Dissipline - Laerskool Jan van Riebeeck

Dissipline - Laerskool Jan van Riebeeck Dissipline - Laerskool Jan van Riebeeck

jvrprim.co.za
from jvrprim.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK VERKORTE DISSIPLINÊRE BELEID Die dissiplinêre kode bestaan uit skoolreëls wat ten doel het om die leerders tot selfstandige besluitneming te lei en ook om hulle veiligheid te verseker. Elke leerder ontvang aan die begin van elke jaar so ‘n kode en ouers word versoek om dit saam met hulle kinders deur te lees en te bespreek. Met inagneming van die groot ouderdomsverskil tussen leerders in die grondslagfase en ouer leerders, is daar spesifieke maatreëls wat op die jonger leerders van toepassing is. A. DISSIPLINE STELSEL SPESIFIEK GERIG OP LEERDERS IN GRAAD 1 TOT 3 1. ALGEMEEN 1.1. Sonder dissipline kan geen skool funksioneer nie. Ons wil graag gelukkige, maar gedissiplineerde leerders onderrig. Om dit te kan doen het ons ‘n dissipline stelsel spesifiek vir die Grondslagfase geïmplimenteer. Ons glo deur volgehoue samewerking tussen die onderwyser, leerder en ouer kan ons sukses behaal. Dit is tot voordeel van elkeen betrokke. 1.2. Die dissiplinêre stelsel word gebruik as ‘n opvoedkundige instrument ter bevordering van elke leerder se ontwikkeling. Onder geen omstandighede sal ‘n leerder op ‘n vernederende wyse gedissiplineer word nie. 1.3. Elke leerder word volledig ingelig oor die funksionering van die stelsel en moet dit regverdig beleef. 1.4. Elke onderwyseres in die grondslagfase sal aan die begin van die akademiese jaar ‘n lys met klasreëls oorhandig en sal dit aan die leerders verduidelik word. 1.5. Onderwysers in die grondslagfase word toegelaat om binne die raamwerk van positiewe en negatiewe oortredings sowel as moontlike strawwe soos hierna uiteengesit, hulle eie strafstelsel toe te pas. 1.6. Die volgende bepalings is egter deurgaans van toepassing: • Leerders begin Maandae met ‘n skoon “kaart”.

LAERSKOOL JAN VAN RIEBEECK

VERKORTE DISSIPLINÊRE BELEID

Die dissiplinêre kode bestaan uit skoolreëls wat ten doel het om die leerders tot selfstandige

besluitneming te lei en ook om hulle veiligheid te verseker. Elke leerder ontvang aan die begin van

elke jaar so ‘n kode en ouers word versoek om dit saam met hulle kinders deur te lees en te

bespreek.

Met inagneming van die groot ouderdomsverskil tussen leerders in die grondslagfase en ouer

leerders, is daar spesifieke maatreëls wat op die jonger leerders van toepassing is.

A. DISSIPLINE STELSEL SPESIFIEK GERIG OP LEERDERS IN GRAAD 1 TOT 3

1. ALGEMEEN

1.1. Sonder dissipline kan geen skool funksioneer nie. Ons wil graag gelukkige,

maar gedissiplineerde leerders onderrig. Om dit te kan doen het ons ‘n

dissipline stelsel spesifiek vir die Grondslagfase geïmplimenteer. Ons glo deur

volgehoue samewerking tussen die onderwyser, leerder en ouer kan ons

sukses behaal. Dit is tot voordeel van elkeen betrokke.

1.2. Die dissiplinêre stelsel word gebruik as ‘n opvoedkundige instrument ter

bevordering van elke leerder se ontwikkeling. Onder geen omstandighede sal

‘n leerder op ‘n vernederende wyse gedissiplineer word nie.

1.3. Elke leerder word volledig ingelig oor die funksionering van die stelsel en moet

dit regverdig beleef.

1.4. Elke onderwyseres in die grondslagfase sal aan die begin van die akademiese

jaar ‘n lys met klasreëls oorhandig en sal dit aan die leerders verduidelik word.

1.5. Onderwysers in die grondslagfase word toegelaat om binne die raamwerk van

positiewe en negatiewe oortredings sowel as moontlike strawwe soos hierna

uiteengesit, hulle eie strafstelsel toe te pas.

1.6. Die volgende bepalings is egter deurgaans van toepassing:

• Leerders begin Maandae met ‘n skoon “kaart”.

• Indien ‘n leerder 3 keer in ‘n kwartaal sy / haar sivvie voordeel verloor het, sal

daar ‘n vergadering met die ouers belê word. Ouers moet asseblief verstaan

dat konsekwente optrede deur die skool baie belangrik is en dat ouers hulself

moet verbind tot samewerking in die verband.

• Laerskool Jan van Riebeeck onderneem om nie ’n leerder se sivvie voordeel te

ontneem alvorens ouers nie vroegtydig in kennis gestel is nie ten einde ouers

in die posisie te plaas waar ’n leerder oortuig kan word om deur middel van

goeie gedrag sodanige straf te vermy.

• ‘n Leerder sal ook beloon word vir positiewe gedrag deur middel van die

meriete balkie, prysing in klas of tydens saalperiode of in die nuusbrief, ens.

2. NEGATIEWE OORTREDINGS:

2.1. Versuim om huiswerk te doen.

2.2. Herhaaldelike vergeet van boeke by die huis.

2.3. Laat inhandiging van boeke / take / praatjies.

2.4. Aanhoudende en gedurige geselsery in die klas.

2.5. Skreeuery of opsetlike lawaai in klas. (geluide)

2.6. Eet sonder toestemming in die klas.

2.7. Gedragsprobleme op die stoep.

2.8. Verlaat die klas sonder toestemming.

2.9. Steurnis tydens lesaanbieding.

2.10. Strooi papiere of rommel in klaskamer of op speelterrein.

2.11. Versuim om toetse te laat teken.

2.12. Mors met water of lol met krane / waterpunte van spreiers.

2.13. Vloek / leuens.

2.14. Swak gedrag tydens saalaangeleenthede.

2.15. Sonder toestemming in die siekekamer.

2.16. Spelery / stoeiery in klas of in rye.

2.17. Afknou, dreig, seermaak, boelie.

2.18. Wegsteek of krappery in ander se tasse / persoonlike eiendom.

2.19. Diefstal.

2.20. Selfoon gebruik tydens skooltyd.

2.21. Stokkiesdraaiery.

2.22. Onwelvoeglike lektuur, prente, voorwerpe.

2.23. Gevaarlike voorwerpe soos messe ens.

2.24. Opsetlike beskadiging van eiendom.

3. POSITIEWE GEDRAG

3.1. Hulpvaardigheid.

3.2. Positiewe groepwerk.

3.3. Eerlikheid.

3.4. Algemene goeie gedrag.

3.5. Netheid van werk.

3.6. Eie inisiatief.

3.7. Goeie klaswerk – en punte deurgaans.

3.8. Positiewe terugstuur van afskeurstrokies.

3.9. Huiswerk altyd voltooi x 5.

3.10. Positiewe en opbouende opmerkings teenoor mede leerders.

4. MOONTLIKE STRAWWE VIR OORTREDINGS IN GRAAD 1 TOT GRAAD 3

(AFHANGENDE VAN DIE OORTREDING ASOOK DIE BETROKKE

ONDERWYSERES SE ONDERWYSSTYL)

4.1. Kolle-stelsel (kol per oortreding en na ‘n sekere aantal kolle mag sivvie-

voordeel ontneem word).

4.2. Beplande ignorering.

4.3. Ekstra huiswerk.

4.4. Mondelingse berisping.

4.5. “Time-out” by aparte tafel in klaskamer tydens periode.

4.6. “Time-out” van 5 – 10 minute tydens pouse onder toesig van die betrokke

onderwyseres.

4.7. Stuur na die Skoolhoof se kantoor.

4.8. Wegneem van sivvie-voordeel.

4.9. Detensie in uiterste gevalle.

4.10. Skorsing in uiterste gevalle.

B. ALGEMENE DISSIPLINE STELSEL GERIG OP ALLE LEERDERS VAN GRAAD 1 TOT

GRAAD 7

1. WAT IS ONAANVAARBARE GEDRAG?

1.1. VLAK 1 OORTREDINGS

1.1.1 Voorbeelde:

• Afskryf van huiswerk.

• Laatkommery: klas, rye, tydens byeenkomste, vergaderings, ens.

• Praat in klas, rye, byeenkomste, tydens aankondigings, ens.

• Versuim om billike instruksies uit te voer, bv. werk nie in die klas nie.

• Verwaarlosing van skoolboeke.

• Algemene onnetheid.

• Vandalisme (insluitend strooi van rommel).

• Wangebruik en ongemagtigde gebruik van skooltoerusting

(brandblussers, krane, alarmstelsel, ens).

• Verlaat van skool / klaskamer sonder toestemming.

• Gebruik van vernederende en suggestiewe taal en tekens.

• Disrespekvolle optrede teenoor opvoeders, mede-leerders asook enige

ander volwassenes.

• Opsetlike klasontwrigting: eet in klas, speel met selfoon, ens.

• Afwesigheid sonder toestemming.

• Verontagsaming van klasreëls.

• Aanhitsing tot bakleiery, boeliegedrag, ens.

• Wangedrag op busse na en van skool.

• Dra van ongeoorloofde / ontoelaatbare kleredrag.

• Daag nie as deelnemer op vir wedstryd / byeenkoms nie.

• Versuim om toets te laat teken.

• Vloek, spoeg, ens.

• Klim op of oor skoolomheining, hekke of afskortings.

• Gly of sit op trapreëlings of hang oor reëlings.

• Loop rond in skooltyd of drentel tydens klaswisseling.

• Hardloop op stoepe.

• Dra van grimering of ontoelaatbare juweliersware.

• Ander oortredings wat volgens diskresie as Vlak 1 oortredings

geklassifiseer behoort te word.

1.1.2. Korrektiewe Maatreëls, Reaksie en Ondersteuning:

• Onderwysers sal, met inagneming van hulle onderskeidelike

onderwysstyle, Vlak 1 oortredings volgens diskresie hanteer.

• Korrektiewe maatreëls kan insluit mondelinge berisping, straf volgens

kollestelsel, ekstra huiswerk, “time-out”, wegneem van sivviedae,

opskorting van deelname aan skoolaktiwiteite (soos sport en kultuur) en

detensie.

1.2. VLAK 2 OORTREDINGS

1.2.1 Voorbeelde:

• Herhaaldelike vlak 1 oortredings.

• Herhaaldelike klasontwrigting.

• Rassistiese, seksistiese en diskriminerende opmerkings en gedrag.

• Besit en verspreiding van onwelvoeglike, rassistiese, seksistiese

materiaal; of die kyk en / of aflaai daarvan op enige rekenaar of selfoon

by die skool.

• Vandalisme: graffiti, skryf op banke, breek van vensters, ens.

• Bakleiery en die toedien van beserings.

• Minder ernstige diefstal.

• Dobbelary.

• Rook van sigarette en die besit van sigarette.

• Vervalsing van dokumente met minder ernstige gevolge.

• Weiering om korrektiewe maatreëls te gehoorsaam.

• Besit van gevaarlike voorwerpe, messe, wapens.

• Blatant parmantig met onderwyser en / of terugpratery sonder respek vir

onderwyser en / of luister opsetlik nie na onderwyser nie (hierdie

oortreding geld ten opsigte van gedrag teenoor enige ander

volwassene).

• Vertel leuens met ernstige nagevolge.

• Ongeoorloofde opmerkings / aanmerkings in die openbaar of aan die

lede van die publiek.

• Spot en / of beledig ander leerders.

• Ontoelaatbare gedrag by buite kurrikulêre aktiwiteite /

sportbyeenkomste wat beeld van skool skaad.

• Ander oortredings wat volgens diskresie as Vlak 1 oortredings

geklassifiseer behoort te word.

1.2.2. Korrektiewe Maatreëls, Reaksie en Ondersteuning:

• Met ‘n vlak 2 oortreding sal die Skoolhoof, na oorlegpleging met die

klasonderwyser en die persoon wat die oortreding aangemeld het, op

korrektiewe maatreëls besluit wat kan insluit die maatreëls soos by Vlak

1 sowel as uitsluiting van deelname aan sosiale geleenthede by die

skool, ooreengekome en bekostigbare vergoeding, herstel of

vervanging van beskadigde eiendom en gemeenskapsdiens vir ‘n

maksimum van 6 ure.

• ‘n Afspraak sal met ouers gereël word om die maatreëls te bespreek en

om ouers te betrek by gesamentlike besluitneming oor ondersteuning

vir die leerder om verdere wangedrag konstruktief hok te slaan.

1.3. VLAK 3 OORTREDINGS

1.3.1. Voorbeelde:

• Herhaaldelike Vlak 2 oortredings.

• Bywoning van skool of skoolaktiwiteite onder die invloed van alkohol en

/ of dwelmmiddels.

• Diefstal / inbraak.

• Brandstigting.

• Ernstige vandalisme.

• Seksuele misbruik / teistering.

• Seksuele wangedrag bv ontbloting.

• Pornografie op ‘n selfoon / rekenaar / tydskrif, ens.

• Fisiese aanranding van medeleerders / onderwysers.

• Dreig van medeleerders / onderwysers.

• Betrokkenheid by bendeverwante aktiwiteite.

• Ontwrigting van skoolprogram dmv opstand en betoging sonder

toestemming.

• Betreding van skoolterrein terwyl skorsingsanksie van krag is.

• Maak van bomdreigemente.

• Vals toestemming of verskoningsbriewe.

• Ander kriminele oortredings en oortredings wat volgens diskresie as

Vlak 3 oortredings geklassifiseer behoort te word.

1.3.2. Korrektiewe Maatreëls, Reaksie en Ondersteuning:

• Vlak 3 oortredings MOET deur die Skoolhoof na die Beheerliggaam

verwys word en die beheerliggaam (in samewerking met dissiplinêre

komitee van WKOD) is by magte om die volgende korrektiewe

maatreëls toe te pas:

o Moontlike skorsing.

o Uitsetting.

1.4. VLAK 4 OORTREDINGS

1.4.1. Voorbeelde:

o SAPD – Kriminele ondersoek.

o Kombinasie van bogenoemde.

• Herhaaldelike Vlak 3 oortredings.

• Weiering om ontwikkelingsgerigte programme by te woon.

• Gevaarlike wapens: bring van wapens op skoolterrein, dreig persone

met wapens, opsetlike aanranding van persone met wapens.

• Besit van dwelms op skoolterrein.

• Handel met dwelms op skoolterrein.

• Ernstige aanranding van medeleerder / onderwyser.

• Leerder is skuldig bevind in kriminele hof (onmiddellike uitsetting).

• Seksuele aanranding (verkragting).

1.4.2. Korrektiewe Maatreëls, Reaksie en Ondersteuning:

• Op hierdie stadium is ‘n dissiplinêre verhoor deur die Beheerliggaan

onvermydelik.

• Die SAPD sal in kennis gestel word oor kriminele oortredings soos

dwelms, wapens, verkragting, ernstige aanranding.

• Skorsing / uitsetting is ‘n baie besliste moontlikheid. Die

Kringbestuurder (WKOD) moet ook in kennis gestel word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!