en wat van die ENGELE - Die Gereformeerde Kerk Bellville

en wat van die ENGELE - Die Gereformeerde Kerk Bellville en wat van die ENGELE - Die Gereformeerde Kerk Bellville

gkbellville.org
from gkbellville.org More from this publisher
03.05.2013 Views

sien nie. Een rede daarvoor is dat hulle in die Heilige Skrif soms soos mense na die werklike mense gestuur word. Soos mense maar dus nie mense nie. Ons moet altyd bly onthou dat die engele se blyplek die hemel is en ons blyplek die aarde totdat alles deur die Almagtige verander word. Ons moet daarmee rekening hou dat die optrede van 'n engel op aarde altyd iets buitengewoons is , 'n afwyking van die normale. Die koms van engele is altyd iets van 'n verrassing. Daar was tye dat engele nogal dikwels gekom het en dan weer eeuelank hoor ons niks van die koms van engele nie. Tussen die sondeval en Abraham hoor ons eeuelank niks nie maar na daardie windstilte sommer verskillende kere. As Israel in ballingskap is in Egipte en Babel dan hoor ons rondom daardie tye weer van baie engelewerk. Voor die koms van Jesus Christus swyg die hemel maar rondom Sy koms is daar weer baie aktiwiteit, om weer stil te word tydens Sy werk op aarde. Op die redes daarvoor is daar dikwels nie 'n bevredigende antwoord nie. Leef ons op die oomblik weer in 'n tyd van windstilte ? Dit sou dan kan saamval met die feit dat die Kerk hier is waardeur God sy Woord op hierdie aarde bring. Die Heilige Gees het in ons kom woon , Hy leef in die Kerk en rus die Kerk toe met al Sy hemelse gawes. Die saad groei en groei terwyl die Gees in alle stilte werk na die einde toe. Dan word daar aktiwiteit van die engele gesien soos nog nooit eerder nie. Nou kan ek nie sê dat daar vandag geen sigbare engelewerk meer is nie. Daar is mense wat sê dat hulle deur engele gehelp is. Wat ek wel kan sê is dat dit moontlik is dat veral op die sendingveld - en dit kan in ons tyd ook die stad wees - engele as God se diensknegte werk soos in die geval van Kornelius in Hand 10 . Maar die engel het daar net die noodsaaklikste gedoen deur Kornelius na die naaste kerk te verwys. Ons kry die indruk dat die Kerk 'n deel van die taak van die engele gekry het . Dit maak die bestaan van u en my wat die Kerk is nog heerliker. Die Kerk word deur God se hemelse diensknegte gehelp in die uitlewing van haar heerlike roeping. Die eerste keer wat ons in die Bybel die benaming 'engel' lees is in Gen 19. Die naam 'engel' beteken boodskapper wat dus wys op die werk, die diens van die engele. Hierdie woord is ook weer verbind met die woord evangelie : Blye Boodskap. Wanneer die Skrif die woord engel gebruik , selfs in die geval van mense bv. Hag 1:13 ; Mal 2 : 7 ; Mat 11 : 10 ; Mark 1 :2 ; Luk 7 : 27 dan gaan dit daaroor dat hulle deur God gestuur is om 'n bepaalde boodskap oor te dra of 'n bepaalde opdrag uit te voer. 'n Bode word altyd gestuur , hy tree nooit op eie inisiatief op nie maar staan altyd in 12

diens van hom wat sy sender is. Al wat hy moet doen is om die boodskap noukeurig op die bestemde adres af te lewer. Die woord engel sê dus vir ons dat hierdie hemelgeeste as bodes van God in God se diens staan met die besondere werksbeskrywing dat hulle God se boodskap aan die mense moet oordra. Die naam engel sê dus nie wat die engel is nie maar wat sy werk is. Die klem val op die amp , die diens aan God . So is die twee engele in Gen 19 bodes van God. In daardie amp beklee hulle 'n hoë posisie. Sonder God en sonder die Goddelike opdrag is hulle ondenkbaar. Hulle verskyn in die gedaante van 'n mens. God openbaar ons dus al baie meer as in Gen 3. In die verloop van die Godsopenbaring sal ons engele dikwels in die gedaante van mense sien. Selfs verskillende kere in die Nuwe Testament. Die vrouens by die graf, die dissipels op die berg van die hemelvaart en Petrus in die tronk het engele so gesien. In die geskiedenis van Gen 18 en 19 lees ons dat die manne wat by Abraham kom kuier het , soos gewone mense geëet het en ook in Sodom deur Lot en die inwoners as gewone manne gesien is. Niemand het daaroor gedroom dat hulle engele was nie. Soos in die geval van Gideon is dit nie weens die voorkoms van die engel nie maar as gevolg van die werk wat hy doen dat die mens weet dat hy met 'n engel te doen het. In daardie menslike gedaante tree hulle egter net baie tydelik op want sodra hulle werk klaar is verdwyn die gedaante - hulle blyplek is nie die aarde nie. Die HERE , wat Self by Abraham in die gedaante van 'n Mens verskyn, stuur die twee engele met 'n tweeledige taak na Sodom toe. Hulle moet die oordeel van God oor die goddelose stad voltrek maar aan die ander kant die barmhartigheid van die HERE aan Lot bedien. Hulle vertel dit vir Lot en dra dus so die boodskap oor en hulle doen die vernietigings - en reddingswerk. Opvallend dat die HERE Self vir Abraham sê wat Hy gaan doen maar dit vir Lot laat hoor deur die twee engele. Dit is opvallend dat die HERE in sy oordeel oor Sodom die engele inskakel. Hy doen dit alleen wanneer die sondes van die mense verskriklik erg is soos hier waar Hy sê dat die sondes so erg is dat dit 'n geroep na die hemel is . In die doen van sonde was Sodom en Gomorra hulle tyd dus ver vooruit. Dit laat ons ook dink aan Paulus se woorde in Rom 1 waar hy sê dat die HERE die heidene 'oorgegee' het . Engele is dus die diensknegte van die straffende God wanneer die sonde sy absolute dieptepunt bereik het. God verwoes grondig deur die diens van Sy engele. Dieselfde engele staan egter ook in diens van die God wat vol ontferming bewaar, spaar. Selfs in Sodom staan die werk van die engele nie los van die evangelie nie. En daar kom selfs geweld by te pas . As Lot blykbaar nog nie van Sodom kan loskom nie en bly talm gryp die engele hom en vrou en dogters aan die hand en vat 13

sien nie. Een rede daarvoor is dat hulle in die Heilige Skrif soms soos mense na die

werklike mense gestuur word. Soos mense maar dus nie mense nie. Ons moet altyd

bly onthou dat die engele se blyplek die hemel is en ons blyplek die aarde totdat

alles deur die Almagtige verander word. Ons moet daarmee rekening hou dat die

optrede van 'n engel op aarde altyd iets buitengewoons is , 'n afwyking van die

normale. Die koms van engele is altyd iets van 'n verrassing. Daar was tye dat

engele nogal dikwels gekom het en dan weer eeuelank hoor ons niks van die koms

van engele nie. Tussen die sondeval en Abraham hoor ons eeuelank niks nie maar

na daardie windstilte sommer verskillende kere. As Israel in ballingskap is in

Egipte en Babel dan hoor ons rondom daardie tye weer van baie engelewerk. Voor

die koms van Jesus Christus swyg die hemel maar rondom Sy koms is daar weer

baie aktiwiteit, om weer stil te word tydens Sy werk op aarde. Op die redes

daarvoor is daar dikwels nie 'n bevredigende antwoord nie.

Leef ons op die oomblik weer in 'n tyd van windstilte ? Dit sou dan kan saamval

met die feit dat die Kerk hier is waardeur God sy Woord op hierdie aarde bring.

Die Heilige Gees het in ons kom woon , Hy leef in die Kerk en rus die Kerk toe

met al Sy hemelse gawes. Die saad groei en groei terwyl die Gees in alle stilte

werk na die einde toe. Dan word daar aktiwiteit van die engele gesien soos nog

nooit eerder nie. Nou kan ek nie sê dat daar vandag geen sigbare engelewerk meer

is nie. Daar is mense wat sê dat hulle deur engele gehelp is. Wat ek wel kan sê is

dat dit moontlik is dat veral op die sendingveld - en dit kan in ons tyd ook die stad

wees - engele as God se diensknegte werk soos in die geval van Kornelius in Hand

10 . Maar die engel het daar net die noodsaaklikste gedoen deur Kornelius na die

naaste kerk te verwys. Ons kry die indruk dat die Kerk 'n deel van die taak van die

engele gekry het . Dit maak die bestaan van u en my wat die Kerk is nog heerliker.

Die Kerk word deur God se hemelse diensknegte gehelp in die uitlewing van haar

heerlike roeping.

Die eerste keer wat ons in die Bybel die benaming 'engel' lees is in Gen 19. Die

naam 'engel' beteken boodskapper wat dus wys op die werk, die diens van die

engele. Hierdie woord is ook weer verbind met die woord evangelie : Blye

Boodskap.

Wanneer die Skrif die woord engel gebruik , selfs in die geval van mense bv. Hag

1:13 ; Mal 2 : 7 ; Mat 11 : 10 ; Mark 1 :2 ; Luk 7 : 27 dan gaan dit daaroor dat

hulle deur God gestuur is om 'n bepaalde boodskap oor te dra of 'n bepaalde opdrag

uit te voer.

'n Bode word altyd gestuur , hy tree nooit op eie inisiatief op nie maar staan altyd in

12

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!