03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die verlossing van God se uitverkore kinders raak die Vader en die Seun

en die Heilige Gees (Ef. 1:3-14).

Die werk van God die Vader is die uitverkiesing. Dít is die uitverkiesende

genade waardeur God die heil beskik vir elke uitverkorene (vs 4-6).

Die werk van God die Seun is die regverdigmaking. Dít is die versoenende

genade waardeur God die heil verwerf vir elke uitverkorene (vs 7-12).

Die werk van God die Heilige Gees is die heiligmaking. Dít is die verseëlende

genade waardeur God die heil aan sy uitverkore kinders bedien (vs

13-14).

In Efesiërs 1:3-14 is God Drie-enig die Inisiatiefnemer. Die genadige Vader

speel ’n oorheersende rol as Hy die gelowiges seën, uitverkies, voorbeskik

tot aanneming as sy kinders, hulle verlos, vergewe, die verborgenheid van

sy wil aan hulle bekendmaak, die volheid van die tye reël, hulle laat erf en

met die Heilige Gees verseël. Jesus Christus speel in dié gedeelte uiteraard die

rol van Middelaar. Paulus gebruik die name Here en Verlosser om Jesus se

bemiddelende rol en status te beskryf. Alles wat die Vader vooraf besluit het,

word “in Hom” tot uitvoering gebring. Die verseëling met die Heilige Gees is

altyd ’n verseëling in Christus deur die Heilige Gees.

Gebruike van die seël in die Bybelse tyd

Wat word met verseël bedoel? Die seël waarborg dat met ’n brief of ’n

pakkie nie gelol is nie. Die brief of die pakkie het nie onder die hande van ’n

boef deurgeloop nie.

Toepassende werk van die Heilige Gees

Die verseëling is die toepassende werk van die Heilige Gees in verhouding

met die Vader en die Seun. Vir die Heilige Gees gaan dit om dieselfde heil

as waarvan in die verkiesing en versoening sprake is. Waar die Heilige Gees

werk, blyk dit hoe sterk die genade is waardeur ons verkies is en waardeur ons

verlos word.

Onderskeid tussen salwing en verseëling

Salwing en verseëling is wel beide aktiwiteite van die Heilige Gees, maar

in wese verskillend. “Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons

gesalf het, is God wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte

gegee het” (2 Kor. 1:21-22). Deur salwing word jy deelgenoot van Christus. Hy

word jou Eienaar. Deur hierdie koop-aksie behoort die gelowiges aan God en

is Hy hulle Eienaar, nie Satan nie. Die salwing is ’n tipiese eiendomskenmerk

wat voortvloei uit die afsondering tot ’n amp of diens, terwyl dit beteken dat

jy tot hierdie diens bekwaam gemaak word.

Inhoud van die verseëling

Waar die salwing ’n eenmalige be kwaam making is, is die verseëling ’n voortgaande

handeling wat dui op die voortdurende versterking en oor tui ging van

die gelowiges dat hulle kin ders van God is. Verseëling het dus met groei te

redaksioneel

Verseëling deur die Heilige Gees

doen. Deur die ver seëling word dit

aan die gelowiges as eerste betekenis

gesertifi seer dat hul le kindskap van

God eg is. God druk deur sy Heilige

Gees gedurig sy stempel op hulle af

en waarmerk hulle as sy kinders.

Die betekenis van eienaarskap

Satan neem met hierdie toestand

nie vrede nie. Hy wil die gelowiges

tot onsekerheid en twyfel bring of

hulle aan God behoort. Daarom is

die verseëling met die Heilige Gees

’n voortgaande proses. Die werkwoord

verseël is bedoel om aan te toon dat

die lesers van die brief, as gelowiges

uit die heidendom deur die ontvang

van die beloofde Gees, nou God se

eiendom is en nie meer aan Satan

be hoort nie. As tweede betekenis van

verseëling is die Gees die gelowiges

se eiendomsbewys vir altyd.

Die betekenis van ’n waarmerk

Om iets te waarmerk, is om die

egt heid daarvan te bevestig, om te

bevestig dat die afskrif presies ooreenstem

met die oorspronklike doku

ment. Die afskrif word as waar

ge sertifi seer. Die Heilige Gees verseël,

sertifi seer, bevestig dat die kindskap

van die gelowige eg is. God plaas

die Heilige Gees as ’n seël op die

ge lowige, waardeur as’t ware op die

gelowige geskrywe is: oorspronklik,

eg, waar. Dis ’n uiters belangrike

funk sie wat die Heilige Gees hier

verrig: om herhaaldelik die gelowiges

in te prent dat hulle egte Christene

is en nie nabootsels of mense wat nie

kompleet is nie, asof daar nog iets

moet bykom. By die wedergeboorte

is die Christen volledig kind van God

en is die verseë ling die waarmerk dat

so ’n persoon kompleet in Christus

Junie 2011 DIE KERKBLAD 5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!