03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Dr. CN (Nico) van der Merwe (emeritus, Klerksdorp)

Johannes 20:22

Vanweë die onsekere en verwarrende

omstandighede ná die kruisiging en opstanding

van Chris tus kon die dissipels en die gelowiges

in Je ru salem nie tot die besef kom van die werklikheid

van alles wat gebeur het nie. Dit het vir hulle dalk soos

’n nare droom gevoel. Veral die moontlikhede van groot

gevaar van die kant van die vyande van Christus het groot

onsekerheid gebring – sodanig dat die dissipels hulle

daardie Sondagaand van Christus se opstanding toegesluit

het agter slot en grendel “omdat hulle bang was

vir die Jode” (vs 19).

Jesus meteens in hulle midde

Meteens staan Jesus in hulle midde en begin met sy

groot taak om hulle tot die betekenis van sy kruisiging en

die werklikheid van sy opstanding te lei. Hulle staan op

die vooraand om sy groot opdrag as apostels uit te voer,

naamlik om die evangelie van verlossing en oorwinning

oor die sonde aan die wêreld te gaan verkondig (Mark.

16:14-18; Joh. 20:21). Hulle moet nou uitgaan en gaan

preek van die Seun van God wat Satan aan die kruis oorwin

het en opgestaan het uit die dood. Die kruis én die

graf is leeg. Hulle moet die evangelie van versoening en

die ewige lewe in die wêreld aan mense gaan bedien ... en

hoe kan hulle dit doen as hulle nie werklik glo in dit wat

met Christus gebeur het nie? Hulle moet die werklikheid

daarvan beleef (Mark. 16:14; Luk. 24:38).

Christus los hulle probleem op ’n besondere wyse op!

Christus blaas oor hulle

Wat doen Christus? Hy blaas oor hulle en sê: “Ontvang

die Heilige Gees” (vs 22). Skrifverklaarders verskil oor wat

presies hier gebeur. Sommige verklaar dat hierdie spesifi

eke toesegging van die Heilige Gees eintlik pinkster in

die kleine genoem kan word, waardeur die dissipels vir

hulle opdrag toegerus word. Met pinksterdag, 50 dae

daarna, word die Heilige Gees dan in sy volheid in die

harte van al die gelowiges uitgestort.

uit die Woord

Bewuste opstandingsgeloof

Tog is wat Jesus hier doen, nie heeltemal vreemd in die

Skrif nie! Dit het tweemaal voorheen al gebeur:

God het dieselfde gedoen toe hy die man geskep

het:

“Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van

die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die

mens ’n lewende wese geword het” (Gen. 2:7).

In Esegiël 37 wys God aan die profeet Esegiël in

’n

droomgesig ’n laagte vol menslike doodsbene. Die

laagte met doodsbene is ’n voorstelling, ’n uitbeelding

van Israel wat in ballingskap verkeer in Babel en

twyfel of hulle weer as volk sal lewe. Alhoewel selfs

Esegiël gewanhoop het aan die lewendmaking van

die volk, moet hy God se opdrag uitvoer: “Tree op

as profeet vir hierdie bene en sê vir hulle: Hoor die

woord van die Here, droë bene! Ek gaan gees in julle

laat kom sodat julle kan lewe” (Eseg. 37:4-5).

Dis ’n wonder: die doodsbene begin beweeg totdat

hulle been by been pas en volledige geraamtes

vorm. Dan kom daar senings en vleis aan die geraam

tes en uiteindelik ontvang elkeen ’n vel bo-oor

(Eseg. 37:7-8). In plaas van dorre doodsbene lê daar

nou volledige liggame. Dit was egter net lyke, want

daar was geen lewe in nie. Toe beveel God: “Praat

nou as profeet met die gees, tree op as profeet, mens,

sê vir die gees: So sê die Here my God: Kom uit die

vier windstreke, gees, blaas in hierdie dooies in dat

hulle kan lewe” (Eseg. 37:9). Wat gebeur toe? “En

hulle lewe en gaan staan regop” (Eseg. 37:10). In

hier die gesig wat Esegiël sien, blaas die gees in die

dorre volksbestaan van Israel, waardeur Hy vir hulle

lewendmaking bewerk.

Drie geleenthede waar lewe in die mens of op die

mens geblaas word

By die skepping van die mens blaas God Self

lewensasem

in die mens se neus en hy word ’n lewende wese

(Gen. 2:7).

Esegiël sien in ’n visioen hoe die gees in die lyke

blaas

en hulle lewe (Eseg. 37:9).

Christus blaas oor sy dissipels en sê: “Ontvang

die

Hei lige Gees” (Joh. 20:22).

Junie 2011 DIE KERKBLAD 3

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!