03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

laastens

God sluit die deur

In die 68 verse van Genesis 6, 7 en 8 word die sondvloed beskryf. In

’n deeltjie van ’n vers staan: “En toe het die Here die ark agter Noag

toegesluit” (Gen. 6:16b). Net ’n skerfi e uit 68 verse. Tog vol van die

evangelieboodskap van die hele Bybel.

As God se dade in mensewoorde beskryf word, is die woorde en

die sinne gewoonlik gelaai met krag en wysheid. Ook in hierdie paar

woorde. Toe God die deur van die ark agter Noag, sy gesin en die diere

toesluit, was die moontlikheid van verlossing vir die mense buite die ark

onherroeplik, fi naal verby!

Met die geslote deur van die ark het God aan die mense

buitekant

die ark duidelik laat verstaan dat die tyd vir bekering fi naal verby is

(Matt. 24:38-39).

Toe die deur van die ark nog oop was, het Noag aangehou om

die

mense op te roep tot geloof en bekering (2 Pet. 2:5). God het 120

jaar geleentheid aan hulle gegee vir bekering (Gen. 6:3).

Toe niemand wou luister nie en die oordeel op hande is, en God se

reddingsplan gereed is (Gen. 7:6-10), toe sluit God die deur van die ark

Self toe. Vir almal buite die ark het dit beteken dat die tyd van redding

en verlossing vir hulle verby is. Die geslote deur agter hom het vir Noag

ook betekenis gehad. As daar een gevaarplek aan die ark was, dan was

dit daardie deur gewees.

Heelwaarskynlik het die deur redelik laag gesit, onder die

waterlyn

van die ark. Daarby sou dit ’n taamlike groot deur moes gewees het

om alle soorte diere in te laat gaan. Calvyn skryf dat geen menslik

versterkte deur die drukking van die water sou kon weerstaan

nie. Daarom het God Self gekom en met goddelike krag die deur

toegesluit.

Daar was ook ’n tweede gevaar aan die deur van die ark

verbonde.

Met die styg van die water en daarmee saam die hulpgeroep van die

ondergaande mense buite die ark, kon Noag of een van sy gesin dalk

probeer het om van die mense te red deur die opening. Daarmee

kon hulle in die versoeking kom om in te gryp in die oordeel wat God

oor die mense aangekondig het.

Daarom sluit die Here die ark van buite af en niemand, van binne

of van buite, sal dit kan oopmaak om in of uit te gaan nie. Omdat dit

God is wat die ark op hierdie wyse agter Noag sluit, is die verlossing en

redding van die mense in die ark verseker. Terselfdertyd is die oordeel

Dr. Nico van der Merwe (Klerksdorp)

oor die mense buite die ark onafwendbaar.

In hierdie skerfi e uit die

Skrif sit daar groot troos vir die

kinders van die Here. By God

se uitverkiesende genade in

Jesus Christus is daar ook die

verantwoordelikheid en selfwerksaamheid

van die mens. In

geloofsaktiwiteite is die mens in

sy sonde ook voortdurend besig

om op geestelike vlak te timmer

en te bou.

Maar mensewerk is nie waterdig

en veilig in die storm waters

van God se oordeel nie! Daar bly

in die geloofswerk van die mens

altyd ’n opening na die wêreld

oop waardeur die gelowige se

lewe verswelg kan word deur

die kwaad en ongeregtigheid

(Openb. 12:15-16). Dit sit maar

in elkeen om die deur na die kant

van die sonde ’n skrefi e oop te

hou en daar van in die lewe toe te

laat. Jou erediensbywoning, jou

gebede, jou trane en worsteling,

jou stryd teen die sonde en die

kwaad sleur jou soms die allerdiepste

dieptes in. Hierdie dinge

is nie waterdig nie. Dit bly maar

sondige lapwerk!

Deur die kruis op Golgota sluit

die Here jou lewensark agter jou

dig toe sodat die oordeel van God

teen die sonde van die mens jou

nie sal laat sink tot op die bodem

van die ewige verdoemenis nie.

DK

48 DIE KERKBLAD Junie 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!