03.05.2013 Views

Vermenigvuldig met desimale breuke - 24.com

Vermenigvuldig met desimale breuke - 24.com

Vermenigvuldig met desimale breuke - 24.com

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147

Kuns en Kultuur

LU 9.3. Neem die rol aan van dirigent, sanger, musikant, bestuurder of begeleier in ensemblemusiekaktiwiteite. Om die rol te kan aanneem van

‘n dirigent, sanger, musikant of begeleier is dit nodig dat ons weet wat elkeen se rol in die vertolking van die musiek is.

Musiek is kommunikasie tussen die gehoor en die persone wat dit uitvoer. Musiek is lewend en is vol menslike idees, emosies en ervarings. Die rol van die

dirigent is om die musiek wat hy in homself het so oor te dra aan die sangers of spelers, dat hulle daaraan gestalte kan gee. Die dirigent moet altyd

opgewonde en entoesiasties wees oor die musiek wat hy wil oordra, sodat dieselfde musikale idees en entoesiasme aan die gehoor oorgedra kan word.

Wat is ‘n ensemble?

‘n Ensemble is enige groep uitvoerders wat saam speel of sing. Gewoonlik

bestaan ‘n instrumentale ensemble uit een of meer viole, (altviool) ‘n tjello en

kontrabas. ‘n Fluit of klarinet kan ook deel wees van die ensemble. ‘n Vokale

ensemble bestaan uit ‘n aantal persone wat saamsing. Dit kan onbegeleid (a

capella) wees, of met begeleiding uitgevoer word.

Begeleiding:

Dit is wanneer daar ‘n solis, solo-instrument of ensemble is wat deur ‘n klavier,

solo-instrument of ‘n groep instrumente ondersteun word en wat in die agtergrond

speel. Die begeleiding kan ook elektronies wees.

Pligte van ‘n begeleier:

• Hy/sy is verantwoordelik vir die begeleiding tydens koor- of orkesopvoerings

en repetisies.

• Is verantwoordelik vir die instudering van stempartye tydens oefeninge.

• Kan die koorleier/dirigent bystaan met oudisies.

Pligte van ‘n dirigent:

• Hy/sy is verantwoordelik vir die keuse van die musiek en die musikale

afrigting daarvan in ‘n koor of orkes.

Dirigeertegnieke

Daar is ‘n duidelike verskil tussen ‘n koordirigent en ‘n orkesdirigent. Die

belangrikste taak van ‘n orkesdirigent is om ‘n sterk ritmiese pols aan te dui

sodat die verskillende instrumente almal saamspeel. ‘n Orkesdirigent gebruik

dikwels ‘n stokkie om mee te dirigeer, sodat die pols baie duidelik is vir al die

orkesspelers.

‘n Koordirigent moet deur middel van sy dirigeertegniek met die koor

kommunikeer om die musikale boodskap aan hulle oor te dra. Die koordirigent se

hande en liggaamstaal speel ‘n belangrike rol in die oordra van die musiek. Elke

dirigent het saam met sy dirigeertegniek ook ‘n persoonlike styl. Daar is egter

basiese dirigeertegnieke wat gevolg moet word.

Die bekendste maatslagpatrone word op die volgende maniere aangedui:

1

2

3

2

2

3 2

1 1 1

Tweeslag Drieslag Vierslag Sesslag

4 5

Sosiale Wetenskappe

‘n Blik op die toekoms

3

Die vinnige, vaartbelynde trein vertrek vanaf die O.R. Tambo Internationale Lughawe

en is vinnig op pad na die Johannesburgse horison. Die sokkerondersteuners aan

boord het so pas in Suid-Afrika gearriveer, en is teen 160km/h oppad na die 2010

Wêreld Beker Finaal. Elke passasier moes R80 betaal om ‘n rit van sowat 15 minute

tussen die lughawe en Sandton te neem. As hul per motor daarheen moes ry en as

die verkeer nie te besig was nie, sou dit hul omtrent ‘n uur geneem het om by

dieselfde plek uit te kom. Maar te danke aan díe moderne elektroniese trein kan hul

bo oor die besige snelweë ry oor groot beton brûe en deur tonnels wat onderdeur

die besige paaie gaan.

So lyk die nabye toekoms van Suid-Afrika se publieke vervoerstelsel, te danke aan

die Gautrein. Tydens volgende jaar se Sokker Wêreld Beker sal meer as ‘n half

miljoen mense van die trein gebruik maak. Die konstruksie van die Gautrein

spoorweg word beraam om die regering sowat R25 biljoen te kos. Hierdie moderne

openbare vervoerstelsel is ‘n mylpaal in ons geskiedenis, en is een van die land se

grootste ontwikkelingsprojekte tot op hede.

Hoekom doen ons al hierdie moeite?

Die Gautreinstelsel het ‘n spoorlyn van 80 km en sal Johannesburg, Pretoria and

O.R. Tambo Internasionale Lughawe met mekaar verbind. Die doel van die Gautrein

is nie net om lugpassasiers te vervoer nie, maar ook om verkeersvloei op die N1,

Ben Schoeman snelweg te verlig. Die nuwe treinstelsel sal die hoeveelheid

passasiers wat gebruik maak van die Ben Schoeman snelweg met 100 000 mense

verminder.

Mense wat gewoond daaraan was om die frustreerende roete tussen Pretoria en

Johannesburg per motor af te lê, sal net R40 moet betaal om by hul bestemming

binne 40 minute te arriveer. Dit beteken dat hul nie meer tolgeld hoef te betaal om

op paaie te ry waar verkeer opeenhoop nie en dat hul rustig in ‘n lugverkoeldetreinwa

kan sit en televisie kyk of op hul skootrekenaars kan werk.

Sneltreine het al wêreldwyd vele mense se lewenskwaliteit verbeter. Europa en

Japan moes ook die groeipyne verduur toe hul spoornetwerkstelsels ingerig is, maar

hul het ook besef dat daar ‘n lig aan die einde van die tonnel is. Gautrein het al

reeds

93 000 werksgeleenthede geskep en teen die einde van die projek sal dit reeds

300 000 werksgeleenthede verskaf het.

Dis hoe dit gedoen word

Die konstruksie van die spoorweg is in September 2006 deur Bombela Konsortium

begin en is tans die grootste spoornetwerk projek wat wêreldwyd aangepak is.

15 kilometer van die Gautrein se spoorweg loop ondergrond, en spesiale metodes

moes gevolg word om dit moontlik te maak. Vir sekere dele het hul skagte gegrou

soos wat gedoen word in myne. Sodra hul die regte diepte bereik het, het hul begin

4

6

Die volgende stappe kan gevolg word as ons ‘n lied aanleer:

• Bepaal die sterk maatslae deur die beklemtoonde woorde, of woorde wat

geaksentueer word, te merk.

• Bepaal of die lied in drie of vier maatslae ingedeel kan word. Dit bepaal of die

lied ‘n mars of ‘n wals is.

• Merk nou die maatslae, sodat die mate ingevul kan word.

• Bepaal die tydsoort – 3 of 4 polse per maat. Dit sal die dirigeerpatroon bepaal.

• Leer nou die lied aan en sê die woorde van die begin af met die korrekte

aksente.

• Maak seker dat alle woorde duidelik uitgespreek word, sodat die gehoor elke

woord kan hoor.

• Bepaal die toonsoort en sodoende die beginnoot. Die solfaleer kan gebruik

word om sekere intervalle aan te leer.

• Let altyd op asemhaling en ‘n korrekte sanghouding. Die nodige asemhalingsen

opwarmingsoefeninge moet voor die tyd gedoen word om die liggaam en

stem voor te berei.

• Bepaal die frases, wat die asemhaling gaan bepaal, asook die dinamiese

vlakke van die lied, met ander woorde waar sagter en harder gesing gaan

word. Volg ook die komponis se aanduidings.

Die rol van die sanger of musikant:

Die sanger of musikant is die vertolker van die lied of musiek wat hy/sy aan die

gehoor wil oordra.

Voordat ‘n sanger of musikant kan optree, moet hy vertroud wees en gemaklik voel

op die verhoog waar hy gaan optree.

Om verhoogvrees te verminder of teë te werk, kan mens die volgende wenke

probeer:

• Oefen jou lied vooraf voor jou ouers of iemand wat jy ken en vertrou.

• Maak seker dat jy jou musiek baie goed ken.

• Besoek vooraf die lokaal waar jy moet optree om te sien hoe dit lyk en “voel”.

• Vind uit waar jy gaan op- en afstap.

• Vind vooraf uit of jy van ‘n mikrofoon gebruik moet maak.

• Leer die regte stem-, drama- of sangtegnieke aan, sodat jy met selfvertroue jou

stem of liggaam kan gebruik.

Aktiwiteit 1:

• Het jy al ooit verhoogvrees ervaar?

• Indien wel, wat was die geleentheid? Beskryf wat gebeur het en hoe jy gevoel

het. Onthou dat die meeste mense een of ander tyd verhoogvrees ervaar het.

• As jy weet wat om te verwag, kan jy jou vrees beheer. Noem ‘n paar algemene

simptome van verhoogvrees.

tonnels blaas in die rigting van die volgende skag se tonnel. Die tonnels het ‘n

deursneë van sewe meter, wat dit moontlik maak vir twee treine om verby mekaar te ry.

‘n Muur wat deur die middel van die tonnel loop, sal die twee spore van mekaar skei.

‘Die rots kou klippe’

Die drie-kilometer tonnel van Parkstasie in Johannesburg na Rosebank kon nie deur

middel van opblasings behartig word nie, omdat die klip in daardie omgewing te sag

en te nat is.

Die probleem is opgelos deur gebruik te maak van ‘n Duitse masjien wat soos ‘n

erdwurm deur die grond en klip vreet om ‘n ondergrondse tonnel te grou. Die

R300-miljoen reus is ingevoer van Duitsland af in verskillende stukkies en is in Suid-

Afrika ondergronds aanmekaar gesit.

Hierdie masjien, gedoop Imbokodo - of ‘Die Rots’ - het ‘n pad diep deur die

Witwatersrand klip gekou, terwyl hy 560 ton se toerusting agter hom aangesleep het.

Die masjien weeg self 325 ton en loop op spore. Wat Imbokodo nog meer

merkwaardig maak, is die feit dat hy die tonnel op dieselfde tyd met beton uitgevoer

het. Sodra Imbokodo sy werk afgehandel het, sal meeste van sy parte terug na die

oppervlak gebring word vir ander doeleindes, maar die klip-kouende deel sal diep

onder Rosebank vasgesement bly.

Ons stel bekend: die ster van die spoor

Die tipe trein wat op die spoorweg loop, genaamd Electrostar, is in Engeland ontwerp

en vervaardig. Die passasierwaens word in Engeland gebou en die verskillende

kompartemente word dan in Suid-Afrika bymekaar gesit om ‘n trein te vorm.

24 lokomotiewe sal elk 4 passasierswaens sleep. Vyf treine sal op die roete tussen

Sandton en die lughawe loop en die ander 19 treine sal tussen Johannesburg en

Pretoria loop.

Die spoor waarop die Electrostar treine ry, word van begin tot einde aanmekaar

vasgesweis. Dit verseker dat daar geen obstruksies op die spoor is nie en dat die trein

so vinnig as moontlik daarop kan ry. Dit beteken ook dat die trein nie klik-klak maak,

terwyl dit oor die spoor beweeg soos traditionele treine nie en dat dit so stil en glad as

moontlik van plek tot plek beweeg.

Wat om te verwag

Die Gautrein se infrastruktuur sal die volgende treinstasies insluit. Sandton, Rosebank

en Marloboro sal al drie ondergrondse stasies wees, terwyl Midrand, Centurion,

Rhodesfield, Hatfield en Pretoria almal bo-gronds sal wees. 120 000 mense sal

daagliks van die publieke vervoerstelsel gebruik maak en ‘n totaal van 125 luukse

busse sal binne ‘n 15km radius rondom al die stasies op ‘n busroete loop. Die

busroete is geskep om die treinpassasiers te vervoer vanaf die stasies, of om hul na

die treinstasies te bring.

Opdrag: Versamel interessante stof wat van tyd tot tyd oor die Gautrein in Beeld

verskyn en skryf ‘n artikel soos die projek vorder.

6 Leer en Presteer, graad 7 - 9, bylaag tot Beeld, Dinsdag 21 April 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!