03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Voorblad van die Nederlandse

Geloofsbelydenis.

word: En dit is nie alleen hulle taak

om aan die staatsbestuur aandag te gee

en daaroor te waak nie, maar ook om

die heilige Woordbediening te beskerm,

om sodoende alle afgodery en valse

godsdiens teen te gaan en uit te roei,

die ryk van die antichris te vernietig

en die koninkryk van Jesus Christus te

bevorder ...

Die verkeerde verstaan is dat die

owerheid afgodery, vals godsdiens

en die ryk van die antichris moet

uitroei. Dit is egter nie die taak van

die owerheid nie. Die regte verstaan

is dat die staat so moet regeer dat

fokusartikel

daar godsdiensvryheid is en dat die kerk die valshede kan uitroei – nie met die

swaard van yster nie, maar met die swaard van die Woord.

Die taak van die staat

Die staat het een groot taak: Luister na God en regeer soos Hy voorskryf.

Die staat het die taak om wetteloosheid met goeie wetgewing te antwoord.

Ons glo daarom dat dit die plig van die staat is om wets gehoorsames teen

die wetteloses te beskerm. Die tweede saak is dat die kerk godsdiensvryheid

moet hê – nie net om die Here te dien nie, maar ook om verkeerdhede te kan

aanspreek.

Ons taak

Ons moet ook in gedagte hou dat hierdie artikel sterk steun op veral

Romeine 13. Hierdie aanhalings skryf Paulus aan ’n gemeente wat vervolg en

verdruk word. As ons die artikel aandagtig lees, is dit duidelik dat daar gesê

word wat die taak van die staat is, maar die oomblik wat daar van die kerk

gepraat word, word die plig voorop gestel. Ons is verplig om eerbied aan die

staat te toon en ons aan hulle te onderwerp – en belasting word op die naam

genoem.

Die enigste moontlikheid wat hierdie artikel laat vir ongehoorsaamheid

van die kerk se kant, is wanneer die staat van die kerk sou eis om iets te doen

wat indruis teen die Woord van God. Die verwysing na die oproerigheid van

die wederdopers van daardie tyd noop ons om tot die gevolgtrekking te kom

dat ons nie militant mag raak nie.

Gehoorsaam?

Hierdie artikel is wat ons glo. Dit berus op die Skrif. Daar is geen ruimte

dat ons nie aan die owerheid gehoorsaam moet wees nie – tensy dit ons aan

God ongehoorsaam maak. Onthou – wat ons glo, is wat ons is. As die owerheid

aan God ongehoorsaam is, gee dit ons nie rede om ongehoorsaam te wees nie

– ons moet juis deur die regte voorbeeld doen wat ons glo. DK

Junie 2011 DIE KERKBLAD 19

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!