You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
diskussie-artikel

God se een kerk en mense se

baie kerke

Die vroeë Christene het as

kinders of “huisgesin van

God” onder toesig van

“voor gangers” of “vaders” sonder

“kerk rade” net een “kerk” geken

(Rom. 8; Ef. 2; 1 Tim. 3; 12 Art

ens.).

Na die vierde eeu het die biskop

van Rome homself as verteenwoor

diger van God daargestel. Hy

het die kerk op die patroon van

die koninkryk onder hom geskoei

en volgens Plato die ryk van die

“gees” (kerk) bo die “ryk van die

na tuur” (owerhede en leke) gestel.

Hy stel as Vader “geestelikes” as

die “heilige kerk” aan om “leke” te

versorg en tree volledig onafhanklik

van burgerlike owerhede op. ’n

Priester versorg namens hom elke

parogie. Die Vatikaan is ’n klein,

soe wereine “staat”. Die pous is as

“on feilbare verteenwoordiger” van

God bo die Skrif verhef. Die beroep

op die Skrifgesag in die Reformasie

is as kettery en rebellie teen “God se

kerk” verwerp. In wese het die pous

God as vader van sy huisgesin op

aarde vervang.

Die pous en Roomse vorste het

die Reformasie bloedig bestry. So

raak die sigbare huisgesin van God

(Christene) in bloedige gevegte teen

mekaar betrokke. Calvyn weet egter

dat onder die pousdom (regering)

nog ecclesiae (uitgeroeptes, d.w.s. ge-

Prof. Bouke Spoelstra (emeritus) (Pretoria)

Skisofrene kerkbegrip in en ná

die Reformasie

lo wige mense) was. Simpson vertaal

dit egter met “kerke” (strukture, Inst.

IV.2.xii). Die gereformeerdes bely

immers net een, universele, onsigbare

kerk van God (12 Art.), die een

“huisgesin van God” wat plaaslik

in dieselfde geloof as broeders en

susters “een” geloofsgemeenskap sigbaar

maak (HK, So. 21; NGB art.

27-31). ’n Struktuur van “lidmate”

in ’n multikulturele kerkgenootskap

soos in die GKSA Almanak 2011 is

nog ondenkbaar.

Vyftienhonderd jaar na Christus

(voorlopers soos Waldense en

Albigense daargelaat) kom Protestant

se gelowiges na vore wat hulle

teen Rome op die Skrif, God se gena

de en ware geloof beroep om as

huis gesin van God te kwalifi seer.

Rome loods in Europa ’n bloedige

Luther se 95 stellings. (Bron: Wikipedia)

vervolging teen die Protestante wat

eers in 1648 besweer word. Onder

hulle verskuif die aksent van die

leer van die Roomse “huisgesin van

God” na Protestante wat dieselfde

ge loof bely.

Hulle word genoem na wat hul le

glo, die land van herkoms, die hervormer

wat hulle navolg en word

on derskei as byvoorbeeld Lutherane,

Anabaptiste, Mennoniete, Calviniste,

ensovoorts. Hulle het nie ’n

een vormige kerkinrigting teen Rome

ontwikkel nie. Voor Hobbes se

Leviathan (1633) was die onderskeiding

tussen die abstrakte terreine

van “staat” en “kerk” nog onbekend.

Die vors wat regeer, was as persoon

die owerheid (vgl. Art. 28 KO; art. 36

NGB). Hulle is as geroepe dienaars

van God erken, wat as vaders van die

24 DIE KERKBLAD Junie 2011