Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
volk die ware geloof moes beskerm.

Die kerke is dus spoedig nie

meer as kerke van God nie, maar as

Nederlandse, Hugenote, Switserse,

episkopaalse, independente kerke,

ensovoorts, onderskei. Daardeur het

’n tweede kerkbegrip ontwikkel – aan

die eenkant Rome as die huisgesin

van God (vgl. HK So. 21; art. 27-

29 (NGB) en aan die anderkant die

Christene wat van Rome weggebreek

het. Die proses is verhaas toe die nou

verband tussen “kerk en staat” deur

die “Aufklärung” vanuit die rede

gedefi nieer en ook soos in die Franse

Revolusie verwerp is. Die “huisgesin

van God” word gaandeweg al meer

as ’n kerklike huisgesin beskou, wat

sy eie leer en praktyke bepaal.

Opvallend genoeg onderskei

die gereformeerde teoloog Kuyper

(Dictaten Dogmatiek IV) “kerk as

instituut” (die bestuursvlak) van

“kerk as organisme” – die gelowige

Christene wat en volgens die Skrif

die geroepe heiliges of volk of kerk

van God was. Hierdie skeiding en

ophef van “instituut” ken die Skrif

nie. Die gelowiges is die “huisgesin

van God” wat oudstes of voorgangers

moet versorg (1 Tim. 3).

Verhouding “kerk” en “staat”

achilleshak van die Reformasie

Die Engelse koning Henry

VIII verwerp Luther se reformasie,

maar verklaar om persoonlike redes

homself in 1534 in die plek van

die pous as hoof van die Kerk van

Engeland. Aartsbiskop Cranmer

en later Elizabeth I reformeer die

An glikaanse Kerk leerstellig, maar

behou die monargale of episkopaalse

kerkregering.

’n Aantal Duitse vorste kaap

Luther ná die Ryksdag in Worms

(1522) om sy lewe te beskerm. Luther

gee aan elke vors van die 30 Duitse

state as hoogste opsiener (summus

episcopos) die reg en vryheid om die

godsdiens vir sy gebied te bepaal. In

die Lutherse kerkbegrip is landskerke

in “konsistories” deur kerklike en

politieke verteenwoordigers regeer.

Volgens CJH de Wet (Het Kollegialisme)

het die Lutherse territoriale

kerkbegrip van landskerke die weg vir

volks- en staatskerke in die 19de eeu

in Nederland en Suid-Afrika gebaan.

“Kollegialisme” aanvaar die “kerk” as

’n stigting van mense met ’n kerkwet

of kerkorde as konstitusie. Mense

wat dit aanvaar, sluit aan en bedank

vrylik as “lidmate”. Kollegialisme

plaas die hoogste gesag in die verga

derings en kommissies en breek

volledig met die kerk, universeel en

plaaslik, as ecclesia wat God deur sy

Woord en Gees vergader en regeer

(vgl. HK So. 21; art. 27-32 NGB).

Dit word soos ’n dorpsgemeenskap

deur burgemeester en gemeenteraad

be stuur.

Begrippe “plaaslike kerk” en

“ge meente” tydens Reformasie

gebore

Die Raad van die Kanton Genève

het predikante soos Calvyn vrylik

aan gestel en ontslaan. Pont meen

dat Calvyn gedink het dat “owerheid

en kerk saam moes staan” (1981:21).

Die Kerkorde van Genève het bepaal

dat die burgemeester voorsitter van

die kerkraad is en ouderlinge moes

uit lede van die Raad gekies word.

Op kerkraadsvergaderings is die

ampstaf van die burgemeester op die

tafel as teken van gesag geplaas.

Ons kan in ons eeu van sentralisasie

en strewe na globalisasie

diskussie-artikel

nie maklik die gedesentraliseerde

ge sag van Europese dorpsrade,

ower hede, gildes, vorste, landhere

en adel in die 16de eeu begryp nie.

Ons kan nie dink dat ’n provinsiale

owerheid geen seggenskap gehad het

oor ’n saak wat by ’n gemeenteraad

berus het nie. Die Nederlandse

dorps gemeentes (munisipaliteite of

stadsrade) word daarom tot vandag

as selfstandige “gemeenten” met outo

nome regte erken.

Veral in die noordelike Nederlande

het talle priesters en gesiene

bur gery in stede en dorpe met

die Reformasie meegegaan. Vanaf

ongeveer 1540 het dorpsrade van

“ge meenten” toenemend van die gereformeerde

priesters as dorps- of

wykspredikante in hulle “gemeente”

aangestel en bekostig. Op voorbeel

van die dorpsraad is dan ook ouderlinge

gekies om ’n kerkraad saam

te stel. So het ’n kerklike gemeente

met predikant en kerkraad naas die

burgemeester en dorpsraad in die

burgerlike gemeente geopereer. Die

Dordtse Kerkorde van 1619 maak

dan ook nog voorsiening vir beperkte

seggenskap van die dorpsgemeente

by die beroeping van predikante.

Die begrippe “gemeente, kerkraad,

leraar, provinsiale sinode”

en so voorts ontstaan dus tydens

die Reformasie. Die vertaling van

die Bybelse ecclesia (gelowiges,

uit geroeptes) met “gemeente”

(dorpsgemeenskap), ’n horisontale

struktuur, gee nie die “huisgesin van

God” weer nie. God word as’t ware

deur die gemeenskap verplaas.

Met die uitbreek van die

80-jarige Oorlog teen Roomse en

Spaanse oorheersing het kerklike

voor gangers in 1568 te Wezel oor

Junie 2011 DIE KERKBLAD 25