Vermenigvuldig met desimale breuke - 24.com
Vermenigvuldig met desimale breuke - 24.com
Vermenigvuldig met desimale breuke - 24.com
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Kantoor – Lizelle

011 713 9147

Elize: 083 380 1800

Riana: 082 852 8814

Antwoorde van

werkkaarte:

www.beeld.com

onder afdeling

spesiaal

kliek op skool toe

WEN! WEN! WEN!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme

deelneem, kan ‘n skootrekenaar

van Dell ter waarde van

R9 000 wen!

Skoolkoerantkursus

25 April

Hoërskool Riebeeckrand

Randfontein

Om te bespreek skakel

011 713 9147

Opvolguitgawe

van

Leer en Presteer

Graad 7-9

21 Julie

Beeldskool

Graad 11 en 12

6-10 Julie

Universiteit Pretoria

Skakel 011 713 9147

WGWWW

A. Werk met getalle

1. Desimale breuke: Vermenigvuldig met desimale breuke (5)

2. Desimale breuke: Deling met desimale breuke (5)

3. Bereken die volgende volledig. (15)

Vraag = Antwoord

(bereken volledig).

1 23,567 ÷ 1 =

2 34,678 x 45,619 x 56,901 x 0 x 34,32 x 1 x 9,543 =

3 4,692 x 1 =

4 0,1 x 0,3 x 0,2 x 0,3

5 Die antwoord van ‘n optelsom =

6 Die antwoord van ‘n aftreksom =

7 Die antwoord van ‘n vermenigvuldigingsom =

8 Die antwoord van ‘n deelsom =

9 Gee die vyfde kwadraat =

10 =

11 =

12 2 3 + 4 3 =

13 3 3 x 5 2 =

14 =

15 2 8 =

4. Gee die betekenisse van die volgende simbole. (24 x 1 /2 = 12)

No Simbool Betekenis (Gee ‘n volledige beskrywing) Voorbeeld ( 3 x 2 = 6)

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

B. Meetkunde

1. Teken die volgende hoeke en gee die hoekgroottes. (12 x 1 /2 = 6)

No Meetkundige voorstelling Hoeknaam Hoekgrootte ( net vol grade)

(vanaf tot en met)

(groter as en kleiner as)

1 Skerphoek

2 Regtehoek

3 Gestrekte hoek

4 Stomphoek

5 Inspringende hoek

6 Omwenteling

2. Klassifiseer die volgende meetkundige figure (16)

No Figure: (Driehoeke, vierhoeke Klassifikasie: (Sye ewe lank, hoeke

en veelhoeke) ewe groot en sye ewe wyd)

1.

3. Soek die meetkundige terme uit die blok uit en kleur mooi liggies in

(30 x 1 /2 = 15)

Skryf die begrippe netjies neer:

2 Leer en Presteer, graad 7 - 9, bylaag tot Beeld, Dinsdag 21 April 2009

2.

3.

4.

5.

6.

7.

8.

9.

10.

11.

12.

13.

14.

p e n t a g o o n o o g a n o n a b c d

r o n d e k a g o o n r o n k o v a a l

i r s t u s o o o t e r k s e o e a a a

s o a s s t p a r a l e l l o g r a m e

m s f e e r a d d d d g h g h a t w u w

a e l e g e k l i p s h k k p t i y i e

v w b v n k u n d e i o e g r k k g s w

l a t d o t b r e u k e r e e o a h e y

i k l i r e u k e d b k s r k u a j p d

e s t u r h s i l i n d e r s k l t a i

e f g s t o m p h o e k g j g e d a r g

r u i t r e g h o e k o m p a s o k t k

s v i e r k a n t f p e i s a g i v a n
WGWWW

Graad 8

Vereenvoudig:

1.1 1.2

1.3 1.4

Kan jy nog die eienskappe van

bewerkings met 0 onthou? Bestudeer die

volgende en voltooi dan werkkaart 1.

5 + 0 = 5 en 5 – 0 = 5 en 5 x 0 = 0 maar, 5÷0=ongedefinieerd

Werkkaart 1

Bestudeer die volgende diagram wat ons komplekse getallestelsel voorstel en voltooi

dan die volgende tabel:

Getal R

3.14

3,3

8

Werkkaart 2

2.1 +

2.3 X

Ons komplekse getallestelsel

Vereenvoudig sonder om jou sakrekenaar te gebruik:

2.2

2.5 Skryf 2250 as ‘n produk van sy priemfaktore. Laat jou antwoord in eksponensiële vorm.

2.6 Bereken met behulp van priemfaktorontbinding. Toon alle stappe.

2.7 Jy en jou vriendin werk by ‘n koffiewinkel. Julle moet die voorraadstoor regpak. Indien

daar 246 kleinbordjies in die stoorkamer is, sal julle die bordjies in groepe van 5 op

mekaar kan pak? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

2.4

Die wonderlike wêreld van Wiskunde!

Graad 9.

Werkkaart 1

Sê of die volgende getalle rasionaal reëel (Q,R) of irrasionaal reëel

(Q’,R) is deur slegs die korrekte antwoord neer te skyf.

Leer en Presteer, graad 7 - 9, bylaag tot Beeld, Dinsdag 21 April 2009 3

1.1

1.3

1.5

Werkkaart 2

2.1

2.3

2.5 (–5:3]

1.2 3,14

1.4 0,123

1.6 2,543 34…

Stel die volgende grafies voor met behulp van ‘n getallelyn.

–2 –1 0 1 2

Skryf die volgende in intervalnotasie.

–2 –1 0 1 2

Werkkaart 3

Werkkaart 4

2.2

2.4

Skryf die volgende in versamelkeurdernotasie

Voltooi die volgende sin deur die ontbrekende woord in te vul:

Kies die korrekte antwoord:

3.2 5 is die (teller/noemer) van

Vereenvoudig die volgende uitdrukkings. Skryf die antwoord met

positiewe eksponente. (Antwoorde mag in magsvorm gelaat word)

4.1 4.2

4.3 4.4

4.5 4.6

4.7 4.8

Werkkaart 5

–2 –1 0 1 2

3.1 is die identiteitselement vir optelling.

Het jy geweet?

• Die spoed van lig is ongeveer 2,998 x 10 km/s.

• Die afstand tussen die ster Beta Centauri en die aarde is

1 900 000 000 000 000 km.

• Die deursnee van ‘n waterstofatoom is 0,000 000 053 mm.

5.1 Skryf 2,998 x 10 in desimale notasie.

Skryf die volgende getalle oor in wetenskaplike notasie:

5.2 1 900 000 000 000 000

5.3 0,000 000 053

Werkkaart 6

6.1 Bronsmetaal word gemaak deur tin en koper in die verhouding

1:4 (per massa) te meng. As ‘n bronskandelaar ‘n massa van

25 kg het, watter massa koper bevat dit?

R

Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147

Skole bestel

Leer en

Presteer

en WEN ‘n

Elektroniese

wiskunde bord

vir klasgebruik

Skakel die kantoor –

Lizelle

011 713 9147

Elize: 083 380 1800

Riana: 082 852 8814

om te bestel

Indien skole wil koop, e-pos

willie@hswagpos.co.za

Antwoorde van

werkkaarte:

www.beeld.com

onder afdeling spesiaal

kliek op skool toe

WEN! WEN! WEN!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme

deelneem, kan ‘n skootrekenaar

van Dell ter waarde van

R9 000 wen!
Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147

WEN! WEN! WEN!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme

deelneem, kan ‘n skootrekenaar

van Dell ter waarde van

R9 000 wen!

Beeldskool

6-10 Julie

Universiteit Pretoria

Skakel 011 713 9147

Natuurwetenskappe

Graad 7. Die sel as basiese eenheid van lewe

• Robert Hooke, ‘n Britse wetenskaplike het die eerste selle in 1665 ontdek toe

hy na ‘n stukkie kurk onder sy mikroskoop gekyk het. Die selle wat hy gesien

het, was eintlik net die selwande, omdat kurkselle dood is. Hy was ook die

eerste persoon wat die woord sel gebruik het, wat afgelei is van die Latynse

woord cellula wat “kompartement” beteken. Soos wat mikroskope met die

verloop van tyd verbeter het, het ons al hoe meer oor die bou en werking van

die sel ontdek.

• Die eenvoudigste lewende organismes bestaan uit slegs een

sel. ‘n Voorbeeld van so ‘n eensellige organisme is die amoeba.

Die woord amoeba is afgelei van ‘n Griekse woord wat

“verander” beteken. Die amoeba kan gedurig sy liggaamsvorm

verander deurdat dit skynpote uitstoot. Die foto langsaan wys hoe

‘n amoeba onder ‘n ligmikroskoop lyk. Die amoeba is kleurloos en die donker

kol in die middel is die selkern. Die skynpote kan ook gesien word. Al bestaan

die amoeba uit slegs een sel, kan dit self voedsel opneem, energie

produseer tydens respirasie, afvalstowwe uitskei en voortplant net soos

enige ingewikkelde meersellige organisme.

• Alhoewel selle in ‘n groot verskeidenheid vorms en groottes voorkom, het

elkeen al die komponente wat nodig is om te kan lewe. Die grootste enkele sel

is so groot soos ‘n tennisbal! Dit is die eiersel van ‘n volstruis. Selle kan ook so

klein wees dat duisende selle saam so groot is soos die punt aan die einde van

hierdie sin. Selle word gewoonlik in mikrons gemeet. ‘n Mikron is ‘n

miljoenste van ‘n meter. Die gemiddelde grootte van ‘n mens se selle is 10

mikron.

• Hoe ‘n sel lyk, word bepaal deur watter funksie die sel moet verrig. Daarom

sal rooibloedselle, spierselle en senuweeselle byvoorbeeld baie van mekaar

verskil, omdat elkeen sy eie unieke funksie moet verrig. Al verskil selle so baie

van mekaar, word dieselfde basiese funksies binne-in elkeen verrig. Ons gaan

nou na die bou van ‘n algemene plant- en diersel kyk.

Die algemene bou van ‘n sel.

Alle selle bestaan uit protoplasma. Dit is die jellieagtige lewende selinhoud wat

hoofsaaklik uit water, proteïene en ander molekules bestaan. Plantselle word ook

deur ‘n nie-lewende selwand omring wat nie deel van die protoplasma is nie. Die

protoplasma bestaan uit die sitoplasma en die selkern (nukleus). Die protoplasma

word deur die selmembraan omring.

Ons kan die samestelling van ‘n sel soos volg uiteensit:

Selwand

Selmembraan

Sel

Sitoplasma

Protoplasma

Grondplasma met

organelle:

Chloroplast

Mitochondrion

Vakuool

Selkern of Nukleus met

Kernmembraan

DNS

Nukleolus

Die Selwand

• Alle plantselle (ook die van alge en swamme) het selwande.

• Die selwand bestaan uit sellulose wat lang kettings suikermolekules is en is

nie-lewend.

• Die selwand is baie stewig en dit beskerm die sel en gee aan die sel sy

vorm.

• Omdat plantselle met ‘n selwand omring is, het hulle ‘n bepaalde vorm wat

nie verander nie. Dierselle het nie selwande nie en daarom kan baie dierselle

se vorms verander.

Die Selmembraan

• Selle kan net oorleef as voedingstowwe die sel kan binnedring en

afvalstowwe die sel kan verlaat.

• Die selmembraan is selektief deurlaatbaar. Dit beteken dat slegs sekere

stowwe die sel deur die selmembraan kan binnedring of kan verlaat.

• Alle plant- en dierselle is deur ‘n selmembraan omring.

Die Sitoplasma

• Die sitoplasma is jellieagtig en bevat die organelle.

• Die organelle is klein korrelrige stukture en elk het ‘n eie funksie in die sel.

• Die sitoplasma vloei deurentyd. Hierdie vloeiing help om die voedingstowwe

en suurstof deur die sel te versprei.

Die organelle

Alle selle het ‘n groot verskeidenheid organelle wat elk hul eie funksie verrig.

Hieronder is drie van hierdie organelle waarvan jy behoort te weet.

Die chloroplast

• Dit is ovaalvormige organelle wat die groen pigment chlorofil bevat.

• Chloroplaste kom slegs in fotosinterende groen plante voor en word deur ‘n

dubbelmembraan omring.

• Die chlorofil gebruik die stralingsenergie van die son om eenvoudige

suikermolekules (glukose) uit water en koolstofdioksied te produseer.

Hierdie proses word fotosintese genoem.

• Ons kan die proses van fotosintese in plante soos volg voorstel:

Koolstofdioksied

Die mitochondrion

• Hierdie organel word die “energiefabriek” van die sel genoem.

• Dit is worsvormig en word deur ‘n dubbelmembraan omring.

• Alle plant en dierselle het mitochondria. Die voedselmolekules wat deur die

sitoplasma van die sel opgeneem is, beweeg in die mitochondrion in. Hier

word die voedselmolekule met behulp van suurstof verbrand, sodat energie

vrygestel word.

• Die chloroplaste bind dus die stralingsenergie van die son in die vorm van

voedselmolekules tydens fotosintese. Die mitochondrion stel weer hierdie

energie vry tydens die proses van selrespirasie.

• Ons kan die proses van selrespirasie in lewende organismes soos volg

voorstel:

Koolstofdioksied + water

Suurstof

Die vakuole

• Vakuole dryf deur die sitoplasma en dra gewoonlik voedselmolekules wat in

oplossing is.

• Vakuole is vloeistofgevulde spasies en word deur ‘n enkelmembraan, die

tonoplast, omring.

• Vakuole beheer ook die waterbalans van sommige eensellige organismes

soos die amoeba deurdat dit oortollige water uit die sel skei.

• Vakuole is belangrik by die opneem van water deur plante se wortels.

• By ouer plantselle word die grootste gedeelte van die inhoud van die sel deur

een groot vakuool ingeneem. By dierselle is die vakuole baie klein of

afwesig.

Die selkern

• Die selkern word ook die nukleus genoem.

• Die selkern word deur ‘n dubbelmembraan omring wat die kernmembraan

genoem word.

• Die selkern beheer al die aktiwiteite van die sel deur die DNS-molekules.

• Die DNS help ook met oorerwing in ‘n sel. Daarom sorg dit dat die twee nuwe

selle wat vorm wanneer ‘n sel in twee deel, elk identiese inligting het.

• Deur op hierdie manier in twee te deel, kan ‘n eensellige organisme soos die

amoeba voortplant.

• Die selkern bevat ook een of meer klein ovaal liggaampies wat die

kernliggaampies of nukleolusse genoem word.

4 Leer en Presteer, graad 7 - 9, bylaag tot Beeld, Dinsdag 21 April 2009

Voedsel

Water

Glukose

Suurstof

Sonenergie + Koolstofdioksied + Water = Voedingstowwe (glukose) + Suurstof

Energie

Voedingstowwe (glukose) + Suurstof = Energie + Koolstofdioksied + Water

Jy behoort sketse van die algemene bou van ‘n plantsel en ‘n diersel te kan teken

en volledig te kan benoem. Onthou om die sketsreëls te volg wanneer jy jou sketse

teken. Hier is ‘n kort opsomming van die reëls wat jy moet volg wanneer jy ‘n skets

teken.

1. Alle sketse moet van ‘n volledige en beskrywende opskrif bo aan die skets

voorsien word.

2. Gebruik altyd ‘n skerp, sagte (HB) potlood.

3. Hou ‘n uitveër en skerpmaker byderhand.

4. Moet nooit te klein teken nie.

5. Die vorm en verhoudings van jou skets moet ooreenstem met die

oorspronklike skets wat afgeteken word.

6. Teken die buitelyn of vorm van die voorwerp so akkuraat as wat jy kan.

7. Teken altyd eers die buitelyne en daarna die besonderhede (detail).

8. Potloodlyne moet netjies, duidelik en aaneenlopend wees. Moet nie met

gebroke sketslyne teken nie.

9. Sketse mag nie ingekleur of geskakeer word nie.

10. Byskrifte en byskriflyne word in pen getrek.

11. Byskrifte word in drukskrif geskryf.

12. Byskriflyne moet sover moontlik aan die regterkant van die skets getrek word.

13. Byskriflyne moet parallel aan mekaar getrek word en mag nie skuins wees

nie.

14. Byskriflyne mag nie kruis nie.

15. Trek ‘n ligte gidslyn met potlood, sodat jou byskrifte onder mekaar eindig.

16. Vee die gidslyn uit, nadat jou skets voltooi is.
Natuurwetenskappe

Graad 8 en 9. Die vaslegging en vrystelling van

energie deur lewende organismes.

• Alle lewende organismes (plante en diere) benodig energie om te lewe.

• Die son is die bron van energie vir alle lewe op aarde.

• Slegs fotosinterende plante kan die stralingsenergie van die son vaslê in die

vorm van voedselmolekules soos glukose. Plante wat hul eie voedingstowwe

kan produseer, is outotroof en word produsente genoem.

• Hierdie voedselmolekules dien dan as bron van energie vir alle plante en diere.

• Die energie word uit die voedselmolekules vrygestel tydens die proses van

selrespirasie.

• Organismes wat nie kan fotosinteer en so hul eie voedingstowwe kan produseer

nie, is heterotroof en word verbruikers genoem.

• Op hierdie manier word die produkte van selrespirasie tydens fotosintese gebruik.

So ook word die produkte van fotosintese tydens selrespirasie gebruik. Ons kan

hierdie twee prosesse soos volg in die voedselkringloop voorstel:

Voedingstowwe word geproduseer Voedingstowwe word gebruik

Suurstof (O 2) word vrygestel Suurstof (O 2) word opgeneem

Voedselkringloop

Produsente Verbruikers

Koolstofdioksied (CO 2) word opgeneem Koolstofdioksied (CO 2) word vrygestel

Water (H 2O) word opgeneem Water (H 2O) word geproduseer

Kom ons bestudeer die prosesse van fotosintese en selrespirasie nou

van nader.

Fotosintese

• Fotosintese is die proses waartydens fotosinterende plante die stralingsenergie

van die son gebruik om voedselmolekules soos glukose (C2H12O6 ) uit

koolstofdioksied (CO2) en water (H2O) te vervaardig. Suurstof (O2) word as

afvalproduk geproduseer en word dan deur die plant in die atmosfeer vrygestel.

• Die proses van fotosintese vind in die chloroplaste van groen plante plaas. Die

chloroplast is ‘n selorganel wat slegs in fotosinterende groen plante voorkom. Dit

is ‘n ovaalvormige organel wat die groen pigment chlorofil bevat. Die chlorofil kan

die stralingsenergie van die son gebruik om voedselmolekules te produseer. Ons

kan die chloroplast baie vereenvoudig soos volg voorstel:

Selrespirasie

• Noudat ons weet hoe voedingstowwe gevorm word, gaan ons kyk hoe die

energie uit hierdie voedingstowwe vrygestel en deur lewende organismes

gebruik word.

• Selrespirasie is die proses waardeur lewende organismes energie verkry uit die

voedsel wat hulle eet. Koolstofdioksied en water word tydens selrespirasie as

afvalstowwe vervaardig. Suurstof word benodig tydens selrespirasie.

Die proses van selrespirasie kan soos volg opgesom word:

Voedselmolekules ( glukose) + Suurstof (O2) Koolstofdioksied

(CO2) + Water (H2O) + Energie

• Die proses van selrespirasie vind hoofsaaklik in die mitochondria van die selle

plaas. Die mitochondrion (enkelvoud) is ‘n worsvormige organel wat in alle

lewende selle voorkom. Hieronder is ‘n vereenvoudigde voorstelling van ‘n

mitochondrion.

Dwarssnit van ‘n mitochondrion

Dubbele membraan

Binnemembraan vorm voue na binne

Matriks

• Alle lewende organismes (plante en diere) het energie nodig vir hul

metaboliese aktiwiteite soos groei, voortplanting en beweging.

Hoe bereik voedselmolekules die liggaamselle?

• Die voedsel wat mense en diere eet, is in die vorm van groot organiese

molekules.

• Voordat hierdie molekules deur die bloedstroom opgeneem en na die

liggaamselle vervoer kan word, moet dit eers afgebreek word tot eenvoudige

verbindings. Dit is die funksie van ons spysverteringstelsel.

• Ons tande en maagspiere breek die voedsel meganies af tot kleiner stukkies.

• Hierna is die verteringsappe in die mond, maag en dunderm verantwoordelik vir

die chemiese afbreek van die voedingstowwe.

In die volgende kolom is ‘n voorstelling van produkte van chemiese vertering van

koolhidrate, vette en proteïene.

Deursnit van ‘n chloroplast

Stapels membrane

met chlorofil

Ons kan die proses van fotosintese soos volg voorstel:

sonlig

Koolstofdioksied (CO2) + Water (H2O) Voedselmolekule (bv. glukose) + Suurstof (O2) chlorofil

Koolstofdioksied

word uit die lug

opgeneem deur

die huidmondjies

op die blaar.

Leer en Presteer, graad 7 - 9, bylaag tot Beeld, Dinsdag 21 April 2009 5

Sonlig word deur

chlorofilmolekules

geabsorbeer.

Dubbele membraan

Waterige stroma

Suurstof word

deur die

huidmondjies op

die blaar in die

atmosfeer

vrygestel.

Voedselmolekules

soos glukose word

geproduseer.

Water word uit die grond deur die wortels van die plant opgeneem. Van daar beweeg dit op

in die stam tot in die blare van die plant. In die blare beweeg dit na die chloroplaste.

Ons kan die belangrikheid van fotosintese soos volg opsom:

1

CO 2 word gebruik sodat die

2

Suurstof (O 2) word vrygestel

konsentrasie CO 2 in die lug

sodat die konsentrasie suurstof in die

konstant bly.

lug konstant bly.

3

4

Fotosintese

Energieryke voedingstowwe word geproduseer wat as voedsel vir plante en

diere dien.

Proteïene, vitamiene, olies, vette word uit die voedingstowwe wat tydens

fotosintese geproduseer is, gevorm.

Wat is “aardverwarming”?

Kan jy nou sien waarom die oormatige afkap van bome lei tot ‘n verhoging in

die konsentrasie koolstofdioksied in die atmosfeer? Hierdie verhoogde

konsentrasie koolstofdioksied in die atmosfeer veroorsaak dat die hitte van die

son nie die atmosfeer kan verlaat nie en dit lei tot aardverwarming.

CO 2 styg

Proteïene Word verteer tot Aminosure

Koolhidrate Word verteer tot Eenvoudige suikers

soos glukose

Vette Word verteer tot Vetsure en gliserol

• Die aminosure, glukose, vetsure en gliserol word nou deur die bloedstroom

na die liggaamselle vervoer, sodat die enerie daaruit vrygestel kan word.

• Indien ‘n persoon meer voedingstowwe opneem as wat sy liggaam deur

selrespirasie verbrand, word die oortollige voedingstowwe as vette in vetselle

gestoor. Plante stoor oortollige voedingstowwe as styselkorrels in hul selle.

Hoe bereik suurstof die liggaamselle?

• Vir selrespirasie om te kan plaasvind, het die sel ook suurstof nodig. Die

suurstof word deur lewende organismes uit hul omgewing opgeneem.

• Diere neem dit deur hul asemhalingsorgane soos longe in. Plante neem

suurstof uit die lug op deur klein openinge op die blare wat huidmondjies

genoem word.

• In die mens se liggaam word suurstofmolekules (O 2) deur klein bloedvaatjies

rondom die longe in die bloed opgeneem. Die bloedstroom vervoer dan die

suurstof na al die liggaamselle toe.

• Die suurstofmolekules beweeg dan na die mitochondria, sodat selrespirasie

kan plaasvind.

Al die liggaamselle is nou van suurstof en voedselmolekules voorsien. Nou kan

energie vrygestel word!

Plante respireer ook!

Plante is die produsente van ‘n ekosisteem. ‘n Gedeelte van die voedselmolekules wat

plante produseer, gebruik hulle self ook vir hul eie selrespirasie. Gelukkig produseer

plante soveel voedingstowwe, dat daar genoeg vir die diere (die verbruikers) ook

beskikbaar is! Plante kan net in die dag fotosinteer wanneer stralingsenergie van die

son beskikbaar is. Plante respireer egter gedurende die dag en die nag.

Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147

WEN! WEN! WEN!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme

deelneem, kan ‘n skootrekenaar

van Dell ter waarde van

R9 000 wen!
Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147

Kuns en Kultuur

LU 9.3. Neem die rol aan van dirigent, sanger, musikant, bestuurder of begeleier in ensemblemusiekaktiwiteite. Om die rol te kan aanneem van

‘n dirigent, sanger, musikant of begeleier is dit nodig dat ons weet wat elkeen se rol in die vertolking van die musiek is.

Musiek is kommunikasie tussen die gehoor en die persone wat dit uitvoer. Musiek is lewend en is vol menslike idees, emosies en ervarings. Die rol van die

dirigent is om die musiek wat hy in homself het so oor te dra aan die sangers of spelers, dat hulle daaraan gestalte kan gee. Die dirigent moet altyd

opgewonde en entoesiasties wees oor die musiek wat hy wil oordra, sodat dieselfde musikale idees en entoesiasme aan die gehoor oorgedra kan word.

Wat is ‘n ensemble?

‘n Ensemble is enige groep uitvoerders wat saam speel of sing. Gewoonlik

bestaan ‘n instrumentale ensemble uit een of meer viole, (altviool) ‘n tjello en

kontrabas. ‘n Fluit of klarinet kan ook deel wees van die ensemble. ‘n Vokale

ensemble bestaan uit ‘n aantal persone wat saamsing. Dit kan onbegeleid (a

capella) wees, of met begeleiding uitgevoer word.

Begeleiding:

Dit is wanneer daar ‘n solis, solo-instrument of ensemble is wat deur ‘n klavier,

solo-instrument of ‘n groep instrumente ondersteun word en wat in die agtergrond

speel. Die begeleiding kan ook elektronies wees.

Pligte van ‘n begeleier:

• Hy/sy is verantwoordelik vir die begeleiding tydens koor- of orkesopvoerings

en repetisies.

• Is verantwoordelik vir die instudering van stempartye tydens oefeninge.

• Kan die koorleier/dirigent bystaan met oudisies.

Pligte van ‘n dirigent:

• Hy/sy is verantwoordelik vir die keuse van die musiek en die musikale

afrigting daarvan in ‘n koor of orkes.

Dirigeertegnieke

Daar is ‘n duidelike verskil tussen ‘n koordirigent en ‘n orkesdirigent. Die

belangrikste taak van ‘n orkesdirigent is om ‘n sterk ritmiese pols aan te dui

sodat die verskillende instrumente almal saamspeel. ‘n Orkesdirigent gebruik

dikwels ‘n stokkie om mee te dirigeer, sodat die pols baie duidelik is vir al die

orkesspelers.

‘n Koordirigent moet deur middel van sy dirigeertegniek met die koor

kommunikeer om die musikale boodskap aan hulle oor te dra. Die koordirigent se

hande en liggaamstaal speel ‘n belangrike rol in die oordra van die musiek. Elke

dirigent het saam met sy dirigeertegniek ook ‘n persoonlike styl. Daar is egter

basiese dirigeertegnieke wat gevolg moet word.

Die bekendste maatslagpatrone word op die volgende maniere aangedui:

1

2

3

2

2

3 2

1 1 1

Tweeslag Drieslag Vierslag Sesslag

4 5

Sosiale Wetenskappe

‘n Blik op die toekoms

3

Die vinnige, vaartbelynde trein vertrek vanaf die O.R. Tambo Internationale Lughawe

en is vinnig op pad na die Johannesburgse horison. Die sokkerondersteuners aan

boord het so pas in Suid-Afrika gearriveer, en is teen 160km/h oppad na die 2010

Wêreld Beker Finaal. Elke passasier moes R80 betaal om ‘n rit van sowat 15 minute

tussen die lughawe en Sandton te neem. As hul per motor daarheen moes ry en as

die verkeer nie te besig was nie, sou dit hul omtrent ‘n uur geneem het om by

dieselfde plek uit te kom. Maar te danke aan díe moderne elektroniese trein kan hul

bo oor die besige snelweë ry oor groot beton brûe en deur tonnels wat onderdeur

die besige paaie gaan.

So lyk die nabye toekoms van Suid-Afrika se publieke vervoerstelsel, te danke aan

die Gautrein. Tydens volgende jaar se Sokker Wêreld Beker sal meer as ‘n half

miljoen mense van die trein gebruik maak. Die konstruksie van die Gautrein

spoorweg word beraam om die regering sowat R25 biljoen te kos. Hierdie moderne

openbare vervoerstelsel is ‘n mylpaal in ons geskiedenis, en is een van die land se

grootste ontwikkelingsprojekte tot op hede.

Hoekom doen ons al hierdie moeite?

Die Gautreinstelsel het ‘n spoorlyn van 80 km en sal Johannesburg, Pretoria and

O.R. Tambo Internasionale Lughawe met mekaar verbind. Die doel van die Gautrein

is nie net om lugpassasiers te vervoer nie, maar ook om verkeersvloei op die N1,

Ben Schoeman snelweg te verlig. Die nuwe treinstelsel sal die hoeveelheid

passasiers wat gebruik maak van die Ben Schoeman snelweg met 100 000 mense

verminder.

Mense wat gewoond daaraan was om die frustreerende roete tussen Pretoria en

Johannesburg per motor af te lê, sal net R40 moet betaal om by hul bestemming

binne 40 minute te arriveer. Dit beteken dat hul nie meer tolgeld hoef te betaal om

op paaie te ry waar verkeer opeenhoop nie en dat hul rustig in ‘n lugverkoeldetreinwa

kan sit en televisie kyk of op hul skootrekenaars kan werk.

Sneltreine het al wêreldwyd vele mense se lewenskwaliteit verbeter. Europa en

Japan moes ook die groeipyne verduur toe hul spoornetwerkstelsels ingerig is, maar

hul het ook besef dat daar ‘n lig aan die einde van die tonnel is. Gautrein het al

reeds

93 000 werksgeleenthede geskep en teen die einde van die projek sal dit reeds

300 000 werksgeleenthede verskaf het.

Dis hoe dit gedoen word

Die konstruksie van die spoorweg is in September 2006 deur Bombela Konsortium

begin en is tans die grootste spoornetwerk projek wat wêreldwyd aangepak is.

15 kilometer van die Gautrein se spoorweg loop ondergrond, en spesiale metodes

moes gevolg word om dit moontlik te maak. Vir sekere dele het hul skagte gegrou

soos wat gedoen word in myne. Sodra hul die regte diepte bereik het, het hul begin

4

6

Die volgende stappe kan gevolg word as ons ‘n lied aanleer:

• Bepaal die sterk maatslae deur die beklemtoonde woorde, of woorde wat

geaksentueer word, te merk.

• Bepaal of die lied in drie of vier maatslae ingedeel kan word. Dit bepaal of die

lied ‘n mars of ‘n wals is.

• Merk nou die maatslae, sodat die mate ingevul kan word.

• Bepaal die tydsoort – 3 of 4 polse per maat. Dit sal die dirigeerpatroon bepaal.

• Leer nou die lied aan en sê die woorde van die begin af met die korrekte

aksente.

• Maak seker dat alle woorde duidelik uitgespreek word, sodat die gehoor elke

woord kan hoor.

• Bepaal die toonsoort en sodoende die beginnoot. Die solfaleer kan gebruik

word om sekere intervalle aan te leer.

• Let altyd op asemhaling en ‘n korrekte sanghouding. Die nodige asemhalingsen

opwarmingsoefeninge moet voor die tyd gedoen word om die liggaam en

stem voor te berei.

• Bepaal die frases, wat die asemhaling gaan bepaal, asook die dinamiese

vlakke van die lied, met ander woorde waar sagter en harder gesing gaan

word. Volg ook die komponis se aanduidings.

Die rol van die sanger of musikant:

Die sanger of musikant is die vertolker van die lied of musiek wat hy/sy aan die

gehoor wil oordra.

Voordat ‘n sanger of musikant kan optree, moet hy vertroud wees en gemaklik voel

op die verhoog waar hy gaan optree.

Om verhoogvrees te verminder of teë te werk, kan mens die volgende wenke

probeer:

• Oefen jou lied vooraf voor jou ouers of iemand wat jy ken en vertrou.

• Maak seker dat jy jou musiek baie goed ken.

• Besoek vooraf die lokaal waar jy moet optree om te sien hoe dit lyk en “voel”.

• Vind uit waar jy gaan op- en afstap.

• Vind vooraf uit of jy van ‘n mikrofoon gebruik moet maak.

• Leer die regte stem-, drama- of sangtegnieke aan, sodat jy met selfvertroue jou

stem of liggaam kan gebruik.

Aktiwiteit 1:

• Het jy al ooit verhoogvrees ervaar?

• Indien wel, wat was die geleentheid? Beskryf wat gebeur het en hoe jy gevoel

het. Onthou dat die meeste mense een of ander tyd verhoogvrees ervaar het.

• As jy weet wat om te verwag, kan jy jou vrees beheer. Noem ‘n paar algemene

simptome van verhoogvrees.

tonnels blaas in die rigting van die volgende skag se tonnel. Die tonnels het ‘n

deursneë van sewe meter, wat dit moontlik maak vir twee treine om verby mekaar te ry.

‘n Muur wat deur die middel van die tonnel loop, sal die twee spore van mekaar skei.

‘Die rots kou klippe’

Die drie-kilometer tonnel van Parkstasie in Johannesburg na Rosebank kon nie deur

middel van opblasings behartig word nie, omdat die klip in daardie omgewing te sag

en te nat is.

Die probleem is opgelos deur gebruik te maak van ‘n Duitse masjien wat soos ‘n

erdwurm deur die grond en klip vreet om ‘n ondergrondse tonnel te grou. Die

R300-miljoen reus is ingevoer van Duitsland af in verskillende stukkies en is in Suid-

Afrika ondergronds aanmekaar gesit.

Hierdie masjien, gedoop Imbokodo - of ‘Die Rots’ - het ‘n pad diep deur die

Witwatersrand klip gekou, terwyl hy 560 ton se toerusting agter hom aangesleep het.

Die masjien weeg self 325 ton en loop op spore. Wat Imbokodo nog meer

merkwaardig maak, is die feit dat hy die tonnel op dieselfde tyd met beton uitgevoer

het. Sodra Imbokodo sy werk afgehandel het, sal meeste van sy parte terug na die

oppervlak gebring word vir ander doeleindes, maar die klip-kouende deel sal diep

onder Rosebank vasgesement bly.

Ons stel bekend: die ster van die spoor

Die tipe trein wat op die spoorweg loop, genaamd Electrostar, is in Engeland ontwerp

en vervaardig. Die passasierwaens word in Engeland gebou en die verskillende

kompartemente word dan in Suid-Afrika bymekaar gesit om ‘n trein te vorm.

24 lokomotiewe sal elk 4 passasierswaens sleep. Vyf treine sal op die roete tussen

Sandton en die lughawe loop en die ander 19 treine sal tussen Johannesburg en

Pretoria loop.

Die spoor waarop die Electrostar treine ry, word van begin tot einde aanmekaar

vasgesweis. Dit verseker dat daar geen obstruksies op die spoor is nie en dat die trein

so vinnig as moontlik daarop kan ry. Dit beteken ook dat die trein nie klik-klak maak,

terwyl dit oor die spoor beweeg soos traditionele treine nie en dat dit so stil en glad as

moontlik van plek tot plek beweeg.

Wat om te verwag

Die Gautrein se infrastruktuur sal die volgende treinstasies insluit. Sandton, Rosebank

en Marloboro sal al drie ondergrondse stasies wees, terwyl Midrand, Centurion,

Rhodesfield, Hatfield en Pretoria almal bo-gronds sal wees. 120 000 mense sal

daagliks van die publieke vervoerstelsel gebruik maak en ‘n totaal van 125 luukse

busse sal binne ‘n 15km radius rondom al die stasies op ‘n busroete loop. Die

busroete is geskep om die treinpassasiers te vervoer vanaf die stasies, of om hul na

die treinstasies te bring.

Opdrag: Versamel interessante stof wat van tyd tot tyd oor die Gautrein in Beeld

verskyn en skryf ‘n artikel soos die projek vorder.

6 Leer en Presteer, graad 7 - 9, bylaag tot Beeld, Dinsdag 21 April 2009
Sosiale Wetenskappe

Wetenskaplike tegnologie in landbou

Gedurende die twintigste eeu het die wêreldbevolking baie vinnig toegeneem, dit het

‘n groter aanvraag na voedselvoorsiening veroorsaak. Die landboumetodes het egter

nie saam met die bevolkingstoename ontwikkel nie en baie van die bevolking in

ontwikkelende lande het aan wanvoeding of hongersnood gelei. Tydens 1940 – 1960

het die “groen rewolusie” plaasgevind om die voedseltekorte te probeer verminder en

tans is dit die “generewolusie” wat die voedselproduksie beïnvloed. Kom ons kyk wat

dit behels het.

Die Groen Rewolusie was die verbetering van landboumetodes, sodat groter

oesopbrengste verseker kon word. Nuwe verbeterde landboutegnieke van

ontwikkelde lande is in ontwikkelende lande gebruik om ‘n groter produksie van

voedsel te probeer verseker, en sodoende armoede en hongersnood te

verminder.

Hoekom was die groen rewolusie nodig?

• Die snelle toename in bevolkingsgetalle het groter produksie van voedsel

benodig.

• Swak boerderymetodes in arm lande het voedseltekorte veroorsaak.

• Tradisionele boerderymetodes was slegs op eie gebruik gebaseer.

Nuwe tegnieke wat gebruik is

• Die gebruik van nuwe, hoë-opbrengsvariëteite van mielies, rys, koring en

ander graansoorte.

• Groter oeste is op dieselfde grondoppervlakte verseker.

• Die gebruik van bemestingstowwe om die grondvrugbaarheid te verhoog.

• Damme is gebou om water op te gaar.

• Pompe en besproeiingsmetodes is verbeter.

• Nuwe masjinerie is ontwikkel, sodat die werktempo kan verhoog.

• Insek- en onkruiddoders is gebruik om insekte en onkruid uit te roei.

• Voortdurende uitbreiding van landbougebiede.

Die gevolge van die groen rewolusie

Die verandering wat die Groen Rewolusie veroorsaak het was positief sowel as

negatief. Dit is makliker om die positiewe gevolge raak te sien, want dit word

onmiddellik ervaar. Die negatiewe gevolge word dikwels eers oor ‘n langer

tydperk waargeneem.

Positiewe gevolge

• Groter oesproduksie.

• Gewasse wat bestand is teen plae en

siektes.

• Gewasse kon regdeur jaar geplant

word.

• Meer gewasse kon aangeplant word.

• Gewasse wat ‘n korter groeiseisoen

het.

• Boere het meer geld verdien.

• Beter masjinerie kon aangeskaf word

vir die bewerking van die landerye.

• Hongersnood en wanvoeding het

verminder.

• Minder ontbossing van woude vir

landbougrond.

• Bevolking het ‘n gesonder dieet

gehad.

• Minder kos moes ingevoer word om

tekorte aan te vul.

• Kon oorskotvoedsel uitvoer.

Volhoubare ontwikkeling

Die groen rewolusie

Negatiewe gevolge

• Nuwe saad moes telkens gekoop word

omdat saad nie uit nuwe saadvariëteite

gekweek kon word nie.

• Moes besproeïng gebruik wat duur was.

• Boorgatwater is gebruik wat die

ondergrondse watervlak verminder het.

• Duur bemestingstowwe en plaagdoders

is gebruik.

• Insekdoders dood nuttige en skadelike

insekte.

• Besoedeling van grond en water het

plaasgevind.

• Klein boere kon nie duur masjiene

bekostig nie.

• Meganisasie het werkloosheid

veroorsaak wat armoede tot gevolg

gehad het.

• Nuwe variëteite smaak anders.

• Gifstowwe affekteer ekosisteme.

• Inheemse plante is vervang met ander

variëteite.

Na die mislukking van die groen rewolusie en die negatiewe houdings jeens die

generewolusie is daar gepoog om landbou-ontwikkeling meer volhoubaar te maak.

Met die groen- en generewolusie is slegs sekere mense bevoordeel Die arm gedeelte

van die bevolking het steeds honger gely, terwyl die ontwikkeling ‘n negatiewe invloed

op die natuurlike omgewing gehad het.

Volhoubare ontwikkeling is wanneer natuurlike hulpbronne so ontwikkel

en gebruik word dat dit nog steeds vir toekomstige geslagte bewaar

word.

Waarom is volhoubare ontwikkeling nodig?

• Om die omgewing so te ontwikkel dat armoede verlig kan word sonder om die

omgewing te beskadig.

• Alternatiewe bronne gevind word in die plek van niehernubare bronne, sodat

bronne vir die toekoms behoue kan bly.

• Die omgewing te alle tye so te beskerm dat die ontwikkeling nie ‘n negatiewe

invloed daarop het nie.

• Die snelle bevolkingsgroei te beheer sodat daar nie ekstra druk op beperkte

hulpbronne geplaas word nie.

• Gronderosie te beperk deur plantegroei te bewaar en dus verwoestyning te

voorkom.

• Die regte boerderymetodes toe te pas, sodat maksimale produksie gelewer word

sonder om die vrugbaarheid van die grond te beïnvloed.

• Die inheemse plantegroei te beskerm en nie met indringer plante te vervang net om

groter oesopbrengste te verseker nie.

• Om te verseker dat daar langtermynvoordele in die ontwikkeling is.

Hoe kan volhoubare ontwikkeling plaasvind?

• Gebruik motors wat ligter op brandstof is.

• Herwinning van plastiekartikels.

• Wind of son vir energie-opwekking te gebruik.

• Reabilitasie van bewerkte oppervlaktes, sodat erosie beperk kan word.

• Opvoeding van bevolking, sodat hul die belangrikheid van die oordeelkundige

gebruik van hulpbronne besef.

Die generewolusie is waar wetenskaplikes deur die manipulering van ‘n

gewone plant se gene ‘n nuwe oes skep. Die gene van ‘n plant word in ‘n

laboratorium verander, sodat die nuwe plant bepaalde voordele bo die

gewone plant het, wat die produksie daarvan verhoog.

Hoekom was die generewolusie nodig?

• Die wêreldbevolking neem steeds toe, dus moet daar verseker word dat

die oesopbrengste per bewerkbare oppervlak maksimaal is.

• Globale verhitting veroorsaak droogte in sommige gebiede en vloede in

ander, wat die produksie van voedsel beïnvloed.

Nuwe tegnieke wat gebruik is

• Genetiese inligting van plante is gebruik om die kweek daarvan te versnel

en te verbeter.

• Die oeste kan deur genetiese manipulering (GM) beskerm word teen

natuurelemente bv. droogtes sowel as insekte en siektes om sodoende te

verseker dat die oesopbrengs hoër is en meer voedingswaarde besit.

• ‘n Bakteriegeen is in plante geplaas wat insekdodende toksiene produseer

en insekte dood, dus word minder gevaarlike plaagdoders gebruik.

Die gevolge van die generewolusie

Die verandering van ‘n plant se genetiese samestelling het voor- en nadele.

Die persoon wat daarna kyk, sien gewoonlik die gevolge uit sy eie

lewenservaring raak en dus is daar verdeeldheid oor of dit voor- of nadelig vir

die mens en ekosisteem is. Net soos met die groen rewolusie is dit maklik om

die voordele raak te sien, omdat dit dadelik beleef word, terwyl die nadele van

die genetiese verandering op die omgewing en die mens soms eers jare

daarna te voorskyn kan kom.

Industrialisasie

Die generewolusie

Positiewe gevolge

• Meer kos kan geproduseer word, selfs in droë

gebiede.

• Opbrengste kan vermeerder word per

oppervlakte.

• Boere kan groter inkomste verdien.

• Minder insetkoste, omdat minder gifstowwe

gebruik word.

• Kan selfs op swak landbougrond gekweek word.

• Voedingswaarde van voedsel het vermeerder.

• Gewasse hou groter gesondheidsvoordele in.

• Entstowwe word deur geneties gemanipuleerde

gewasse geproduseer wat met sukses in mense

gebruik word teen virusse.

• Gesonder omgewing, omdat minder plaagdoders

die grond en lug besoedel.

• Gewasse het ‘n ingeboude weerstand teen

bepaalde siektes en insekte.

• Gewasse word nie deur onkruiddoders beïnvloed

nie.

• Gewasse kan klimaatsuiterstes bv. droogte en

koue weerstaan, dus versekerde opbrengste.

• Gewasse se smaak en kleur kan gemanipuleer

word om beter te lyk en te proe.

• Dit verskaf voedselsekuriteit.

Negatiewe gevolge

• Die langtermyngevolge is

nog nie bepaal nie.

• Moontlik skadelik vir

mense.

• Die omgewing kan skade

ly.

• Onsekerheid oor

bestuiwing na ander

plante.

• Sade van die plante is

onvrugbaar.

• Nuwe sade moet telkens

gekoop word, wat ekstra

uitgawes veroorsaak.

• Groot maatskappye besit

die uitvindings, dus

ontoeganklik vir armer

boere.

• Sommige gewasse put

grond vinniger uit en

gebruik meer water.

• Regering beheer

produksie van die

gewasse.

• Bevolking deel maak van die ontwikkeling en versorging van hul omgewing om

sodoende trots by hulle te ontwikkel.

• Impakstudies te doen voor ontwikkeling plaasvind om die volhoubaarheid

daarvan te verseker.

• Bewaringsgebiede te proklameer, sodat verseker kan word dat sensitiewe

ekologiese gebiede vir die nageslagte bewaar word.

• Besoedeling van die omgewing te voorkom, sodat natuurlike hulpbronne nie

beskadig word nie.

• Uitwissing van natuurlike bronne vir stedelike ontwikkeling te beperk.

• Vervang afgekapte plantegroei deur nuwes aan te plant.

Industrialisasie is die proses waar vervaardigingsnywerhede (sekondêre

aktiwiteite) hoofsaaklik uit landelike gemeenskappe (primêre aktiwiteite) ontwikkel.

Met die ontwikkeling van nuwe tegnologie word al hoe meer van die landelike

arbeid deur meganisasie (masjinerie) vervang.

Die Industriële Rewolusie het ontstaan as gevolg van die volgende faktore wat dit

beïnvloed het:

Industriële rewolusie

Banke in Londen help met die finansiering van

nuwe uitvindings en ontwikkelings wat dit

bekostigbaar maak.

Nuwe plaaslike en buitelandse markte ontstaan,

wat ‘n groter afsettingsgebied en aanvraag na

produkte tot gevolg het.

Bevolkingstoename voorsien ‘n groter

arbeidsmag wat deur die industriële sektor in

diens geneem kan word. Daar is dus meer

kontantvloei beskikbaar, omdat meer mense werk

en ‘n salaris verdien.

Nuwe energiebronne is ontwikkel om in die groter

aanvraag na energie te voorsien, bv. stoomkrag.

Winste uit groeiende handel en verbeterde

boerderymetodes kon in die industrieë teruggeplaas

word, wat ontwikkeling versnel het.

Snelle groei in bevolking stimuleer die

ontwikkeling van industriële groei, omdat daar ‘n

groter aanvraag na produkte is.

Daar ontstaan ‘n groter aanvraag na

vervaardigde produkte en ‘n afname in die

aanvraag na onverwerkte produkte.

Nuwe uitvindsels wat in die industriële sektor

gebruik kan word, is ontwikkel, wat produksie

vergemaklik en versnel het.

Baie grondstowwe was beskikbaar vir die nuwe

masjinerie en uitvindings in die industrieë, wat

die produksie van produkte versnel het.

Meer werksgeleenthede is geskep as gevolg van

die ontstaan van nuwe besighede.

Leer en Presteer, graad 7 - 9, bylaag tot Beeld, Dinsdag 21 April 2009 7

Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147

WEN! WEN! WEN!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme

deelneem, kan ‘n skootrekenaar

van Dell ter waarde van

R9 000 wen!