03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

André van Zyl (Johannesburg)

Een van die groot redes vir

ongeloof vandag is Christene ...

Ek het iemand eenkeer hoor sê: “Een van die hoofredes vir ongeloof

vandag is Christene wat Jesus met hulle monde bely, maar Hom met

hulle lewenstyl verloën. Dit maak die Christelike geloof eenvoudig

ongeloofwaardig”.

Hierdie is ’n ernstige aanklag teen die kerk wat dikwels voorkom dat mense

Christenskap as ’n ernstige opsie oorweeg. Wat sal ons hieroor sê? Ons sal aan

die een kant moet erken dat die aanklag van skynheiligheid teen Christene ten

minste deels waar is. Baie Christene (seker eintlik almal van ons) leef met tye

nie heeltemal volgens dit wat ons sê ons glo nie. Hierdie feit laat ons oop vir

die aanklag van skynheiligheid.

Die vraag behoort egter nie net oor die Christelike geloof gevra te word

nie, dit moet eintlik lees: “Indien voorstanders van enige denkstelsel nie die

beginsels van daardie denkstelsel konsekwent uitleef nie, verteenwoordig hulle

mislukkings ’n goeie rede om daardie denkstelsel te verwerp?” Dit lyk egter

of mense graag Christenskap uitsonder in dié verband. Niemand verwerp

byvoorbeeld demokrasie omdat Saddam Hussain (of selfs George Bush)

hulleself as die demokraties verkose leiers van hulle lande voorgestel het en toe

verskeie ondemokratiese dinge gedoen het nie.

Dit is ’n logiese fout om enige denkstelsel se waarheid te meet deur primêr

na die lewens van die mense wat dit onderskryf, te kyk. Dit beteken egter

nie dat die lewens wat Christene lei, nie belangrik is of dat skynheiligheid

verskoon behoort te word nie.

As mens een ding sou uitsonder wat deurlopend in die Bybel en spesifi ek

in Jesus se bediening veroordeel word, is dit skynheiligheid. Kyk onder andere

na Maleagi 1:6-13. Jesus self spaar ook sy skerpste uitsprake vir die Fariseërs

(o.a. Matt. 23:13-28). Hy gebruik metafore soos witgepleisterde grafte wat

aan die buitekant wit is, maar vrot en stink aan die binnekant om hulle te

beskryf. Jesus is baie ernstig gekant teen skynheiligheid en enigiemand wat

Hom volg, behoort te streef na integriteit en te veg teen skynheiligheid.

Waarom is daar dan soveel skynheiligheid in die kerk? Ek dink dit is ’n

vraag met ’n komplekse antwoord en ek sal hier net drie leidrade as deel van

’n antwoord aanbied.

Eerstens maak die Bybel dit duidelik dat werklike Geesvervulde Christene

diskussie-artikel

André van Zyl het van

1991 tot 1997 aan die RAU

gestudeer. Hy is sedert

1995 by ’n verskeidenheid

onderwysinstellings

werksaam (laerskool,

hoërskool, tegniese kolleges,

technikons en onderwys in

Engeland). Hy is tans aan die

Universiteit van Johannesburg

verbonde. Onderwys is André

se hoofbedieningsfokus,

maar hy was en is steeds by

verskillende bedienings van

die kerk ingeskakel. Hy was

betrokke by ’n diensjaar in die

NG-gemeente Johannesburg

en terwyl hy vir twee jaar

in Engeland woonagtig

was, was hy ook spesifi ek

verantwoordelik vir opleiding

van selgroepleiers in die

SA Gemeente Londen. Hier

het André in 2001 betrokke

geraak by ’n bediening

vir Apologetiek. Hierdie

bediening het kampe gehou,

selgroepe besoek en kursusse

aangebied om gelowiges toe

te rus en om terselfdertyd ook

die evangelie te verduidelik.

Die totstandkoming van

die AntWoord-bediening is

die vrug van ’n soortgelyke

bediening wat reeds sedert

2002 informeel in Gauteng

bestaan.

Junie 2011 DIE KERKBLAD 27

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!