03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

van oraloor

hul in Huis Eikelaan gevestig het. Gebruikte Afrikaanse en Engelse Bybels is orals in gemeentes deur hulle versamel en

die gehawende Bybels mooi herstel. Daarna is dit versprei onder behoeftige bruin lidmate van kerke in die dorp Promosa

en ook by die plaaslike gevangenis. Uit oorblywende fondse van die Sendingonderwysvereniging vind aangekoopte

Bybels deur hulle toedoen verder hulle pad na huise van werkers by Eikelaan. Dit was ’n mylpaal toe die doel van 1 000

Bybels in 2010 verbygesteek is.

Nog verder in die verlede en wel in die vyftiger jare van die vorige eeu het Oom HB en ouderlinge van die Geref.

Kerk Lichtenburg daar begin werk aan swart kerkplanting. Daar is gereelde dienste in ’n groot motorhuis gehou. Dan

het die naglug die klanke gedra van psalms en ander liedere in Tswana tot God se eer. Hulle volg in die voetspore van

Oom HB se vader, oom Gert van der Walt van Sannieshof. ’n Swart petroljoggie het vir oom Gert gevra of daar ’n kerk

vir swartmense is. Dit het hom laat nadink. Die konsep van swart kerke was in die vyftigerjare nog onbekend. Hy het

later gesê dit was soos ’n gordyn wat voor sy oë wegskuif en hy het met die kerkplanting begin. Vanaf die eerste lidmaat

het Oom Gert die groei van die swart gemeente in Sannieshof meegemaak. Sy passie was die opleiding van ouderlinge

en helpers. Daarvoor het hy ’n kantoor by sy huis ingerig. Kort voor lank het die gemeente so gegroei dat swart leraars

beroep en bevestig is. ’n Stewige kerkgebou is in die swart gebied in gebruik geneem. In talle omliggende dorpe is

hierdie voorbeeld van kerkplanting gevolg.

Oom HB van der Walt is deel van ’n geslag wie se leuse altyd was om nie die dag van klein dingetjies te minag nie.

Hulle het die saad van God se woord gesaai. Die oes is groot en sal nog groter wees! DK

Bestuur van die Administratiewe Buro

Voor v.l.n.r.: Di. Leo van Schaik, Eddie Tiemensma (voorsitter), Louis Kruger, Hannes Vorster. Agter v.l.n.r: Ds.

Willem Vogel, Nic van Rensburg, ds. Abel Modise, Giel Erasmus, Hennie van der Merwe, Gerrit Pienaar.

(Hierdie foto het ongelukkig weens gebrek aan ruimte nie in die Mei-uitgawe verskyn nie.)

38 DIE KERKBLAD Junie 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!