Vermenigvuldig met desimale breuke - 24.com
Vermenigvuldig met desimale breuke - 24.com
Vermenigvuldig met desimale breuke - 24.com
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147

WEN! WEN! WEN!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme

deelneem, kan ‘n skootrekenaar

van Dell ter waarde van

R9 000 wen!

Beeldskool

6-10 Julie

Universiteit Pretoria

Skakel 011 713 9147

Natuurwetenskappe

Graad 7. Die sel as basiese eenheid van lewe

• Robert Hooke, ‘n Britse wetenskaplike het die eerste selle in 1665 ontdek toe

hy na ‘n stukkie kurk onder sy mikroskoop gekyk het. Die selle wat hy gesien

het, was eintlik net die selwande, omdat kurkselle dood is. Hy was ook die

eerste persoon wat die woord sel gebruik het, wat afgelei is van die Latynse

woord cellula wat “kompartement” beteken. Soos wat mikroskope met die

verloop van tyd verbeter het, het ons al hoe meer oor die bou en werking van

die sel ontdek.

• Die eenvoudigste lewende organismes bestaan uit slegs een

sel. ‘n Voorbeeld van so ‘n eensellige organisme is die amoeba.

Die woord amoeba is afgelei van ‘n Griekse woord wat

“verander” beteken. Die amoeba kan gedurig sy liggaamsvorm

verander deurdat dit skynpote uitstoot. Die foto langsaan wys hoe

‘n amoeba onder ‘n ligmikroskoop lyk. Die amoeba is kleurloos en die donker

kol in die middel is die selkern. Die skynpote kan ook gesien word. Al bestaan

die amoeba uit slegs een sel, kan dit self voedsel opneem, energie

produseer tydens respirasie, afvalstowwe uitskei en voortplant net soos

enige ingewikkelde meersellige organisme.

• Alhoewel selle in ‘n groot verskeidenheid vorms en groottes voorkom, het

elkeen al die komponente wat nodig is om te kan lewe. Die grootste enkele sel

is so groot soos ‘n tennisbal! Dit is die eiersel van ‘n volstruis. Selle kan ook so

klein wees dat duisende selle saam so groot is soos die punt aan die einde van

hierdie sin. Selle word gewoonlik in mikrons gemeet. ‘n Mikron is ‘n

miljoenste van ‘n meter. Die gemiddelde grootte van ‘n mens se selle is 10

mikron.

• Hoe ‘n sel lyk, word bepaal deur watter funksie die sel moet verrig. Daarom

sal rooibloedselle, spierselle en senuweeselle byvoorbeeld baie van mekaar

verskil, omdat elkeen sy eie unieke funksie moet verrig. Al verskil selle so baie

van mekaar, word dieselfde basiese funksies binne-in elkeen verrig. Ons gaan

nou na die bou van ‘n algemene plant- en diersel kyk.

Die algemene bou van ‘n sel.

Alle selle bestaan uit protoplasma. Dit is die jellieagtige lewende selinhoud wat

hoofsaaklik uit water, proteïene en ander molekules bestaan. Plantselle word ook

deur ‘n nie-lewende selwand omring wat nie deel van die protoplasma is nie. Die

protoplasma bestaan uit die sitoplasma en die selkern (nukleus). Die protoplasma

word deur die selmembraan omring.

Ons kan die samestelling van ‘n sel soos volg uiteensit:

Selwand

Selmembraan

Sel

Sitoplasma

Protoplasma

Grondplasma met

organelle:

Chloroplast

Mitochondrion

Vakuool

Selkern of Nukleus met

Kernmembraan

DNS

Nukleolus

Die Selwand

• Alle plantselle (ook die van alge en swamme) het selwande.

• Die selwand bestaan uit sellulose wat lang kettings suikermolekules is en is

nie-lewend.

• Die selwand is baie stewig en dit beskerm die sel en gee aan die sel sy

vorm.

• Omdat plantselle met ‘n selwand omring is, het hulle ‘n bepaalde vorm wat

nie verander nie. Dierselle het nie selwande nie en daarom kan baie dierselle

se vorms verander.

Die Selmembraan

• Selle kan net oorleef as voedingstowwe die sel kan binnedring en

afvalstowwe die sel kan verlaat.

• Die selmembraan is selektief deurlaatbaar. Dit beteken dat slegs sekere

stowwe die sel deur die selmembraan kan binnedring of kan verlaat.

• Alle plant- en dierselle is deur ‘n selmembraan omring.

Die Sitoplasma

• Die sitoplasma is jellieagtig en bevat die organelle.

• Die organelle is klein korrelrige stukture en elk het ‘n eie funksie in die sel.

• Die sitoplasma vloei deurentyd. Hierdie vloeiing help om die voedingstowwe

en suurstof deur die sel te versprei.

Die organelle

Alle selle het ‘n groot verskeidenheid organelle wat elk hul eie funksie verrig.

Hieronder is drie van hierdie organelle waarvan jy behoort te weet.

Die chloroplast

• Dit is ovaalvormige organelle wat die groen pigment chlorofil bevat.

• Chloroplaste kom slegs in fotosinterende groen plante voor en word deur ‘n

dubbelmembraan omring.

• Die chlorofil gebruik die stralingsenergie van die son om eenvoudige

suikermolekules (glukose) uit water en koolstofdioksied te produseer.

Hierdie proses word fotosintese genoem.

• Ons kan die proses van fotosintese in plante soos volg voorstel:

Koolstofdioksied

Die mitochondrion

• Hierdie organel word die “energiefabriek” van die sel genoem.

• Dit is worsvormig en word deur ‘n dubbelmembraan omring.

• Alle plant en dierselle het mitochondria. Die voedselmolekules wat deur die

sitoplasma van die sel opgeneem is, beweeg in die mitochondrion in. Hier

word die voedselmolekule met behulp van suurstof verbrand, sodat energie

vrygestel word.

• Die chloroplaste bind dus die stralingsenergie van die son in die vorm van

voedselmolekules tydens fotosintese. Die mitochondrion stel weer hierdie

energie vry tydens die proses van selrespirasie.

• Ons kan die proses van selrespirasie in lewende organismes soos volg

voorstel:

Koolstofdioksied + water

Suurstof

Die vakuole

• Vakuole dryf deur die sitoplasma en dra gewoonlik voedselmolekules wat in

oplossing is.

• Vakuole is vloeistofgevulde spasies en word deur ‘n enkelmembraan, die

tonoplast, omring.

• Vakuole beheer ook die waterbalans van sommige eensellige organismes

soos die amoeba deurdat dit oortollige water uit die sel skei.

• Vakuole is belangrik by die opneem van water deur plante se wortels.

• By ouer plantselle word die grootste gedeelte van die inhoud van die sel deur

een groot vakuool ingeneem. By dierselle is die vakuole baie klein of

afwesig.

Die selkern

• Die selkern word ook die nukleus genoem.

• Die selkern word deur ‘n dubbelmembraan omring wat die kernmembraan

genoem word.

• Die selkern beheer al die aktiwiteite van die sel deur die DNS-molekules.

• Die DNS help ook met oorerwing in ‘n sel. Daarom sorg dit dat die twee nuwe

selle wat vorm wanneer ‘n sel in twee deel, elk identiese inligting het.

• Deur op hierdie manier in twee te deel, kan ‘n eensellige organisme soos die

amoeba voortplant.

• Die selkern bevat ook een of meer klein ovaal liggaampies wat die

kernliggaampies of nukleolusse genoem word.

4 Leer en Presteer, graad 7 - 9, bylaag tot Beeld, Dinsdag 21 April 2009

Voedsel

Water

Glukose

Suurstof

Sonenergie + Koolstofdioksied + Water = Voedingstowwe (glukose) + Suurstof

Energie

Voedingstowwe (glukose) + Suurstof = Energie + Koolstofdioksied + Water

Jy behoort sketse van die algemene bou van ‘n plantsel en ‘n diersel te kan teken

en volledig te kan benoem. Onthou om die sketsreëls te volg wanneer jy jou sketse

teken. Hier is ‘n kort opsomming van die reëls wat jy moet volg wanneer jy ‘n skets

teken.

1. Alle sketse moet van ‘n volledige en beskrywende opskrif bo aan die skets

voorsien word.

2. Gebruik altyd ‘n skerp, sagte (HB) potlood.

3. Hou ‘n uitveër en skerpmaker byderhand.

4. Moet nooit te klein teken nie.

5. Die vorm en verhoudings van jou skets moet ooreenstem met die

oorspronklike skets wat afgeteken word.

6. Teken die buitelyn of vorm van die voorwerp so akkuraat as wat jy kan.

7. Teken altyd eers die buitelyne en daarna die besonderhede (detail).

8. Potloodlyne moet netjies, duidelik en aaneenlopend wees. Moet nie met

gebroke sketslyne teken nie.

9. Sketse mag nie ingekleur of geskakeer word nie.

10. Byskrifte en byskriflyne word in pen getrek.

11. Byskrifte word in drukskrif geskryf.

12. Byskriflyne moet sover moontlik aan die regterkant van die skets getrek word.

13. Byskriflyne moet parallel aan mekaar getrek word en mag nie skuins wees

nie.

14. Byskriflyne mag nie kruis nie.

15. Trek ‘n ligte gidslyn met potlood, sodat jou byskrifte onder mekaar eindig.

16. Vee die gidslyn uit, nadat jou skets voltooi is.