You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
1 INLEIDING

DOELTREFFENDE KOöPERATIEWE GROEPWERK

Een van die sewe kritiese kruisvelduitkomste wat vir alle leerders binne alle leerareas en vlakke van Suid-Afrika

se NKR (“NQF”) geïdentifiseer is, lees:

“…om doeltreffend saam met ander te werk as lid van ‘n span, groep, organisasie of gemeenskap”

Dit het ten doel om deel te vorm van ‘n holistiese benadering tot leer en leerderontwikkeling.

Koöperateiwe groepwerk hou voordele in vir die intellektuele, emosionele en sosiale ontwikkeling van die

leerder. ‘n Paar mense wat in ‘n groep saamgevoeg is, is egter nie outomaties in staat is om doeltreffend binne

groepsverband saam te werk nie. Suksesvolle groepwerk is iets waarna gestreef word en vereis toewyding van

alle betrokkenes.

Dit is waar dat die sukses of mislukking van klein koöperatiewe groepe soms beïnvloed kan word deur

eksterne faktore, soos die persoonlikhede van groeplede, hul belangstelling in die gedeelte van die werk wat

gedek word (kurrikulum), of sommige sosio-kulturele werklikhede. Aan die ander kant is dit ook waar dat ‘n

beter begrip van die basiese beginsels van koöperatiewe leer, groepdinamika, groeprolle, interpersoonlike

vaardighede en verskillende take tot ‘n meer doeltreffende funksionering binne die groep kan lei. In die volgende

afdelings word hierdie aspekte breedvoeriger bespreek.

2 GROEPDINAMIKA

2.1 Teorieë

“Eintlik is ‘n groep nooit staties nie: dit is ‘n dinamiese organisme wat deurlopend in beweging is. Dit beweeg

nie slegs as ‘n eenheid nie, maar die verskillende elemente daarbinne is konstant in interaksie met mekaar. ‘n

Verandering in prosedure sal die atmosfeer beïnvloed, wat die leierskap sal beïnvloed, ensovoorts.” (Jaques,

1991:37).

Navorsing toon dat groepe deur min of meer voorspelbare fases van ontwikkeling beweeg gedurende hul

lewenssiklusse. Vir elke groeplid (en die fasiliteerder) is dit belangrik om bewus te wees van hierdie fases.

Wanneer mens weet wat om te verwag, kan mens daarteen waak om in sekere stadiums mismoedig te raak en

eerder strategieë implementeer om die groep in ‘n positiewe rigting te stuur.

Jaques (1991:38-39) som die verskillende teorieë van die ontwikkelingstadia van groepe op. Een van die mees

bekende teorieë – dié van Tuckman en Jensen – word meer volledig in Figuur 1 beskryf:

Figuur 1: Tuckman en Jensen se groepontwikkelingsteorie

(Soos opgesom deur Dzvimbo, 1997:11-12)

Fase van groepontwikkeling Tipiese emosionele toestand

“Forming” (Vorming of oriëntasie) Angstige afwagting

“Storming (Storm of konflik) Woede, frustrasie

“Norming” (Normering of samewerking) Aanvaarding, vrees vir konflik

“Performing” (Uitvoering of produktiwiteit) Energieke selfvertroue

“Transforming” (Verandering of transformasie) Vermoë om te implementeer

Onderriginnovasie en –konsultasie Januarie 2002
Vorming (“Forming”)

In hierdie fase wil spanlede weet wat van hulle verwag word. Hoe pas elke individu in? Wat is ons

veronderstel om te doen? Wat is die reëls?

Storm (“Storming”)

Spanlede sukkel om maniere te vind om saam te werk. In hierdie stadium weet die meeste mense nie

presies wat gebeur nie. Dit kan lei tot weerstand, strydende en vyandige subgroepe en algemene

misnoeë met die hele oorgang na spanne.

Normering (“Norming”)

Dit gebeur wanneer ‘n span sy balans vind en ‘n rustige normeringsfase binnegaan. Elke lid poog om

‘n sinvolle deel van die groep te wees.

Uitvoering (“Performing”)

In hierdie fase voer die groep sy sake met selfvertroue uit. Lede het nou geleer om konstruktief van

mekaar te verskil en om aanpassings te maak en te onderhandel.

Transformering (“Transforming”)

Transformering kan óf die herdefiniëring van ‘n doel wees, die daarstel van ‘n nuwe doel of struktuur, óf

die ontbinding of beëindiging van die werkgroep of span.

Wanneer ‘n mens die fases van groepontwikkeling ken, is dit moontlik om gepaste stappe te doen om te

verseker dat die groep regdeur bly funksioneer. Vir al die fases wat deur Tuckman en Jensen beskryf is, is daar

voorsorgmaatreëls wat geneem moet word of aktiwiteite om te onderneem, wat sal bydra tot die welsyn van die

groep vir die duur van sy bestaan. In 2.2 en 3.1-3.5, word sommige hiervan bespreek.

2.2 Aktiwiteite vir die verskillende fases van groepontwikkeling

_ Vormingb (“Forming”)

Hierdie fase kan ‘n plesierige ervaring wees. Studente moet die geleentheid gegee word om:

mekaar se name te leer;

persoonlike inligting met mekaar te deel, soos telefoonnommers, verjaardae, voor- en afkeure, ens;

mekaar se verwagtinge en vrese t.o.v. die funksionering in groepe te deel; en

te besluit op ‘n groepnaam en/of kenteken/logo, (indien die groep vir ‘n langer tydperk gaan bestaan).

Hierdie aktiwiteite is daarop gemik om ‘n gevoel van “behoort aan” in die groep te bewerkstellig. Hierdie soort

normale “air and share” moet nooit onderskat word nie. Ofskoon die sukses van die groep hoofsaaklik sal

afhang van harde werk en toewyding deur elke lid, is dit belangrik dat die groep informeel ontmoet en in voeling

bly met die wese van sy lede (hulle ervarings van angs, hartseer, opwinding, ens).

_ Storm (“Storming”)

Hierdie hoef nie ‘n negatiewe fase te wees nie – afhangende van die stelsels wat die groep in plek het om sy

lede deur hierdie fase te lei. In dié opsig kan dit van hulp wees om die vyf basiese beginsels van koöperatiewe

leer te oorweeg, soos dit geïdentifiseer is deur Johnson en Johnson (die “vaders” van koöperatiewe leer). Indien

elke groeplid hom-/haarself daartoe verbind om tydens hierdie fase by dié vyf beginsels te hou (bespreek in 3.1

– 3.5), word die uitdaging om doeltreffend te bly saamwerk moontlik.

_ Normering (“Norming”)

Dit is belangrik vir ‘n groep of span om so gou moontlik ‘n stel grondreëls op te stel. Hierdie reëls moet dien as

‘n tipe raamwerk vir die funksionering van die groep. Elke lid moet met die reëls saamstem en dit moet

verkieslik neergeskryf word – sigbaar vir elkeen wanneer daarna verwys word. Lede van die groep behoort

mekaar aan die reëls te herinner wanneer nodig en daar behoort ‘n ooreengekome prosedure te wees wanneer

die reëls nie nagekom word nie. Kwessies soos “stiptelikheid”, “luister na ander”, “respek vir ander se

standpunte”, en “bly by die punt“ kan hier ingesluit word. Dit kan uiteindelik bydra tot groepsamehorigheid.

Onderriginnovasie en –konsultasie Januarie 2002
_ Uitvoering (“Performing”)

Daar is ‘n verskeidenheid groepaktiwiteite en strategieë wat in hierdie fase gebruik kan word. ‘n Aantal tegnieke

word kortliks beskryf in die dokument Ideas on Co-operative Learning and the Use of Small Groups” ( Howard

Community College's Teaching Resources) in u lêer.

_ Transformering/verdaging (Transforming”)

In hierdie fase is dit belangrik dat groepe reflekteer en besin oor hoe hulle saamgewerk het. Kyk in dié verband

na die deel oor groeprefleksie (3.5).

3 BASIESE BEGINSELS

Soos in punt 2 hierbo genoem, het die “vaders” van koöperatiewe leer (Johnson en Johnson) vyf basiese

beginsels geïdentifiseer vir die doeltreffende funksionering van koöperatiewe groepe. Indien elke groeplid hom-

/haarself verbind tot die nakoming van die vyf beginsels (bespreek in 3.1-3.5), word die uitdaging om doeltreffend

saam te werk moontlik.

3.1 Positiewe interafhanklikheid

Groeplede het mekaar beslis nodig om die groep se take uit te voer. Dit is belangrik dat hulle weet dat hulle

saam sal swem of sink. Daarom moet elke groeplid hom-/haarself verbind om sy/haar deel van die taak uit te

voer. Groeplede moet verantwoordelikheid vir hulle eie leer aanvaar, maar ook vir die leer van ander groeplede.

Dit kan bewerkstellig word deur, onder meer:

- die daarstelling van gesamentlike groepdoelwitte, bv “Elke lid moet die materiaal leer en seker maak

dat die ander dit ook leer”, of “Die groep neem verantwoordelikheid om te sorg dat elke lid die werk

verstaan”; en

- die toekenning van rolle aan elke groeplid, bv:

aanmoediger - ander aanmoedig

pryser - ander prys

uitbreier - uitbreiding en verbinding van nuwe kennis met

vorige geleerde kennis en ervarings

rasieleier - vier van prestasies

hekwagter - gelyke verdeling van deelname (sorg dat elkeen deelneem)

drilmeester - hulp verleen wanneer ander nie verstaan nie

vraagbeheerder - versoek hulp van buite

kontroleur - kontroleer vir begrip

taakmeester - sorg dat die groep by die taak bly

opskrywer/sekretaris - plaas idees op rekord

reflekteerder - oorweeg die groep se vordering

materialemoniteerder - doeltreffende verdeling van materiale

Hierdie rolle kan verander van vergadering tot vergadering, of van taak tot taak, soos verkies. Sommige

van die rolle kan gekombineer en aan een lid gegee word.

3.2 Individuele aanspreeklikheid

Individuele aanspreeklikheid is een van die kritiese komponente van koöperatiewe leer. Dit maak voorsiening vir

die identifisering van elke groeplid se bydrae tot die groep se werk en hang nou saam met die konsep van

positiewe interafhanklikheid. Terwyl positiewe interafhanklikheid op die komplementerende verhouding tussen

groeplede fokus, fokus individuele aanspreeklikheid op die verantwoordelikhede van elke lid in die verhouding

(Abrami et al, 1995:81).

Groepe moet ooreenkom oor die maniere waarop hulle sal verseker dat elke lid verantwoordelikheid aanvaar vir

sy eie leer/onderrig.

Onderriginnovasie en –konsultasie Januarie 2002
- Lede kan die werk in gelyke dele verdeel (“jigsaw”): elke groeplid bestudeer ‘n deel van die werk, of

doen ‘n deel van die opdrag. Die groep kom bymekaar en elke lid is verantwoordelik daarvoor om die

ander te leer wat hy/sy geleer het.

- Hulle kan ‘n terugvoervorm ontwerp vir terugvoer aan die groep, of geleentheid gee vir mondelinge

terugvoer, of terugvoer deur middel van ‘n aanbieding.

3.3 Van aangesig-tot-aangesig interaksie

Een van die belangrikste aspekte van groepwerk is kommunikasie. Van aangesig-tot-aangesig kommunikasie

beteken die werklike kommunikasie tussen groeplede. Vir hierdie rede is dit baie belangrik dat groepe gereeld

ontmoet. Dit gee aan lede die geleentheid om mekaar te help, mekaar aan te moedig en te ondersteun.

Probleme, oplossings en strategieë vir vooruitgang kan bespreek word.

3.4 Interpersoonlike en klein groepvaardighede

Om goeie kommunikasie moontlik te maak, moet aandag aan sekere interpersoonlike vaardighede tussen lede

gegee word. Dit is vaardighede soos luister, verduideliking, vrae stel en reageer. Hierdie vaardighede moet

doelbewus aangeleer en geoefen word.

Daar is ook sekere negatiewe vorms van gedrag wat die optimale funksionering van die groep kan benadeel.

Daar moet gewaak word teen die volgende nie-funksionele vorms van gedrag (Beck 1981):

- aggressie;

- blokkering;

- selfbieg;

- kompetisie;

- soek van simpatie;

- spesiale pleidooie;

- te kere gaan;

- soek van erkenning;

- onttrekking;

- dominering; en

- ontoepaslike gedrag.

‘n Baie belangrike vaardigheid vir groepsfunksionering is die bestuur van konflik. Konflik is deel van spanwerk.

Dit hoef nie destruktief of ongewens te wees nie, maar kan selfs nuttig wees. Oorweeg die volgende gebruike

(uit Van der Westhuizen):

- om verandering teweeg te bring;

- om nuwe idees te genereer;

- om groepsamehorigheid te toets;

- om span te bou;

- om verskillende behoeftes en belange tussen lede en groepe bloot te lê;

- om persoonlikhede te verken;

- om oor mekaar te leer;

- om grense tussen die moontlike en onmoontlike te toets en vas te stel;

- om mense in staat te stel om sterk gevoelens uit te druk;

- om gevoelens openbaar te maak;

- om te ontdek hoe mense dink;

- om vrese bloot te lê; en

- om onderlinge afhanklikheid te skep.

Daar is verskillende oorsake vir konflik – sommige is werklik en sommige onwerklik. Werklike konflik is gegrond

op bekende en begrepe verskille t.o.v:

Onderriginnovasie en –konsultasie Januarie 2002
- belange

- opinies

- persepsies

- interpretasies

- persoonlikhede

- waardes

- doelwitte

Onwerklike konflik (gebaseer op wankommunikasie, wanpersepsies en wanbegrip) kan probleme veroorsaak

wat net so moeilik is om op te los as werklike konflik. Tensy dit betyds hanteer word, kan dit in werklike konflik

ontwikkel.

Wanneer konflik in ‘n groep bestaan, is dit belangrik om die volgende te onthou:

- moenie dit ignoreer nie – probeer om dit op te los;

- dit is nie noodwendig negatief nie – moenie oorreageer nie;

- bepaal of die oorsaak van die konflik werklik is;

- volg die prosedures waarop julle as ‘n groep ooreengekom het om konflik te hanteer (kyk grondreëls,

punt 3); en

- leer uit hierdie ervaring.

3.5 Groepprosessering

Groepe moet tyd afstaan aan reflektering en besinning oor en ontleding van die mate waarin hulle hul doelwitte

bereik en hoe goed hulle hul nodige sosiale vaardighede gebruik. Hierdie prosessering help alle groeplede om te

presteer, terwyl doeltreffende werkverhoudings tussen lede gehandhaaf word.

Van tyd tot tyd behoort die groep sy funksionering te evalueer deur twee vrae te beantwoord:

- Wat het elke lid gedoen wat van hulp was vir die groep?

- Wat kan elke lid doen om die groep die volgende keer selfs beter te laat saamwerk?

In die literatuur en op die Internet is ‘n aantal nabetragtingsvorms en kontrolelyste beskikbaar waarvolgens ‘n

groep nabetragting kan hou oor sy funksionering – aan die einde van ‘n dag of taak. ‘n Groep kan ook sy eie

vorm ontwerp volgens sy eie kriteria vir groepsfunksionering.

5 SLOTOPMERKING

Om doeltreffend in ‘n groep te werk, is ‘n uitdaging. Die lewe is ‘n netwerk van groepe, spanne en pare wat

saamwerk. Die feit dat mense saam gegroepeer word beteken nie noodwendig dat hulle doeltreffend

funksioneer nie. Om dit te bereik is kennis, sekere vaardighede, voorbereidheid en toewyding nodig. Die gevolge

is belonend.

Onderriginnovasie en –konsultasie Januarie 2002
BRONNE:

Abrami, P.C. et al. 1995. Classroom connections. Toronto: Harcourt Brace.

Beck, A.P. 1981. Developmental Characteristics of the system-forming process. In: Durkin, J (Ed.), Living

group: group psychotherapy and general systems. New York: Brunner/Mazel.

De Boer, A., Du Toit, P.H & Du Toit, P.H. 1995. Co-operative learning. In: Tutor 3(1).

Dzvimbo, K.P. 1997. Building teams and work groups. Werkwinkel aangebied aan die Departement

Natuurwetenskappe van TNG, 5 September, ABSA Konferensiesentrum. Johannesburg: Randse

Afrikaanse Universiteit.

Jaques, D. 1991. Learning in Groups. 2 de Uigawe. Londen: Kogan Page.

Miller, S. Ongedateer. Cooperative learning and maximising student potential. Deelnemershandleiding

(Participant’s manual). Kaapstad: Metagroup Communications.

Van der Westhuizen. Ongedateer. Conflict. Persoonlike lêer met transparante.

Technikon Noord-Gauteng: Departement van Onderwys en Leerontwikkeling.

Onderriginnovasie en –konsultasie Januarie 2002