en wat van die ENGELE - Die Gereformeerde Kerk Bellville

en wat van die ENGELE - Die Gereformeerde Kerk Bellville en wat van die ENGELE - Die Gereformeerde Kerk Bellville

gkbellville.org
from gkbellville.org More from this publisher
03.05.2013 Views

Satan praat oor die engele en daarmee betuig hy teen wil en dank hoe belangrik die engelewêreld selfs in sy goddelose oë is. Hy redeneer skynbaar reg dat die Seun van God sondermeer oor die engelepersoneel kan beskik. Satan se Skrifgebruik klink natuurlik reg - dit is so met meeste ketterye. Met los tekste en uit verband gerukte tekste kan baie dinge op sogenaamde Bybelgronde bewys word. Tipies duiwels misbruik Satan die Skrif deur 'n onvolledige Skrifaanhaling en daarom valse Skrifverklaring. Satan se Skriftoepassing is dat God se beloftes en bevele twee totaal verskillende dinge is wat hoegenaamd geen verband met mekaar het nie. Maar God se verbondsbelofte en verbondseise is onlosmaaklik aan mekaar verbind , dit is die twee kante van een en dieselfde muntstuk. Jesus staan Sy hele lewe op aarde onder die bevel om verpletter te word onder God se toorn. Op daardie lydenspad moet Hy sy voet stamp teen alle klippe wat maar gevind kan word. Hy sal geen ondersteunende hande van engele voel nie , maar die gebalde vuiste van duiwels ! Op die ontsettende swaar lydenspad mag Jesus nie na die belofte gryp voordat Hy aan die bevel gehoorsaam was nie. In die teks uit Psalm 91 wat Satan aanhaal , staan dat die HERE sy verbondskind sal bewaar 'op al jou weë ' of 'waar jy ook al gaan'. Nou is dit juis hierdie woorde wat Satan weglaat. Hy wil nie hê dat dit duidelik is dat God se beloftes slegs geldig is as op al God se weë gewandel word nie . Wanneer Psalm 91 in sy hele verband gelees word is dit duidelik dat dit oor mense gaan wat die HERE liefhet en dit wys deur ondanks die allermoeilikste omstandighede slegs die pad van Sy gebooie en van Sy roeping te volg. Hulle is so veilig dat engele hulle op daardie pad oor elke klip dra op bevel van die HERE. As Jesus nou van die tempeldak afspring , sou Hy dan die pad van Sy Goddelike roeping volg ? Natuurlik nie . Verlang die HERE van Hom dat Hy Hom in daardie gevaar begeef in volle vertroue op God se beskerming ? Natuurlik nie . Sy roeping was op daardie oomblik om die duiwel te volg na die tempeldak , om na hom te luister en om hom te antwoord. Dit bly tot vandag toe 'n geweldige versoeking vir sogenaamde vroomheid om God aanneemlik te maaak vir die mens. Dan moet geloof sy krag aan homself bewys. Dan word geloof verlok om met die Woord van God te eksperimenteer en die kunsmatige en buitengewone pad te kies. Juis hierdeur verloor die geloof homself. Geloof beteken nie om te vertrou dat God Sy krag by ons planne inwerp nie maar geloof is gehoorsame vertroue en vertrouende gehoorsaamheid. Die beloftes van God is net vir hulle wat op God se pad stap en dikwels... kruip. Die Satan staan buitekant die Skrif en gebruik dit. Die ware geloof staan onder die Skrif en is daaraan gehoorsaam. 54

Christus was gehoorsaam aan die Skrif en daarna stuur die Vader Sy engele om Hom te dien. Nou word die belofte van Psalm 91 heerlik vervul. Dieselfde belofte is vir ons . Christus het die diens van die engele verdien . Vir Homself en vir ons. Hoofstuk 13. DIE ENGELE TYDENS CHRISTUS SE OMWANDELINGE OP AARDE. Joh. 1 : 43 - 51 In die tyd wat ons Here Jesus elke dag saam met die dissipels die Belofteland deurkruis het , lees ons nie een keer van 'n verskyning van engele nie. Voor en na daardie tyd sommer verskillende kere , asof engele daardie tydperk omraam. Die volle lig laat God val op die verskyning van God - in - die - vlees , dan moet die diensknegte van God op die agtergrond bly. Jesus praat egter wel verskillende kere en selfs heel in die begin van Sy openbare optrede oor die engele. Die geleentheid was die geloofsbelydenis van Natanael . 'n Man wat die heel besondere vermelding uit die mond van die Messias kry dat hy 'n ware Israeliet was , 'n man in wie daar geen bedrog is nie. Joh 1 : 47 Hy was 'n seun van Israel nie van Jakob nie. Natanael kom tot geloof nadat Jesus hom gesê het dat Hy hom gesien het waar hy onder sy vyeboom gesit het voordat Filippus hom geroep het. Die verbaasde Natanael kom dan tot die pragtige belydenis : ' U is die Seun van God , die Koning van Israel !' Die Here Jesus antwoord hom dan met die vraag : 'Glo jy omdat Ek vir jou gesê het dat Ek jou onder die vyeboom gesien het ? Jy sal nog groter dinge as dit sien. ' As daar geloof is dan sal die gelowiges al hoe meer sien. Dan gaan die oë al hoe meer oop vir die groot rykdom van Christus se verlossingswerk. Want , vervolg Jesus : ' Dit verseker Ek julle - in die oorspronklik soos in die ou vertaling : voorwaar , voorwaar , .. Daardie Goddelike beklemtoning van iets wat baie belangrik is -dit verseker Ek julle : julle sal die hemel oop sien en julle sal die engele van God sien op- en afklim na die Seun van die mens toe '. Die Here Jesus gryp dus terug na die geweldige droom wat Jakob gehad het toe hy vir sy bedroë broer Esou gevlug het. Hy het die hemel oop gesien. En 'n lang leer wat die hemel met die aarde verbind het. En langs die leer 'n hele leërmag engele wat in een stuk deur op- en afgeklim 55

Satan praat oor die engele en daarmee betuig hy teen wil en dank hoe belangrik die

engelewêreld selfs in sy goddelose oë is. Hy redeneer skynbaar reg dat die Seun

van God sondermeer oor die engelepersoneel kan beskik. Satan se Skrifgebruik

klink natuurlik reg - dit is so met meeste ketterye. Met los tekste en uit verband

gerukte tekste kan baie dinge op sogenaamde Bybelgronde bewys word. Tipies

duiwels misbruik Satan die Skrif deur 'n onvolledige Skrifaanhaling en daarom

valse Skrifverklaring. Satan se Skriftoepassing is dat God se beloftes en bevele

twee totaal verskillende dinge is wat hoegenaamd geen verband met mekaar het

nie. Maar God se verbondsbelofte en verbondseise is onlosmaaklik aan mekaar

verbind , dit is die twee kante van een en dieselfde muntstuk.

Jesus staan Sy hele lewe op aarde onder die bevel om verpletter te word onder God

se toorn. Op daardie lydenspad moet Hy sy voet stamp teen alle klippe wat maar

gevind kan word. Hy sal geen ondersteunende hande van engele voel nie , maar die

gebalde vuiste van duiwels ! Op die ontsettende swaar lydenspad mag Jesus nie na

die belofte gryp voordat Hy aan die bevel gehoorsaam was nie.

In die teks uit Psalm 91 wat Satan aanhaal , staan dat die HERE sy verbondskind

sal bewaar 'op al jou weë ' of 'waar jy ook al gaan'. Nou is dit juis hierdie woorde

wat Satan weglaat. Hy wil nie hê dat dit duidelik is dat God se beloftes slegs geldig

is as op al God se weë gewandel word nie . Wanneer Psalm 91 in sy hele verband

gelees word is dit duidelik dat dit oor mense gaan wat die HERE liefhet en dit wys

deur ondanks die allermoeilikste omstandighede slegs die pad van Sy gebooie en

van Sy roeping te volg. Hulle is so veilig dat engele hulle op daardie pad oor elke

klip dra op bevel van die HERE.

As Jesus nou van die tempeldak afspring , sou Hy dan die pad van Sy Goddelike

roeping volg ? Natuurlik nie . Verlang die HERE van Hom dat Hy Hom in daardie

gevaar begeef in volle vertroue op God se beskerming ? Natuurlik nie . Sy roeping

was op daardie oomblik om die duiwel te volg na die tempeldak , om na hom te

luister en om hom te antwoord.

Dit bly tot vandag toe 'n geweldige versoeking vir sogenaamde vroomheid om God

aanneemlik te maaak vir die mens. Dan moet geloof sy krag aan homself bewys.

Dan word geloof verlok om met die Woord van God te eksperimenteer en die

kunsmatige en buitengewone pad te kies. Juis hierdeur verloor die geloof homself.

Geloof beteken nie om te vertrou dat God Sy krag by ons planne inwerp nie maar

geloof is gehoorsame vertroue en vertrouende gehoorsaamheid.

Die beloftes van God is net vir hulle wat op God se pad stap en dikwels... kruip.

Die Satan staan buitekant die Skrif en gebruik dit.

Die ware geloof staan onder die Skrif en is daaraan gehoorsaam.

54

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!