, die Naam

wat U My gegee het, sodat hulle net soos Ons een kan

wees… 15 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet

wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet

bewaar… 20 “Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook

vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal

kom… 22 Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook

aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons

een is: 23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een

kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur

het en hulle lieRet net soos U My lieRet.

Voel jy die heilige krag van Jesus se gebed aan jou lyf?

Selfs 2000 jaar later lewe die woorde steeds!

Gesels in diepte oor wat dit vir julle gesin beteken om in hierdie wêreld te woon maar nie van hierdie wêreld

te wees nie. Onthou dat Jesus ook in die wêreld was maar nooit deel geword het van die sonde-tendens in die

wêreld nie.

PAS MY SOOS ’N HANDSKOEN

Die ranke peul baldadig oor die stoepvloer. Al amper

onder die tafel in. Bring die snoeiskêr! Met die eerste

pynlike vat onthou ek: dit is ’n doringstruik. Dit brand

soos vuur. Bring die handskoene! Die goedjies lyk

maar dun en slap daar in die laai. So dooierig. Tot ek

my hand insteek en die vingers met lewe vul. Die

handskoen beweeg! Nou kan ek inklim en die bos

nuwe vorm gee. Die takke netjies terugsny om plek te

maak vir vars lote.

Corrie ten Boom het die werk van die Heilige Gees met

’n hand in ’n handskoen vergelyk. I have a glove here in

my hand. The glove cannot do anything by itself, but

when my hand is in it, it can do many things. True,

it is not the glove, but my hand in the glove that acts.

We are gloves. It is the Holy Spirit in us who is the hand,

who does the job. We have to make room for the hand

so that every finger is filled.

Ek is die handskoen. Lê slap op die kas en geniet die

uitsig. Die Heilige Gees se vingers wat nader kom om

die handskoen aan te trek. Al wat ek moet doen, is

om myself om sy vingers te vly. Hom toelaat om lewe

te gee aan iets wat dood is. En alles waaraan ons

twee vat, sal in goud verander! Saam sal ons

wonderlike koninkrykswerk doen. Ek sal elke dag die

vrug van die Gees kan pluk. Liefde, vreugde, vrede,

geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid,

nederigheid en selYeheersing. Selfs in my swakste

uur, sal ek sterk wees.

Onthou jy die karakter van die Heilige Gees in die

boek The Shack (William P. Young)? Sarayu. In die

boek verduidelik Jesus se karakter aan Mack:

Maandag

18 Februarie

“Seriously, my life was not meant to be an example to

copy. Being my follower is not trying to ‘be like Jesus,’ it

means for your independence to be killed. I came to

give you life, real life, my life. We will come and live our

life inside of you, so that you begin to see with our

eyes, and hear with our ears, and touch with our

hands, and think like we do. But, we will never force

the union on you...” “This must be the dying daily that

Sarayu was talking about,” said Mack and nodded.

Om die vingers van die Heilige Gees in my handskoen

te voel, beteken dat ek dinge op sý manier begin

doen. Ek sal kyk en sien wat Hy sien. Voel wat Hy voel.

Luister en hoor wat Hy hoor. Ruik wat Hy ruik. Eet en

proe wat Hy proe. As ek Hom toelaat om my te

vernuwe, sal ek verander sonder dat ek self werklik

baie hard probeer het. Die verandering sal nie uit

myself kom nie, maar van God af. Die produk van

totale oorgawe.

Om ’n veranderde lewe van oorgawe te lei, is nooit

maklik nie. Maar die verandering wat die Gees bring,

beloof wel opwindend te wees. Dit bring lewe waar

daar voorheen dood was. En aksie waar daar maar

min aangegaan het. Dit bring genoegdoening en

tevredenheid. Dit is om die dors te les en die honger

te stil.

Al wat ek moet doen, is om aan die Vingers te spring

en te begin beweeg.

63 Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self

kan dit nie doen nie. Wat Ek vir julle gesê het, kom van

die Gees en gee lewe. (Johannes 6:63)

As die gesin handskoene beskikbaar het, trek dit aan. Selfs tuinhandskoene en geel skottelgoed-handskoene.

Gesels oor die beeld hierbo dat ons die “dooie” handskoene is en dat die Heilige Gees die hande in die handskoene

is wat die beweging moet inisieer. Ons kan nie die Here se werk op aarde doen as die hande van die Heilige Gees

nie deur ons werk nie.

Bid vir die werk van die Heilige Gees binne elke gesinslid en binne die gesin as ’n eenheid.

Dinsdag

19 Februarie

8

Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles

wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat

prysenswaardig is — watter deug of lofwaardige saak

daar ook mag wees — daarop moet julle julle gedagtes

rig. 9 En wat julle van my geleer en ontvang het, en

gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat

vrede gee, sal by julle wees. (Filippense 4)

Ek sien. Hoor. Ruik. Voel. Proe. Neem in met my

sintuie. My elke aksie aan sintuiglike waarneming

gekoppel. Elke emosie deur ’n sintuig aan die gang

gesit. Ek ruik ’n geurige winterbredie en dink aan my

ouma se kombuis. Kleintyd toe sy my op haar skoot

getel het by die kombuistafel terwyl sy wortels kap.

Ek voel die hitte van haar lyf en hoor die neurie “in die

skadu van die berge…” En dan kom die hartseer en

verlang.

Ek sien iets en reageer met ’n emosie of aksie. ’n

Positiewe waarneming word met ’n positiewe aksie

beloon. En andersom. Hoe reageer ek positief op

beelde van geweld, pornografie of boosheid? Maak

nie saak hoe hard ek probeer om die naarheid te

verbloem of weg te bêre nie. Wêreldse aakligheid

vlieg na my in prentjies. Ek sien dinge wat ek nie moet

sien nie. Hoor goed wat ek nie moet hoor nie. Dinge

wat nog lank wegkruip in die voue van my brein. ’n

Beeld het ’n manier om op die onmoontlikste tye uit

die niet te verskyn. En betrap my meestal onkant. ’n

Ontstellende koerantopskrif terwyl ek met deernis vir

my slapende kind kyk. En dan volg ’n nag van angs,

kommer en worsteling.

Die lamp van jou liggaam is die oog. As jou oog goed is,

is jou hele liggaam ook verlig. Maar as jou oog sleg is, is

RYP KORINGLAND

jou hele liggaam ook sonder lig. Pas dus op dat die lig in

jou nie donker is nie. As jou hele liggaam verlig is en nie

’n enkele donker plekkie het nie, sal dit heeltemal verlig

wees soos wanneer ’n lamp jou met sy skynsel verlig.

(Lukas 11:33-36)

Die “delete” knoppie op my rekenaar is ’n wonderlike

ding. Eintlik. Ek wens dit was vir my ook so maklik om

met een beweging my gedagtes skoon te vee. Was dit

maar so eenvoudig om met een aksie die swart uit te

wis. Ek wil tog my verstand met goeie dinge vul. Met

die Here van die dinge én met die dinge van die Here.

Here, wees U die Meester van my gedagtes. Ek is

moeg om self te stoei. Dan sal ek hoor wat U wil. Sien

wat U wil. Proe en ruik wat U wil. Die oorvloed goeie

dinge in my hart sal te voorskyn kom.

Here, my gebed is dat U my sintuie sal oppas. Gee dat

ek nie in die versoeking kom om my honger gedagtes

met onreinhede te voed nie. Want dit plaas ’n vlek op

die wit wat ek ontvang het deur Jesus se bloed.

Swaarverdiende reinheid. En Here, nog meer is ek

bekommerd oor die swart wat so maklik uit my

binneste bars. My kop hang in skaamte oor ek

telkemale so maklik terugkeer na die sonde. So al of

dit die laaste strooihalm is.

En as ek omkyk met daardie enkele onreine

strooihalm in my hand, dan is ek in verwondering oor

die vars, ryp koringland van wonderlikhede wat U vir

my geplant het. Die ellendige strooihalm vergete op

die grond.

AMEN

Gesels oor sintuie: gehoor, gevoel, smaak, reuk, sig. Lees Lukas 11:33-36 hierbo wat na die oog verwys.

Hoe moet ek dit wat ek sien en my ander sintuie oppas sodat my verstand skoon en rein kan bly vir die Here.

Gesels oor God se koringland van mooi goed wat Hy vir ons op aarde geplant het. Ons hoef nie ons verstand met

lelike dinge vol te maak nie

KYK! JY HOEF NIE VER TE SOEK OM MOOI TE SIEN NIE!

Sien jy nog die mooi? Binne jou bereik hier ín Suid-

Afrika?

Wat het van die bloue hemel geword? Van die diep

see? Waar het die ewige gebergtes heen verdwyn?

Waar die kranse antwoord gee? En die ver verlate

vlaktes? Die stem van ons geliefdes het stil geword.

Ons sien nie meer die skoonheid raak nie. Die sleg en

lelik het stadig nader gekruip en in almal se holtes

kom lê. Wat het dan nog oorgebly?

Kyk! Kyk! Maak jou oë oop en kyk! Tafelberg hou

steeds wag. Die Augrabies stoot in massas oor die

ravyn en die kokerbome waak by Springbok… Die

Groot Karoo strek wyd en die Kalahari-son bak warm

op die sand. Stellenbosch se wynlande groei geil en

die suikerriet in KwaZulu golf in die ligte seewind van

Durban se kant af. Die Lammergier sweef by Giant’s

Castle terwyl die Groot Draak toekyk. En

Namakwaland staan in blom. Plate vreugde van kleur

en geur. Die magtige Kremetart en die Hardekool in

Mussina se wêreld. Bosreuse. En Worcester se Karoo

Botaniese Tuin is ’n skatkis van vreemde plantspesies.

Was jy al in Jacobsbaai of Paternoster net bietjie hoër

op? Weskus-wêreld. Of in Mtunzini, 20 km noordoos

Woensdag

20 Februarie

al deel van die Kaapse Klopse of by die Klein Karoo

Kunstefees? Die reënboognasie. Die reënboogvlag.

Die rooi vir die bloed wat oor honderde jare op

hierdie einste stukkie aarde gesweet is. Blou vir die

pragtige lug in April. Champagne days. Wit is vir vrede

en sommer die mooi varkore daar naby Estcourt in

KwaZulu. Groen vir die koringvlaktes. Wuiwend in die

wind. Geel is mos die kleur van die warm son. Wat

steeds, ten spyte van alles, elke dag agter die rand uit

loer en met vreugde die lug in klim. So standvastig. So

vrolik en gemaklik warm. En swart sommer net om

bietjie kontras te gee…

Mandela met sy oumangesig. Sý lang pad na vryheid.

Sy vlerke in die tronksel. Daar op Robbeneiland. Hy

het ver gesien. Oneindig ver. I learned that courage

was not the absence of fear, but the triumph over it…

The brave man is not he who does not feel afraid, but

he who conquers that fear. Madiba se wyse woorde.

Ons sien nie meer die mooi om ons nie want angs en

vrees het ’n sluier voor ons oë geword. Ek het besluit

om Madiba se uitdaging te aanvaar. Om my vrese te

oorwin en weer wyer te kyk. Die mooi te sien. Ek gaan

aanhou kyk tot ek die wêreld weggekyk het. My oog

van Gingindlovu? Daar waar die seldsame witaasvoël

hou op die mooi en op my Here.

broei? KwaZulu-Natal. Waar loop jy rond? Waarvoor Deur aan die mooi om my te dink, vul ek die mooi in

kyk jy?

Toer jy dalk in die donkerte van ons huidige

omstandighede? Lees jy te veel koerant? Kyk jy te veel

televisie? Laat jy jou onderkry deur slegte nuus of

massa-aksies? Voel jy gedurigdeur depressief en

beangs? Moedeloos. Daar is géén hoop.

my gedagtes ook aan. Dit bring vreugde en dit gee

8

moed. En dan die woorde in Filippense 4:8-9: Verder,

broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg

is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat

prysenswaardig is—watter deug of lofwaardige saak

daar ook mag wees—daarop moet julle julle gedagtes

rig.

Kyk! Kyk! Maak jou oë oop en kyk. Onthou jy Stransky

se skop in 1995? Of die 2010-Wêreldbeker-gees? Was jy

9 En wat julle van my geleer en ontvang het, en

gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat

vrede gee, sal by julle wees.

Ons is almal soms so negatief oor wat in ons land aangaan. Kom ons probeer om vir die duur van die

huisgodsdiens te gesels oor mooi en goeie dinge wat in ons land gebeur en te sien is. Besluit saam om in die

vervolg te fokus op die mooi dinge en die wonderwerke om ons. Daar is baie!

Bid dat die Here ons oë sal oopmaak vir sy wonderlike mooi.

Donderdag

21 Februarie

’n Mens is ’n selfsugtige wese. Ek raak vies en temerig

as dinge nie verloop soos wat ek graag wil hê nie. As

dinge nie oor my gaan nie of ek uitgesluit word uit die

geselskap, voel ek vinnig afgeskeep en depressief.

Kinders in ’n huishouding is ’n goeie voorbeeld. Een

van die eerste woorde wat ’n peuter skreeu, is

“myne!” En as die een 101 ml sjokolademelk kry, moet

die ander ook 101 ml kry. As die een se pêl kom speel,

is die ander een vir drie ure lank verveeld, moeilik en

dikbek. Ek wonder of dit ooit verander soos ons ouer

raak? Ek voel tog so vinnig onvergenoegd en

ingedoen. En verkondig dit dan wyd en syd. Kyk maar

na inskrywings op Facebook.

En eintlik is dit glad nie waaroor dit hier op aarde gaan

nie! Dit gaan oor God, sy almag en sy Goddelike visie.

Ek is ’n egoïs wat te lekker in my menslike natuur baai.

En om ’n kopskuif van my na God te maak, is makliker

gesê as gedaan! Ek praat uit ondervinding. Max

Lucado het ’n boek geskryf. ’n Netelige boek. Wat in

die begin ’n gruwelike rebelsheid oor my laat kom

het. Eish! Gelukkig het ek vasgebyt en die boek klaar

gelees. En daarna nog ’n hele paar maal. He’s the

source; we are the glass. He’s the light; we are the

mirrors. He sends the message; we mirror it. We rest in

his pack awaiting his call. And when placed in his hands,

we do his word. It’s not about us; it’s all about him.

(It’s not about me)

Die nare selfgesentreerde rebelsheid wil alweer kop

uitsteek. Hoe strook hierdie woorde met God se

belofte dat Hy Vaderlike liefde vir sy kinders voel?

Lucado het goeie insig: But how does God’s love

square with the theme of this book? After all, ‘it’s not

about me.’ If it’s not about me, does God care about

me? God’s priority is His glory. He occupies centre stage;

I carry props. He’s the mesagge; I’m but a word. Is this

love? No doubt. Do you really want the world to revolve

DIE SFEER SIRKEL OM GOD

around you? If it’s all about you, then it’s all up to you.

Your Father rescues you from such a burden.

En my antwoord op die vraag of ek die

verantwoordelikheid van die heelal op my ellendige

skouertjies wil dra? Nee. Nee! Nee!! Ek hou miskien

daarvan om koning op my eie mishoop te kraai, maar

ek kan definitief nie die gramskap van die hele

skepping balanseer nie. Daar is soveel wat verborge

is. Soveel dinge wat ek nie ken nie. Die dowwe spieël

waarvan Paulus praat. Ek is maar ’n bittere klein

deeltjie in die groot heelal. Wat nog te sê in die

verloop van tyd?

En tog skryf Dawid in Psalm 8 oor God en die groot

verantwoordelikheid wat Hy op ons menseskouers

geplaas het: 4 As ek u hemel aanskou, die werk van u

vingers, die maan en die sterre waaraan U ’n plek gegee

het, 5 wat is die mens dan dat U aan hom dink, die

mensekind dat U na hom omsien? 6 U het hom net ’n

bietjie minder as ’n hemelse wese gemaak en hom met

aansien en eer gekroon, 7 U laat hom heers oor die werk

van u hande, U het alles aan hom onderwerp: 8 skape en

beeste, alles; selfs die diere in die veld, 9 die voëls in die

lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis.

10 Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die

hele aarde!

Die heelal draai in ’n sfeer om God. Hy handhaaf die

balans en hou die struktuur veilig in sy hande. Hy laat

los nie vir ’n oomblik nie. My wêreld is maar ’n baie

klein deeltjie van die groot prentjie. Dalk selfs minder

as ’n enkele beeldelement (pixel). En tog het Hy my

met eer en aansien gekroon. Ek heers oor die werke

van sy hande. Hy het alles aan my onderwerp. As ek

hierdie beeld behoorlik begryp, kan ek met eerlikheid

sê dat die tweede gedeelte van Romeine 12:2 inslag

vind: Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van

God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Gesels oor die groot taak van God om die wêreld en die heelal, sy hele skepping te beheer. Wat is die mens se rol

hierin? Hoe kan ons vir God help? Moenie vergeet om saam te bid nie!

DIE SKILD VAN GELOOF

2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word

nie,… (Romeine 12:2) Ek word elke dag gebom-

bardeer met die wêreld. In die vorm van versoeking.

Die brullende leeu slaap mos nie. En die aakligheid het

vele jasse. Hy trek die een aan wat die beste in ’n

situasie pas. Versoeking is ’n nare ding. Die ideaal is

om nee te sê as ek moet. Maar die gras lyk dikwels

groener aan die anderkant van die draad. En oorklim

is so maklik. Veral met ’n bietjie hulp… Om nie aan die

sondige wêreld gelyk te word nie, beteken om

versoeking te weerstaan. Dit beteken om die sondige

wêreld te oorwin. Nie so maklik soos dit klink nie!

4 … want enigeen wat ’n kind van God is, kan die

sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor

die wêreld behaal het, is deur ons geloof. 5 Wie anders

is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die

Seun van God is? (1 Johannes 5)

Die braaivleisvuur is ’n lekker plek. Veral as jy ’n

Afrikaner is. Hier in die laatsomer, skemeraand,

windstil. Met die eerste sterre wat kop uitsteek en die

natuur in die agtergrond. Party verkies houtskool.

Ander lekker harde hout. Een maak ’n besadigde klein

vuurtjie — net genoeg vir lekker kole. ’n Ander maak

’n reuse “bonfire” — as óns dit doen, doen ons dit

ordentlik. Ons staan lekker gesellig en gis. Malema wil

die boere skiet. Tutu is vir Zuma kwaad. En Zuma gee

nie om nie, want hy het… hoeveel nou weer?…

vrouens… Sy kraal is vol. Voller as Swaziland s’n…

Botswana is verontwaardig oor Little Julius se GROOT

mond en Mugabe hand om die blaas met Zuma.

Bloedbroers van die struggle se dae af… Verlede

week is die Van Der Merwes in Kiewietstraat se huis

leeg gedra en die Bothas van Sewende Laan met

gewere aangehou in hul oprit. En wat gaan gebeur as

Mandela sterf? Die oë rek groot en die tonge klik. Hier

kom moeilikheid. GROOT moeilikheid. (Sonder om my

mening oor die politiek te lig, maar dit is hoe ons

Vrydag

22 Februarie

praat!) En so kan ek tot vervelens toe aangaan. Ek

was daar. Ek weet. En ek het saam gesaai. ’n Eier gelê.

My kop geskud. Vir ’n oomblik die skild van geloof

daar langs die braaier neergelê. Die ding raak swaar.

En ons is mos nou lekker rustig. Die Satan is nêrens in

sig nie. Sekerlik bang vir vuur! As jy die vent se

toekoms in ag neem… Aan die einde van die aand

brand my lyf én my gemoed. Ek voel hooploos,

moedeloos, depressief, angstig, sommer net in die

algemeen aaklig. Waar is God in hierdie wêreld van

ons? Ek kan nie verstaan wat nou aangaan nie.

Die Satan is toe nou nie so bang vir vuur soos ek

gedink het nie. Hy het skelm nader gekom en

giggelend pyle van ongeloof geskiet. Elkeen het ’n

teiken getref en ’n merk gelos. Hy kraai van lekkerte.

Die braaivleisvuur is ongelukkig een van die plekke

waar daar soms ongeloof en hopeloosheid broei. Die

wêreld vlei hom lekker knus langs die warmte. Net

soos verskeie ander plekke. As ek alleen en eensaam

in my huisie sit. As ek moeg op die bank lê – die

kinders na ’n lang dag in die bed. Agter my lessenaar –

die lêers hoog opgestapel. Alles lyk donker. Hoe gaan

ek deur hierdie week kom? Waar is die lig aan die

einde van die tonnel waarvan almal praat?

Die Satan val gelowiges aan deur brokkies ongeloof in

die lug te strooi. Dit val oral. Soms te klein om te

besef wat dit is. Veerligte vlokkies. ’n Kragtige wapen

in die hand van die aanvaller. En dan staan die wêreld

reg met skynbaar wonderlike oplossings en afleiding.

Die vlokkies lê wit op jou arme, arme skouers en die

ongeloof borrel. Die vyand roer die pot om en om.

Waar is die lig? Staan op uit die as! Tel jou skild op, my

vriend! Voel die Goddelike gewig. Bewonder die

vakmanskap. Hou hom hoog en trots. Gebruik hom!

Hy is spesiaal ontwerp om die brandende pyle van

ongeloof af te weer. Die skild van geloof.

Lees Efesiërs 6: 16. Waarom, dink julle, is geloof belangrik? Kan ek in ongeloof en as ek gedurigdeur bang is, die

Here ten volle dien? Bid dat julle huis ’n huis van geloof sal wees.

WEEK 4 Ontdek jou ware self tussen ander

“BESKEIDENHEID” IS ’n GROOT WOORD

Laat jý maar toe dat ander oor jóú loop, sagmoedige

Neelsie. Ek laat nie met mý mors nie!

Nederigheid. Beskeidenheid. GROOT woorde. Moeilik.

At least I have the modesty to admit that lack of

modesty is one of my failings (Hector Berlioz, ’n

bekende Franse komponis). En Arnold

Schwarzenegger gee iets van homself weg: I knew I

was a winner back in the late sixties. I knew I was

destined for great things. People will say that kind of

thinking is totally immodest. I agree. Modesty is not a

word that applies to me in any way - I hope it never will.

Paulus sing ’n ander deuntjie. ’n Veel moeiliker wysie.

Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in

nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.

Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie,

maar ook aan dié van ander. (Filippense 2:3&4)

Nederigheid word nie verniet as ’n deug beskou nie!

Jesus Christus. Die Messias. Immanuel. God en

Verlosser. Here van die heerlikheid en heersers. Die

Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste. Die Een

wat is en wat was en wat tot in ewigheid sal wees. Die

Heilige van God. Het die deug van nederigheid goed

verstaan. Hy wat in die gestalte van God was, het sy

bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan

Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself

verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en

aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn

het, het Hy Homself verder verneder. Hy was

gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis.

(Filippense 2:6-8)

Sondag

24 Februarie

Dood aan die kruis. Die uiterste vernedering. Die

woord “excruciating” afgelei van “crucifying”.

Wreedaardig pynlik. So in die openbaar ten aanskoue

van almal wat wil loer. Gespaar vir slawe, rebelle,

seerowers, vyande van die Romeinse Ryk en

kriminele. Skandelik so halfnaak en sterwend aan die

balk. Met dood, skending en ontering as doel. Die

gedagte dwing my tot tranerige nederigheid. Die

Verlosser het geweet wat op Hom wag! En steeds

vasgebyt, want Hy het geweet dat dit wat op mý wag

veel erger is.

Dit word al moeiliker om in nederigheid en eenvoud

te leef. Die vereistes wat my lewe stel net te

ingewikkeld. Lewensstandaard, sosiale stand en

besittings te prominent en aanloklik. En die gevolg:

Hoogmoed lê soos ’n diep ravyn tussen my en God.

16

Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy

17

’n afsku het: oë wat straal van hoogmoed... (Spreuke

6) ’n Diep kloof wat geestelike groei kniehalter. Wat

doodeenvoudig ’n goeie verhouding met Hom en met

die mense om my onmoontlik maak.

Here, ek wil so graag ’n boom wees wat vrugte dra.

Sappig rooi en smaaklik om te eet. Ek wil geil groei.

Immergroen en mooi op die oog. So by die stroom

waar my wortels dors suig aan die lewende water wat

helder en vol vloei. Gee dat ek ’n boom sal wees wat

U geval. ’n Boom waaraan die vrugte van nederigheid

swaar en oorvloedig hang.

AMEN

Dit is baie belangrik om nederig te wees. Lees al die gedeeltes hierbo waarin daar na nederigheid as ’n deug

verwys word. Lees ook sommer die definisie van nederigheid in die woordeboek.

Wat beteken dit in ons alledaagse lewe om nederig te wees? En waarom is dit so moeilik?

Gesels oor Jesus se vernedering aan die kruis en dat dit vir ons hoop gebring het. Hy moes eers verneder word om

te kan oorwin. Hier kan ons weer gesels oor die feit dat Hy die laaste lewende offer was.

Sê saam dankie dat Jesus bereid was om verneder te word en bid dat Hy elkeen sal krag gee om elke dag nederig te

wees. Ek dink dit is moeiliker om nie die sonde van nederigheid te pleeg as om nie moord of diefstal te pleeg nie!

Maandag

25 Februarie LAPPIES

Ek hou tog so daarvan om die Liggaam van Christus

met ’n lappieskombers te vergelyk!

’n Wonderlik interessante kombers. Verskillende

blokkies elk in ’n ander vorm en kleur. En tog sien ek

’n eenheid. Die patroon netjies en met ’n geoefende

hand ontwerp en uitgelê. Elke lappie op sy plek om

deel van die groot geheel te vorm. Party dele

eenvoudig en doelmatig. Ander weer ingewikkeld en

inspirerend. Ryk kleure en garing wat pas. Hier en

daar ’n effense skeefte. Maar tog, verbasend, nie

ongemaklik op die oog nie. Dit is maar mense wat

bygedra het tot die kleur en vorm.

Elke lappie het ’n storie te vertel. Elke blokkie iets wat

bygedra het tot die sukses. ’n Geboorte of sterfte. ’n

Doop. ’n Wedergeboorte. ’n Woord wat moed en

inspirasie bring. Of dalk troos. ’n Daad van liefde

tussen broers. Geloof wat versterk word. ’n Noot van

aanbidding en lofprysing. ’n Gebed. O, die

gebedslappies staan bo al die ander uit...

Elke lappie omring deur ander wat deel vorm van

dieselfde kombers. Lekker snoesig en veilig. Deel van

iets veel groter as wat enige van die lappies kan dink

of begryp. Die groot Krag wat alles so netjies

bymekaar hou en orde in die chaos vind. Hy het

immers die groter prentjie voor oë.

Die werk aan die kombers kom nooit tot ’n einde nie

en elke dag word lappies aangelas – sommige met

blydskap, vreugde en dankbaarheid en ander met

hartseer, pyn en verootmoediging. Vandag se lappies

word môre se kombers en so word ons almal

toegevou in die warmte en snoesigheid van ons Here

se liefde en genade.

God se wonderbaarlike seën en genade loop soos ’n

goue draad deur elke blokkie. Netjies gekwilt oor die

laslapkombers. Die enigste deel van die kombers wat

perfek en sonder foute is. In interessante vorms en

draaie. Elke blokkie uniek en met liefde bewerk.

En het jy gesien? Die kombers lewe! Dit is nie dood en

gevoelloos nie. Dit strek veel dieper en verder as ’n

lewelose stuk lap. Dit beweeg. Wapper in die asem

van ons Here. Driedimensioneel en wonderlik. So teen

die blou-blou lug.

Ek woel en werskaf ’n leeftyd lank aan my beskeie

stukkie lap. Om saam met die res van die lappies ’n

aanneemlike geheel te vorm. En saam hoop ons dat

ons eendag ons kombers vir die Here as ’n geskenk

kan aanbied wat Sy hart warm maak en met trots vul.

4 Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie

almal dieselfde funksie nie. 5 Net so is ons, al is ons baie,

in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van

mekaar. (Romeine 12)

A s daar iewers ’n laslapkombers in die huis is, haal dit uit en

la at die gesin saam kyk na die blokkies wat aanmekaar gewerk

is . Elke blokkie lyk anders maar vorm tog ’n geheel. Gesels oor

’n laslapkombers as ’n beeld van hoe die kerk van Christus lyk.

G esels saam oor God se handewerk in die kombers. Hy is die

g aring waarmee die kombers gekwilt word. Sy invloed loop oor

el ke blokkie.

A s julle gesin ’n lappieskombers vir God kon maak, hoe sou

ju lle graag wou hê moet julle lappieskombers lyk?

LIGGAAM

My body employ a bewildering zoo of cells, none of

which individually resembles the larger body. Just so,

Christ’s body comprises an unlikely assortment of

humans. Unlikely is precisely the right word, for we are

decidedly unlike one another and the One we follow.

From whose design come these comical human shapes

which so faintly reflect the ideals of the Body as a

whole?. . . Yet our study of the Body of Christ must

allow for this impossible dream, for all we are is a

collection of people as diverse as the cells in the human

body. (Dr. Paul Brand en Philip Yancey in Fearfully and

Wonderfully Made)

Die wonder van God’s skepping hou nooit op om my

te skok nie. Dit is terselfdertyd ongelooflik wonderlik,

vreemd en skrikwekkend. Mense. Die kroon van die

skepping. Elkeen anders. Ek is stoksielalleen en uniek

in my fisieke samestelling. ’n Effens benoude gevoel

van eensaamheid stoot in my bors op. Om te dink dat

selfs die kinders uit my lyf gebore, geheel en al verskil

van wie ék is.

Stemme verskil. Selfs die woorde wat uit verskillende

monde kom, verskil. Elkeen se liggaamsbou is anders.

Persoonlikhede verskil. Dink anders. Doen anders. Kyk

anders. Hoor en begryp op verskillende maniere. Selfs

as ons met dieselfde inligting gekonfronteer word.

Smaak verskil. Gesigsuitdrukkings en maniertjies.

Hoe moeilik is dit nie om in hierdie wêreld van

uiterstes te oorleef nie. Om elke dag so met

andersheid gekonfronteer te word. En dan het ons

nog nie eens begin praat van verskille in opvoeding,

omstandighede, kultuur en generasies nie. Om ander

te verstaan is werklik ’n aangeleerde deug.

So dikwels loop ek mense raak wat bedreig voel deur

andersheid. En soms is ek die skurk in die verhaal wat

geskok is deur ’n ander se unieke uitkyk of manier. Ek

Dinsdag

26 Februarie

hou mos maar daarvan om dinge vanuit my hoek

gade te slaan!

In plaas daarvan om met verwondering te reageer op

God se verskillende skepsels, is ek eerder geneig om

met afgryse vervul te word as ek agterkom dat

iemand van my verskil. Ek sukkel elke dag om vrede te

maak met die mense om my - almal deur dieselfde

God geskep. Ek lewer selfs kommentaar op openbare

figure wat ek nie ken nie. Mense van wie ek net af en

toe hoor of wat ek net so nou en dan sien. Op

televisie of in die koerant. En as ek Paulus se woorde

in Romeine 12 lees, moet ek weer oor hierdie saak

besin. Om my kop reg te kry. 4 Ons het baie lede in een

liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie.

5 Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en

almal afsonderlik lede van mekaar. 6 Ons het

genadegawes wat van mekaar verskil volgens die

genade wat God aan elkeen van ons gegee het.

Hoe wonderlik is die liggaam van ons Here nie! Elke

orgaan op sy plek. Elke ledemaat weet wat van hom

verwag word. Elke eenvoudige selletjie belangrik. Die

witbloedsel wat die vyand moet afweer. Die hart wat

bloed pomp. Die longe wat in, uit, in, uit. Die

kleintoontjie wat balanseer. ’n Pragtige geheel. Die

gelaatstrekke perfek. Ons is immers na sy beeld

gemaak. Die beeld van die enigste God en Here.

14 Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike

wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met

verwondering. Dit weet ek seker: 15 geen been van my

was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit

kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die

moederskoot. 16 U het my al gesien toe ek nog ongebore

was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog

voordat ek gebore is. 17 Hoe wonderlik is u gedagtes vir

my, o God, hoe magtig hulle almal! (Psalm 139)

Gesels saam oor wat elke lid van die gesin se unieke eienskappe is. Dink aan dinge en gewoontes van elke

gesinslid wat hom of haar anders maak as die ander. Sê as ’n gesin saam dankie dat God elkeen wonderlik anders

gemaak het en dat elkeen nie dieselfde is nie! Sê dankie dat julle mekaar het.

Woensdag

27 Februarie GENADEGESKENK

Die kerk vra: Waar gaan jy betrokke raak? Wat is jou

gawe? Die kerk spoor aan: Ontdek jou gawe. Ontdek

jou plek. Meld aan vir diens. Dit is ’n opdrag. Gee jou

tiende. Jou dankoffer is belangrik.

En ek tas verward rond, nie heeltemal seker van waar

ek inpas en hoort nie. Wat kan ek doen? Waarmee is

ek goed? Wat is my doel op aarde? Waarvandaan kom

ek en waar gaan ek heen? Wat beplan God vir my?

Benoud omdat ek weet ek moet betrokke raak, maar

nie heeltemal seker oor wat en waar nie. Onseker van

myself en my vermoëns. Kan nie glo dat God juis vir

my, wat eintlik maar net gewoon is, sou seën met ’n

besonderse talent of vermoë nie. Daar is ander

wonderlike mense wat oral raak vat. Wat dinge kán

doen. En wat dinge dóén. Ander wat geld en dinge

hét om te gee. En ek hou maar hier langs die veld in

die skaduwee rond.

Ek weet daar is ellende in die wêreld. En ek weet dit is

Christene se opdrag om hierdie ellende te help verlig.

Ons moet sonskyn en hoop bring. Ons moet werk om

die wêreld ’n beter plek te maak. Ons moet elke dag

iets van onsself gee om God se koninkryk te help

vestig en uitbrei. In ons eie huis en selfs sover as die

uithoeke van die beskawing waar die wêreld steeds

op die rand van chaos bewe. Ons moet iets van

onsself gee en God verwag geld ook. En dan voel ek

so bitter skuldig omdat ek nie eintlik iets doen nie.

Omdat ek te besig raak om te gee. Iets van myself. En

boonop het ek nie eintlik geld om by te dra nie. My

gesin draai alreeds elke sent om net om die pot aan

die kook te hou.

Ek voel of ek in ’n gat sit en verdrink in gevoelens van

ontoereikendheid en skuld. En ek kan nie uitkom nie.

En my lewe is vasgeval in hierdie bose kringloop van

niks doen en selfverwyt.

Stop. En dink vir ’n oomblik oor hierdie woorde van

Rob Bell: When we empower others, when we extend

grace to others in their oppression – whatever that may

look like – we find out about the grace that God has

extended to us. ... because in helping save someone

else from suffering, we may in the process find

ourselves being saved. From indifference. From the

inertia of inaction. From taking what we have for

granted. We leave a corner because our world is either

shrinking or it’s expanding. It’s either contracting in

itself, or it’s opening up. Our lives are either more and

more about us – more stuff, more unsatisfying

consumption – or we’re on a different path. So may you

come to see that grace isn’t fair. Redemption isn’t fair.

Liberation isn’t fair. And may you extend this

unfairness to others, finding out that your overflow is

somebody else’s necessity. May you find somebody

who needs what you have, only to discover that they

had what you needed all along.

Hóór die woorde.

Gawes is genadegeskenke wat God gee. Dit is

tweedoelig. Ons gebruik ons gawes om ander mense

se las te verlig. Om hulp en hoop te bring. God se

hande en voete hier op aarde. Maar die primêre doel

van gawes voel ons aan ons eie lywe. En dit word ’n

werklikheid in die woorde van Jesus Christus: Om te

gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang.

(Handelinge 20:35)

As jy in die gat van ontoereikendheid en selfverwyt

baai, klim uit. En geniet die genadegeskenke wat God

aan elkeen wat Hom lieXet uitgedeel het. As jy

ernstig na jou geskenk begin soek, sal jy vind dat dit

binne bereik wag om oopgemaak, ontdek en gebruik

te word. En moenie skroom om vir hulp te bid en te

vra nie. ook dit is binne elkeen se bereik.

Elkeen van ons het spesiale gawes ontvang. Gesels saam oor waarmee elke lid van die gesin goed is en hoe hy of

sy dit tot eer van die Here kan gebruik. Onderneem om te help ontdek as daar een is wat dalk nog nie weet wat sy

of haar gawe is nie. Dit is belangrik om van kleins af te weet dat ons gawes het en dat ons dit moet ontwikkel,

oefen en gebruik.

GROEI

Groei. ’n Woord vol belofte. ’n Groen woord wat

sonskyn en hoop bring.

Die piepklein saadjie wat in die grond val. Sommer so

daar waar die wind hom waai. Wat sterf om te kan

lewe. Eers ’n swelsel. Dan bars die lewe deur die

buitenste dop. Die wortel wat dorstig na vog soek.

Reik na onder in die klam grond in. En dan die

piepklein blaartjies. Lowergroen en perfek. Stoot

deur die grond op soek na die gesellige warmte van

die son. Om te fotosinteer. Om te kan groei. Iemand

plant. ’n Ander gooi nat. Maar dit is God wat laat

groei. Die groot Tuinier. Dit gaan dus nie om die een

wat plant of die een wat natgooi nie, maar om die Een

wat groei bring. Die Een wat die sonskyn afmeet. Nie

te min. Nie te veel. Anders skroei die blaartjies geel.

En Hy meet ook die water af. Gooi die dors grond

mildelik nat en die plantjie drink gulsig.

Die saailand van God.

’n Noot van frustrasie in Paulus se woorde aan die

gemeente in Korinte. Broers, ek kon met julle nie praat

soos met mense wat hulle deur die Gees van God laat lei

nie; ek moes praat soos met wêreldse mense, soos met

kindertjies in die geloof in Christus. 2 Ek het julle met

melk gevoed, nie met vaste kos nie, want julle kon dit

nog nie verteer nie. En julle kan dit ook nou nog nie

verteer nie, 3 want julle is nog wêreldse mense. Daar

kom jaloesie en twis onder julle voor. Is dit nie omdat

julle nog wêrelds is en julle wêrelds gedra nie? (1

Korintiërs 3)

Groei. Is nie beperk tot plantjies nie. ’n Mens groei

ook. Eers die pap babatjie wat niks vir homself kan

doen nie. Skreeu as hy honger is en die ma hardloop

met die bottel nader. Skreeu as sy vaak is en die pa

sus. Dan ’n peuter wat verwonderd die wêreld leer

ken. Kleuter. Laerskool. Adolessent. Jong

Donderdag

28 Februarie

volwassene. En eers met die ouderdom kom die

wysheid. Gewoonlik. Fisieke groei.

Paulus praat in 1 Korintiërs 3 van geestelike groei. En

die onbekende skrywer van Hebreërs skryf in

hoofstuk 5 op dieselfde trant: ... ’n Mens moet julle

met melk voed en nie met vaste kos nie. 13 Iemand wat

nog van melk lewe, kan nie saampraat oor wat reg of

verkeerd is nie, want hy is nog ’n kind. 14 Vaste kos is vir

grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat

deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te

onderskei. (Dalk was dit tog maar Paulus wat

Hebreërs geskryf het!)

En dan verduidelik die skrywer wat geestelike groei in

’n neutedop behels: Laat ons nie stilstaan by die eerste

dinge wat aangaande Christus verkondig word nie,

maar verder gaan na die volle inhoud van die boodskap.

(Hebreërs 6:1) Dit herinner aan die woorde in Jesaja

43:18-19 Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en

by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts

doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al

sien kom; Ek maak in die woestyn ’n pad, Ek laat in die

droë wêreld riviere ontspring.

Geestelike groei is ’n wonderlike ontdekkingstog. ’n

Roete na iets beter. Iets wat God beplan en moontlik

maak. Om geestelik te groei beteken om die pad te

stap. Met volharding en hoop. Dit beteken om

vorentoe te kyk in plaas daarvan om die hele tyd oor

die skouer te loer na wat verby is. Dit beteken om met

opgewondenheid uit te sien na geleenthede wat om

die volgende draai lê en wag. Dit beteken om in Jesus

Christus se voetspore te volg en die oog op Hom te

hou.

Geestelike groei is ’n avontuur om iets beters te vind.

Iets wat vir elkeen van ons beskikbaar is.

Gesels as gesin saam oor wat dit beteken om geestelik te groei. Vergelyk dit met ’n mens wat groei: die groeipyne

en die verskillende stadiums van grootword. EN dan die vraag: Hoekom is dit belangrik dat ’n mens sal

grootword? Hoekom kan ons nie babas of kinders bly nie?

Vrydag

1 Maart

Waarom behoort ons aan spesifieke denominasie?

Waarom gaan ons enigsins kerk toe? Omdat die Bybel

so sê? Dalk is dit waar vir enkele uitsonderings. Maar

nie vir die groot meerderheid van kerkgangers nie

Daar bestaan redes wat veel dieper strek en as ons

gaan delf, moet ons diép delf.

Die wêreld verwys dikwels met hoon na die kerk. Selfs

sommige Christene wat nie “kerk” nie, verstaan nie

die diep behoefte om aan ’n gemeente te behoort

nie. Dit is iets wat onder individue se velle inkruip. Om

soveel verskillende redes. ’n Baie persoonlike ding.

Die behoefte om “’n god” te aanbid is iets wat ons nie

verstaan nie. En dan natuurlik ’n geheim: Die behoefte

aan ’n god kan net versadig word as die ware God

aanbid word. En Paulus se woorde aan die geleerdes

van Atene in Handelinge 17: 27 God het hulle gemaak

om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om

Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie,

28 want deur Hom lewe ons, beweeg ons en bestaan

ons... Vir mý een van die mooiste verse in die Bybel.

Die hoeveelheid denominasies en onaXanklike kerke,

plaaslik én wêreldwyd, laat my kop sing. En dan praat

ek nié van kultusse nie. Ek praat van gelowiges wat in

verskillende kerkverbande dieselfde God aanbid. Wat

dieselfde Woord lees en glo. Wat gered is. Nou

waarom stig ons nie een groot gemeente en aanbid

almal saam nie? Goeie vraag. Maar daar is ’n goeie

antwoord ook. Elkeen van die gemeentes het ’n baie

spesiale manier van lofprysing en aanbidding. En so

ook elke mens. Is dit nie wonderlik nie? Maar

lofprysing en aanbidding is maar een van die

komponente van sy kerk. ’n Ander is onderlinge sorg.

Hier speel vriendekring, kultuurgroep en taal weer ’n

rol. Elkeen kies dus ’n gemeente waar hy gemaklik is.

Waar hy sonder moeite en inspanning kan aanbid.

Maar ons onthou steeds dat ons broers en susters in

WAAROM “KERK” ONS?

die ander gemeentes, ook deel van dieselfde liggaam

is. Boonop is ’n klomp kleiner gemeentes meer intiem.

Dit keer dat enigeen, veral dié wat swaarkry, wegraak

in die massas. Die belangrikste is dat elke gelowige

wel aan ’n gemeente behoort. Dit is die plek waar ons

Jesusliefde ervaar en versorg word. Die plek waar ons

stop vir pitkos. Dit laat my voel ek behoort.

Nog ’n vraag wat by my opkom, is waarom ek enigsins

aan ’n kerk behoort. Kan ek nie my Here in privaatheid

en meer intiem in my binnekamer aanbid nie? Sonder

dat mense my omring en soms selfs gekniehalter?

Behalwe vir die feit dat ons ’n wonderlike

versorgingsnetwerk in die kerk vind, is daar ’n ander

goeie en uiters geldige rede.

Ek gaan dokter toe as ek siek is. En kerk toe as ek

geestelike vrae het. ’n Teoloog studeer jare lank om

meer van God, sy Woord en sy kerk te probeer ver-

staan. Ons weet almal, uit ondervinding, hoe maklik

dit is om die Woord van God verkeerd te interpreteer

en hoe moeilik dit is om sekere gedeeltes te verstaan.

Niemand het die volle wysheid in pag nie en die spieël

bly dof. Daarom het ons al die hulp tot ons beskikking

nodig. Dink aan die wonderlike gesprekke wat in om-

geegroepe plaasvind. Het jy al gevoel hoe die Here sy

Woord vir jou blootlê deur ’n ander gelowige? Daardie

wonderlike gevoel dat die bloeisel wat so lankal toe

bly uiteindelik oopkelk. Dink net aan die gesukkel om

alleen te sit en ingewikkelde tekste te probeer ont-

leed en verstaan. Dink net aan die gevaar om die

Bybel verkeerd te interpreteer. Kan ons werklik God

se genade, liefde en die wonderlike troos in hoop

verstaan sonder koinonia? Ek is nie bereid om te

probeer uitvind nie. Daarvoor is “kerk” te lekker. ’n

Werkwoord, om die waarheid te sê. ’n Dinamiese,

lewende woord. Ons gaan nie net kerk toe nie, ons

“kerk”. En in die proses maak ons naderby kennis met

onsself, ons naaste en, bowenal, met ons God.

Gesels sommer net lekker saam oor waarom dit belangrik is om aan ’n kerk te behoort en om kerk toe te gaan.

Gesels ook waarom gesinslede, al is dit net soms, saam moet kerk toe gaan en nie alleen nie. Wat is vir elkeen

lekker van kerk toe gaan?

WEEK 5 Gemeenskap: ’n Nuwe lewe voor die Here

Sondag

3 Maart PAISLEY-KRUL

Die sirkel netjies in twee verdeel met so ’n paisley-

krul. Die een helfte swart met ’n klein wit kolletjie. Die

ander oorwegend wit met ’n swart kolletjie. Almal van

ons ken die Yin Yang. Bejeën die heidense teken met

agterdog. In antieke Sjinese filosofie beteken dit dat

daar twee komplimentêre magte in die heelal

bestaan. Yang verteenwoordig alles wat positief en

manlik is, terwyl Yin alles verteenwoordig wat

negatief en vroulik is. (Jammer, dames. Dit is mans

wat dit uitgedink het!). Volgens Sjinese filosowe is die

een nie beter as die ander nie. Beide Yin en Yang is

nodig om die geheel te vorm en ’n balans tussen die

twee skep die ideale omgewing.

Het jy al opgemerk dat elke positief ’n skootjie

negatief ook by het? Daardie swart kolletjie wat so

seer-oog daar sit. En elke negatief ’n skootjie positief.

Niks in hierdie wêreld is volmaak rein nie. Alias die

Sjinese, in elk geval.

Hoe kan ’n mens rein wees? Hoe kan ’n sterfling

onskuldig wees? Die mens is verdorwe. Die wêreld het

ontaard in iets pervers en onrein. So anders as wat die

Skepper bedoel het. Ek kan my natuur so maklik swaai

tussen die twee susters Yin en Yang. Ek is mos slim én

slinks. En meer kere as nooit is dit Yin wat sensueel

fluister. Yin wat met beloftes van ’n heuningsoet

uitkoms lok. Yin wat die stryd wen. Yin wat my in die

skuld dompel. En baie maal het ek die vermetelheid

om myself te troos met die minuskule stukkie Yang

wat in die Yin wegkruip. Daar is darem ’n stukkie goed

in my, Here. Kyk en wees trots!

Die verhewe Sjinese filosowe van ouds het nog nie mý

God ontmoet nie! Daar is een wonderlik

ondefinieerbare Wese wat verhewe is bo Yin en Yang.

’n Wese wat wél reinheid definieer. ’n Wese wat

volmaak goed is. En wat ’n wonderlike balans skep die

rein sirkel nie! Geen Yin in hierdie Yang! Geen Yin, om

die waarheid te sê! Rein en sondeloos balanseer Hy

met gemak die geheel van sy skepping in sy een hand

terwyl Hy my met die ander koester. Deur die rooi van

Sy bloed kan ook ék nou strewe na wit volmaaktheid.

Ongeëwenaard rein.

My gebed is dat my liefde opreg sal wees. Rein en

sonder vooroordeel. My gebed is dat ek alles wat Yin

Yang en wêrelds is sal verafsku. My gebed is dat ek sal

vasklou aan die wonderlike belofte van hoop wat daar

in my Here se volmaakte reinheid en goedheid is.

AMEN

9 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en

hou vas aan wat goed is. (Romeine 12)

Hier is voorstellings van die wêreld en van God se beelde van reinheid en balans. Gesels saam oor wat die verskil

is en waarom God se beeld beter is.

Bid saam as gesin vir die wêreld se beeld van reinheid. Bid dat God julle sal gebruik om die wêreld ’n beter, reiner,

meer gebalanseerde plek te maak soos dit sy wil is.

HARTLIKE BROEDERLIEFDE

Ek staan met ’n glimlag op en groet die dag. Die son

steek sy kop agter die rant uit en die eerste straal

streel my wang. Dit laat my dink aan my eintlike

tuiste. Daar ver oor die wye plein waar my geliefde pa

woon. Wat my met ’n lewensbelangrike boodskap na

hierdie omgewing gestuur het. So ’n barre aarde

sonder veel bome en groenigheid. Anders as die geil

wêreld waar ek vandaan kom. Daar waar alles maklik

groei en water volop is.

En nou sit ek in die hitte van die stryd. Die tyd het min

geword en die werk wag. Daar is nie nou meer kans

vir omdraai nie. My boesemvriende en kamerade lê

langs die karige vuurtjie en slaap. So in die koue daar

op die grond. Een vir een maak ek hulle wakker met

liefde wat my hart brand. Vir hierdie manne wat my so

getrou volg. Vryf die koue uit hul ledemate uit en dra

iets warms teen die ysige windjie aan. Die kos is

skraps, maar pa het beloof om te sorg dat hier darem

altyd iets is om die pyne weg te hou. Hy sal weldra

iemand stuur met ’n mandjie heilsaamheid.

Ek tel my staf op, stamp op die grond en die dag

begin. Op pad na Galilea. Die meeste ander volg die

langer pad aan die oostekant van die Jordaanrivier

verby. Samaria en die Samaritane daarmee saam is

taboe. Maar hoe kan ek die liefde in my hart keer?

Wat so onstuimig my lewe vul? Liefde wat ek

noodgedwonge vir alle mense voel. Ook vir die

“onheilige” Samaritane! En boonop kan ek nie die nut

daarvan insien om sonder rydiere die ekstra myle deur

die halfwoestyn te beur nie!

Laatoggend stop ons moeg by die put van Jakob.

Water is skaars in hierdie wêreld. Ek sit en wag terwyl

die ander skadu soek. Alles is stil en rustig. Hierdie

plek waar daar nooit ’n Jood kom nie.

Die vrou maak in die middel van die dag haar

Maandag

4 Maart

opwagting. Sekerlik om die oggend en laatmiddag-

toeloop van ander vroue en skindertonge te vermy. ’n

Randfiguur. Haar reputasie twyfelagtig en haar

lewensstyl immoreel. Ek kan dit sien aan die manier

hoe sy my met ’n sweem van uitdaging in die oë kyk.

Aan die effens swaai van haar heupe.

Ek voel hoe my oë straal van liefde. Vir hierdie arme,

arme vrou. Ek hou haar dop terwyl sy stadig nader

kom. Gaan staan. My met agterdog bejeën. Die Jood,

van alle mense, wat hier by die put sit. So helder

oordag. Ondersoek my gesig vir tekens van

vooroordeel, maar daar is niks. Net die liefde wat

brand.

Groot is haar verbasing toe sy later agterkom dat ek

wel genoeg rede tot vooroordeel het! Ek weet

immers van die vyf mans. Van die skinderpraatjies en

haar reputasie. En die verbasing nog groter toe ek

met liefde teenoor haar optree. Die gemeenskap het

haar uitgestoot en daar is geen vriendinne om haar

drumpel deur te trap nie. Mans gebruik haar vir hul

eie redes en plesier. En sy gryp na enige strooihalm

wat enigiemand na haar kant toe gooi. Liefde is vir

hierdie vrou ’n onbekende luuksheid.

En hier kom ek. ’n Jood. Tree met liefde en begrip

teenoor ’n stukkende mens op. ’n Mens vir wie ek nie

liefde behoort te voel nie. In die wêreld word liefde

uitgehou vir dié wat dit verdien. Die mooies en skones

en moreel gedissiplineerdes. Die rykes en belangrikes

na wie ander opkyk. Maar my Vader se opdrag was

duidelik: Ek moet liefde bring. Selfs na mense wat in

ander se oë dit nie verdien nie. Hy het My ’n hart

gegee wat oorloop van liefde. ’n Hart wat empatie en

simpatie en begrip vir álle mense voel.

En my opdrag aan jou: Wees lief vir jou God en wees

ook lief vir die wat Hy lieXet.

Lees saam Johannes 4:1-26. Gesels oor die wonderlike liefde wat Jesus, ’n Jood, teenoor hierdie Samaritaanse

vrou getoon het. Onthou dat die Jode en die Samaritane mekaar gehaat het. Regte rassisme. Hoe moet ons teenoor

ander optree as Jesus so teenoor hierdie vrou opgetree het? Bid en vra vir krag.

Dinsdag

5 Maart

1 Omdat julle kinders van God is en Hy julle lieRet, moet

julle sy voorbeeld volg. 2 Lewe in liefde, soos Christus

ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ’n

offergawe gegee het, ja, ’n offer wat vir God

aanneemlik was. (Efesiërs 5)

’n Offer wat vir God aanneemlik was. Die woorde lui ’n

klokkie. Iewers in my agterkop. ’n Padaanwysers op

ons Roete 12. Een van die moeiliker onderwerpe

waarna ons in die afgelope weke gekyk het. Romeine

12:1: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers

wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die

godsdiens wat julle moet beoefen.

Om die deel oor die offer wat vir God aanneemlik is

beter te verstaan, moet ons konsentreer op die

eerste deel van Efesiërs 5:2. Dit is eintlik die wesenlike

voorloper tot die heilige offer. Lewe in liefde. Net soos

Christus. Want die liefde soos Christus dit beoefen

het, het ’n heilige offer tot gevolg. ’n Heilige offer wat

vir God aanneemlik is. Dit is die liefde wat vir God

aanneemlik is. Dieselfde liefde waarmee Hy sy Seun

aarde toe gestuur het om in vernedering te sterf.

Dieselfde liefde waarmee sy Seun gehoorsaam was en

gesterf het. Dieselfde liefde wat ek moet mimiek. Die

New King James Version van die Bybel sê dit so mooi:

1 Therefore be imitators of God as dear children. 2 And

walk in love, as Christ also has loved us and given

Himself for us, an offering and a sacrifice to God for a

sweet-smelling aroma. (Ephesians 5).

Wees ’n nabootser van God en wandel in die liefde.

Ek het al die dagstukkies klaar geskryf voordat die

Pinkster begin het. Maar om die een of ander rede

kon ek nie vandag en môre se oop bladsye vul nie. Die

MIMIEK

bladsye voor en hierna het baas gekry, maar hierdie

twee het bly loer. Die woorde wou net nie kom nie. Ek

het na die skerm sit en staar maar die blanko het wit

teruggestaar. Sonder selfvoldaanheid of spot. Eerder

so asof die wit weet wat wag. Dat die sleutels

uiteindelik die regte boodskap sal vind. Ek het solank

die res van die stukkies vertaal. En steeds het die wit

tussendeur geskreeu. Ek het moedeloos geraak en in

die nag wakker gelê oor hierdie twee steeks bladsye

wat so daarvan hou om hand-aan-hand in die witheid

te baai.

Tot vanoggend toe. Dr. Johan Pienaar het hierdie jaar

die Pinkster in ons gemeente gelei. Sy derde

boodskap vir die week het my diep aangegryp. Die

teksvers: Efesiërs 5:1-2. En nou het hierdie bladsye hul

wit status verloor. So hier op ’n oggend in 2012. Hulle

het huis gekry. Want ek is doodseker dat die twee

blanke blaaie in spanning gewag het vir hierdie enkele

boodskap oor die liefde. Die liefde waaroor Dr.

Pienaar vertel het. Die liefde waarvan Paulus in

Efesiërs 5 praat. En die liefde waarna hy in Romeine

12:10 verwys: Betoon hartlike broederliefde teenoor

mekaar.

13 En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die

grootste hiervan is die liefde! (1 Korintiërs 13) Die liefde

bly die een enkele wesenlike komponent van ’n

Christen se lewe. Die basis waarop geloof en hoop

gebou word. Die liefde definieer my. Aan liefde word

ek gemeet. En ook mét liefde. Dit is die skaal waarop

ek geweeg word. En dit is die enigste gesindheid wat

geluk kan bring.

Dit is die offer wat vir God aanneemlik is.

Lees weer saam Efesiërs 5:1-2. In die Nuwe Testament vir kinders, lees die gedeelte so: Julle is kinders van God.

Hy is baie lief vir julle. Daarom moet julle net doen waarvan God hou. Vra altyd vir julleself wat Jesus sou doen

as Hy in julle plek was. Wees lief vir Jesus en wees lief vir ander mense. Kyk net hoe lief het Jesus ons gehad.

Jesus was selfs bereid om in ons plek aan ’n kruis te sterf. So het ons vriende van God geword. Gesels oor al die

aspekte van hierdie gedeelte. Oor elke sinnetjie. Dit is ’n kort opsomming van hoe ons op aarde moet leef.

’n LEWENSWYSE

Ek is elke dag so bewus van God se opdragte oor die

liefde. Ek lees dit in die groot swart boek. Ek hoor dit.

Word om elke hoek en draai daarmee gekonfronteer.

Maar weet ek regtig wat dit behels? Kan ek met

sekerheid sê dat ek die liefde van God kan definieer?

Hy is liefde. En ons verstaan Hom glad nie ten volle

nie. Hoe kan ons dan die liefde verstaan? In 1

Korintiërs 13 skryf Paulus oor die dowwe spieël. Ons is

onrein. Dit is net deur die wonderlike liefde en genade

van ons Here wat ons gered is. Vir God is liefde nie ’n

gawe nie. Dit is wie Hy is. Waarvan Hy aanmekaar

gesit is. Wie nie lieRet nie, het geen kennis van God nie,

want GOD IS LIEFDE. (1 Johannes 4:8)

En die woorde in 1 Johannes 3:14 laat my effe

ongemaklik voel: Ons weet dat ons klaar uit die dood

na die lewe oorgegaan het, want ons het ons broers

lief. Wie nie lieRet nie, bly in die dood. Kan ek met

opregte eerlikheid sê dat ek my broers en susters

lieXet? Bo dit alles moet julle mekaar lieRê. Dit is DIE

BAND wat julle tot volmaakte eenheid saambind.

(Kolossense 3:14) Beteken dit dan dat ons kerk nie in

volmaaktheid saamgebind is nie? Is ek die swak skakel

in hierdie ketting? Alles moeilike vrae om met

eerlikheid te antwoord.

Om lief te hê is moeilik omdat ek nie presies weet wat

dit beteken nie en omdat ek nie altyd die ontsettende

belangrikheid daarvan mooi begryp nie.

Maar moenie moedeloos raak nie! Daar is hulp! Slaan

jou Bybel oop by die bekende 1 Korintiërs 13 en lees

verse 4 tot 7. 4 Die liefde is geduldig, die liefde is

vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig

nie, is nie verwaand nie. 5 Dit handel nie onwelvoeglik

nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou

nie boek van die kwaad nie. 6 Dit verbly hom nie oor

onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. 7 Dit

bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Woensdag

6 Maart

Ons kan dalk nie die wese van Gods liefde ten volle

verstaan nie, maar die Woord is vol riglyne oor hoe

ons moet optree as ons met sy liefde optree.

Liefde is nie ’n gevoel nie. Dit is ’n lewenswyse. Dit is

’n keuse. Die keuse om soos Jesus teenoor ander op

te tree. Dit beteken om sag op te tree teenoor ander.

Dit beteken om nie myself nie, maar ander groot te

praat. Dit beteken om nie ander seer te maak nie. Die

liefde kan nie somme maak nie en haal nie onreg kort-

kort op nie. As ek iemand lieXet, raak ek nie verheug

as iets sleg met hom gebeur nie. Die liefde is geduldig

en vriendelik. Dit is wanneer ek nie net met my mond

nie maar ook met my oë glimlag. Wanneer ek werklik

omgee as ek aan iemand raak. Die liefde is nie

wipperig nie. En stilstuipe is definitief nie een van die

eienskappe daarvan nie.

Dr. Johan Pienaar gee praktiese riglyne: Om nie ander

sleg te behandel as hulle jou irriteer nie. Om hulle so

te hanteer dat hulle nie bang sal wees om by jou te

wees nie. Om ander dit wat hulle het te gun sonder

om lelik daaroor te wees as hulle dinge het wat jy nie

het nie. Dit beteken om nie heeltyd oor jouself te

praat en te spog nie. Om nie heeltyd te maak asof jy

beter as die ander is nie. Dit beteken om nie ongeskik

te wees nie, maar jou so te gedra dat ander tuis by jou

voel. Om nie net heeltyd aan jouself en jou eie

voordeel te dink nie. Om nie vir niks kwaad te word

nie. Om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd

doen te onthou sodat jy hom of haar kan terugkry nie.

Om ’n lewe van liefde te leef, is ’n moeilike mondvol.

Wie het nou weer gesê dit is maklik om ’n Christen te

wees? Maar om ’n lewe van liefde te leef, is sekerlik

die mees bevredigende lewenswyse moontlik. Dit

beteken om alle bagasie af te gooi en agter te laat.

Here, mag ek ander lieXê soos U my ook lieXet.

1 Korintiërs 13 is ’n wonderlike riglyn oor hoe ons altyd in liefde teenoor ander moet optree. Lees verse 4 tot 7 met

aandag deur en gesels oor wat elkeen van hierdie riglyne beteken. Hou aan om vir mekaar te bid!

Donderdag

7 Maart VERDRUKKING

Die Here bring nie die mens na diep waters om hom te

laat verdrink nie, maar om hom skoon te was. Die wyse

woorde van ene John H. Aughey. En dan die belofte in

Jesaja 43: Luister, so sê die Here wat jou geskep het,

Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees

nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is

Myne. 2 As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur

riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur

moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou

nie brand nie, 3 want Ek is die Here jou God, die Heilige

van Israel, jou Redder.

Ons almal word soms verdruk. Deur ander mense se

optrede teenoor ons. Deur omstandighede wat van

alle kante inmekaarsak. Deur ons eie begeertes en

verwronge beeld van situasies. Ons stoei met onsself

en met God. Met die mense vir wie ons lief is en

sommer net met die wêreld in die algemeen. Maar

ons weet ook dat daar altyd hoop in verdrukking is.

Die wonderlike hoop hang saam met Christus aan die

kruis. Daar waar Hy in vernedering gely het. En sy

laaste woorde as mens: “Dit is volbring.” Met hierdie

fluistering het Hy die verlossing ook na my gebring.

Die hoop het saam met Hom opgestaan.

Dawid het blykbaar maar min geslaap. As ek die ding

so kyk. Hy het die donker, stil ure gebruik om oor sy

Here te dink. Om te bid en te smeek. Om sy lot te

bekla. Hy het in die nag na hoop gesoek. En dit

telkens gevind. Hy het sy verdrukking na God gebring

en krag gekry. As ek aan U dink op my bed, oor U peins

in die nag, dan weet ek: U is vir my ’n hulp, en dan juig

en oor die beskerming onder u vleuels. Ek bly altyd naby

U, u hand ondersteun my. (Psalm 63:7-9)

12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking;

volhard in gebed. (Romeine 12) In moeilike tye klink

Paulus se opdrag haas ondoenbaar. Moeilik en buite

bereik. Hoe kan ek hoop vind as daar nie ’n greintjie

lig in my lewe sigbaar is nie? Hoe kan ek sterk staan

onder verdrukking as my bene nie meer wil nie? Hoe

kan ek volhard in gebed as my stem swak geraak het?

Die antwoord vind ek oor en oor in daardie heilige

swart boek langs my bed.

9 ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie, op

die grond neergegooi, maar nie vernietig nie. (2

Korintiërs 4)

26 Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en

hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse

Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle

nie? (Matteus 6)

En dan die pragtige woorde in Romeine 8:26: Die Gees

staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en

hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir

ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word

nie.

Stoei maar. Vra baie vrae. Moenie skroom om te praat

en te redeneer en te debatteer nie. Maar doen dit

biddend en smekend. Soekend na die waarheid en die

hoop. Tastend. Koorsagtig en met hunkering. En as jy

eendag in jou grysheid oor jou lewe terugkyk, sal jy

sien dat sy antwoorde soos ’n goue draad deur jou

jare loop.

Elke gesinslid moet nou hierdie vraag antwoord: Voel jy ook soms dat jy verdruk word omdat jy ’n kind van Jesus

is of omdat jy eerder in ’n spesifieke situasie die regte ding wil doen. Daar is godsdiensvryheid in ons land, so ons

word nie vervolg omdat ons Christene is nie. Maar die duiwel het meer subtiele maniere om ons by te kom.

Byvoorbeeld deur tergery as ons nie saam met ander iets verkeerd wil doen nie. Dink maar aan groepsdruk met

betrekking tot rook, drink, dwelms, seks, leuens, boelie. En dan praat ek nie net van kinders nie, maar ook van

volwassenes! Jy kan selfs vriende verloor of voel dat jy nie deel van die populêre groep is nie as gevolg hiervan.

Dit is baie moeilik! Gesels hieroor. Bid vir mekaar. Hardop. En tot die lewende God.

DANS EN SING

In Eksodus 25 gee God die opdrag: 8 “Hulle moet vir My

’n heiligdom oprig dat Ek tussen hulle kan woon. Die

tabernakel. En sy woorde in vers 22 wat daarop volg:

22 “Dáár sal Ek jou ontmoet. Ek sal met jou praat van die

deksel af tussen die twee gerubs uit wat op die ark met

die getuienis is. Al my bevele vir die Israeliete sal Ek jou

van daar af gee.” Die verbondsark was God by die

Israeliete. Die simbool van sy heilige teenwoordigheid

en beskerming. Die teken van uitverkiesing. Ook die

teken van sy toorn. Dit is voor hierdie selfde ark wat

Dawid gesing en dans het. Met feesvreugde en volle

oorgawe. Hy het immers geweet God is teenwoordig.

Net ’n paar maande vantevore het hy dit op die harde

manier geleer:

5 Dawid en die hele Israel het uitbundig voor die ark van

die Here gedans, begelei deur liedere, liere, harpe,

tamboeryne, ratels en simbale. 6 Toe hulle by die

dorsvloer van Nakon kom, gryp Ussa na die ark van God

om dit teë te hou, want die osse het gestruikel. 7 Die

toorn van die Here het teen Ussa ontvlam en God het

hom net daar, by die daad van heiligskennis, getref. Hy

het op die plek gesterf, langs die ark van God. 8 Dawid

was diep ontsteld omdat die Here vir Ussa so

weggeskeur het, en hy het daardie plek genoem Ussa-se

-Skeur. Dit is nou nog die naam. 9 Dawid het daardie dag

bang geword vir die Here en gesê: “Hoe kan die ark van

die Here nou na my toe kom?” (2 Samuel 6) Dawid het

na hierdie gebeurtenis nie kans gesien om die ark na

Jerusalem te bring nie. Ek sou ook nie!

Maar na drie maande het hy toe tog die ark weer

gaan haal: 12 … Dawid het toe gegaan en die ark van

God met feesvreugde uit die huis van Obed-Edom na

die Dawidstad toe laat bring. 13 Elke keer wanneer die

draers van die ark van die Here ses tree gestap het, het

hy ’n bul en ’n vetgemaakte kalf geoffer. 14 Met volle

oorgawe het Dawid voor die Here gedans met net ’n

Blaai om vir die huisgodsdiens...

Vrydag

8 Maart

linneskouerkleed aan. 15 Hy en die hele Israel het die ark

van die Here met gejuig en onder die geklank van die

ramshoring ingebring. 16 Terwyl die ark die Dawidstad

ingekom het, het Saul se dogter Mikal deur die venster

afgekyk. Sy het koning Dawid gesien terwyl hy spring

en dans voor die Here en sy het hom in stilte verag. (2

Samuel 6:12-16)

Ons het nie meer die ark by ons nie. Waar is God dan

nou? Het ons nog rede om te dans en juig?

Koos van der Merwe van die groep Prophet antwoord

hierdie vraag in ’n lied wat hy 20 jaar gelede geskryf

het: Daar was ’n houtkruis / ’n Redder aan ’n houtkruis

vas geslaan / Ja, daar was ’n houtkruis / en daarom sal

ek sing / Ek onthou vir Dawid / Voor die ark het hy

gedans en juig / Na die kruis van Jesus / hoe sal ons kan

hande vou en swyg / Wie sal my kan stil maak? / Wie sal

my kitaar se snaar aPreek? / Wie sal my kan

doodmaak / as my voete dan in dans los wil breek? / Ek

vra nie hoe jy voel nie / As gevoelens hoegenaamd

besluite raak / Dan was daar nooit die pyn nie /toe die

spykers deur die bloed daardie houtkruis kraak

Gaan soek ’n kruis in jou huis. Iewers moet daar ’n

kruis hang. Dalk ’n prentjie in ’n boek of ’n boekmerk

in jou Bybel. Kyk na die kruis en weet: Die kruis is God

met ons. Teken van God se beskerming en liefde.

Teken van jou verlossing en uitverkiesing. Die teken

van sy heilige teenwoordigheid in jou huis en lewe.

En dan dans en juig jy met volle oorgawe voor jou

Verlosser. Daar wag immers ’n blink toekoms op jou!

Sing uitbundig. En lag hardop. Met feesvreugde.

Geesdriftig en vrolik. Gooi al die bagasie af. Gooi die

jas van gereserveerdheid af. Die Skepper het gekom!

11 Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd

geesdriftig, dien die Here. (Romeine 12)

LORD OF THE DANCE

Sydney Carter

I danced in the morning when the world was begun

I danced in the Moon and the Stars and the Sun

I came down from Heaven and I danced on the Earth

At Bethlehem I had my birth:

Dance then, wherever you may be

I am the Lord of the Dance, said He!

And I'll lead you all, wherever you may be

And I'll lead you all in the Dance, said He!

I danced for the scribe and the Pharisee

But they would not dance and they wouldn't follow me

I danced for the fishermen, for James and John

They came with me and the Dance went on:

Dance then, wherever you may be

I am the Lord of the Dance, said He!

And I'll lead you all, wherever you may be

And I'll lead you all in the Dance, said He!

I danced on the Sabbath and I cured the lame

The holy people said it was a shame!

They whipped and they stripped and they hung me high

And they left me there on a cross to die!

Dance then, wherever you may be

I am the Lord of the Dance, said He!

And I'll lead you all, wherever you may be

And I'll lead you all in the Dance, said He!

I danced on a Friday when the sky turned black

It's hard to dance with the devil on your back

They buried my body and they thought I'd gone

But I am the Dance and I still go on!

Dance then, wherever you may be

I am the Lord of the Dance, said He!

And I'll lead you all, wherever you may be

And I'll lead you all in the Dance, said He!

They cut me down and I leapt up high

I am the Life that'll never, never die!

I'll live in you if you'll live in Me -

I am the Lord of the Dance, said He!

Dance then, wherever you may be

I am the Lord of the Dance, said He!

And I'll lead you all, wherever you may be

And I'll lead you all in the Dance, said He!

Hierdie boonste lied is deur ’n Ier geskryf. Sydney Carter. Ons eie Laurika

Rauch sing dit ook. Dit vertel van die dans wat Jesus hier op aarde gedans

het. Eintlik ook oor hoe Hy alles wat Hy in die naam van die Vader aangepak het,

met lof, aanbidding, dankbaarheid en gehoorsaamheid gedoen het.

Is dit vir julle gesin ook wonderlik en lekker om God te aanbid? Gesels oor watter deel van lofprysing en

aanbidding (“worship”) vir elkeen spesiaal is. Luister ook sommer saam na bietjie musiek as julle kans het.

Gesels oor ’n klip in die bos...: Wat sal gebeur as ons ons wêreldse inhibisies (iets fisies of verstandelik wat ’n

spesifieke aksie vertraag, teenhou of onderdruk) ten opsigte van lofprysing afgooi en die Here loof en prys soos

Dawid dit gedoen het?

WEEK 6 Oorwin die bose

KEN DIE VYAND

Hy was van die begin af ’n moordenaar. En hy staan nie

aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen

waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is

dit volgens sy aard, want hy is ’n leuenaar en die vader

van die leuen. (Johannes 8:44)

’n Middelslag mannetjie oortrek met lang, stekelrige,

swart hare. Geniepsige horinkies op die kop. Hoewe

waar jy voete sou verwag. ’n Gevaarlike vurk in die

hand. En natuurlik ’n vieslike stert. ’n Ware

aapskeloeder. Die duiwel van my kindertyd. Reg uit

die Sprokies van Grimm. Ek sou hom sien aankom.

Genoeg tyd om hard en aanhoudend om hulp te

skreeu. En as die engel in sy goue glorie verskyn, ’n

swart roetstof wat ruik na vrees en nederlaag.

Hmmm… Na ’n paar jaar op aarde is ek nou bietjie

slimmer. Eintlik ontnugter. Hy besoek my in ’n heel

ander kleed. Soms net ’n fluistering in die wind. Sagte

gedagtes van aanmoediging. Of miskien

ontmoediging. ’n Briesie wat sade van twyfel,

mismoedigheid en wanhoop fluister. En dikwels vind

hierdie sade ’n vrugbare lêplek in my siel. Hy kom

soms in die kleed van my eie gedagtes. En sy stem het

sterk oortuigingsvermoëns. Dit klink so al asof dit die

waarheid kan wees… Maar hy was en is en bly die

donker vader van die leuen. Boos en wispelturig. Daar

is geen waarheid in hom nie. Al kleur hy die

leuenkleed hoe mooi in. Hy saai angs, wanhoop,

ongeloof, vrees, moedeloosheid, haat,

onvergewensgesindheid, jaloesie. Alles wat boos is.

Wie is die Satan? Hy is ’n swart, hopelose boosheid

wat oor die donker vermoëns beskik om mense saam

met hom die afgrond in te trek. ’n Stuk negatiewe

energie. ’n Parasiet. Hy is ’n hartseer realiteit. En hy

teer op mense se ongeloof in God. Hy teer op die

vrugte van die sade van boosheid wat hy saai.

Sondag

10 Maart

Hy is die vyand en hy werk met ’n spesifieke,

weldeurdagte plan. 14 En geen wonder nie! Satan self

doen hom voor as ’n engel van die lig. (2 Korintiërs 11)

Satan en sy trawante het uit die hemel geval.

Uitgeskop. Tot op die aarde. Wat ’n plek om te land?

Ons sit nou met hom en moet leer om sy planne te

verstaan. Ons moet ons vyand ken!

Jesus Christus het hulle ontwapen en hul nederlaag in

die openbaar vertoon (Kolossense 2:15). Maar onkruid

vergaan nie. En veral nie onkruid wat verneder en

kwaad is nie. Christus se vernedering op aarde het vir

Hom oorwinning gebring. Maar Satan is nie tot iets

positiefs in staat nie. En definitief nie tot berou en

bekering nie. By hom het vernedering ’n ewige,

skryende behoefte aan wraak gebring. Wraak en

haat. En die uiterste bevrediging? Om soveel moontlik

aanhangers met hom saam te neem warmplek toe.

Die hel is ’n aaklige werklikheid waarmee ons almal

moet saamleef.

En steeds is daar selfs Christene wat sy bose bestaan

ontken! Ons moenie die duiwel onder elke bos

probeer uitkrap nie, maar ons moet die vyand ken! Sy

grootste moderne wapen is dat ons hom nie meer

sien nie. Hy het homself so in die wêreld ingewurm

dat hy deel geword het van ons daaglikse bestaan. Hy

is op ’n baie gerieflike plek. Hy het nes geskrop. Sy

mag het gegroei. Hy het verskans geraak in ons

lewens. In die dinge wat ons teëkom. Hy teer op

slegte dinge waarvan desensitasie een is. En veral die

desensitasie van Christene. Hy teer ook op paranoia

of vervolgingswaansin.

Hy is die GROOT oëverblinder. Die GROOT leuenaar.

Die GROOT versoeker.

Ken die vyand!

Niemand van ons wil te veel aandag aan die Satan gee nie. Maar dit is tog belangrik om iets te weet van hoe hy te

werk gaan hier op aarde. Gesels oor julle beeld van die duiwel en hoe hy werk in die wêreld. Ons moet hierdie

week aanhoudend bid dat God ons teen sy aanslae sal beskerm!

Maandag

11 Maart

Ek het my rug gehou vir dié wat my slaan, my wang vir

dié wat my baard uittrek. Ek het my gesig nie

weggedraai toe ek bespot en bespoeg is nie. (Jesaja

50:6)

Om ’n mens te wees, is nie maklik nie. Ons maak met

swaarkry ’n bestaan uit die aarde. Ons werk hard. Ons

liggame word elke dag ouer en hou na ’n ruk op met

werk. Word siek – soms baie siek. En elkeen van ons

moet die moeilike, onbekende skuif tussen lewe en

dood maak. Vroue bring met groot moeite kinders in

die wêreld en almal weet dit is nie maklik om hulle

groot te maak nie. Haar man heers oor haar. Die

sonde en die hartseer wat ons bestaan op aarde bring,

kruip altyd iewers in die agtergrond weg. Die wêreld

en sy heerser toon geen genade nie. Ons word

gedurigdeur onderwerp aan versoeking, pyn en

lyding.

Die lewe is vol swaarkry. Om ’n mens te wees, is nie

maklik nie. Dit is in vele opsigte vernederend.

En tog het Jesus Christus in gehoorsaamheid aan sy

Vader mens geword. Ons hou van bevordering en

verhoging, maar Hy het ’n afgradering na die laagste

moontlike posisie aanvaar. Die posisie van mens.

Maria – swanger buite die eg en Josef saam met haar

in die sop. Die voorgeboorte rit op die donkie om

gehoor te gee aan die onderdrukkende Romeinse

keiser se versoek om sy onderdane te tel. Die eerste

geboortepyne en nêrens om te rus nie. En dan die

geboorte in ’n stal. Met kleinvee en skaapwagters as

getuies. Grootwordjare in Nasaret. “Kan daar uit

Nasaret iets goed kom?” (Johannes 1:46) Later jaag

DIE GROOT OORWINNAAR

hulle Hom uit die dorp en wil Hom van die kranse

afgooi. Die mense voor wie Hy grootgeword het.

Nie eens sy dissipels het altyd sy woorde verstaan nie.

Nog minder die mense wat kom luister het.

20 Jesus sê vir hom: “Jakkalse het gate en voëls het

neste, maar die Seun van die mens het nie eens ’n

rusplek vir sy kop nie.” (Matteus 8)

Sy familie het op ’n stadium gedink Hy het van sy kop

afgeraak en die Skrifgeleerdes het Hom daarvan

beskuldig dat sy gesag direk van die Satan af kom!

En dan die verdere vernedering van sy verhoor. Die

verraad deur een van die Twaalf. Petrus se pynlike

ontkenning. Die arres en géseling. Van Annas na

Kajafas na die Joodse Raad na Pilatus na Herodes. En

terug na Pilatus. Die volk wat aandring op sy

kruisiging. Gedwing om sy eie kruis te dra, maar net te

swak. Die Via Dolorosa. Vasgespyker tussen twee

misdadigers. Die laaste asem. Dood. Verneder.

Maar…

Uit die vernedering is ’n heilige, wondersoet

oorwinning gebore! En daarvoor sê ons met respek

en erkenning dankie. Elke dag.

Paulus skryf in Romeine 12:21: Moet jou nie deur die

kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die

goeie.

Al wat ons kan doen, is om dankie te sê dat ons hulp

tot ons beskikking het om die versoek uit te voer. Al

die hulp wat ons moontlik mag nodig hê. Jesus

Christus het reeds die kwaad oorwin! Met die goeie!

Ons Here Jesus het die stryd namens ons gewen! Die duiwel is oorwin! Maar Hy het gewen deur Homself te

verneder. Lees saam die gedeelte hierbo en gesels oor hoe moeilik dit vir Jesus was om aarde toe te kom en

verneder te word.

Sê met lofprysing en aanbidding dankie dat Hy deur hierdie 33 jaar op aarde geworstel het om ons te kom red.

VERSOEKING: LEER BY JESUS CHRISTUS

12 Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn

in, 13 waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die

Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde

diere, en die engele het Hom versorg. (Markus 1)

Versoeking is ’n nare ding. Ons almal lei elke dag

daaronder. En die ideaal is om dit te weerstaan.

Sonder moeite. Net soos Jesus. Maar heel dikwels val

ek onder die druk en die las van die versoeking. Die

gras lyk immers altyd groener aan die anderkant van

die draad. En as ek dan die grens oorgesteek het kom

ek agter dit is eintlik tog maar beter waar ek vandaan

kom. Baie beter. Telkens. Altyd spyt omdat ek

toegegee het en nie sterk gestaan het nie. Maar

toegee is in die hitte van die oomblik soveel makliker.

En dan kom die woorde van Jesus by my op. Waak en

bid, sodat julle nie in die versoeking kom nie. Die gees is

gewillig, maar die vlees is swak (Matteus 26:41). ’n

Verskoning wat ek dikwels met ’n sug gebruik. Die

gees is gewillig, maar die vlees is swak.

Versoeking is ’n moeilike ding. Selfs Jesus moes

daaronder ly. Plaas jouself vir ’n oomblik aan sy sy. Hy

is nou net in die Jordaan gedoop en vol van die warm,

energie van die Asem van God. Saam stap julle in die

skemer weg. Skielik verskyn die einste Gees in sy volle

glorie. Jesus wink en saam word jy die woestyn in

gelei. Hy plaas jou sagkens agter ’n klip en wys met sy

heilige vinger. Jy moet waarneem. In stilte. Nie

inmeng nie! Jy hoor ’n magtige, aaklige gebrul en loer

beangs agter die klip uit. Daar buk ’n verskriklike

aakligheid oor Jesus. In ’n rasperstem daag hy uit: “As

U die Seun van God is, sê vir hierdie klip dit moet brood

word.” Hy weet maar te goed dat Jesus bitter honger

is. Stilweg moedig ek Jesus aan om tog te maak soos

hy sê. Dalk kan ek ’n stukkie brood aas… My maag

skreeu al vir drie dae lank! Maar Jesus verras my én

die aakligheid met sy heilige woorde: “Daar is

geskrywe: ’n Mens leef nie net van brood nie.”

Dinsdag

12 Maart

’n Paar dae later lê ek steeds lusteloos en swak agter

die klip. Ek hoor ’n harde geskree. Met groot fanfare

maak die naarheid weer sy verskyning. Hierdie keer

sleep hy die Heiligheid na ’n duiselingwekkende

afgrond en hel gevaarlik oor. Melodramaties roep hy

beelde van al die wêreldkoninkryke in rook op en

rasper: “Aan U sal ek al hierdie mag en majesteit gee,

want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek

wil. Dit sal alles aan U behoort aan U maar net voor my

buig en my aanbid.” Ek wonder swak wat die

antwoord sal wees. Hierdie episode moet nou agter

die rug kom. Ek verlang huis toe! Maar Jesus staan

sterk: “Daar staan geskrywe: Die Here jou God moet jy

aanbid en Hom alleen dien.” Die duiwel verkas met ’n

woedende brul.

Veertig dae gaan verby. Sonder kos. In die woestyn.

Maar wonder bo wonder bly ons lewe. Die engele

sorg. Ek slaap die meeste van die tyd in die klip se

skadu. My lippe gebars en my maag anderkant kramp.

Weer die aardskuddende brul. Hy ken geen einde nie!

Hy sleep Jesus na Jerusalem. Ek agterna op die engel

se vlerk. Hy maak Hom staan op die hoogste deel van

die tempel en daag met genoegdoening uit: “As U die

Seun van God is, spring hier af! Daar staan mos

geskrywe: Hy sal sy engele opdrag gee om jou te

beskerm, en ook: op hulle hande sal hulle jou dra sodat

jy nie jou voet teen ’n klip stamp nie.” Die laelak se

kennis van die Bybel verbaas my! Maar Jesus steur

Hom nie aan geveinsde wysheid nie. “Jy mag die Here

jou God nie op die proef stel nie.”

Net die volgende dag kom versoek hy my. Daar in my

eie huis. Ek is eintlik verbaas om die vent so gou weer

te sien. Net in ’n ander jas. Maar ek dink aan Jesus se

woorde en stuur hom na sy peetjie!

Versoeking is ’n nare ding waarmee elkeen van ons elke dag sukkel. Lees saam Lukas 4:1-13. Hoe kan ons by

Jesus leer hoe om versoeking te weerstaan? Bid nou saam Matteus 6:9-13, met die klem op vers 13.

Woensdag

13 Maart

Het jy al ooit die krag van gebed gevoel? ’n Vriendin

wat vir jou bid. Sommer net. Of dalk ’n hele

gemeenskap wat bid in krisistye. ’n Wonderlike

tinteling en rustigheid wat hier oor jou hele lyf kom lê

as jy hoor hoe iemand vir jou pleit by God. Pleit vir

krag en wysheid. Vir genesing of hoop. Dalk vir heilige

antwoorde op jou vrae. Of dalk vir berusting en vrede.

Wat alle verstand te bowe gaan.

3 ’n Ander engel het toe gekom en by die altaar gaan

staan met ’n goue wierookbak. Daar is baie wierook aan

hom gegee om dit saam met die gebede van al die

gelowiges op die goue altaar voor die troon te offer. 4

Die rook van die wierook wat deur die engel geoffer is,

het saam met die gebede van die gelowiges opgestyg

voor God. 5 Toe het die engel die wierookbak geneem,

dit met die vuur van die altaar volgemaak en dit op die

aarde uitgegooi. Daar het donderslae, dreunings,

weerligstrale en ’n aardbewing gekom. (Openbaring 8)

As God soveel waarde aan die gebede van gelowiges

heg, hoeveel waarde dan nie aan die gebede van sy

geliefde Seun nie?

31 “Simon, Simon!” het Jesus gesê. “Luister! Die Satan

het daarop aangedring om julle soos koring te sif.

32 Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie

begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy

jou broers versterk.” (Lukas 22) En ook sy gebed in

Johannes 17: 11 … “Heilige Vader, bewaar hulle in u

Naam, die Naam wat U My gegee het, sodat hulle net

soos Ons een kan wees… 15 Ek bid nie dat U hulle uit die

wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die

Bose moet bewaar… 20 “Ek bid egter nie net vir hulle

nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof

in My sal kom… 22 Die heerlikheid wat U My gegee het,

het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees

BID

net soos Ons een is: 23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle

volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat

U My gestuur het en hulle lieRet net soos U My lieRet.

Die gedagte aan Jesus wat vir mý bid, is hartroerend!

Dit sit my op ’n plek waar ek veilig voel. Dit gee my

nuwe moed. En hoop. Dit laat my geliefd voel. So of

ek wel saak maak. Al is ek hoe nietig en my wêreld

hoe klein. Al sondig ek en is ek soms liggelowig. Al

stel ek Hom hoeveel maal bitter teleur. Al laat ek my

soms deur versoeking van die pad af lei. Jesus pleit en

bid vir my. Daar waar Hy op die troon langs sy Vader

die wag hou.

En die Heilige Gees het Jesus se gebed kom voortsit.

Nou al meer as 2 000 jaar volhard Hy. Sonder om

moed op te gee. Al gee ek Hom dikwels rede. Die Gees

staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en

hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir

ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word

nie. (Romeine 8:26)

Ek het al baie gewonder hoe hierdie versugting klink.

Dalk soos ’n ou woudreus wat liggies kraak in die

wind? Of miskien die geluid wat ’n orkaan maak. ’n

Harde, bonatuurlike skreeu? … Dalk soos ’n

kaggelvuur wat in die skoorsteen opfluit … Ek hoop

dat die hemel eendag vol sal wees van hierdie

wonderlike versugting!

Gebed is een van die mees effektiewe wapens in die

heilige oorlog. Oorwin die kwaad deur die goeie.

Oorwin die kwaad deur gebed. Want daar kan net een

ding uit ’n opregte, gelowige gebed voortkom, en dit

is die goeie. En hoe anders kan ek keer dat die kwaad

my nie sal oorwin nie? Deur gebed. Deur gesprek met

my Here.

Gesels oor wat presies van julle ’n gesin maak. Hoekom noem ons mense wat soos julle saam is ’n gesin?

Waarom, dink julle, is dit belangrik dat gesinslede vir mekaar moet bid? Nie net die pa en die ma vir die kinders

nie, maar ook die kinders vir die ouers en vir mekaar. Wat, sou julle sê, gebeur as gesinslede vir mekaar bid?

Bid nou vir mekaar. Ernstig.

BEWAPENING

Alweer voor die spieël. So kaal soos die dag toe ek

gebore is. Eintlik kaler. So kaal en skoon soos die dag

toe ek wedergebore is. Die voorgeboortelike

skandswart weggewas. Al was julle skarlakenrooi van

sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle

purperrooi, julle sal wit word soos wol. (Jesaja 1:18)

Eintlik so weerloos voor God en die spieël. Maar net ’n

mens. Onseker en blootgestel. Al die dinge wat

vroeër so gemaklik en gerusstellend was nou skielik

aan die boom van verbode vrugte. En soos die slang

van ouds, hou Satan aan om te verlei. Te wink. Te

oorreed.

Om ’n Christen te wees, is nie maklik nie! Dit is werklik

die nou, moeilike bergpaadjie wat na die wonderlike

ewigheid lei. Die hoofweg doer onder op die

gelykte… So aanloklik. Dit raak nie makliker nie. En

die drang na God en heiligheid raak ook nie versadig

nie, aan die ander kant. Ons is immers gemaak om

Hom te soek. Om rond te tas na Hom.

Op ’n manier moet die naaktheid bedek word. Die

weerloosheid en onsekerheid oorkom word. My nag

is dan nou verby. En met die wedergeboorte het die

dag gekom. Maar ook die oorlog. Soveel om te leer,

soveel om te leer. Die nag is byna verby; dit is amper

dag. Laat ons dan ophou met die werke van die

duisternis; laat ons die wapens van die lig opneem.

(Romeine 13:12)

Bedek die sagte teikens. Maak toe. Eers die

borsharnas om die brose hart te beskerm. Hy hét my

vrygespreek. Geen twyfel daaroor nie. Dan die

stewige heupgordel. Trek hom lekker gemaklik vas.

Erken die Satan in sy wonderlike kleed vir die leuen

wat hy is. Nou die skoene. Gereed om die pad te vat.

Die helm om my verstand te beskerm. My gedagtes

en denke. My wese. Ek wéét mos Hy het verlossing

gebring. Die skild in die regterhand. Met hom moet ek

Donderdag

14 Maart

keer. Die brandpyle van ongeloof. Stewig met die

familiewapen aan die voorkant gegiet. ’n Gloeiende

kruis voor ’n oop graf. Nou my aanvalswapen. Die

swaard gemaklik in my regterhand. Kort, breed,

tweesnydend en vlymskerp. Kom, jou lae luis, kom! Ek

is reg vir jou! Ek met my Here aan die sy!

Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee,

sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige

aanslae van die duiwel. (Efesiërs 6:11)

Maar, helaas, dit is weereens nie so maklik nie!

Waarom kan ek dan steeds soms nie die nodige

weerstand bied nie? Want ek het nie die

wapenrusting aan nie! Of ek staan met die swaard in

die hand, maar weet nie hoe om die ding te gebruik

nie! Of ek onderskat steeds die inherente boosheid en

slinksheid van die opposisie! GROOT fout!

Hy vang my keer op keer met my spreekwoordelike

broek op my voete. Ek is telkemale doodeenvoudig

nie gereed nie. Of ek verwag een ding en staar ’n heel

ander in die gesig. Waar is die brullende monster dan

nou heen? Skielik doem ’n wonderlikheid voor my op.

’n Engel van die lig… En die aakligheid lag al die pad

huis toe.

Leer om die wapens te gebruik. Wees paraat. Plaas jou

vertroue op en vind jou krag in God. Dit klink na ’n

mondvol. Is dit nie makliker om net te laat gaan nie?…

Soos ’n bootjie in ’n rowwe see rond te dobber

sonder enige reisplan en bestemming in sig nie? Die

goeie nuus is dat dit met oefening en volharding ’n

lewenswyse raak. Die wapenrusting groei aan ’n

volhardende gelowige vas en word deel van sy lyf.

18

En dan die belangrikste skakel in die ketting: Doen

dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid

deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die

gelowiges. (Efesiërs 6)

Lees Efesiërs 6:10-17 saam. Dink na oor elke vers en gesels oor hoe ons die wapens kan gebruik teen die aanslae

van die duiwel en sy wêreldse vriende.

Hou aan om elke dag vir mekaar te bid vir krag en beskerming teen die duiwel.

Vrydag

15 Maart

’n Ander engel het toe gekom en by die altaar gaan

staan met ’n goue wierookbak. Daar is baie wierook aan

hom gegee om dit saam met die gebede van al die

gelowiges op die goue altaar voor die troon te offer. 4

Die rook van die wierook wat deur die engel geoffer is,

het saam met die gebede van die gelowiges opgestyg

voor God. 5 Toe het die engel die wierookbak geneem,

dit met die vuur van die altaar volgemaak en dit op die

aarde uitgegooi. Daar het donderslae, dreunings,

weerligstrale en ’n aardbewing gekom. (Openbaring 8)

Ek kan net nie ophou om hierdie vers te lees en aan te

haal nie! Die wonderlike beeld van gebede wat soos

wierook opstyg. Dwing my na trane. ’n Gedruis in my

ore. Hartklopping. Dit laat my voel ek lewe. Régtig.

Dit laat my voel of ek saak maak. Of ek behoort. Dit

laat my groot voel, al is ek klein en nietig.

Die goue wierookbak. Edel en lig. Duisende jare oud.

Deur Jesus self gelouter. Toe liefderyk gegiet en

gepoets tot verblindende blink. Suiwer goud.

Liefderyk en paraat kom die engel met die bak na die

altaar gestap. ’n Soldaat van die lig. So ernstig oor die

groot voorreg. ’n Ander gee wierook aan. Van mirre

gemaak. Lekker baie. O, die geur… Essens. Dit is ’n

spesiale geleentheid dié. En nou die tweede

bestanddeel van die heerlikheid. Gebede. Van

gelowiges wat bid. ’n Sagte, silwer poeier. Elke korrel

HAMER OP GEBED

’n smeking. ’n Danksegging. ’n Woord van lof. En die

verootmoediging tussenin skitterwit soos sneeu.

Die vuur kom nader en die offer vat vlam. ’n Silwer

rook draai op in ’n perfekte spiraal. Op die troon sit

my God en wag. Adem diep. Sug tevrede. En blaas

stadig uit. Nog ’n teug. Die asem van die Heilige. ’n

Knik na die engel.

Hy tel die vuur op en sit dit in die bak. Stap na die rand

van die hemel en giet dit uit. Oor die aarde.

Gebed het ’n kragtige werking. Donderslae.

Dreunings. Weerligstrale. Aardbewings. En die

wonderlike wapenrusting beteken niks sonder gebed

nie.

18

Doen dit alles biddend en smeek God by elke

geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid

19

gedurig vir al die gelowiges. Bid ook vir my dat

wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die

geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan

bekend maak.

Biddend. Smeek. Deur die gees. Waaksaam. Gedurig.

Vir al die ander gelowiges.

Bid, broer, bid. Vir my ook, asseblief.

Nou is ons ongelukkig by die einde van die reeks. Dit is jammer, maar nou kan ons steeds op die Romeine 12-

Roete 12 stap in Jesus se spore. Ons hoef nie nou weer van hierdie pad af te klim nie!

Lees nou Josua 24:15 saam. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien.

Gesels saam of julle gesin ook bereid is om hierdie woorde te sê en uit te leef. Om die Here as ’n gesin te dien, is

’n gewigtige besluit. Dit beteken dat elkeen van die gesinslede hom of haar aan God sal verbind. Dit beteken ook

dat die gesinslede sekere beloftes aan mekaar moet maak. Byvoorbeeld om mekaar te ondersteun en vir mekaar te

bid. Gesels oor so ’n besluit.

Bid nou saam. Maar nie vir die laaste maal nie! Hou aan om elke dag die Here saam as ’n gesin aan te roep.

I have been driven many times to my knees by the over

whelming conviction that I had nowhere else to go. My

wisdom, and that of all about me, seemed insufficient for the

day. (Abraham Lincoln)

OPPAD IN SUIDERKRUIS GEMEENTE

VIR DIE HERE, VANDAG, MORE …

TOTDAT HY KOM!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!