03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Dr. JM (Kobus) van Tonder (emeritus) (Krugersdorp)

Dit was my voorreg om hierdie jaar die Gerhard Moerdijk-gedenklesing by die Voortrekkermonument te

lewer, met as onderwerp die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke, na aanleiding van die

publikasie Van Seringboom tot Kerkgebou.

Inleidend

Die boustyl van die Europese

katedrale, met hulle hoë

lyne wat mens tot ootmoed

en selfs aanbidding stem en hulle

soms oordrewe dekoratiewe, het

nie ’n invloed op die Protestantse

kerk argitektuur in Suid-Afrika gehad

nie. Die Calvinis gee nie ui ting

aan sy geloofsoortuiging in monumente

soos katedrale en ba si likas

nie. Die invloed van die Europese

Protestantse kerke, veral in

Ne derland en Engeland, het egter

duidelik die kerkargitektuur in die

Kaap beïnvloed en dit word ook

later in die ander provinsies gevind.

Om die kerkgebou net te beoordeel

as religieuse strukture sou ’n

mis leiding wees. Om hulle egter te

beoordeel in hulle historiese konteks

sou die invloed van die gemeente

daarop en die invloed van

die gebou op die gemeente duidelik

maak. Nie net die boustyl van die

be paalde tyd het ’n invloed op

die argitektuur gehad nie, maar

ook die dogma van die gemeente.

Ecclesiastical buildings embody religious

meanings, and we can assume

that the architectural manifestations

of Calvinist communities will refl ect

their theology.

Die Calviniste se geboue is normaal

weg meer sober as die Roomse

geskiedenis

en Lutherse geboue. Dis gerig op die prediking, daarom het die preekstoel

verskuif na die sentrale punt voor, waar dit die altaar vervang. Die sitplekke

is ook só geplaas dat die lidmaat kan toekyk op al die liturgiese handelinge en

daaraan deelneem. Meestal ontstaan ’n kerkgebou in die midde van ’n groep

lidmate, soos by afstigting. Daar is egter enkele gevalle waar die kerkgebou die

omringende verblyf voorafgegaan het, soos Pretoria en Reddersburg.

Vir die Hervormde Kerk, die staatskerk van die ZAR, was daar in 1859

vier kerkgeboue, naamlik Potchefstroom, Rustenburg, Pretoria en Lydenburg.

Lydenburg het egter verkies om by die Kaapse Sinode aan te sluit en het so ’n

Kaapse kerk (NG) geword.

Stigting

Op 11 Februarie 1859 kom ’n groep van meer as 300 manne en vroue byeen

op Rustenburg vir die stigting van ’n Vrye Gereformeerde Kerk. ’n Maand

tevore in Pretoria, by die Algemene Kerkvergadering van die Hervormde

Kerk, het 15 manne uit die vergadering gestap en besluit om hulle los te maak

van die Hervormde Kerk om ’n Vrye Gereformeerde Kerk te stig.

Hulle vra die volgende dag aan die Algemene Vergadering of hulle in Februarie

die kerkgebou van Rustenburg mag gebruik vir die stigtingsvergadering. Die

Vergadering antwoord dat die besluit by die kerkraad van Rustenburg berus.

Al was die lede van die kerkraad daar teenwoordig, word geen besluit geneem

nie.

Die oggend van 11 Februarie 1859 op Rustenburg, dus die oggend van die

stigtingsvergadering, gee die kerkraad van Rustenburg kennis dat die gebou

nie gebruik mag word nie. Daar moes inderhaas ’n ander plan gemaak word.

Onder die groot seringboom voor die onderwyser, mnr. Hanne, se erf, word

enkele waens in ’n blok getrek om ’n vergaderruimte te vorm. Onder die boom

is ’n tent opgeslaan vir die oudstes en as preekstoel word vir ds. Postma ’n tafel

voorsien. ’n Beesklok wat Dauw Kruger in Pietermaritzburg gekoop het, dien

as kerkklok. Die “kerkgebou” van die stigtingsdag was onder ’n seringboom

tussen enkele waens, met die bewolkte lug as dak. Verder af in die straat is die

Hervormde Kerk se gebou.

Riet- of paalkerke

Die eerste “kerkgeboue” wat hierna opgerig is, was eenvoudige paalstrukture,

Junie 2011 DIE KERKBLAD 29

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!