Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
fokusartikel

Ds. DF (Francois) Muller (Geref. Kerk Buffeldoorns)

Die owerheid

en godsdiensvryheid

Vandat daar mense is ...

Godsdiens en politiek, “kerk” en owerheid is al

van die vroegste eeue onlosmaaklik verbind.

Eeue voordat Moses en Aäron die volk deur die

woestyn moes lei, het die Egiptenare al hulle farao’s aanbid.

Een van die redes hiervoor lê in twee lewenswaarhede wat

onafwendbaar met mekaar verstrengel is: Aan die een kant

het God die mens geskep om (Hom) te aanbid. Gevolglik

is selfs mense wat die Here nie ken nie, godsdienstig – ook

dié mense wat dit probeer ontken. Andersyds kan geen

samelewing bestaan sonder owerhede nie. In ’n sekere sin

bestaan owerhede dus uit godsdienstige mense wat oor

ander godsdienstiges regeer. Sondag sit die owerheid dalk

in die kerk, of buig Vrydag in ’n moskee.

Hoewel God ons geskep het om Hóm alleen te dien,

het die sondeval alles kom beduiwel. Sedertdien aanbid

mense steeds – maar baie aanbid iets in die skepping of

stel hulle diepste vertroue in een of ander menslike idee

of fi losofi e. Volgens 1 Korintiers 10:20 sit daar egter bose

geeste hieragter.

Verskillende lande neem verskillende houdings in

Sekere lande kies met opset en openlik vir ’n spe sifi

eke godsdiens – en verwag dan ook dat almal in die

land dié godsdiens moet navolg. In verskeie Arabiese

lande is die Islam die enigste wettige godsdiens. Hier laat

die owerheid bitter min godsdiensvryheid toe. Ander

lande, soos Engeland, het ’n godsdiens of ’n spesifi eke

gods dienstige tradisie wat die owerheid se voorkeur

geniet. Hoewel niemand in Engeland wetlik gedwing

word om ’n Christen en meer spesifi ek ’n Anglikaan te

wees nie, bevoordeel die owerhede die Anglikaanse kerk

en is koningin Elizabeth die hoof van dié kerk. Lande

soos Frankryk en Amerika laat nie alleen enige godsdiens

toe nie, maar het besluit om kerk en staat heeltemal te

skei. Dit is egter nie so eenvoudig as wat dit mag klink

nie. Die Franse owerheid het pas besluit om vroue te

verbied om hulle gesigte, volgens ’n Moslemgebruik, in

die openbaar te bedek. Hoewel ’n mens godsdienstige

strukture formeel van die owerhede kan skei, is godsdiens

en politiek eenvoudig verstrengel. Uiteindelik bevorder

hierdie vermeende neutraliteit boonop sekularisme.

Suid-Afrika

Ons grondwet waarborg godsdiensvryheid. Gevolglik

kan die owerheid niemand dwing om enigiets te glo of ’n

spesifi eke godsdiens na te volg, soos in Moslemlande, nie.

Verder mag die owerheid ook nie ’n spesifi eke godsdiens

bo ander bevoordeel, soos in Engeland, nie. Waar lande

soos Frankryk en Amerika hulle owerhede dwing om

’n neutrale houding ten opsigte van godsdiens inneem,

lei ons grondwet ons owerhede om eerder onpartydig

te wees. Dit mag klink of “neutraal” en “onpartydig”

eint lik maar dieselfde is. Daar is egter ’n belangrike verskil:

Neutraliteit lei maklik tot onbetrokkenheid en seku

larisme. In Suid-Afrika moet die owerheid – soos ’n

onpartydige skeidsregter – sorg dat die speelveld vir almal

gelyk is. Die aanhangers van die verskillende godsdienste

moet elkeen kans hê om sy godsdiens vryelik na te volg.

Maar wat is nou reg?

Ons weet tog dat die Drie-enige God die enigste

ware God is en dat die Christelike geloof die enigste egte

godsdiens is en dat alle ander godsdienste vals is.

Beperkte mag

Hoewel hierdie waarhede vasstaan, is dit onmoontlik

om iemand wat nie in die Here glo nie, te maak glo.

Selfs in lande wat net een wettige godsdiens het, kan die

owerheid nie verseker dat almal daardie godsdiens van

harte aanhang nie. ’n Owerheid kan mense se gedrag met

wette manipuleer en met die polisie en howe dwing om

sekere dinge te doen of nié. ’n Owerheid kan propaganda

gebruik om mense te (mis)lei – maar geen mens kan ’n

ander mens dwing om iets te glo nie.

Huigelary en valse godsdiens

Daar is min dinge wat die ware Christelike geloof

16 DIE KERKBLAD Junie 2011