03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

iewe

briewe

Geluk met pragtige publikasie!

Ek is oortuig dat ek die volgende met mede-

Kerkbladlesers moet deel. Ek was bevoorreg

om die Gerhard Moerdijk Gedenklesing by

die Voortrekker Monument te kon bywoon.

Dr. Kobus van Tonder het die lesing waargeneem

met die bespreking van die Argitektoniese

Erfenis van die Gereformeerde Kerke in Suid-

Afrika, na aanleiding van die publikasie Van

Seringboom tot Kerkgebou.

Die lesing was 'n heerlike verassing. Dr. Van

Tonder se aanbieding was, soos die ander kere wat

ek al van hom bygewoon het, keurig, goed nagevors

en humoristies. Maar die groot verrassing was dit

wat oor die argitektuur gesê kon word. Van palekerk

tot modeme geboue. Aanvanklik is geboue

se lengte volgens die lengte van pale wat 'n ossewa

kon vervoer, bepaal.

Bydraes vir die oprigting van geboue was soms

'n koei, osse en 'n steen Boerseep. In die een gemeen

te het die kassier die boufonds gebruik om vir

homself 'n bees en 'n windpomp te koop. Hy moes

later op eie koste die kerkgebou oprig.

Die invloed van Moerdijk op die kerkgeboue is

duidelik, soos Bethulie en Reddersburg. Potchefstroom-Noord

se galery is 'n voorbeeld van die

opening in die Voortrekker Monument waar mens

afkyk op die senotaaf. In een gemeente sit die

kerkraad agter die predikant om toesig te hou oor

prediking en gemeente. In 'n ander sit die oudste

manne agter die ouderlinge as die oudstes van

Israel. In Pretoria sit die ouderlinge links van die

preekstoel. 'n Ander gemeente se orrelpype het in

die westeson sag geword en omgebuig grond toe.

Dit is maar van die enkele dinge wat ek onthou. En

die Kappie-kerke van De Ridder.

Ek het agterna die publikasie bekom, en kan dit

van harte aanbeveel as literatuurerfenis. Dit is nie

net 'n interessante leesboek nie, maar vir my beslis

'n handleiding as reisgids. Die boek met kleur fo to’s

is goed gebind en sal nie sommer losraak nie. Al die

kerkgeboue tans, ontbindes en sending, is hierin.

Ek wil die samestellers hiervan van harte gelukwens!

- George Vermaak, Sunnyside

Ek onthou nog ...

Met die lees van “’n Gemeentelike romanse” in

die vorige uitgawe van Die Kerkblad het dit

my denke ’n hele paar jare teruggevat toe ek as jong

seun ’n lidmaat van Johannesburg-Suidgemeente

was. Ek onthou dat ons herderloos was en oudl.

Andries Henning die belydenisklas onder sy vlerk

geneem het. Ja, hy het ons “gedril” in Bybel,

Heidel bergse Kategismus en Kerkgeskiedenis,

waarvoor ek hom altyd dankbaar sal wees. As

belydenisklas moes ons Sondae en Woensdagaande

katkisasieklasse bywoon.

Destyds is ds. Mechiel Venter (nou doktor)

beroep na daardie gemeente en het die roeping

opgevolg. Onder sy herderlike hand het ons as

katkisasieklas belydenis van geloof afgelê. Ek is nog

in besit van my belydenis van geloofsertifi kaat en

’n getuigskrif wat hy onderteken het, wat jy destyds

moes hê as jy aansoek moes doen vir ’n werk. So

onthou ek ook destyds juff rou Leona Nieuwoudt

wat orreliste van die gemeente was en skooljuff rou

van Fakkel Hoërskool, waarvan ek ook ’n leerling

was.

Dit was mooi en goeie ou dae en so het die jare

met hulle en my aangestap. As dit die Here se wil

is, sal ek in Meimaand 66 jaar oud wees. Dit was ’n

voorreg om hulle te geken het en ek wens hulle baie

geseënde en voorspoedige lewensjare toe.

– Willie Schutte, Lyttelton

2 DIE KERKBLAD Junie 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!