03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

van oraloor

Dr. Kwena

Semenya deel

Diepsloot se

ervarings tydens

die seminaar.

Afrikaners nie, maar aan die hele wêreld. “Die lesse wat ek en Randburg in

Londen oor kerkplanting geleer het, moet verder uitkring ter bevordering van

die koninkryk,” sê hy. Hy waarsku dadelik dat ’n mens moet stadig oor die

klippe, want die gemeentes in Londen moet nog selfonderhoudend word.

Saam met ander kerkplanters, ook in ander denomisasies, het hulle die

London New Church Network gestig vir die werwing, opleiding en mentorskap

van Britse kerkplanters. “Die nuwe benadering wêreldwyd is ‘kerkplanting’,

eerder as ‘sending’,” sê hy. Dit is die geval nie net in evangelie-honger Europa

nie, maar ook in die hart van stede in Suid-Afrika en selfs verder in Afrika.

“God stuur sy kerk as geloofsgemeenskap na die wêreld sodat mense daar kan

ervaar hoe God se liefde ’n hegte gemeenskap tot stand bring,” sê Kruger. Die

idee is om die lesse wat in Londen geleer is en die energie wat tot nou opgebou

is, verder momentum te gee. Wat geleer is, sluit in betrokkenheid by die

Redeemer City-to-City-beweging wat verlede jaar in Boedapest vergader het en

wat weer van 24 tot 26 Oktober vanjaar in Berlyn bymekaarkom. Kruger was

ook in 2009 vir ses weke in New York vir ’n intensiewe kerkplantingkursus by

die Redeemer Presbyterian Church van die Presbyterian Church of America met

wie die GKSA bande het. Die predikant van dié gemeente, dr. Tim Keller, is

in die vroeë 1990’s met sy Bybel na die hartjie van New York, waar niemand

’n voet wou sit nie. Deur die Here se genade het daar ’n gemeente van 10 000

sterk tot stand gekom wat al meer as 250 kerke wêreldwyd help plant het.

Kruger verduidelik dat Christene tot nou toe stede, waar die kulturele vorming

van ons samelewings plaasvind, veruil het vir meer geriefl ike woonbuurte

buite die stad. “Ons teologiese standvastigheid moet ons juis in staat stel om

kultureel buigsaam te wees in die vinnig veranderende stedelike gemeenskappe.

As ons dit nie doen nie, gaan ons aanhou om strategiese bedieninge prys te gee

ter wille van ons kulturele voorkeure.”

Na aanleiding van dié gedagtes is daar op 20 April vanjaar in Randburg

’n stedelike, multikulturele kerkplantingswerkwinkel gehou, wat deur Kru-

ger en ds. Naas Ferreira van die

Riet vallei-gemeente gelei is. Naas

het saam met dr. Flip Buys die

Centre for Reformational Urban

Ministry in Africa (Cruma) begin,

’n beweging om kerke in Afrika se

stede te plant.Die sowat 50 mense

wat die werkwinkel bygewoon het,

het vanuit verskeie denominasies

gekom en hoofsaaklik vanuit drie

stede – Johannesburg, Pretoria en

Rustenburg.

Die uitreiking na stede is egter

niks nuuts nie, sê Kruger. “Paulus

se sendingstrategie was dan reeds op

stede gefokus.” Kyk maar na Handelinge

16:12 en Romeine 15:19

en 23. Dié fokus is ook te sien by

die Vader. Oor dié stad Ninevé sê

God: “Maar mag ek nie bekommerd

wees oor die groot (belangrike) stad

Ninevé nie ...”

“Dit is dan geen verrassing

nie om te sien dat Jesus Christus

se bediening sy klimaks in die

stad Jerusalem bereik het, net om

uiteindelik buite dié stad gekruisig

te word om vir gelowiges die ewige

Jerusalem te wen. Eweneens, as ons

nie in stede wil bedien nie, gaan

kerke irrelevant word vir ons land

se hoofstroom-kultuur,” sê Kruger.

Hy sê stede is strategies vir God se

koninkryk: “Ons het in Londen geleer

hoe om ’n kerk in die stad vir

die stad te wees. Nou wil ons ander

in spireer om dieselfde te doen.” DK

Interessante webwerwe waarna

lesers kan gaan kyk, is

www.citylifelondon.org

www.Redeemercitytocity.com

www.Canadawaterkerk.com

www.Surreydockschurch.com

34 DIE KERKBLAD Junie 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!