en wat van die ENGELE - Die Gereformeerde Kerk Bellville
en wat van die ENGELE - Die Gereformeerde Kerk Bellville en wat van die ENGELE - Die Gereformeerde Kerk Bellville
Hoofstuk 16 DIE OPSTANDING VAN JESUS CHRISTUS EN DIE WERK VAN ENGELE Joh. 20 : 11 - 18 Na die geboorte van ons Here Jesus Christus was daar nooit weer 'n verskyning van engele aan gelowige mense nie. Daar het slegs 'n engel in 'n droom aan Josef verskyn. Met die opstanding van ons Verlosser is daar plotseling weer vir mense sigbare aktiwiteit van die engele. Al die evangeliste skryf daaroor. Johannes berig ons oor twee engele in die graf. Hulle het wit klere gedra . Dit was opvallend want gewone klere was nie wit nie maar het verskillende kleure gehad. Die wit wys in die Skrif op die heiligheid van God en die afstraling daarvan op die engele en selfs op die mens. Die priester was ook in wit geklee . Daarom was dit so erg dat die priester Josua in vuil klere voor die engel van die HERE gestaan het en toe deur die Duiwel met reg aangekla is . Sag 3 ( vgl bl 41 ) Die Here Jesus het normaalweg ook geen wit klere gedra nie maar die gewone gekleurde of bont klere. So het die soldaat wat hulle op Golgota ge-erf het ook nie opvallend gelyk nie. Maar op die berg van verheerliking het Jesus se klere stralend wit geword, wit soos lig sê Matteus 17 : 2 en Markus sê 'Sy klere het blink geword , baie wit soos sneeu , wit soos geen bleiker op aarde dit kan maak nie ' 9 : 3 en so was dit vir die evangelis ook duidelik dat daardie wit nie aards nie maar beslis hemels was. Voordat ons Verlosser sou sterf kon Hy vir 'n kort tydjie soos 'n engel lyk, iets van Sy heerlikheid weer beleef. As ons dan in die Openbaringboek lees van die heilige hemelinge wat wit klere dra dan beteken dit nie dat hulle aan die engele gelyk is nie , maar dat hulle aan Christus gelyk sal wees vgl. 1 Kor 15 : 51 e.v. en veral 1 Joh 3 : 2 'ons weet dat ons as Hy verskyn , aan Hom gelyk sal wees..' By die opstandingsgraf is die engel deur Markus beskryf as 'n 'jongman' wat lang wit klere dra. In Israel het die mense 'n oog gehad vir skoonheid en jeug en ons sien dit ook in buite-Bybelse bronne se engelebeskrywings dat klem gelê word op die jeugdigheid van engele. Nie net hier by die graf nie maar in die algemeen het engele 68
opgeval deur die klere wat hulle gedra het, die jeugdige uiterlik en die stralende blik uit hulle oë , in kort uit hulle hele voorkoms het suiwerheid , reinheid , ja iets hemels uitgestraal sodat die mensekinders wel aan God en aan die hemel moes dink. Nogal opvallend dat van die duiwel en sy gevalle engele daar nêrens in die Skrif selfs maar iets van 'n aanduiding van hulle voorkoms gegee word nie. Seker daarom dat deur die eeue die beeldhou- en skilderkuns hulle te buite gegaan het in die skep van die afgryslikste drogbeelde . 'n Groot stuk van die armoede van die heidendom is ook juis so duidelik sigbaar en voelbaar in hulle afbeeldings van hulle gode in afskrikwekkende situasies en figure. In die leë opstandingsgraf staan die een engel daar waar die hoof van Christus gelê het en die ander een daar waar Sy voete was. Mooi wat as simboliese besonderheid opgeteken is : die engele baken die ruimte af waar die dood sy groot neerlaag gely het . Die magteloosheid van die graf omlys deur die hemelse heerlikheid. Net deur daar te wees verkondig hulle al aan die vrouens wat hulle ook onder woorde bring : waarom soek julle die Lewende by die dooies ? Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek.' Luk 24 : 5 Matteus beskryf vir ons die Paasgebeure nog meer visueel : 'Skielik was daar 'n geweldige aardbewing. 'n Engel van die Here het van die hemel afgekom , na die graf toegegaan , die klip weggerol en daarop gaan sit. Sy voorkoms was so blink soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu. Van skrik vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.' 28 : 2 e.v. Die aarde beef met bo-aardse geweld as die graf oopgebreek word. Die aarde en die aardse het nou al stuiptrekkings wanneer die mag oor die mens prysgegee moet word aan die Oorwinnaar oor die dood. Die swaargewapendes in diens van die magtiges van die wêreld wat die dood moet beveilig en die blyplek van die dood moet bewaak, beef ook. In die oorspronklike grieks word die geweldige aardbewing en die gebeef van die soldate met dieselfde woord beskryf. Die sekerheid van die dood word weggevee saam met die sekerhede van die mense wat gedink het dat hulle die dood as 'n onfeilbare bondgenoot teen Jesus gehad het . Die wagte van die dood , die bewakers van die dood word self soos dooies. Dit is die glorie en die humor van die opstanding van ons Here Jesus Christus. Die tereggestelde dooie word lewend en die 'lewende' voltrekkers van die vonnis word soos dooies ! Die verskyning van die engele is die eerste getuienis van die opstanding. Die tweede is die wegrol van die groot klip wat so noukeurig verseël en bewaak is. Eeue eerder toe die vernietigende mag van sonde en dood sy opwagting in die 69
- Page 17 and 18: kry sy engelewagters ook omdat Chri
- Page 19 and 20: Hoofstuk 5 ENGELE AS OGGENDSTERRE.
- Page 21 and 22: hy die son nooit nie - sonde en sku
- Page 23 and 24: die engele by God se magtige werk a
- Page 25 and 26: Veral in die boeke van Samuel sien
- Page 27 and 28: Jerusalem'. 1 Kron 21 : 16 Die uitg
- Page 29 and 30: Hoofstuk 7 ENGELE VIR ONS AS 'N VOO
- Page 31 and 32: nie kind nie maar onder die dienskn
- Page 33 and 34: Ons oë kan dan nie eers onbeskermd
- Page 35 and 36: uinperd gery het en agter hom was d
- Page 37 and 38: In die vierde hoofstuk lees ons 'n
- Page 39 and 40: sy bevele in ontvangs te neem . Hy
- Page 41 and 42: ondersteun. Maar dit bly nie daarby
- Page 43 and 44: deur God bepaal en beveel. Engele s
- Page 45 and 46: Hoofstuk 11 ENGELE IN DIE EVANGELIE
- Page 47 and 48: skaapwagters te beskryf nie. Juis d
- Page 49 and 50: staan nie maar spesifiek om met hul
- Page 51 and 52: weer tot in Getsemane. Die engele w
- Page 53 and 54: Here Jesus toe , tenminste dit klin
- Page 55 and 56: Christus was gehoorsaam aan die Skr
- Page 57 and 58: God en so van Christus , hulle is e
- Page 59 and 60: Hoofstuk 14 CHRISTUS SE UITSPRAKE O
- Page 61 and 62: Jesus Christus gehuil het. Dat dit
- Page 63 and 64: Hoofstuk 15 DIE ENGELE VAN DIE KLEI
- Page 65 and 66: 'amen'. Maar as die sabbat nie reg
- Page 67: altyd wel êrens 'n slegte plekkie
- Page 71 and 72: Hoofstuk 17. DIE ENGELE IN DIE HAND
- Page 73 and 74: Tot dusver was die verkondiging nog
- Page 75 and 76: was - Ek dank God dat ek meer ongew
- Page 77 and 78: magsposisies. In die Nuwe Testament
- Page 79 and 80: hulle wat die Woord verwerp wat deu
- Page 81 and 82: eker van alles , die sonde, maar di
- Page 83 and 84: gelowiges moet dus ook oor engele o
- Page 85 and 86: Hoofstuk 20. ENGELEDIENS. 1 Kor. 4
- Page 87 and 88: kruisiging van Jesus Christus sy un
- Page 89 and 90: Ons het hierby uitgekom omdat die a
- Page 91 and 92: gesing. Dag en nag , sonder om te r
- Page 93 and 94: afgryslike rampe waarmee die Here d
- Page 95: 'n Laaste opmerking en wel oor 'taa
opgeval deur die klere wat hulle gedra het, die jeugdige uiterlik en die stralende

blik uit hulle oë , in kort uit hulle hele voorkoms het suiwerheid , reinheid , ja iets

hemels uitgestraal sodat die mensekinders wel aan God en aan die hemel moes

dink. Nogal opvallend dat van die duiwel en sy gevalle engele daar nêrens in die

Skrif selfs maar iets van 'n aanduiding van hulle voorkoms gegee word nie. Seker

daarom dat deur die eeue die beeldhou- en skilderkuns hulle te buite gegaan het in

die skep van die afgryslikste drogbeelde . 'n Groot stuk van die armoede van die

heidendom is ook juis so duidelik sigbaar en voelbaar in hulle afbeeldings van hulle

gode in afskrikwekkende situasies en figure.

In die leë opstandingsgraf staan die een engel daar waar die hoof van Christus gelê

het en die ander een daar waar Sy voete was. Mooi wat as simboliese besonderheid

opgeteken is : die engele baken die ruimte af waar die dood sy groot neerlaag gely

het . Die magteloosheid van die graf omlys deur die hemelse heerlikheid. Net deur

daar te wees verkondig hulle al aan die vrouens wat hulle ook onder woorde bring :

waarom soek julle die Lewende by die dooies ? Hy is nie hier nie. Hy is uit die

dood opgewek.' Luk 24 : 5

Matteus beskryf vir ons die Paasgebeure nog meer visueel : 'Skielik was daar 'n

geweldige aardbewing. 'n Engel van die Here het van die hemel afgekom , na die

graf toegegaan , die klip weggerol en daarop gaan sit. Sy voorkoms was so blink

soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu. Van skrik vir hom het die wagte

gebewe en soos dooies geword.' 28 : 2 e.v.

Die aarde beef met bo-aardse geweld as die graf oopgebreek word. Die aarde en

die aardse het nou al stuiptrekkings wanneer die mag oor die mens prysgegee moet

word aan die Oorwinnaar oor die dood. Die swaargewapendes in diens van die

magtiges van die wêreld wat die dood moet beveilig en die blyplek van die dood

moet bewaak, beef ook.

In die oorspronklike grieks word die geweldige aardbewing en die gebeef van die

soldate met dieselfde woord beskryf. Die sekerheid van die dood word weggevee

saam met die sekerhede van die mense wat gedink het dat hulle die dood as 'n

onfeilbare bondgenoot teen Jesus gehad het .

Die wagte van die dood , die bewakers van die dood word self soos dooies. Dit is

die glorie en die humor van die opstanding van ons Here Jesus Christus. Die

tereggestelde dooie word lewend en die 'lewende' voltrekkers van die vonnis word

soos dooies !

Die verskyning van die engele is die eerste getuienis van die opstanding. Die

tweede is die wegrol van die groot klip wat so noukeurig verseël en bewaak is.

Eeue eerder toe die vernietigende mag van sonde en dood sy opwagting in die

69