03.05.2013 Views

Gr11_LewensW_Vr1_Sep2010

Gr11_LewensW_Vr1_Sep2010

Gr11_LewensW_Vr1_Sep2010

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Lewenswetenskappe September 2010 Graad 11

Tyd: 2½ uur Totaal: 150

AFDELING A:

Vraag 1:

Verskillende antwoorde word vir die volgende vrae voorgehou. Kies die korrekte antwoord vir die

vraag en maak ’n kruisie (X) oor die ooreenstemmende simbool.

1.1 Watter van die volgende is uitskeidingsorgane.

1. Niere 2. Longe 3. Vel 4. Maag 5. Dunderm

A. 1 en 3 C. 1, 2 en 3

B. 1, 2, 3 en 4 D. 1, 2, 3 en 5

1.2 Die proses van vertikale vervoer van stowwe in die floëem staan bekend as....

A. transpirasie C. kapillariteit

B. translokasie D. wortel druk

1.3 Die sametrekking van die hart word .......... genoem.

A. sistolie C. antagonisme

B. diastolie D. aritme

1.4 Die kniegewrig is ’n voorbeeld van ’n ........... gewrig.

A. skanier C. spil

B. gly D. bol

1.5 Die korrekte omskrywing van eksresie (uitskeiding) is die verwydering van:

A. onverteerde faeces C. metaboliese afval produkte

B. oortollige water D. oortollige soute

1.6 ’n Tekort aan kalsium in kinders kan lei tot die beensiekte genaamd ......

A. kwasiorkor C. Osteoperose

B. Pallagra D. Ragitis

1.7 Watter een van die volgende organismes maak gebruik van ’n hidrostatiese skelet?

A. Slak C. Kreef

B. Sprinkaan D. Slang

1.8 Watter plantweefsel het die funksie van beide ondersteuning en vervoer?

A. Sklerenchiem C. Kollenchiem

B. Floëem D. Xileem

1.9 Watter plantweefsel is verantwoordelik vir die ontwikkeling van laterale wortels?

A. Endodermis C. Kurkkambium

B. Perisikel D. Intervassikulêre kambium

1.10 Die hormoon is verantwoordelik vir osmoregulering van die mens.

A. Kortisoon C. Aldosteroon

B. Antidiuretiese hormoon (ADH) D. Kortisol

Afrikaanse Skoolprojekte

(10)

Vraag 2:

Gee die korrekte wetenskaplike term vir die volgende:

1 Die grootste vat wat limf vanaf die grootste deel van die liggaam na die regter

onder sleutelbeen-aar voer.

2 Skyfvormige, bikonkawe selle wat in die bloed aangetref word wat asemhalings gasse dra.

3. Die term wat gebruik word as spiere teen mekaar werk.

4. Die hol plantselle wat gebruik word om voedsel vanaf die blare deur die res van die

plant te vervoer.

5. Die klep tussen die linkeratrium en ventrikel.

6. Die versamelnaam vir die beweeglike gewrigte.

7. Die stof wat die selwande van swamme en eksoskelette van insekte vorm.

8. Die skedel, werwelkolom en ribbes.

9. Die funksionele eenheid van die nier.

10. Die bloedsomloopstelsel wat bloed vanaf die hart na die longe en terug na die hart vervoer.

(10)

Vraag 3:

Kies uit kolom B die beskrywing wat die beste pas by kolom A. Skryf slegs die letter langs die nommer

neer.

KOLOM A KOLOM B

1. Podosiet A Reguleer persentasie soute en water in uriene

2. Lewerpoortaar B Vervoer suurstof arme bloed (Deoksigeneerde bloed)

3. Bande van Caspari C Bepaal transpirasie tempo

4. Trikuspidale klep D Deel van pektorale gordel

5. Aldosteroon E Buisuitskeiding produk van die nier

6. Sinoatriale knoop (SA - knoop) F Proteïen wat spiersametrekking veroorsaak

7. Sklerenchiem G Kapsel van Bowman

8. Pulmolêre arterie (longslagaar) H Verminder wrywing

9. Glygewrig

I

Klep wat pulmolêre arterie (longslagaar) in regter

ventrikel sluit

10. Potometer J Aanhegting tussen bene

11. Xifoiede uitsteeksel K Wand verdikkings in endodermis

12. Ureum L Vene (aar) tussen lewer en dunderm

13. Aktien M Dien as die pasaangeër van die hart

14. Hialienkraakbeen N Klep wat regter atrium en –ventrikel skei

15 Ligamente O Kom voor in pere en neute

P Aanhegting van spier met been

Q Karpale bene

R Vervoer suurstofryke bloed (geoksigeneerde bloed)

(15)

Afrikaanse Skoolprojekte

AFDELING B:

Vraag 4:

4.1 Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg:

4.1 Verskaf byskrifte A tot G vir die diagram (7)

4.2 Noem en bespreek die aanpassings van byskrif B vir water absorpsie. (4)

4.3 Bespreek puntsgewys die proses van water absorpsie deur die wortelhaar. (6)

4.4 Noem drie verskillende metodes waardeur water sywaarts beweeg vanaf die

wortelhaar tot in die xileem. (3)

4.5 Noem drie aanpassings van floëem vir translokasie. (3)

4.6 Opwaartse beweging van water vind plaas a.g.v. drie prosesse.

Noem die drie prosesse en verduidelik wat by elkeen van die prosesse plaasvind. (9)

[32]

Vraag 5:

5.1 Gee ’n definisie van wat beskou word as ’n skelet. (3)

5.2 Noem drie eienskappe van water wat dit geskik maak om as hidrostatiese skelet

te dien. (3)

5.3 Noem vyf funksies van ’n inwendige skelet. (5)

5.4 Bestudeer die diagram op die volgende bladsy en beantwoord die vrae:

5.4.1 Watter strukture sal binne-in byskrif A aangetref word? (3)

5.4.2 Wat is die funksie van osteosiete? (2)

5.4.3 Benoem byskrifte A tot D (4)

Afrikaanse Skoolprojekte

5.5 Teken die volgende tabel oor en voltooi dit op jou foliopapier. (12)

Kardiovaskulêre

siekte

Anemie (bloedarmoede)

Hoë bloeddruk (hipertensie)

Lae bloeddruk (hipotensie)

Beroertes

Simptome Oorsaak Moontlike behandeling

5.6 Verduidelik puntsgewys atriale sistolie en ventrikulêre sistolie. (8)

[40]

Vraag 6

6.1 Maak ’n benoemde skets van die bou van die Malpighi-liggaam. (7)

6.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae.

Die grafiek verteenwoordig die herabsorpsie en afskeiding van water, glukose en

ureum deur die nier buisies vanaf die liggaam van Malpighi tot by die versamel buis.

6.2.1 Watter proses vind plaas by die kapsel van Bowman? (1)

6.2.2 Die kurwes toon die hoeveelheid water, glukose en ureum in die nier-buisie

van ’n gesonde persoon. Watter gegewe kurwe (A, B of C) stel elk van die

genoemde stowwe voor? Gee ’n rede vir jou antwoord. (6)

6.3 Noem die aanpassings van die liggaam van Malpighi wat dit so geskik maak

om sy funksie te verrig. (4)

6.4 Maak ’n benoemde skets van die inwendige bou van die nier. (10)

6.5 Skryf ’n opstel oor die werking van die nefron deur te verwys na glomerulêre

filtrasie en buisuitskeiding of afskeiding. (12 + 3)

(43)

Totaal: 150

Afrikaanse Skoolprojekte

Memorandum

AFDELING A:

Vraag 1:

1.1 C

1.2 B

1.3 A

1.4 A

1.5 C

1.6 D

1.7 A

1.8 D

1.9 B

1.10 B

Vraag 2:

1. Borsbuis

2. Rooibloedselle

3. Antagonisties

4. Floëem

5. Bikuspidale klep

6. Sinoviale gewrig

7. Chitien

8. Asskelet

9. Nefron

10. Pulmolêre siklus

Vraag 3:

1. G

2. L

3. K

4. N

5. A

6. M

7. O

8. B

9. Q

10. C

11. D

12. E

13. F

14. H

15. J

Afrikaanse Skoolprojekte

AFDELING B:

Vraag 4:

4.1 A - Epidermis

B - Wortelhaar

C - Korteks

D - Endodermis

E - Perisikel

F - Xileem

G - Floëem

4.2 Vingeragtige uitgroeisel – vergroot die oppervlakte vir water absorpsie.

Dunwandig met geen kutikula – vergemaklik beweging van water in sel in.

Groot vakuool met selsap – veroorsaak lae water potensiaal in sel.

Selmembraan en tenoplaste differensieel deurlaatbaar – laat net sekere stowwe deur.

4.3 1. Water gaan wortel binne d.m.v. osmose.

2. Kapillêre water om gronddeeltjies bevat minder opgeloste soute as die selsap.

3. Die verskil vorm ’n water potensiaal gradiënt tussen die wortelhaar en kapillêre water.

4. Watermolekules beweeg oor differensieel deurlaatbare membraan vanaf

5. hoë water potensiaal na

6. lae water potensiaal in die sel.

4.4 a) Sito-plasmies

b) Vakuool

c) Selwande

4.5 a) Lewende sel inhoud

b) Begeleidende sel se kern verrig funksie vir beide selle

c) Vorm aaneenlopende buise

4.6 a) Kapillariteit - Dit is die vermoë van water om in ’n dun buis op te styg.

Die xileem-vate het ’n baie klein deursnee, dus sal water a.g.v. kapillariteit daarin opstyg.

b) Worteldruk - Dit is die druk a.g.v. die absorpsie van water in die wortel

in deur osmose. Die voortdurende vloei van water vanaf die wortelhaar

stoot die waterkolom opwaarts in die xileem

c) Transpirasie suigkrag - Transpirasie is die verlies van waterdamp vanaf die

huidmondjies deur verdamping. Die verdamping vind plaas vanaf die

oppervlak van die mesofil-selle. Water sal vanaf die blaar xileem na die

mesofil-selle beweeg. Daardie water sal weer vervang word met water

vanaf die xileem in die stingel en wortel.

Afrikaanse Skoolprojekte

Vraag 5:

5.1 Dit is enige ferm struktuur wat ondersteuning en beskerming vir sagter dele van

die liggaam verskaf.

5.2 Nie saampersbaar

Water verplaas druk eweredig in alle rigtings

Water het lae viskositeit en neem die vorm aan van die houer waarin dit voorkom.

5.3 a Beskerm inwendige organe

b) Voorsien aanhegting vir spiere om beweging moontlik te maak

c) Gee vorm en verskaf ondersteuning aan bene en liggaam

d) Langbene vervaardig rooibloedselle

e) Bene is ’n reserwe bron van kalsium en fosfate

5.4.1 1. Bloedvate

2. Senuwee

3. Limf vate

5.4.2 Verwyder kalsium-soute uit die bloed en sekreteer been matriks.

5.4.3 A. Haverse kanaal

B. Lamella

C. Kanalikuli

D. Lakuna met osteosiet

5.5

Siekte Simptome Oorsaak Moontlike behandeling

Anemie (bloedarmoede) Moegheid Tekort aan yster, verlies

aan rooibloedselle

Te min suurstof

Voedsel ryk aan Yster

Hoë bloeddruk (hipertensie) Geen simptome Oorgewig

Medikasie

Oorerflik

Oefening

Lae bloeddruk (hipotensie) Lig hoofdig Tekort aan soute Neem voedsel in met meer

Te min suurstof

sout

Beroertes Hoofpyn, verlies van Sklerose van bloedvate, Medikasie wat bloed verdun.

geheue

Vernouing en bars van

bloedvate in brein

Rus

5.6 Atriale sistolie

Atriums trek gelyk saam

Trikus- en Bikuspidale kleppe oop

Bloed beweeg deur ’n ventrikels

Ventrikulêre sistolie

Beide ventrikels trek saam

Bloed word geforseer in die aorta en pulmonêre arterie in

Trikus- en Bikuspidale kleppe gesluit

Afrikaanse Skoolprojekte

Vraag 6:

6.1

6.2

6.2.1 Ultra druk filtrasie

6.2.2 A. Water - die volume van water neem oor die hele lengte van die nefron af.

B. Glukose - die glukose word in die proksimale gekronkelde buis

ge-herabsorbeer en hoeveelheid neem vinnig af.

C. Ureum - Buis-sekresie vind plaas en volume ureum neem toe.

6.3 1. Groot oppervlakte waar filtrasie deur kan plaasvind.

2. Podosietlaag maak filtrasie moontlik deur filtrasie splete.

3. Dun membrane slegs een sellaag en vergemaklik filtrasie.

4. Kapillêre vate het porieë waardeur filtrasie van kleiner molekules plaasvind.

5. Filtrasie onder druk a.g.v. afferent arteriool wat wyer is as efferente arteriool.

6.4

Afrikaanse Skoolprojekte

6.5 Glomerulêre filtraat

Bloed beweeg in die glomerulus in onder druk omdat die afferent arteriool

wyer is as die efferente arteriool. Dit veroorsaak dat sekere stowwe in die

kapsel van Bowman gefiltreer word. Stowwe soos water, glukose, aminosure,

ureum, uriensuur, kreatinien en anorganiese stowwe. Groter molekules soos

plasma proteïene bv. Albumien en fibrinogen bly agter saam met die

bloedselle en bloedplaatjies.

Buisuitskeiding en – sekresies

Sekere stowwe word meer gekonsentreerd soos dit in die buis vloei en word

deur die buis vrygestel soos ammoniak, waterstofione, kalium-ione, kreatinien,

hipopion suur asook stowwe soos antibiotika.

Afrikaanse Skoolprojekte

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!