03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

edaksioneel

is en dat daar nie nog iets ontbreek nie. Wanneer ’n baba gebore is, besit hy

alle liggaamsdele, al is dit nog nie ontwikkel en volgroeid nie. Niemand sal

kan sê dat die baba nie volledig mens is net omdat die armpies dun is of die

verstandelike vermoëns nog nie ontwikkel is nie.

Die betekenis van veilige bewaring

Die derde betekenis van verseël dui op veilige bewaring met die oog op

die toekoms. Die verseëling met die Heilige Gees verdryf al die vrese vir die

toekoms. Die gelowige kan hom onder alle omstandighede veilig voel by God.

Die Gees, waarmee jy verseël word, is tewens ’n onderpand, ’n waarborg. Dit dui

op ’n eerste termyn van betaling, waardeur die verkryging van die hele bedrag

gewaarborg word. In Efesiërs 1:15 lees ons: “... verseël is met die Heilige Gees van

die belofte, wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy

heerlikheid” (1953-vertaling). Die volle erfenis sal eenmaal uitgekeer word. Maar

as eerste termyn ontvang ons die gawe van die Heilige Gees. Efesiërs 1:3-14 is

in geheel ’n lofl ied op God se genadewerk in Christus. Prof. W van’t Spijker trek

vier konklusies uit die gedagte van die verseëling met die Heilige Gees:

’n Lokale betekenis:

Die verseëling met die Heilige Gees geskied slegs in

gemeenskap met Christus. Buite Christus is daar geen sekerheid van die

verlossing en die ewige lewe nie.

’n Juridiese betekenis:

Die enigste eiendomsreg, wat ontwyfelbaar is, is die

eiendomsreg wat deur die Heilige Gees kom en wat ons dit in Christus laat

verstaan.

’n Etiese betekenis:

Die verseëling met die Heilige Gees is nie ’n saak van

aanskouing nie, maar van lewe. Dit gaan dus om die gelowige se lewe

uit Christus. Daar bestaan geen Christelike etiek wat nie in gemeenskap

met Christus sy bron vind nie. “Sonder My kan julle niks doen nie” (Joh.

15:5b).

’n Gemeentelike betekenis:

Die bewussyn van kindskap, die troos in lewe en

in sterwe, bestaan nét in Christus, die Hoof van die kerk en die kerk is sy

liggaam.

Die Heilige Gees is ’n waarborg

Paulus beskryf die Gees hier metafories (as vergelyking) as ’n “deposito of

eerste paaiement” wat nie alleen vir die lesers as voorsmaak van die komende

heerlikheid moes dien nie, maar ook as waarborg dat hulle reeds die volkome heil

van God in Christus deelagtig geword het. Terselfdertyd is dit ’n waarborg dat

God ook die uitstaande deel in die toekoms aan hulle sou “uitbetaal”. In Efesiërs

1:3-12 wys die apostel op die versekering wat God aan die gelowiges gee. God

gee aan hulle die waarmerk vir die hereniging van alle dinge in Chris tus en om

hulle so te verseker van die toekoms (Ef. 1:3-14).

Die tydstip van die verseëling

Die belangrike vraag is: Op watter tydstip (wanneer) word die ver seë ling met

die Heilige Gees ’n werklikheid? Paulus toon aan dat die verseëling nie losstaan

van die geloof nie, maar juis onlosmaaklik daarmee verbind is (Ef. 1:13-14).

Jesus Christus is eerste verseël

Daar moet in gedagte gehou word dat in die Johannes-Evangelie die verseëling

in die eerste plek be trekking het op

Christus (Joh. 6:27 – “Moenie werk

om die spys wat ver gaan nie, maar om

die spys wat bly tot in die ewige lewe,

wat die Seun van die mens julle sal gee;

want Hom het God die Vader verseël”).

Die gelowige wat aan Christus behoort,

word ook verseël.

Let op dat die orde in Efesiërs 1:13-

14: “... nadat julle die woord van die

waarheid gehoor het” en “... nadat julle

ook geglo het”, ooreen kom met die “toe

die waarheid wat aan julle verkondig

is” en “... en tot geloof gekom het”. Die

verseëling met die Heilige Gees geskied

deur die geloof en volg op die geloof.

Die Efesiërs het die verseëling met die

Heilige Gees ont vang deur die geloof,

toe hulle tot geloof gekom het. Toe het

God sy seël op hulle gesit. Deur die

geloof, toe hulle tot geloof gekom het,

die oomblik toe hulle begin glo, word

hulle verseël met die Heilige Gees. Aan

die “nadat julle ook geglo het” word ’n

tydsbepaling gekoppel. Ons hoor die

Woord en dan word ons verseël, as

geloof in die hart gewerk word. In die

tydsaanduiding “nadat julle geglo het”

het ons te maak met ’n koïnsidente

deelwoord, waarmee gelyktydigheid of

ooreenstemming van gebeure aangegee

word. Die kom tot die geloof en die

verseëling met die Heilige Gees van die

belofte vind koïnsident, gelyktydig,

plaas. Dit beteken dat verseëling nie

’n eks tra is na die geloof nie, maar dat

dié twee, geloof en verseëling, saamval.

Daar is ’n onverbreeklike verband

tussen geloof en verseëling. Die

“nadat” word in oorsaaklike sin verstaan.

Waar die geloof kom, daar sit

God sy seël in die hart. Daar plaas

Hyself sy eiendomsbewys.

Efesiërs 1:13 leer dat die geloof direk

lei tot die verseëling met die Heilige Gees.

Verseëling is: dat die Heilige Gees in

die gemeente en aan elke gelowige bevestig

wat van God se kant reeds onwankelbaar

vas is. CNM

6 DIE KERKBLAD Junie 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!