03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

geskiedenis

Die kerkgebou van GK Bethulie.

nie. Die Latynse kruis is moontlik die oplossing, soos die

Boerekerke kruiskerke geword het, maar ook hierin is te

veel van die hoorders weg van die kansel af. Dan gebruik

hy die Griekse kruis, soos Dijkstra. Dit was vir Moerdijk

die ideale vorm. Hy kan soos ’n Griekse amfi teater die

hoorders voor om die kansel plaas. Hy publiseer in 1919

’n boekie, Kerkgeboue vir Suid-Afrika.

Die eerste Gereformeerde kerk wat hy ontwerp, was

Bethulie 1924, ’n kruiskerk met ’n Hollandse gewel. Die

Die kerkgebou van GK Parys.

tweede was Reddersburg, met Gotiese en Romaanse style.

Die ontwerp is ’n vyfhoekige gebou met lae dakgedeeltes

bo die stoep. Die banke is in ’n halfsirkel gerangskik. Die

gedagte van Kuyper – Voor den halve cirkel zou alsdan een

verhevendheid zijn aan te brengen, waarop de opzieners der

gemeente voor het front der gemeente konden plaats nemen

– word hier op ’n besondere manier toegepas. Ds. Yssel,

die predikant, was van mening dat die amp van ouderling

en diakens in die ontwerp na vore moet kom. Agter die

preekstoel is ’n galery ingerig waar die ouderlinge en

diakens sit, om toesig te hou oor die gemeente en die

Woord. Dit is die enigste gebou waarin Moerdijk dié

plasing maak. Die gebruik van blou glas gee die binnekant

’n sagte blou gloed.

In Potchefstroom-Noord is die gedagte wat later in die

Voortrekkermonument gestalte sou kry, duidelik – die

driekwart sirkelgalery wat op die kansel afkyk.

Johan de Ridder – De Ridder het ’n nuwe rigting in

kerkargitektuur begin, ’n totaal anderse ontwerp in die

vorm van ’n tent wat die gelowige se tydelike tentwoning

simboliseer. Dit sou bekend word as die kappie-kerke,

omdat dit herinner aan die Voortrekkervrou se kappie.

Hy gebruik ’n halfgeopende waaiervorm. Die kansel is

simbolies van die betekenis van die erediens, daarom moet

die kansel vir almal sigbaar wees. Sy eerste “kappie-kerk”

is Parys 1955, waarin sy idees duidelik in die ontwerp

na vore kom. Die teëldak strek tot op die grond wat laag

langs die sye weggesny is. Tussen die dak en ’n lae muur is

vensters. Tussen die dakspits en die voorgewel is vensters

om lig van bo in te laat. Die koerant Dagbreek van 29

April 1956 beskou dit as ’n unieke, modernistiese gebou

wat ’n breuk met die tradisie maak: ... die voortspruitende

voorkoms van ’n waaier met klimmende daklyn soos “hande

in gebed” of beskermende hande van God ... soos ’n voël haar

vleuels oor haar kleintjies uitsprei ...

Met een of twee uitsonderings het die kappie-dak

die kenmerk gebly van die kerke wat hierna deur hom

ontwerp is. Totiusdal is seker die steilste klimmende dak

en Lyttelton die duidelikste tentvorm.

Ander argitekte

B de W Hartman het 12 kerke ontwerp. Renier Roos, ’n

moderne argitek, se geboue staan uit met hulle “anderse”

torings. Daar is natuurlik veel ander.

(In ’n volgende uitgawe: Interessante inligting oor

die kerkgeboue in die boek “Van Seringboom tot

Kerkgebou”) DK

32 DIE KERKBLAD Junie 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!