03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die wil van God

In geluk of per ongeluk of per toeval nie. Niks

die Bybel leer God dat Hy alles werk volgens

die raad van sy wil (Ef. 1:11). Niks gebeur per

gebeur sonder die wil van God nie.

Hierdie feit skep vir die gelowige baie vrae wat nie so

maklik is om te antwoord nie:

Indien God alles vooraf besluit het en alle

dinge

gebeur soos Hy wil, is dit dan nie logies dat God die

sonde ook gewil het en daarom die sonde uitgedink

het nie?

God se wil, wat ewig en goed is, kan mos nie

inhou

dat die gelowige baie pyn en leed sal deurmaak nie,

want dan beteken dit dat God doelbewus die lyding

oor die mens bring?

Al die oorloë, moorde, menseslagtings,

marteling,

vervolging … is dit presies so in die wil van God

vooraf besluit? Indien wel, hoe rym dit met God se

liefde en erbarming?

Indien God se wil van ewigheid af vasstaan en fi

naal

klaar oor alles besluit is, wat help dit dat ek my oor

dinge inspan? Ek kan niks daaraan doen nie, want

God het mos klaar besluit!

Moet ek my eie verantwoordelikheid dus maar

vergeet

en my nie bekommer en besorg maak oor die dinge

van my lewe nie?

Elkeen sal nog tientalle vrae kan byvoeg. Vanself, in

sy eie vermoë, sal die mens dié dinge nie verstaan nie.

Daarom sal ons oor die saak moet praat met die vinger in

die Woord van God, waar die antwoorde opgeskryf is.

Die begrip “wil van God”

Die begrip die wil van God (Jes. 53:10; Fil. 2:13) word

in die Bybel ook op ander maniere genoem. In die Bybel

lees ons van:

die raad van God (Ef.

1:11);

die planne van die Here (Ps.

33:11);

die besluite van God (Jes. 14:27; Ps.

33:11);

die voorneme van God (Ef.

3:11);

sy genadige bedoeling (Matt.

11:26);

sy genadige beskikking (Ef.

1:5).

Die verskillende begrippe wil een saak omskryf: Alles

wat God doen, is volkome doelgerig en goed beplan. God

hoofartikel

weet presies wat Hy wil, omdat Hy vooraf daaroor besluit

het. In noukeurige ooreenstemming met sy wil voer God

sy beplanning in die loop van die tyd uit.

God weet wat Hy doen, want agter al sy werke sit sy

ewige Goddelike besluit. Ons sing mos:

Die HEER se raad word nooit gekeer nie;

Dit sal bestaan in ewigheid.

Teen sy besluit is geen verweer nie;

bestendig duur dit vir altyd . (Ps. 33:6).

God se plan is nie willekeur nie, maar doelgerig

Wat God doen, is nie die outomatiese gebeure van ’n

willose wese nie. God se optrede is beplan en doelgerig. Die

ganse skepping, met alles wat gebeur in tyd en ewigheid,

is vooraf deur God besluit. Soos God is, so sal sy besluite

ook wees. Daarom is die besluite van die ewige God ook

ewige besluite (Ef. 1:4; 3:11; 1 Pet. 1:20; Openb. 13:8;

2 Tim. 1:9; Jer. 31:3). Die wêreldgeskiedenis verloop

volgens ’n voorafopgestelde program, sodat elke vorm

van willekeur of toeval uitgesluit word. Die wil van God

beheers nie alleen die ryk van die natuur nie, maar ook

die genade. Die skepping en herskepping geskied na die

wil van God:

Die wil van konings staan onder die gesag van

God

(Spr. 21:1).

Deur sy wil word mense gebore en bestaan hulle

(Jak.

1:18).

God het die geheimenis van sy wil bekend

gemaak

(Ef. 1:9).

God se wil nie sonder orde en koers nie

Wat God besluit, gebeur. In alles wat God besluit, laat

Hy Hom deur niks beïnvloed nie. God se heilsplan kom

op uit sy welbehae en rus in God se soewereiniteit en

vry mag. God se plan is vasgestel ná goddelike oorleg en

besinning in sy heilige Raad.

So gesien, is God se voorneme ’n besluit. Dit is ’n vaste

bepaling waaruit alles voortkom, ook die geskiedenis. Dit

is nie iemand anders se besluit of wil nie. God het nie

alleen die einddoel bepaal nie, Hy het ook die middele

en die weë bepaal om die einddoel te bereik. Hierdie plan

van God is vas en seker. Dit word uitgevoer – presies net

Junie 2011 DIE KERKBLAD 7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!