03.05.2013 Views

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

Die Kerkblad Junie 2011.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

so ondermyn soos huigelary en valse godsdiens. Indien

enige owerheid mense dwing om ’n sekere godsdiens aan

te hang, werk dit huigelary in die hand.

Kate Middleton, wat teen hierdie artikel se beoogde

publikasiedatum DV met prins William van Engeland

getroud sal wees, het onlangs stil-stil ’n Anglikaan geword.

Ek ken haar geensins persoonlik nie, ek weet ook

nie watter godsdiens sy vantevore aangehang het nie, ek

kan en wil en mag nie ’n oordeel oor haar motiewe uitspreek

nie – maar haar optrede lyk verdag.

In dieselfde asem is daar ook mense wat op grond van

iets soos hulle kerklidmaatskap op sekere poste of posisies

aanspraak maak: “Stem vir my, want ek is ’n Christen.”

“Net mense van die regte kerk/godsdiens kan in hierdie

de partement aangestel word.”

Die liefdesgebod

Waaroor gaan godsdiens ten diepste? Wat eis die

Here in die eerste plek van alle mense? Nie bloot gehoorsaamheid

nie, maar liefde. Hy eis dat élke mens Hóm sál

liéfhê. Geen mens of owerheid kan iemand egter dwing

om die Hére liéf te hê nie.

Toerekeningsvatbaarheid in beginsel en praktyk

Uit die Bybel is dit duidelik dat die Here rekening

hou met mense se kennis en omstandighede. Jesus sê

by voorbeeld vir die inwoners van Kapernaum dat dit

met die oordeelsdag vir Sodom draagliker sal wees as vir

hulle, omdat hulle Hom gesien het en hulle nie bekeer

het nie (Matt. 11:21-24). Toerekeningsvatbaarheid speel

’n rol ten opsigte van owerheidspersone sowel as burgers.

Indien ons owerheid sou besluit om die Christelike geloof

aan te hang, op grond waarvan sal daar in die praktyk

be sluit word wie Christene is en wie nie? Waar en hoe

gaan die streep getrek word? Moet Jehova-getuies ook as

Christene beskou word? En Rooms-Katolieke? Hoe gaan

’n mens van ’n staatsamptenaar, wat nie noodwendig

die geestelike onderskeidingsvermoë het nie, verwag om

sulke beslissings te maak?

Nou maar wat sê ek dan ...?

Ons is werklik in ’n bevoorregte posisie in Suid-Afrika

wat godsdiensvryheid betref. Ons grondwet gee ons die

wetlike reg om die Here vryelik te dien. Ons grondwet

dwing niemand egter om die Here te dien nie. Indien

die owerheid enigiemand hiertoe sou probeer dwing, of

Christene weens ons geloof ten koste van ander sou bevoordeel,

sal dit nie alleen teen die grondwet wees nie,

fokusartikel

maar huigelary en valse godsdiens bevorder en skade in

die Koninkryk doen.

Daar is werk. Dringend en baie!

Die feit dat elkeen in Suid-Afrika vry is om die godsdiens

van sy keuse aan te hang en sy oortuigings vryelik

te verkondig, hou ernstige gevaar in. Die owerheid kan

die bose nie wetlik verhoed om leuens en dwaalleer te

verkondig en mense te mislei nie. Dit maak dit egter soveel

te meer dringend noodsaaklik dat dié van ons wat die

Here ken, die evangelie tydig en ontydig sal verkondig.

Ons moet elkeen tot geloof en bekering oproep.

“Oorlewing van die sterkste, a la Charles Darwin”?

As ’n soort onpartydige skeidsregter het die owerheid

die plig om toe te sien dat die “speelveld vir almal gelyk

is”, maar sonder om self as ’n speler deel te neem. En

dit is tog al wat ons as Christene vra – dat die kerk ook

net toegelaat moet word om kerk te kan wees. Óns weet

tog dat Christus regeer en dat niemand teen die Gees

bestand is nie. Gee ons net die ruimte om die Woord te

kan verkondig.

Sekularisme

Sekularisme is die grootste gevaar wat ons Christelike

geloof sowel as ons vrye beoefening daarvan bedreig.

Sekularisme dra die gedagte dat daar sekere dele van die

lewe is wat niks met godsdiens te make het nie. “Godsdiens

hoort nie in die openbaar nie. Dis iets privaat.” In Amerika

het hierdie houding al daarop uitgeloop dat mense klagtes

teen kersversierings in winkels ingedien het, omdat die

versierings die Christelike godsdiens in die openbaar sou

bevoordeel. Op hierdie punt help ons grondwet ons egter

deur uitdruklik te bepaal dat godsdiens in die openbaar

be oe fen mag word. In die regspraak gebeur dit egter al

hoe meer dat die owerhede alle godsdienstige waardes

een kant toe wil skuif (dink aan aborsie).

Sekularisme bedreig nie alleen die Christelike geloof nie.

Ironies sukkel selfs die Islam met sekularisme – Moslems

wat net in naam Moslems is. Die rede hiervoor is dat

se ku la risme nie maar net ’n lewenshouding is nie, maar

eintlik nog ’n godsdiens. Deurdat sekularisme egter nie as

godsdiens gesien word nie, word sekularistiese argumente

op die tafel toegelaat wanneer die ander godsdienstige argumente

vir eers eenkant toe geskuif word.

Dank die Here vir die godsdiensvryheid wat ons het en

be nut dit vir sy Koninkryk. Bid, want die werk wag. DK

Junie 2011 DIE KERKBLAD 17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!